• Home
  • About
  • Afrikaanse gedigte poems
  • Chess and the benefits
  • Links
  • Poems – gedigte – own
  • SA History
  • South African Recipes

Chessalee

Everything/Anything and…Chess…"Despite the documented evidence by chess historian HJR Murray, I've always thought that chess was invented by a goddess"–George Koltanowski: from the foreword to:"Women in chess, players of the Modern Age"

Feeds:
Posts
Comments
« Grys ou Stad
Hounslow today »

Twenty-one forty

30/06/2009 by Nikita

P6300073

P6300074

P6300075

It’s summer in the northern hemisphere, 30th June 2009, 21:40. The church clock is quiet. All clear! Silence has been spilt! Night has slowly arrived. Next door’s cat keeps watching, unaware of an intruder invading its “personal space”, trying to zoom into its comings and goings. Then, telling the intruder to back off, kitty cat disappears on the other side of the roof, spoiling a moment’s excitement.

Dis een ding waaraan ons gewoond moes raak. In die somer, veral hierdie tyd van die jaar, word dit eers na tien uur donker. Julle kan op hierdie foto’s sien dat dit skemer is. Terwyl ek hier tik is dit 25 voor 11 en nou eers amper regtig donker. Maar als gebeur oornag hier. Baie gou is die somer verby en maak ons weer gereed vir die bitter koue wat enige tyd vanaf Oktober toeslaan. Verlede jaar het ons ‘n gematigde herfs gehad – wat Oktober tot Desember is. Die skole se termyne word ingedeel volgens die seisoene. Dus, die eerste termyn word van Autumn-term gepraat, dan is dit Spring en Summer begin na April-vakansie. Waar’s winter? Nee wat, jy praat nie van winter in hierdie land nie, dis al klaar erg dat dit so koud kan word, dus word winter sommer oorgeslaan! hehe… ons het drie termyne, maar in die helfte van elke termyn het ons ‘n week “vakansie”, wat die termyn darem soort van draaglik maak. Die breukie word “half term” genoem. Dit kom ook net betyds, soos ek altyd sê dat naweke net betyds kom. Jy voel die week wil net-net te lank raak, dan’s Saterdag op jou. Hier is die skooldae ook vreeslik lank, met die dat middagete by die skool genuttig word. Laerskole begin meestal 5 oor 9 en eindig op die laatste 3:30 – afhangende van hoe lank die middagete is. Hoërskole probeer die middagete slegs ‘n halfuur maak, wat meebring dat die meeste skole dan in die omgewing van 3:15 klaarmaak. Een groot rede vir die kort middagete is om allerhande “gevegte”  wat moontlik kan uitbreek, te verhoed. Dit gee kinders net genoeg tyd om hul eet-breuk te hê en ‘n kort geselsie in te pas. In sommige rowwe skole kan selfs ‘n halfuur ete menige  Onderwyser ‘n hoofpyn besorg. Sommige skole probeer ook soveel as moontlik klubs gedurende etenstye te hê sodat die kinders aktief en konstruktief besig gehou word en sodoende probleme uitgeskakel word, of verminder word. Natuurlik gaan ek die nuwe akademiese jaar by my skool met ‘n skaakklub begin. By die skool moet elke Onderwyser op ‘n Woensdagmiddag -na ete- een of ander aktiwiteit vir die leerders aanbied en elke leerling moet daardie uur aan iets deelneem. Ek dink dis ‘n puik idee. Bitter min skole doen so iets om kinders aktief te kry by een of ander sport of aktiwiteit betrokke te kry. Vra my oor sport in skole hier…en ek vertel jou dat dit ‘n groot grap is, in vergelyking met ons skole in SA. Nou praat ek ook nie eers van ‘n “sportdag” wat skole gewoonlik hierdie tyd van die jaar het – om kinders “besig” te hou. Dis genoeg brabbel vir eers, ek groet! Terloop, ek het eerskomende Maandag sportdag by my skool. Verlede jaar het ek my verbrande arms geblog! Die jaar sal ek weet om my baie dik met sonroom te smeer, ten spyte van die wolke!

Share this:

  • Pinterest
  • Twitter
  • Facebook
  • Reddit
  • Email

Like this:

Like Loading...

Related

Posted in General | Tagged cat, Church, London, skoolhou in Engeland, summer | 6 Comments

6 Responses

  1. on 01/07/2009 at 05:33 Wipneus!

    Dis ‘n lekker gesels inskrywing en ek hou van die foto’s met die kerktoring.

    Ek kry yskoud die jaar en die winter wil nie einde kry nie. Elke spier in my liggaam pyn en ek het een of ander katgriep wat ook nie wil wyk nie….. 😦

    Nikita my site is afgesit ek probeer veranderinge aanbring en ‘n heel nuwe rigting inslaan. As ek net meer tyd gehad het, maar die werk interfeer met my blogging! whahahaha 😆


  2. on 01/07/2009 at 08:50 Nikita

    hi Wipneus! Ek het gewonder wat is aan die gang met jou site. Sterkte met jou besluit en werk! Sterkte met die griep ook, dit kan ‘n nare ding wees! Drink Med-lemon, dis waarin ek glo!


  3. on 02/07/2009 at 14:02 boerinballingskap

    Med-Lemon en brandewyn – werk soos ‘n bom!


  4. on 02/07/2009 at 19:56 Nikita

    hi Boer, ek stem met jou saam oor die brandewyn! Ek dink selfs een dokter hierdie kant het ‘n paar jaar terug gesê heuning en brandewyn. Ons het aanvanklik gedink hy’s van SA, want dis net Saffas wat gewoonlik weet van die brandewyn-ding wat werk vir griep.


  5. on 02/07/2009 at 21:14 boendoe

    Ja, die ‘ligte’ nagte was vir my ‘n nagmerrie met twee klein kindertjies! Hulle wou jol, die son skyn dan nog! 😆

    Die skole begin lekker laat daar. Hier moet ons bloedjies 7h30 by die skool wees. In die winter is dit ‘n PYN! Dis nog pikdonker, dan moet jy op en ry. 👿


  6. on 02/07/2009 at 22:19 Nikita

    hi boendoe, ja, dit is lekker laat, die hoërskole begin gewoonlik 20 voor 9 en dan is dit registrasie(register) vir so 10-15 min en die eerste les begin by sommige 10 voor 9, my skool waar ek nou is begin die 1ste les 9uur en ons eindig 3uur, ete net ‘n halfuur. Die laerskole het gewoonlik ‘n uur ete ek mis nogal daardie uur. Ek onthou daardie donkerte! Ek was gewoonlik al half 7 by my skool (in SA), dan was daar al kindertjies wat afgelaai is wat ook al daar rond was, wie se ouers vroeg moes werk.



Comments are closed.

  • Follow Chessalee on WordPress.com
  • Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

    Join 289 other subscribers
  • Spoken by great men:"Give me 20 divisions of American soldiers and I will breach Europe. Give me 15 consisting of Englishmen and I will advance to the borders of Berlin. Give me two divisions of those marvellous fighting Boers and I will remove Germany from the face of the earth." - Field Marshal Bernard L. Montgomery, Commander of the Allied Forces during WW2.

  • "The Americans fight for a free world, the English mostly for honour, glory and medals, the French and Canadians decide too late that they have to participate. The Italians are too scared to fight, the Russians have no choice. The Germans for their Fatherland. The Boers? Those sons of Bitches fight for the hell of it." American General, George 'Guts and Glory' Patton.

  • Latest Posts

    • Concerto for two and three movements
    • War-time Chess
    • Queen Elizabeth II
    • Vroue het deur die eeue skaak gespeel
    • War Time Chess
  • Top Posts & Pages

    • Alice in Wonderland's Mysterious Chess Game
    • Boer War Art Poetry and History
    • Heerlike Suid-Afrikaanse Resepte
    • Buttermilk rusks - Karringmelk beskuit
    • Die beiteltjie - The Little Chisel
    • Alabama - ship and song
    • Hilary Stagg
    • Beatrix Potter's Hill Top Farm
    • Kasparov in South Africa
    • Lion Whisperer
  • June 2009
    M T W T F S S
    1234567
    891011121314
    15161718192021
    22232425262728
    2930  
    « May   Jul »
  • Afrikaans Afrikaanse gedigte Afrikaans poems Afrikaans songs Anand Art books Carlsen Chess chess art chess games Chess Grandmasters chess movies chess news Chess South Africa chess tournaments classical music food gedigte History London Magnus Carlsen Melissa Greeff Mp3 music files music music audio files music files music videos musiek nature news poems Poetry poets Pretoria Radjabov recipes resepte skaak Skaak Suid-Afrika South Africa South African artists stories Suid-Afrika Topalov

  • Live chess ratings top 10 - men 2700chess.com for more details and full list
  • Live chess rating: Top 10 - women 2700chess.com/women for more details and full list

Create a free website or blog at WordPress.com.

WPThemes.


  • Follow Following
    • Chessalee
    • Join 289 other followers
    • Already have a WordPress.com account? Log in now.
    • Chessalee
    • Customize
    • Follow Following
    • Sign up
    • Log in
    • Copy shortlink
    • Report this content
    • View post in Reader
    • Manage subscriptions
    • Collapse this bar
%d bloggers like this: