• Home
  • About
  • Afrikaanse gedigte poems
  • Chess and the benefits
  • Links
  • Poems – gedigte – own
  • SA History
  • South African Recipes

Chessalee

Everything/Anything and…Chess…"Despite the documented evidence by chess historian HJR Murray, I've always thought that chess was invented by a goddess"–George Koltanowski: from the foreword to:"Women in chess, players of the Modern Age"

Feeds:
Posts
Comments
« Hitler and Lenin playing chess
Two Chess Engines meet again »

Die wind in die baai het gaan lê

18/09/2009 by Nikita


wind

Die wind in die baai het gaan lê

Die wind in die baai het gaan lê en rondom
het dit oor Houtbaai, oor Kampsbaai
en by Seepunt wit koppe bly waai.
Maar, in die baai het die wind gaan lê:
alles wil toegesluit lyk – byna veilig -;
en ‘n seun het in ‘n blikskuitjie uit,
sakdoek vir seil
– sonder fletter -, plankies vir roeiers,
dit uit-gewaag
– want die wind oor die baai het gaan lê.
En ons bid na die berg, die wind, die planeet toe
om alles wat wind-berg-planeet se aard is
af te lê, en ‘n oomblik (‘n oomblik!)
net te broei, broei oor die vrees vir die vrees
en die ongewete roei van die seun
in hierdie kort stilte binne die baai.

NP van Wyk-Louw

wind from the sea

Wind from the sea – by Andrew Wyeth – an American Artist

I’m in a mood for art and poetry. I have two Afrikaans poems and art from an American artist. “Wind” is my topic in the above poem and art. Next I have the opening lines from a poem by William Blake, one of my favourite poets.

To see a world in a grain of sand
And a heaven in a wild flower,
Hold infinity in the palm of your hand
And eternity in an hour. –William Blake: Auguries of Innocence

Rosa Rosarum

Kom na my tuin waar die donkerrooi rose
Duist’re geheime vertrou aan die nag;
Sonnestraal-kusse en suidewind-kose.
Drome en liefde die lang somerdag.

Kom in die soel someraande en luister
-Wanneer die nagwind hul drome verklaar-
Na die veelvuldige blommegefluister,
Bloesem en bloeisel en blad altegaar!

Kom waar die lelie – die blanke, die reine –
Skugter haar bloesem ontbloot aan die maan,
Blou miosotis – die slanke, die kleine –
Met haar vergeet-my-nie-ogies betraan.

Kom as die maanblom – wit sy en satyne –
As ‘n vorstinne verskyn in haar prag
Onder die wierook van roos en jasmyne –
Skoonste juweel op die bors van die nag!

Daar in die vywer, bestraal deur Arjana,
Open die lotus haar heilige kelk,
Dan eers bereik sy die hoogste – Nirvana –
As sy in glorie van songloed verwelk.

Bok-bokmakieries sing bly twee gesange
Wanneer die oggend ontwaak in my tuin;
Saans koer die tortel sy lied van verlange
Bo-uit die troost’lose treurwilg se kruin.

Kom in die aand en geniet van haar geure;
Foelie, jasmyn, angelier, minjonet;
Kom in die môre en kies van haar kleure:
Rooi, wit en goud, groen en blou, violet!

Kom as die skitter van dou-diamante,
Rosa Rosarum, in my Paradys,
Dat ek my blomme, my bome, my plante,
Roos van my hart, hulle weerga kan wys!
–A.G. Visser (ca. 1878 – 1929)

bokmakierie: groengele vogel met opmerkelijke kreet
minjonet: welriekende tuinplant, reseda

This song’s title is…Kentucky Blues by Lauren Copley – a South African artist
https://chessaleeinlondon.files.wordpress.com/2009/09/33-kentucky-blues.mp3

prinshof 001

Cd-cover of one of the 2 cd’s
The songs to follow are all by the choir of Prinshof School – School for the blind and visually impaired students in Pretoria. The first two are Afrikaans songs and the last is where a girl– at the time of the recording of the music she was about 12– played her penny whistle. She was very musical/talented and played 12 instruments! Do treat yourself to her. The first two songs, of the next 3, are ‘wind’ related songs.

https://chessaleeinlondon.files.wordpress.com/2009/09/kinders-van-die-wind.mp3

 

https://chessaleeinlondon.files.wordpress.com/2009/09/sweef-soos-n-arend.mp3 https://chessaleeinlondon.files.wordpress.com/2009/09/penniefluit.mp3

Share this:

  • Pinterest
  • Twitter
  • Facebook
  • Reddit
  • Email

Like this:

Like Loading...

Related

Posted in Afrikaans poetry, gedigte, N P van Wyk Louw, Prinshof Choir, Skoolkore, South African schools choirs | Tagged Afrikaans poems, Afrikaans songs, AG Visser, Art, blues, braille choir, children's choir, Die wind het in die baai gaan le, education, gedig oor wind, Kentuky Blues, kids, kinderkoormusiek, Kinders van die Wind, Lauren Copley, music files, NP van Wyk-Louw, Prinshof skool koor, Rosa Rosarum, school, school choir, Secondary school, South African music, Sweef soos 'n arend, teaching, Visually impaired, wind, wind gedigte | 10 Comments

10 Responses

  1. on 19/09/2009 at 16:56 desia

    Kentucky Blues! Dankie! Ek sit nou hier met ‘n glimlag, nadat ek in sak-en-as was na die lees van nuus oor SA op verskeie ander plekkering…dit bring goeie herinneringe terug.


    • on 20/09/2009 at 09:56 Nikita

      hi Desia, Dit was ‘n plesier! Ja, mens kan nogal depressief raak as jy eers begin nuus lees, dan het jy baie beslis ook die “blues” gehad. 🙂


  2. on 19/09/2009 at 18:48 Connie

    Lekker slaap!


    • on 20/09/2009 at 09:56 Nikita

      Hi Connie, Dankie, ek het, maar ek kort nog! 🙂


  3. on 20/09/2009 at 05:14 Sandra

    Ons taal is darem mooi … dankie vir die deel van die gedigte. En ja Desia, hier gee ons ons ouderdom weg met die onthou van Kentucky Blues :-).

    Sterkte met daai studies!


    • on 20/09/2009 at 09:58 Nikita

      Hi Sandra, ja, ons taal is pragtig – hoe se jy dit vir iemand wat nie ons taal ken nie, want hy/sy dink weer sy taal is “pragtig”… Dankie, ek het daardie sterkte nodig, veral met hierdie gemors waaruit ek die kinders moet “red”, want hulle is in hul finale skooljaar ook nog boonop. Ek dink ek het die sterkte meer daar nodig. 🙂


  4. on 21/09/2009 at 20:29 mykopop

    Pragtige gedig van NP van Wyk Louw wat jy daar raakgelees het! Jy het regtig baie moed om nog te wil studeer, ek het ‘n vermoede die ouderdom wat jy weggee met Kentucky Blues is nog nie so erg soos myne nie. Baie sterkte!


    • on 21/09/2009 at 23:01 Nikita

      Hi Kop! Ja, daardie gedig is baie mooi, een wat ek nie regtig voorheen raakgelees het nie. 🙂 Ek kan nie onthou wanneer Kentucky Blues ‘n hit was nie, ek sal op die net moet kyk. Ek weet net toe ek dit op ‘n website die ander dag sien, en sien ek kon dit op Amazon koop, onthou ek dat ek nogal baie van die liedjie gehou het toe ek hom gehoor het – weet nie hoe oud ek was nie! 🙂 My 3 susters ouer as ek, is daar heelwat “ouer” liedjies waarvan ek hou. Ek weet bv my oudste sus was erg oor “Sugar Sugar” en die dat sy hom geluister het – was dit ook een van my gunstelinge..maar nou wil ek half dink dit was ‘n 60’s liedjie? of was dit ‘n 50’s een? Maak in elk geval nie saak nie, ek lief daardie soort musiek. 🙂


  5. on 22/09/2009 at 07:17 Martie

    Gooood luck vir die swottery! My seun stuur nou die lewendige link aan wanneer Kasparov en Karpov gaan begin speel 🙂 Toe dink ek aan jou


    • on 22/09/2009 at 21:14 Nikita

      Hi Martie! Baie dankie, ek het die sterkte nodig. Dankie dat jy my herinner het aan die twee se games! Ek het al vergeet dat ek ‘n “draft” van hulle gemaak het en kon dit toe gou hier opsit en bylas. Sjoe, dat ek nou dit kon vergeet het…moet al die skoolwerk wees waaronder ek toegegooi is.



Comments are closed.

  • Follow Chessalee on WordPress.com
  • Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

    Join 289 other subscribers
  • Spoken by great men:"Give me 20 divisions of American soldiers and I will breach Europe. Give me 15 consisting of Englishmen and I will advance to the borders of Berlin. Give me two divisions of those marvellous fighting Boers and I will remove Germany from the face of the earth." - Field Marshal Bernard L. Montgomery, Commander of the Allied Forces during WW2.

  • "The Americans fight for a free world, the English mostly for honour, glory and medals, the French and Canadians decide too late that they have to participate. The Italians are too scared to fight, the Russians have no choice. The Germans for their Fatherland. The Boers? Those sons of Bitches fight for the hell of it." American General, George 'Guts and Glory' Patton.

  • Latest Posts

    • Concerto for two and three movements
    • War-time Chess
    • Queen Elizabeth II
    • Vroue het deur die eeue skaak gespeel
    • War Time Chess
  • Top Posts & Pages

    • Heerlike Suid-Afrikaanse Resepte
    • Alice in Wonderland's Mysterious Chess Game
    • Boer War Art Poetry and History
    • Buttermilk rusks - Karringmelk beskuit
    • Hilary Stagg
    • Chess Queen Alexandra
    • Die beiteltjie - The Little Chisel
    • Storietyd-Storytime
    • Karringmelk Beskuit/Buttermilk Rusks
    • Wolf and Jackal Stories
  • September 2009
    M T W T F S S
     123456
    78910111213
    14151617181920
    21222324252627
    282930  
    « Aug   Oct »
  • Afrikaans Afrikaanse gedigte Afrikaans poems Afrikaans songs Anand Art books Carlsen Chess chess art chess games Chess Grandmasters chess movies chess news Chess South Africa chess tournaments classical music food gedigte History London Magnus Carlsen Melissa Greeff Mp3 music files music music audio files music files music videos musiek nature news poems Poetry poets Pretoria Radjabov recipes resepte skaak Skaak Suid-Afrika South Africa South African artists stories Suid-Afrika Topalov

  • Live chess ratings top 10 - men 2700chess.com for more details and full list
  • Live chess rating: Top 10 - women 2700chess.com/women for more details and full list

Blog at WordPress.com.

WPThemes.


  • Follow Following
    • Chessalee
    • Join 289 other followers
    • Already have a WordPress.com account? Log in now.
    • Chessalee
    • Customize
    • Follow Following
    • Sign up
    • Log in
    • Copy shortlink
    • Report this content
    • View post in Reader
    • Manage subscriptions
    • Collapse this bar
 

Loading Comments...
 

    %d bloggers like this: