• Home
  • About
  • Afrikaanse gedigte poems
  • Chess and the benefits
  • Links
  • Poems – gedigte – own
  • SA History
  • South African Recipes

Chessalee

Everything/Anything and…Chess…"Despite the documented evidence by chess historian HJR Murray, I've always thought that chess was invented by a goddess"–George Koltanowski: from the foreword to:"Women in chess, players of the Modern Age"

Feeds:
Posts
Comments
« Fill a shoe box for Christmas
South Africa’s Woman Chess Grandmaster! »

Ek wonder – I wonder

29/08/2009 by Nikita

seemeeu

Ek wonder –

-of die Onderwysbiblioteek op die hoek van Skinner- en van der Waltstraat nog bestaan? En indien nie, het hulle geskuif of toegemaak? Die gebou was ‘n skool –  genoem “Die Staatsmodelskool”. Dit was gesluit gedurende die Boere-oorlog en as ‘n tronk gebruik. Churchill was nog daar as gevangene aangehou!  Daar het ek menige dae gespandeer om die mooiste opvoedkundige videos uit te neem. Daar het ek menige uur gespandeer op soek na bronne vir verdere studies. Hier het ek ook menige stukkende boeke kom aflewer wat herbind moes word of selfs boeke wat geskenk was wat eers deur ‘n span vakkenners gelees moes word en goedgekeur moes word voordat dit in ‘n skoolmediasentrum opgeneem kon word. Slegs goedgekeurde boeke met goedkeuringsnommers kon vir skole aangekoop word. Ek wonder of hulle nog boeke goedkeur! en of skole nou net mag aankoop wat hulle wil. Ek het natuurlik 10 boeke op my X-rak gehad en my medialeiers het geweet dat die X-boeke eintlik nie daar mag wees nie en ons sou dit vinnig in my stoortjie laat verdwyn het as daar inspeksie sou wees. Twee sulke X-boeke was: Die rooihuid in die kassie en Koningskind!

Dan: Die Nasionale Filmoteek – bestaan hulle nog? Dis juis hier waar ons video’s kon uitneem – oor elke denkbare onderwerp en hulle het gedurig nuwe video’s bygekry en hul katalogusse opgedateer.

-of die Onderwysmuseum nog bestaan? Ek dink dit was in Prellerstraat…ek’s nie seker nie. Dit was ‘n baie klein huisie op die terrein van die ou Onderwyskollege in Sunnyside. Die kollege het later na Groenkloof geskuif  en is ook intussen by Tukkies geinkorporeer.

– of die “piesangskil” nog in Sunnyside is – waar dit op die terrein van die ou Onderwyskollege was. Daar het ons baie keer as eerstejaars bymekaar gekom omdat almal geweet het waar die “piesangskil” was. Die “piesangskil” was ‘n monument, reg voor die saal van die Kollege. Dit was in die vorm van ‘n piesang met ‘n “skil”.

-of daar nog na die studente van die OK verwys word as die “Drie Lelies Laer” …haha..ek dink net ouens wat daar gestudeer het sal nou weet waarvan ek praat…op die wapen van die Kollege was drie varkoorlelies…moet nou nie dat ek meer verduidelik nie.

– of mev Rabie en mnr Schutte nog leef? Mnr Schutte was so lief vir die woord “inligtingsontploffing” en mev Rabie het my vreeslik geinspireer met haar liefde vir kinderboeke en hoe sy opgewonde kon raak as ons resensies moes doen en die kriteria bespreek het waaraan ‘n goeie kinderboek moes voldoen en al daardie pryswennerboeke wat ons moes ken! Linda, een van die studente in my groep kon vreeslik geirriteerd raak met mev Rabie, ek wonder waar is Linda vandag! [hehe]

-wat van dr Van der Merwe geword het. Ons liewe Sielkunde dosent in my tweede jaar wat die hele klas se name presies onthou net. Hy het die eerste les by die een kant van die klas begin en jy moes jou naam slegs een keer sê. Na die laaste persoon het hy weer voor begin en hy het almal se name van begin tot einde onthou! Dan, ons Sielkunde dosent in my derde jaar! Sy naam kan ek nie onthou nie, maar hy het voor in die klas gestaan en na ‘n kolletjie agter in die klas gestaar en op een toon die hele tyd gepraat. Die mans het dan – na “row call” – almal een-vir-een oorgeskuif na die ry by die deur en so een-een uitgeglip en die les geslip! Sies! manne! Ons meisie-studente het gesit en giggel en kon nie glo dat hulle so iets sou waag nie..ons was te papbroekig! en die ou het voor in die klas gestaan en voort gebabbel asof hy van geen sout of water weet nie.

–wanneer ek met my liewe skoolwerk gaan begin, want ek soek elke nou en dan ‘n rede om iets anders te doen! Ek wonder sommer oor baie dinge!! Hierdie lysie is maar ‘n sandkorreltjie van my gedagtes!

Share this:

  • Pinterest
  • Twitter
  • Facebook
  • Reddit
  • Email

Like this:

Like Loading...

Related

Posted in General | Tagged goeie ou dae, Pretoria, studente dae, Sunnyside, wonder | 20 Comments

20 Responses

  1. on 29/08/2009 at 14:16 MaanKind

    Die ou Pretoria was ‘n wonderlike plek. Onthou jy Burlingtin Arkade?


  2. on 29/08/2009 at 14:40 Nikita

    Hi Maankind, ek onthou die naam baie goed, maar nou moet jy my geheue so bietjie verfris. Ek wonder of die naam nie dalk verander het nie?


  3. on 29/08/2009 at 16:17 Thea

    Wie was jou Engelse dosent Nikita? ‘n Oom van my (is ook al oorlede) het Engels daar gedoseer (Ben van der Westhuizen)


    • on 29/08/2009 at 17:03 Nikita

      Thea, daar was ‘n mnr van der Westhuizen – ek dink! – ek’s nie seker nie, hy het net die gebruik van een oog gehad..die ander ‘n glasoog? Ek kan nie onthou nie! Maar die ou in my laaste jaar was ‘n ex-onnie van my hoërskool en hom onthou ek goed..mnr Stolz…ook ‘n talentvolle musiek/acting-ou.

      My Kunsdosent was ook ‘n mnr Van der Westhuizen…baie kunstig en talentvol.


    • on 29/08/2009 at 18:06 Thea

      Nee hy’t nie ‘n glasoog gehad nie! 🙂 Hy was eksentriek en het in sy laaste jare ‘n poniestert gedra. Maar hy kon verskriklik mooi klavier ook speel en ek was mal oor hierdie oom van my!


    • on 29/08/2009 at 18:40 Nikita

      😆 ok, ek glo dan nie ek het hom geken nie, dalk was hy voor my tyd daar of net daarna.


  4. on 29/08/2009 at 16:28 eelt

    Boendoe se man het my gevra om hierdie te versprei aan haar blog gesin:

    Ok, Boendoe is weer weg, daar gaan nou baie navrae en soektogte wees.. Die rede hoekom sy haar Blog delete het is ek ( Wisecrack).Haar man vir die wat dit nog nie agtergekom het nie.Soos seker die grootste deel van haar blog gesin, het ook ek gaan soek na haar nuwe blog.Baie gevind wat kon relate en haar oor n paar gekonfronteer.( Geen privaatheid of eie identiteid gegun nie.)

    Baie harrass en onreg aangedoen. Is seker sy is met n klomp van julle in kontak op e pos, vir die wat nie is nie, hoop sy begin weer gou post.

    Wat meer kan ek se, mis haar blog net so veel as almal.

    Wisecrack.

    Ps, ek is die bad guy hier, nie BOENDOE nie.


    • on 29/08/2009 at 17:06 Nikita

      Dankie Eelt!


  5. on 29/08/2009 at 20:02 Connie

    Ag nee! ek dog die skoolwerk is al amper klaar. Sterkte maar daar!


    • on 29/08/2009 at 21:33 Nikita

      haha… nee, nog nie eers halfpad nie!Dankie! 🙂


  6. on 30/08/2009 at 00:40 Mefri

    My gedagtes het ook die afgelope tyd terug gevloei na baie mooi onthou dinge toe, dit asof my gisters weer haar arms om my vou en my terugverwelkom het.

    Ek het pas http://kaneelsuiker.wordpress.com/ se gediggies vir die soveelste keer gelees en toe hak ek vas op die persoon se foto’s…. veral die een van die denker, dit het weer nuwe herinneringe opgediep wat voor my oë kom dans het…..

    Ek onthou die dag toe ek jou op Jasper se blog raakgelees het. Ek het al die ink van jou gedigte skoonveld gelees, Bliss!! …. heng ek mis sy posts, ek wens hy wil weer blog.


    • on 30/08/2009 at 09:51 Nikita

      Hi Mefri, Dis lekker om jou weer hier raak te lees en jy het so ‘n mooi en besonderse manier om dinge te sê. Ek hou van “die ink van jou gedigte skoonveld gelees”….dis so oorspronklik – digterlik! 🙂 Ek sal bietjie gaan kyk na die link wat jy hier gelos het. Ja, ek loer steeds by Jasper in met die hoop dat hy gaan blog.


  7. on 30/08/2009 at 10:29 SA Expats

    Ek was Julie weer bietjie in SA gewees. Toe het ek al die plekke van my kinderdae besoek. Dit was lekker maar ook hartseer.


    • on 30/08/2009 at 13:18 Nikita

      Hi SA Expats! Jy’s bevoorreg, wens dit was ek wat weer kon gaan. Ek sal jou glo as jy sê jy was hartseer, ek was in 2007 by al “daardie” plekkies en ek het net so gevoel.


  8. on 30/08/2009 at 11:33 Mefri

    Dankie Nikita, die Engese gedigte is vir my mooi, hy/sy het net effentjies begin ‘oopmaak’ en weer toegeklap. Daar skuil iets kosbaars in die dieptes van die skrywer se hart.


    • on 30/08/2009 at 13:26 Nikita

      Dankie, ek het bietjie gaan loer. Ek dink daar skuil iets in die dieptes van elke persoon se hart, party skryf daaroor, ander praat daaroor en ander doen niks daarmee nie. 🙂


  9. on 31/08/2009 at 21:05 stek

    Dis so lekker om al julle kommentare te lees. Ek is een van daai mense wat niks doen oor al die dieptes wat in my skuil nie. Bloemfontein! Ek moet iets uit die dieptes haal oor Bloem! Maar dit was nou lank gelede. Ek gaan elke jaar nog kuier, altyd in die winter as Bloem so koud is…. Christelike Nasionale Meisie Skool Oranje is my alma mater. So veel om daaroor te vertel….


    • on 31/08/2009 at 21:53 Nikita

      hi Stek! Jy moet bietjie “uitpak” oor Bloem en ons dan roep as jy dit gedoen het, ons sal graag wil lees!


  10. on 04/09/2009 at 09:39 martie preller

    Ek het een aand in ‘n hotel in Bloem geslaap – is daar afgelaai – was vir ‘n prystoekenning ding wat die volgende dag sou gebeur. Die nag word ek wakker en hoor ‘n leeu brul. Okay, dink ek. Dit kan nie wees nie … ek is in die middel van ‘n stad en hy brul weer! Nope – kan nie wees nie. En hy brul WEER! Toe dog ek nou maar dan is ek maar seker nou finaal cuckoo, want ek kan SWEER ek hoor ‘n leeu brul …

    Volgende oggend dwaal ek om die hotel en wag dat iemand my kom oplaai en wat sien ek? Hotel is langs die dieretuin ….

    Ooo wow. Okay. Ek is nog nie soooo cuckoo nie. 🙂 Toe na NALN toe. Was vrek interessant.Inspirerend – almal wat so hulle dinge gedoen het. Dis ook maar al wat mens kan doen – jou ding doen 🙂


    • on 04/09/2009 at 17:42 Nikita

      Hi Martie, Jy sal ook nooit hierdie ondervinding in Bloem vergeet nie, ek glo so iets bly mens altyd by! Ek sou my ‘n papie gelag het as ek jy was die volgende oggend.. 🙂



Comments are closed.

  • Follow Chessalee on WordPress.com
  • Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

    Join 285 other followers
  • Spoken by great men:"Give me 20 divisions of American soldiers and I will breach Europe. Give me 15 consisting of Englishmen and I will advance to the borders of Berlin. Give me two divisions of those marvellous fighting Boers and I will remove Germany from the face of the earth." - Field Marshal Bernard L. Montgomery, Commander of the Allied Forces during WW2.

  • "The Americans fight for a free world, the English mostly for honour, glory and medals, the French and Canadians decide too late that they have to participate. The Italians are too scared to fight, the Russians have no choice. The Germans for their Fatherland. The Boers? Those sons of Bitches fight for the hell of it." American General, George 'Guts and Glory' Patton.

  • Latest Posts

    • Vroue het deur die eeue skaak gespeel
    • War Time Chess
    • The Sleepy Knight
    • Bourton-on-the-Water
    • ‘n Komplimentêre Kaartjie
  • Top Posts & Pages

    • Heerlike Suid-Afrikaanse Resepte
    • Rooi Kappie en die Wolf
    • Lekker Afrikaanse kinderstories
    • Wolf and Jackal Stories
    • French Knitting-Tolletjie Brei
    • Storietyd-Storytime
    • In die Hoëveld-In the Highveld
    • Hilary Stagg
    • Buttermilk rusks - Karringmelk beskuit
    • Die Berggans het 'n veer laat val
  • August 2009
    M T W T F S S
     12
    3456789
    10111213141516
    17181920212223
    24252627282930
    31  
    « Jul   Sep »
  • Afrikaans Afrikaanse gedigte Afrikaans poems Afrikaans songs Anand Art books Carlsen Chess chess art chess games Chess Grandmasters chess movies chess news Chess South Africa chess tournaments classical music food gedigte History London Magnus Carlsen Melissa Greeff Mp3 music files music music audio files music files music videos musiek nature news poems Poetry poets Pretoria Radjabov recipes resepte skaak Skaak Suid-Afrika South Africa South African artists stories Suid-Afrika Topalov

  • Live chess ratings top 10 - men 2700chess.com for more details and full list
  • Live chess rating: Top 10 - women 2700chess.com/women for more details and full list

Create a free website or blog at WordPress.com.

WPThemes.


  • Follow Following
    • Chessalee
    • Join 285 other followers
    • Already have a WordPress.com account? Log in now.
    • Chessalee
    • Customize
    • Follow Following
    • Sign up
    • Log in
    • Copy shortlink
    • Report this content
    • View post in Reader
    • Manage subscriptions
    • Collapse this bar
 

Loading Comments...
 

    %d bloggers like this: