• Home
  • About
  • Afrikaanse gedigte poems
  • Chess and the benefits
  • Links
  • Poems – gedigte – own
  • SA History
  • South African Recipes

Chessalee

Everything/Anything and…Chess…"Despite the documented evidence by chess historian HJR Murray, I've always thought that chess was invented by a goddess"–George Koltanowski: from the foreword to:"Women in chess, players of the Modern Age"

Feeds:
Posts
Comments
« Two Chess Engines meet again
Lewis chessmen reunited »

Transformasie

26/09/2009 by Nikita

Transformasie

Herfs het my wêreld stadig binnegesluip
omhul in ‘n sluier van rooi en goud
Ek snak na my asem by die aanskoue
van die transformasie – die wonderlike natuur!
Soete doudruppels gly van ‘n grashalmpie
met die verbygaan van raserige eende
Ek dwaal na die warmte van verlore gedagtes
versteek waar stof en tyd dit nie kan vind
Die laatmiddag son op my vel, jou lippe
wanneer weerstand verkrummel
deur jou vingerpunte –
Ek weet, nie lank,
dan sal Winter se koue winde begin waai
maar Herfs se warmte sal my by-bly
Met gedagtes aan jou op die koel Herfs-oggend
koester ek die warm gedagtes aan jou verewig

—Nikita—Aug 2008

Herfs is met ons en dis heerlik om al die wonderlike kleure te aanskou, asook die transformasie wat daarmee gepaardgaan. Ek het verlede jaar my herfs-gedagtes op my “gedigte/poems”-bladsy geplaas en het weer vanmore al die kleure geniet. Dit plaas my weer in ‘n bui net om gedigte te lees en mooi musiek te luister.

Autumn has arrived! This is just my autumn-poem in Afrikaans and I enjoy the transformations during Autumn.
Enjoy the music of Strauss: Village Swallows. I think all the swallows are by now back in South Africa! I can remember a swallow-family under our roof where I grew up on the farm. It was always good to see them returning home and sweet to hear them chirping.

https://chessaleeinlondon.files.wordpress.com/2008/09/village-swallows2.mp3

DSC02223

DSC02224

DSC02225

DSC02295

DSC02327


And here’s a little “autumn”-spider!

51.633000 -0.550000

Share this:

  • Pinterest
  • Twitter
  • Facebook
  • Reddit
  • Email

Like this:

Like Loading...

Related

Posted in Afrikaans, Afrikaans poems, Afrikaanse gedigte, gedigte, General, herfs | Tagged Afrikaans, Afrikaans poems, Autumn, autumn colours, Autumn photos, gedigte, herfs, herfs foto's, herfs gedigte, seasons, seisoene, Strauss music, Village Swallows | 31 Comments

31 Responses

  1. on 26/09/2009 at 17:06 Wipneus!

    Wow Nikita dis ‘n pragtige gedig en inskrywing! En Straus se musiek pas so mooi by jou inskrywing!! 🙂


    • on 26/09/2009 at 18:22 Nikita

      Hi Wipneus, baie dankie!


    • on 26/09/2009 at 19:50 Connie

      Stem 100% saam met Wipneus.


    • on 26/09/2009 at 20:24 Nikita

      hi Connie, baie dankie!


  2. on 26/09/2009 at 19:27 Dan

    Spiders! Yuk! LOL!


    • on 26/09/2009 at 19:48 Nikita

      hi Dan….spiders are cute… 🙂


  3. on 26/09/2009 at 19:54 Dan

    No they aren’t. 😉


    • on 26/09/2009 at 20:24 Nikita

      Yes, they are! 😉


  4. on 26/09/2009 at 21:47 Vlam

    Mooi gedig, Nikita! 😉

    Ag jong, ek’s nog steeds besig met die male/female ding, en na ‘n lang gesukkel het ek darem gelees die blomme is ‘bisexual’. So, ek neem aan dat die bome hermafrodities is en nie ‘n vroutjie en mannetjie nodig het nie. Wat kon jy uitvind?


    • on 26/09/2009 at 23:10 Nikita

      Baie dankie! – sien my ander boodskap oor die boom. 🙂


  5. on 26/09/2009 at 23:02 Vlam

    Nikita, ek kan my kop op ‘n blok sit ek het ‘n comment hier gelos vroeer…?? 🙄


    • on 26/09/2009 at 23:06 Nikita

      Hi Vlam…ek moes jou in die Spam-boks gaan red het! 🙄 waarvoor WP jou daarin gooi sal net hulle weet!

      Nee, ek kon nog niks verder uitvind oor die manlik/vroulike ding nie. Ek was op seker 15 (of meer) sites, almal het min of meer dieselfde inligting gehad, toe gee ek oor! 🙂 Dankie vir jou inligting, nou gaan my siel rus – glo ek. LOL!


    • on 27/09/2009 at 02:46 Connie

      Waaroor gaan die manlik/vroulike ding? ‘n Spesifieke soort boom?


    • on 27/09/2009 at 10:02 Nikita

      hi Connie, die Kremetart-boom op Vlam se blog. ‘n Veldwagter het vir ons gese dat die manlike- en vroulike boom altyd naby mekaar in die veld staan, maar in ‘n teenoorgestelde posisie en ons kon nogal (in Swadini) bome naby mekaar kry – teenoorgestelde kante, maar dis seker nie te se dis die manlike/vroulike bome nie. Ek wou net sekerheid daaroor kry en kon nerens op die web iets daaroor te lese kry nie.


    • on 27/09/2009 at 17:49 Connie

      O ja, ek het dit gelees, die bome met siele. Sien jy het darem nou ‘n antwoord gekry.


    • on 27/09/2009 at 19:39 Nikita

      Jip! 🙂


  6. on 27/09/2009 at 02:49 Connie

    O ja, ek wou nog sê, die swaeltjies is terug!


    • on 27/09/2009 at 10:02 Nikita

      Het julle swaeltjies by julle huis?


    • on 27/09/2009 at 17:53 Connie

      Ja hier is ‘n paartjie wat altyd hier broei.(Grootstreepswaels) Om een of ander rede het hulle nessie afgevoeter in die wintermaande. Hoop nou net die 2 bou maar ‘n nuwe en vat nie die pad nie.


    • on 27/09/2009 at 19:40 Nikita

      Ek hoop hulle herbou dit sodat julle hul kan geniet!


  7. on 27/09/2009 at 10:21 Wipneus!

    Nikita ek weet nie presies waarna julle soek ivm kremetarte nie, sal die dalk help?
    Professor Braam van Wyk van Tukkies sê die kremetart se blomme is tweeslagtig – ‘n boom se blomme het sowel manlike as vroulike geslagsorgane. Daar is beslis nie manlike en vroulike bome nie.
    http://www.mooiloop.co.za/inhoud/bosstories/oktober08/tuis.asp


    • on 27/09/2009 at 10:34 Nikita

      Hi Wipneus! Baie dankie, Vlam het ook so gese – na haar soektog gister – die veldwagter het my ook laat wonder, daarom wou ek nog altyd seker maak daaroor, want ek het hom nie baie getrust nie…een van “daaaaiiiiiiiiii”. Ek sal die link opvolg, dankie!


    • on 27/09/2009 at 10:38 Nikita

      Wipneus, daardie site is net wat ek gister moes gekry het!! BAIE DANKIE!! Nou weet ek! 🙂 Ek wou se ek kon die “man” nie lekker glo nie, sjoe! Ek sal moet teruggaan Swadini toe en op daardie bootrit weer moet gaan om hom te kry…haha… en hy sou die week na ons rit daar op 50/50 gepraat het…seker ook sy “kwalifikasie” iewers in die veld opgetel.
      Wipneus…ek was ook op die “blog” links van die site en toe herken ek die site..was ‘n paar maande gelede op daardie blog-links en bietjie daar gelees.


    • on 27/09/2009 at 10:41 Wipneus!

      😆 Ek is dan bly google kon ons help!!


    • on 27/09/2009 at 10:48 Nikita

      Dit sal my leer om in die toekoms ook in Afrikaans te google!! LOL! Hier’s ‘n ander link..met baie inligting
      http://www.baobab.kansaspalms.com/


  8. on 28/09/2009 at 08:25 SA Expats

    Hier in die Midde Ooste sien ons uit na herfs en winter. Ons wil net hierdie hitte ontsnap. 🙂


    • on 28/09/2009 at 16:29 Nikita

      Hi SA Expats…ek kan glo dat julle veral uitsien na koeler weer waar jy is! 🙂


  9. on 28/09/2009 at 14:08 boerinballingskap

    Herfs is my gunsteling seisoen, veral hier in Korea, wanneer die weer die beste is, die lug blou en die natuur ‘n kleur-simfonie opvoer.


    • on 28/09/2009 at 16:31 Nikita

      hi Boer! Hers is ook my gunsteling juis oor al die kleur-veranderinge wat daarmee gepaard gaan. Ek glo herfs is daar by jou ook sterk besig om te gebeur. Plaas bietjie foto’s! 🙂


  10. on 28/09/2009 at 20:16 Desia

    Herfs het ook gister hier begin, dit was die warmste September in 100 jaar in ons omgewing, maar van gister af is dit koeler, maar lekker weer.
    Jou gedig is pragtig!


  11. on 28/09/2009 at 23:15 Nikita

    Hi Desia! Dankie vir jou kommentaar…Sjoe, dan moes dit warm gewees het in jou wereld!



Comments are closed.

  • Follow Chessalee on WordPress.com
  • Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

    Join 287 other subscribers
  • Spoken by great men:"Give me 20 divisions of American soldiers and I will breach Europe. Give me 15 consisting of Englishmen and I will advance to the borders of Berlin. Give me two divisions of those marvellous fighting Boers and I will remove Germany from the face of the earth." - Field Marshal Bernard L. Montgomery, Commander of the Allied Forces during WW2.

  • "The Americans fight for a free world, the English mostly for honour, glory and medals, the French and Canadians decide too late that they have to participate. The Italians are too scared to fight, the Russians have no choice. The Germans for their Fatherland. The Boers? Those sons of Bitches fight for the hell of it." American General, George 'Guts and Glory' Patton.

  • Latest Posts

    • Concerto for two and three movements
    • War-time Chess
    • Queen Elizabeth II
    • Vroue het deur die eeue skaak gespeel
    • War Time Chess
  • Top Posts & Pages

    • Heerlike Suid-Afrikaanse Resepte
    • Concerto for two and three movements
    • Blue Butterflies
    • French Knitting-Tolletjie Brei
    • Love Poems
    • Groete aan Mannetjies Roux
    • In die Hoëveld-In the Highveld
    • Buttermilk rusks - Karringmelk beskuit
    • Happy Valentine's Day!
    • Peppermint Crisp fridge cake...recipe
  • September 2009
    M T W T F S S
     123456
    78910111213
    14151617181920
    21222324252627
    282930  
    « Aug   Oct »
  • Afrikaans Afrikaanse gedigte Afrikaans poems Afrikaans songs Anand Art books Carlsen Chess chess art chess games Chess Grandmasters chess movies chess news Chess South Africa chess tournaments classical music food gedigte History London Magnus Carlsen Melissa Greeff Mp3 music files music music audio files music files music videos musiek nature news poems Poetry poets Pretoria Radjabov recipes resepte skaak Skaak Suid-Afrika South Africa South African artists stories Suid-Afrika Topalov

  • Live chess ratings top 10 - men 2700chess.com for more details and full list
  • Live chess rating: Top 10 - women 2700chess.com/women for more details and full list

Blog at WordPress.com.

WPThemes.


  • Follow Following
    • Chessalee
    • Join 287 other followers
    • Already have a WordPress.com account? Log in now.
    • Chessalee
    • Customize
    • Follow Following
    • Sign up
    • Log in
    • Copy shortlink
    • Report this content
    • View post in Reader
    • Manage subscriptions
    • Collapse this bar
 

Loading Comments...
 

    %d bloggers like this: