Feeds:
Posts
Comments

Archive for June 29th, 2009

Grys ou Stad

English Readers: This is my own pantoum, in Afrikaans. On this link you can read about Pantoums and the rules and try your own too! I wrote mine about London.

Mnr Muller het my “gedaag” om ‘n Pantoen te skryf. Hy het reeds twee op sy blog geplaas en baie goed daarin geslaag om sy gedagtes neer te pen. Jy kan op sy inskrywing ook lees wat ‘n Pantoen is en die reëls vir die skrywe van ‘n Pantoen. Sy tweede pantoen veral is iets wat jy moet lees, kom uit ‘n wêreld van liefde en romanse! hehe…baie goed, mnr muller! Volg die link om syne te lees. Hy was nuuskierig om te weet wat my onderwerp gaan wees en daarmee natuurlik bietjie druk op my geplaas om een te griffel. Ek was verlede week Donderdag en vandag in London, so bietjie gaan ronddrentel, “shopping” gedoen en net bietjie die tyd geniet na die afgelope byna jaar wat ek toe was onder die druk van studies/skool ens. ens. en ek wou myself ook bietjie bederf voordat ek eerskomende Donderdag terug in die tuig is… die keer weer permanent. O ja, ons kook natuurlik uit hier in London die afgelope paar dae! Vandag is die temperatuur 30 grade C! 

 Ek het besluit my onderwerp gaan “London” wees – die stad. Ek het so ‘n klompie foto’s geneem tussen die twee dae, nie te erg aangegaan nie, net so hier en daar. Die eerste drie is sommer vanuit Starbucks geneem! Ek kort ook ‘n nuwe kamera! Dis my volgende bederf en beslis voor einde Julie wanneer ons somervakansie aanbreek. O ja, het ek genoem dat ons verlede week saam met die Suid-Afrikaanse Nasionale “Pool”-span op die trein gereis het! Hulle was oppad na die Wêreldkampioenskappe in Blackpool. Dit was lekker om met hul te kon gesels en een van die jong latte in die span was vreeslik uit sy vel op die trein. Die knaap moet net volgende keer die musiek uit sy ore haal as hy op die trein praat, want hy het byna die hele trein verskree met sy uitbundigheid om in London te wees – musiek en al  in sy ore! Ons het heerlik vir hom gelag. Eers gaan ek die foto’s plaas en dan kan jy na die foto’s kyk en so bietjie jou verbeelding laat “gaan” as jy my geskrywe lees. Jy kan later terugkom vir meer foto’s – wat ek in ‘n nuwe inskrywing sal plaas. Al die foto’s is in Oxfordstraat geneem.

P6250018

P6250020

P6250017

P6290063

P6290064

P6290065

Grys ou Stad

die son brand fel neer op hierdie dag
waar dit woel en krioel –  van vroeg tot laat
leë siele loop onbeduidend met niksseggende gedagtes
kruiend staar hul tot êrens in die verlede rond

waar dit woel en krioel – van vroeg tot laat
oer-stemme eggo helder in my gedagtes
kruiend staar hul tot êrens in die verlede rond
en messel dit wat is met dit wat was

oer-stemme eggo helder in my gedagtes
leë siele loop onbeduidend met niksseggende gedagtes
en messel dit wat is met dit wat was
die son brand fel neer op hierdie dag

Nikita-29/6/09 (inderhaas: 14:30)

Ek moet dalk bietjie verduidelik: “kruiend” glo ek nie is ‘n Afrikaanse woord nie, ek’s nie seker nie. Ek weet van “kruie” – soos in drentel (behalwe natuurlik kruie wat jy in kos gebruik) en ek het besluit om “kruiend” hier te gebruik. ‘n Nuwe woord? Dan, hierdie gegriffel is oor die ou stad, daarom al die “ou” en “verlede”, die mense wat – hopenlik – die historiese “beleef” – of hul gedagtes wat terugflits wanneer hul die ou geboue/historiese plekke sien/beleef…dan die mense wat doelloos in die strate rondbeweeg…soos maar in enige ander plek. Hoop dit maak als sin! – sien my ander “weergawe”… ek was nie heeltemal gelukkig met die vloei van die eerste een nie. Ek het ook so bietjie raad van mnr muller ter harte geneem! Ek het die straatnaam en name van geboue in Oxfordstraat ingebring. Op die laaste twee foto’s kan jy Niketown sien.

onder die grys ou verlede

die son brand fel neer op hierdie dag
bleek figure drentel onbeduidend met verwaarloosde gedagtes
kruiend staar die stad tot êrens in die verle’
oxford woel en krioel – van niketown tot centre point

bleek figure drentel onbeduidend met verwaarloosde gedagtes
in my gedagtes weerklink oer-oue stemme van lank gele’
oxford woel en krioel – van niketown tot centre point
moeiteloos messel ek dit was is met dit wat was

in my gedagtes weerklink oer-oue stemme van lank gele’
kruiend staar die stad tot êrens in die verle’
moeiteloos messel ek dit wat is met dit wat was
die son brand fel neer op hierdie dag
–30/6/09 (12:30)

Read Full Post »