You can click on this mosaic for a larger view.
English readers: This poem in this entry is about South Africa. I dedicated the 14th August 2008 to Afrikaans, the language I love and my mother tongue. This is, in our history, used to be an important day as we celebrated Afrikaans as our language. Afrikaans was forbidden to use by Afrikaans speaking people in the Cape when the English occupied the Cape. A sign/tag was placed around children’s necks in schools saying, “donkey”, if they had dared to speak Afrikaans.
On 14th August 1875 the GRA was founded. Their task was to promote Afrikaans. They also requested – on the 24th August 1878 – for the Bible to be translated into Afrikaans.
In this poem I refer to some places and nature. On the link of my 2008-entry, you can see the Afrikaans Language Monument. Good news for Afrikaans too: WordPress and Facebook have gone Afrikaans! If you choose Afrikaans as your language in the settings in WordPress, you will find most terms on your dashboard in Afrikaans.
Hoogenhout, a famous South African poet, said the following after Afrikaans was forbidden in schools in the early 1920s.
“English! English! All is English! What you see and hear
In our schools, in our churches, our Mother tongue is killed”
Was dit Hoogenhout wat in ‘n gedig gesê het:
“Engels! Engels! Alles Engels! Engels wat jy sien en hoor;
In ons skole, in ons kerke, word ons moedertaal vermoor.
Ag, hoe word ons volk verbaster, daartoe werk ons leraars saam.
Hollands nog in seek’re skole: is bedrog, ‘n blote naam!
Wie hom nie laat anglisere, word geskolde en gesmaad.
Tot in Vrystaat en Transvaal al, oweral dieselfde kwaad.
‘Dis vooruitgang’, roep die skreeuwers, ‘dis beskawing wat nou kom!
Die wat dit nie wil gelowe, die is ouderwets en dom…’.”
I‘ve been to a few countries and many places in the UK. I still think South Africa is the most beautiful country in the world. We have such an abundance of beauty and diversity in nature. We have the greenest canyon in the world- which is also the 3rd largest in the world, we have the highest waterfall in Africa and the 2nd highest in the world, the 3rd longest Tufa waterfall, the deepest mines, the largest zoo, the smallest butterfly, the largest diamond, the second largest amount of windmills on farms (280 000), the largest impact crater on earth, white lions, the largest ostrich population and much more.
On this link of the The Drakensberg Mountains, you can read about my hiking trip in the Mountain when I was 15. I was on top of Mount Aux Sources, the highest peak of the mountain range in South Africa. The actual highest peak of this mountain range is in Lesotho and the peak is called, Thaba Ntlenyana (which means: beautiful little mountain). “Thaba” means “mountain” – the attributive “yana” means “little”.
You can see a pic of one of the two chain ladders you have to go on to reach the summit. At the bottom of this post I have included an Afrikaans song by the Art teacher in my Secondary school. He was one of the two teachers on our hiking trip! He sings about “sidewalk people” and I’ve translated it roughly for you to understand.
More interesting facts – from quite a few years ago:
*Pretoria has the second largest number of embassies in the world after Washington, D.C.
*The University of South Africa – UNISA – is a pioneer of tertiary distance education and is the largest international correspondence university in the world with 250,000 students.
*Afrikaans is the youngest official language in the world.
*The Singita Private Game Reserve in the Kruger National Park was voted the best hotel in the world by the readers of travel publication, Conde Nast Traveller.
*Stellenbosch University was the first university in the world to design and launch a microsatellite.
*South Africa houses one of the three largest telescopes in the world at Sutherland in the Karoo.
South Africa is the first country to host a Fide rated Chess tournament where players from different countries played their games online! See my entry about the South African Open Chess Championships that took place in Cape Town.
Read HERE my post dedicated to Afrikaans only- last year 14th August.
This stamp was issued October 1975. It was issued on the Inauguration of the Afrikaans Language Monument and features the 1st edition of the Arikaanse Partiot (January 15, 1876), one of the first newspapers in Afrikaans rather than Dutch.
On this link you can see more stamps of South Africa.
Met die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners op 14 Augustus 1875 in die Paarl is ‘n tydvak van georganiseerde stryd om die Afrikaanse taal ingelui. In artikel IX van die Genootskap se bepalings word beoog om ‘n Afrikaanse maandblad uit te gee. Op hierdie dag in 1876 verskyn die eerste uitgawe van die maandblad Die Afrikaanse Patriot, wat die orgaan van die GRA sou wees. C.P. Hoogenhout was die eerste redakteur onder die skuilnaam Oom Lokomotief, wat deur die redakteurs na hom oorgeneem is. In Die Patriot dek die GRA die terreine van hul doelstelling, naamlik die van land, volk en taal. Daarin is leiding gegee ten opsigte van landsake, die Afrikaanse taal, geskiedenis en belangrike nuus. —lees meer op die link!
LEES HIER!!
Jan 2015 –Indien jy beplan om my eie gedigte te ‘leen’ vir jou Facebook bladsy of jou privaat blog of website, kan jy asseblief so vriendelik wees om my daaroor in te lig en daarna ook my skryfnaam ‘Nikita’ daarby te publiseer -soos dit by al my eie gedigte hier op my blog is! Dit is ‘n klein en simpel versoek. Ek vind my eie gedigte op heelwat ander websites and dit is vir my aangenaam om te weet dat ander mense my gedigte waardeer, maar daar is kopiereg reëls en ek sal dit waardeer indien jy dit sal respekteer en erkenning gee aan die skrywer van die gedig. Dan — vind ek ook my gedigte op internet bladsye van mense met sekere politieke sieninge en oorweginge waarmee ek nie saamstem nie. Ek het herhaaldelik gevra om my gedigte te verwyder en my versoeke word bloot geignoreer. Dit wys dat daar mense is wat nie ander se werke (eiendom) respekteer nie. Dit is die groot rede waarom ek die boodskap hier plaas.
Suid-Afrika: my land
Jy’s indrukwekkend, manjifiek
jou sondeurdrenkte landskappe
weerkaats helder beelde in my siel
jou pragtige wonders flikker oneindig
lank in die stilte van jou nagrus
Mount Aux Sources – so elegant en grasieus
verrys jy vanuit die voetheuwels, soos
‘n fakkel by die Spele ets jy lekkende
beelde teen die muur van my geheue
en voel ek jou hitte gloeiend teen my hart
O Blyde! ek fantaseer oor jou
magiese kragte wat jy sorgloos
en galant in die galery van my
stille gemoed stilletjies uitpak terwyl
my dawerende applous eggo
oor die velde van my gedagtes
Moederstad! hoe inskiklik laat jy my
telkens hakkel wanneer ek my herinneringe
sagkens koester – jou fasades!
waar ek jou gambiet betree
en gewillig my pionne oorgee
En saans voel ek jou fluweelagtige
skoonheid van elke sonsondergang
stadig neerdaal in my gemoed terwyl
ek stadig drink van jou geloofs-fonteine
wat borrellend bruis in oorvloed
Fragmentaries vier ek feeste
ek dans en omhels jou en jy –
jy blus my gees telkens met jou
magiese heildronke: een-vir-een
op ‘n toekoms – wat mag wees!
–Nikita –14/8/09 14:00
Sidewalk People
Sidewalk People Sidewalk People
Move like shadows in the street past me
Sidewalk People Sidewalk People
Move faceless past my heart
Sidewalk People Sidewalk People
Move like shadows in the street past me
Sidewalk People Sidewalk People
Move faceless past my heart
I wish I could look at a photo
to see what your world deep inside is like
borrow a piece of your dreams
I wonder who you are
I wish I could understand the language
in which you channelled your thoughts
I wish I could for a moment
share your path of life
Sidewalk People Sidewalk People
Move like shadows in the street past me
Sidewalk People Sidewalk People
Move faceless past my heart
perhaps it’s best for sure
‘cos if we know all of all
the sadness maybe
too hard too much
the love too beautiful
walk past one another
I stay I and you stay you
a single road leading somewhere
I wish I could understand
Sidewalk People Sidewalk People
Move like shadows in the street past me
Sidewalk People Sidewalk People
Move faceless past my heart
Sidewalk People Sidewalk People
Move like shadows in the street past me
Sidewalk People Sidewalk People
Move faceless past my heart
—translated–nikita
image: google
Sypaadjie Mense
Sypaadjie mense Sypaadjie mense
Beweeg soos skimme in die straat verby
Sypaadjie mense Sypaadjie mense
Beweeg gesigloos voor my hart verby
Sypaadjie mense Sypaadjie mense
Beweeg soos skimme in die straat verby
Sypaadjie mense Sypaadjie mense
Beweeg gesigloos voor my hart verby
ek wens ek kon ‘n kiekie kyk
hoe jou wêreld diep daar binne lyk
‘n stukkie van jou drome leen
ek wonder wie jy is
ek wens ek kon die taal verstaan
waarin jy jou gedagtes baan
ek wens ek kon ‘n oomblikkie
jou lewenspaadjie deel
Sypaadjie mense Sypaadjie mense
Beweeg soos skimme in die straat verby
Sypaadjie mense Sypaadjie mense
Beweeg gesigloos voor my hart verby
miskien is dit dalk beter so
want as ons iets van almal weet
die hartseer dalk te swaar te veel
die liefde dalk te mooi
stap maar bymekaar verby
ek bly ek en jy bly jy
‘n enkelpaadjie iewers heen
ek wens ek kon verstaan
Sypaadjie mense Sypaadjie mense
Beweeg soos skimme in die straat verby
Sypaadjie mense Sypaadjie mense
Beweeg gesigloos voor my hart verby
Sypaadjie mense Sypaadjie mense
Beweeg soos skimme in die straat verby
Sypaadjie mense Sypaadjie mense
Beweeg gesigloos voor my hart verby
Sypaadjie Mense – Johan vd Watt
Sonja Herholdt, Ek verlang na jou.
Kritiek, asseblief! enige iets 🙂
Ek is geen kenner nie, maar ek voel dit het nie kritiek nodig nie. Dis pragtig – nes ons land.
Hi Connie, baie dankie! Ja, ons land IS pragtig!
For what its worth, ek sit alweer in trane. 😉
Dankie Boendoe…Maak seker jy vat toiletpapier as jy nie tissues het nie! Papierhanddoek werk ook. 🙂
Of reverse gear… 😆
presies! 🙂
Boendoe, ek wonder of jy die liedjie ken wat ek nou in die possie opgelaai het? Die “Sypaadjie mense”-liedjie.
Nee, Nikita, ek het dit nou vir die eerste keer gehoor. Dis pragtig! Eintlik dink ek mens kan dit op bloggers ook van toepassing maak, he? 😉
Ek het nogal presies dieselfde gedink toe ek lees wat jy op jou blog geskryf het! 🙂
Dankie!!! Ons was die afgelope dag of twee tussen die Weskus blommies en dit maak mens se hart skoon seer van blyheid om hier te kan woon.
http://www.facebook.com/album.php?aid=134789&id=621930395&ref=mf
Dit was ‘n plesier, Maankind, ek sal bietjie gaan loer op die link, baie dankie! Ja, julle is bevoorreg om in so mooi plek te kan wees, ons land het darem ‘n pragtige natuurskoon, iets waarop ons trots kan wees.
Maankind, ek moet darem byvoeg dat ek na jou foto’s gaan kyk het en dis pragtig. Ek hou veral van die vervalle hut.
Baie mooi Nikita!
For your English speaking readers, I just want to say I often find with Dutch speaking people from both the Netherlands and Belguim, that even after I explain to them in e-mail or so that that our language is called Afrikaans, they after that still keep on referring to Zuid-Afrikaans. I have found the same, to a lesser degree, with English speakers e.g. from the USA that they will refer to “South-African”, or sometimes to “African”. I realize it might be difficult for people from other countries to grasp the difference, and Afrikaans (e.g. in Dutch) sounds like it should mean: from Africa, but like many misnomers, it sticks.
Interestingly, for the past few weeks, on our radio station RSG (Radio Without Borders), they have an interview each Saturday with a TV team traveling and filming in other African countries. (Voetspore-span) Today the representative of this team said that when you meet a white person in Africa, you might as well try to greet him/her in Afrikaans. Now please don’t make an issue of “white”, I think many coulored and black South Africans are also seeing and seizing opportunities further up in Africa, and many of them might also be able to speak Afrikaans or even have it as their first language. So there is a possibility that in years to come, Afrikaans might just become lingua franca in Africa and it’s name no longer a misnomer!
Nikita, ek wil half onthou dat Johan van der Watt die liedjie dalk destyds op Spies en Plessie gesing het. Ek onthou ook ‘n ou wat kon maak of hy ‘n Hollander is, maar kan nie onthou of dit ook hy was nie. Kan jy onthou of hy ook so ‘n talent gehad het?
hi Kop! Baie dankie. Ek het nie elke Spies en Plessie-aflewering gekyk nie, dus moes ek hom definitief gemis het, maar het Johan ook nie Crescendo gewen een jaar nie..ek weet nie of ek onder korreksie praat, of dalk ‘n 2/3de plek gekry – ek verbeel my so iets. Of hy gemaak het of hy ‘n Hollander is, weet ek nie van nie. Hy was meer ‘n musiek-mens, maar dalk het hy daardie drama-talent gehad waarvan ek nie bewus is nie, nooit het hy ‘n drama–ding op bv ‘n prysuitdelingsaand of ‘n debatsaand, ens gedoen nie. – jy kry mos soms onnies wat so iets doen – veral by my skool het dit soms gebeur.
Die ou na wie Kop verwys (Hollander) is Leon Beukes. Ek het hom nou die dag gesien op ‘n episode va Maak ‘n Las wat weer heruitgesaai word op “poverty TV” (Dis nou die SABC kanale vir arm gatte soos ek) Hy was ‘n vriend van SA atleet en kosaanbieder Andries Krogmann wat nou die dag tragies oorlede is. Weet nie of jy hom kan onthou nie.
hi Connie, nee, ek ken nie vir Leon nie, ek het gelees van Andries Krogmann, dis nogal tragies van hom! Ek onthou hom baie goed.
Ek het Sypaadjie mense jare laas gehoor, pragtige liedjie met pragtige woorde. Dink ek het dit laas op skool gehoor. Laat ‘n mens sommer voel dat jy verlang na iemand wat jy nie ken nie.
hi Connie, ek stem saam, ‘n pragtige liedjie en ek is bly jy het dit ook geniet. Nogal ‘n uitsonderlike tema vir ‘n liedjie.
Dis is wonderlik!
Ek het ook Sypaadjie mense jare terug gehoor… pragtige lied.
hi Thomas! Welkom hier op my blog. Dankie vir jou kommentaar. Ek dink ons is almal dit eens dat Sypaadjie mense pragtig is. Ek is bly jy het dit ook geniet.
Hi Nikita; hier’s baie om te lees op jou interessante blog! Sal my nog ‘n paar dae of weke neem om deur alles te blaai.
Dankie vir die inloer op my blog en ook vir die SA feite in Engels, nou kan ek my jongste laat lees as sy weer vrae oor die positiewe van SA het. (Ongelukkig praat ek deesdae te veel oor die negatiewe…)
Ek sal na manlief se rekenaar moet gaan om die liedjies te luister, het nie nou ‘n luidspreker aan myne gekoppel nie; ek is nou nuuskierig oor die ‘Sypaadjie’ ene want ek ken dit nie…
Hi Desia! Welkom hier! Dankie vir jou besoekie en kommentaar. Geniet die “deurblaai” hier. 🙂 Die feite is ‘n plesier, ek het ook gesien dat jou kleinkinders Engels is. Ek hoop jy kan Sypaadjie Mense luister en ook geniet.
Hierdie is ‘n ongelooflike goeie inskrywing! Ek het dit regtig geniet. Afrikaans is seker die lekkerste taal om the kan praat op aarde. 🙂
Hi SA Expats! Welkom hier op my blog en dankie vir jou mooi kommentaar. Ek is bly jy het dit geniet. Ek stem 100% saam met jou!
Baie mooi gedig, Nikita! Met jou passie vir SA is dit seker baie moeilik om so in die vreemde te woon. Wat hou jou daar?
hi Boer! Baie dankie! Ja, dit is maar moeilik, maar mens pas aan waar jy ookal is, die mens is mos maar ‘n aanpasbare wese, maar jou “eie” is net nie dieselfde as die “vreemde” nie. Ons is nou ge-“settle” hier – gekom vir ons kinders. Mens kom op ‘n stadium waar jy meer gaan verloor deur terug te gaan en ons was al ‘n keer terug- weer gekom slegs agv Onderwys-sit in SA wat maar erg frustrerend vir ons as Onnies geword het. Natuurlik sal ek enige tyd teruggaan sodra die tyd daar is. Aftrede… 🙂
Jou blog is deesdae lekker ‘vonkie’ (funky)
Ek hou so daarvan as jy die waarheid nie probeer verbloem of polities korrek probeer weergee nie.
Mag jy eendag terugkom na jou Vaderland, en in die supermark in jou Moedertong klets.
hi Skoor! Dankie! Ek hou van jou “vonkie” 🙂
Jongie, as die waarheid moet uit, dan moet dit uit en sommer reguit ook, ek draai nie doekies om nie, nie as dit kom by my taal en land nie. Dit is die rede waarom ek baie dinge in my gebroke Engels hier sê, sodat die “res van die wêreld” ook kan “kennis neem”. 99% van hierdie “ander” weet van niks, hulle “het nie geweet nie” en is ontsettend oningelig oor ons geskiedenis, al wat hulle ken is die afgesaagde/holruggeryde apartheid en hulle sien net dit raak, niks anders.
Jou woorde: “Mag jy eendag terugkom na jou Vaderland, en in die supermark in jou Moedertong klets.”
Ek hoop dit sal so wees en ek sal uitsien na daardie dag.
Ek het dit nou werklik geniet. Dankie vir die moeite met hierdie inskrywing! (Soos met al jou ander ook). Sypaadjie mense – wat ‘n wonderlike beeld! Die lied is nostalgies!
hi Emil! Baie dankie. Ek is bly jy’t dit geniet. Ek geniet hierdie Sypaadjie mense net so baie. Ek het hom maar gisteraand eers vertaal na een van my skaak-vrinne gevra het. Ek kan hom oor en oor luister. Ek wonder net waarom Johan vd Watt nie meer liedjies gesing en vrygestel het nie, hy’t ‘n besonderse en unieke stem.
Baie nice! Die foto’s laat my sommer baie terug verlang
Hy Kaalvoet! Baie dankie! Jy’s ook so reg op my, ek dink ons het nou byna dieselfde tyd hier “submit” gedruk! 🙂 Ja, daardie foto’s is pragtig, dit sal sommer enige een van ons laat ver terug verlang.
hi Nikita.
Wat ‘n verrassing. Hanlie Kotze was saam met my op skool, my jonger suster en sy was in dieselfde klas en dik vriende.
Dis goed om te sien dat mense vanaf die platteland dit ook kan ‘maak’. Ken jy haar?
Dankie vir die inskrywing.
hi Eilandkind! Bly om jou te sien. Ek het ‘n boodskap by jou probeer los laas week, maar kon nie. Saam met my was ook ‘n Hanlie Kotze, maar beslis nie die ene nie, of altans ek glo nie dit was sy nie, ek het nie gaan kyk waar Hanlie vandaan is nie – ek sal bietjie gaan loer. Die inskrywing was ‘n plesier!
Enige boererate om sypaadjie mense uit my kop te kry?
whawhaha..!! dit maak twee van ons! My familie het ook – voordat ek hulle gesê het van jou boodskap (nav ‘n gesprek wat ons in die kombuis gehad het) gesê dat hulle al byna die liedjie uit hul koppe ken!
Jou inskrywing geniet en ek’s baie bevoorreg om in tydelik in die buiteland te wees en nog steeds my taal te kan praat met mense rondom my!
Laat kry my jou epos adres dat ek Storieman se inligting kan deurstuur. Myne is uitentuis2001atyahoodotcom
Hi Sandra! Baie dankie! Julle is bevoorreg, ons kan dit hier slegs doen as ons met vriende bymekaarkom, maar ek het darem ‘n SA onnie wat saam met my is, dus ons sal darem kan gesels.
Ek maak so met die email, baie dankie!
Jonge jonge, soos hulle mos in Nederland sê. Ek het nou so lekker in Afrikaans gelees, ek het nie Sondag brunch nodig nie. Baie dankie; maar ek het nou ook ‘n paar tissues nodig. As jy so lank in die buiteland woon, word jou verlange ‘n ernstige saak.
Weereens, nog ‘n dankie. Het julle al Riaan Malan in Afrikaans hoor sing?
hi Stek, Welkom hier op my blog. Baie dankie vir jou kommentaar. Ek’s bly jy het dit geniet en jammer vir die trane! Ja, die verlange is regtig ‘n ernstige saak. Ek kan nie onthou of ek op Youtube hom al gehoor het nie, ek sal gaan loer, dankie, andersins het ek hom nog nie gehoor nie.
Hello Nikita, dankie vir die mooi inskrywing. Dis inskrywings soos die wat jou blog een van my gunstelinge maak!! 😉
hi Wipneus! Dit was ‘n plesier. Baie dankie vir jou mooi kommentaar!
Een mooie ode aan een mooie taal (ik spreek hem niet, maar kan hem als Nederlandse uiteraard redelijk volgen). Ik ga zeker nog wat verder rondkijken op je weblog – ziet er interessant uit!
hi translatormum! Welkom hier op my blog en baie dankie vir jou mooi kommentaar. Ek hoop jy het leuke gekuier! Dit is soos jij sê, dis maklik vir my ook om Nederlands te begrijp as gevolg van die “verbintenis”. Ek geniet Nederlands net so veel as Afrikaans. Ek sal graag die taal wil leer skryf! 🙂
[…] Possibly related posts: (automatically generated)Afrikaans! Afrikaans! Afrikaans!Languages of Namibia: AfrikaansFrom Samizdat to Twitter: How Technology Is Making Censorship […]
Thank you.–goed om te lees
Afrikaans is my hartstaal en moedertaal en ek is trots daarop. Mense dig baie dinge toe aan die Afrikaner uit onkunde. Gaan lees en doen navorsing en sien die lig! Die mense is hardwerkend, eerlik met empatie en omgee vir ander! Sit die regte bril op wanneer jy kyk!
Dankie vir jou besoek, Elsee, Ek stem saam.
Hallo Nikita, ek het jou gedig “Transformasie” baie geniet en wil weet of ek dit met my lesers kan deel? Ek is besig om ‘n nuusbrief vir Negester Klein-Kariba (www.negester.co.za/klein-kariba) saam te stel en ek dink dat die gedig mooi hierby sal inskakel. Ek het die blogadres en jou naam (Nikita Augustus 2008) hierby gevoeg. Laat weet gerus of jy hiermee gemaklik is. Groete, Dawid Malherbe
Hello Dawid, Welkom op my blog! Dankie vir jou mooi woorde, ek voel geeerd, enige tyd. Ek sal graag die nuusbrief wil sien en mag ek dalk ‘n kopie kry? Groete!
Hi Nikita, dit is goeie nuus, baie dankie. Ek het ‘n nuusbrief vir jou per e-pos gestuur. Groete!
Dankie, Dawid, ek het dit gekry. Groete daar ook!