• Home
  • About
  • Afrikaanse gedigte poems
  • Chess and the benefits
  • Links
  • Poems – gedigte – own
  • SA History
  • South African Recipes

Chessalee

Everything/Anything and…Chess…"Despite the documented evidence by chess historian HJR Murray, I've always thought that chess was invented by a goddess"–George Koltanowski: from the foreword to:"Women in chess, players of the Modern Age"

Feeds:
Posts
Comments
« Wind beneath my wings
I’ve been there »

My Sarie Marais

26/05/2009 by Nikita

sarie_mare1868
Sarie Marais (Mare) 1868

https://chessaleeinlondon.files.wordpress.com/2009/05/sarie_maraisroyals.mp3
This audio file is Sarie Marais played by the Royal Marines
Any South African knows this song very well. If someone from South Africa doesn’t know this song, then he pretends his a South African- hehe. Sarie Marais is a song which runs in your blood if you’re a Saffa. Interesting to know that the British Royal Marines have adopted it…even the French! Near to the bottom of this post you can find the link to the Royal Marines’ site and I’ve found the translation of this song in English/French too. I grew up in the Transvaal, but the Eastern Transvaal, which is now called Mpumalanga and I will always sing…”bring me back to my dear Transvaal”! I have the history of Sarie Marais in Afrikaans and if you want it translated, give me a shout and I’ll do it in a week’s time. At the bottom of this post, you will find a link to an entry about Die Huisgenoot…uit Toeka se dae!
Sarie Marais
http://www.geocities.ws/paulmare69/stories/sarie_marais.htm
sariemaraisroos
Sarie Marais Rose – image: sariemarais.com

Sarie magazine
Sarie magazine, first published in 1949 under the title, Sarie Marais

Sarie July 1949

Image: sarie.com…the first Sarie published 6th July 1949! volg die link na Sarie-webadres. The link to Sarie’s site will open in a new window.
http://www.sarie.com/lees/artikels/waar-het-sarie-haar-naam-vandaan-gekry

Sarie 60 jaar

Sarie is 60! Image: sarie.com

Sarie-web

Sarie on the web! at sarie.com

Susara Margaretha (Sarie) Maré
Die eerste dogter van Jacob Philippus Maré en Cornelia Susanna Jacoba Erasmus was Susara Margaretha. Sy is op die plaas Eendraght, Suikerbosrand, distrik Heidelberg, gebore op 15 April 1869. Haar pa was Jacob Maré, wat later ‘n lid van die uitvoerende raad van die Transvaal geword en na wie ‘n straat in Pretoria genoem is.

Hierdie is dié Sarie Marais (eintlik Maré) wat in die wyk van die Mooirivier gewoon het, ook bekend as Tant Mossie, volgens die SA biblioteek se katalogus-inskrywing AP.1998-227.

Haar ouers was Voortrekkers, en het hulle in die omgewing van die Suikerbosrand gevestig. Die dorpie Heidelberg het toe nog nie bestaan nie. Die grootste konsentrasie Voortrekkers het hulle in die wyk Mooirivier bevind, waar die dorp Potchefstroom aangelê is.

In hierdie tyd was daar vyf wyke in Transvaal:

Mooirivier (Potchefstroom)
Magaliesburg (Rustenburg)
Marico (Zeerust)
Ohrigstad
Zoutpansberg (Pietersburg).
Suikerbosrand was in die wyk van Mooirivier geleë, wat gestrek het vanaf Potchefstroom tot die huidige Wolmaransstad en Makwassie.

Toe sy 16 jaar oud was, het sy vir Jacobus Petrus Toerien, ‘n verslaggewer van Di Patriot van die Paarl, ontmoet. (Hy was toe in Pretoria om ‘n onderhoud met haar pa te voer). Hy het onder die skuilnaam Jepete in “Ons Kleintje” geskrywe in sy hoedanigheid as subredakteur van “Di Patriot”. Hulle is getroud en het 16 kinders gehad, van wie net 8 grootgeword het.

Hy het by Amerikaners wat in Transvaalse myne gewerk het die liedjie Sweet Ellie Rhee gehoor, wat sy oorsprong in die Amerikaanse Burgeroorlog gehad het en deur Septimus Winner (Alice Hawthorne) geskryf is. In die tydperk tussen die Eerste en Tweede Vryheidsoorloë het Jepete die woorde vertaal en só sy vrou, Sarie Maré, verewig. Die lied het ook nie aanvanklik al die versies en presies dieselfde woorde gehad het as wat ons vandag ken nie. Maré het later weens ‘n drukfout Marais geword.

 

Teen 1899 was Sarie Marais reeds ‘n treffer in Pretoria. In die Anglo-Boereoorlog het dit nie net gewild by die Boeremag geword nie, maar ook by ander soldate. Dit het later wêreldbekend geword omdat duisende Suid-Afrikaanse soldate dit in die Eerste en Tweede Wêreldoorlog gesing het.
Die gewildheid het het só gegroei dat die Britse Royal Marines dit as regimentsmars aangeneem het. Hul opleidingskip heet ook Sarie Marais. Dit is ook die regimentsmars van Paraguay se seinerskorps. Die eerste Suid-Afrikaanse seiljag se naam was ook Sarie Marais en duisende besoekers het al in die Durban-hawe op die Sarie Marais-plesierboot gevaar. Die eerste Suid-Afrikaanse rolprent se naam was Sarie Marais. Sarie, sustertydskrif van Die Volksblad, heet ook na haar. Tot hotels en woonstelblokke is na haar genoem.


Op die eerste internasionale radio-uitsending tussen Suid-Afrika, Brittanje en Amerika op die verjaardag van mev. Isie Smuts, vrou van die destydse premier, generaal Jan Smuts, het die sangeres Gracie Fields Sarie Marais gesing.
In die Tweede Wêreldoorlog het ‘n buitestasie van soldate in Noord-Afrika die naam “Sarie Marais Calling” gehad. Die Suid-Afrikaanse weermag is steeds lief om die mars op parades te speel, terwyl die Franse Vreemdelinge-legioen dit ook gebruik. Dit is ook die amptelike lied van die Girl Guides in Sri Lanka (Ceylon) wat dit aan die begin van die vorige eeu by die Boerekrygsgevangenes daar gehoor het. In die jare dertig van die vorige eeu is dit verkeerdelik op die Olimpiese Spele in Amerika as Suid-Afrika se amptelike volkslied gespeel. Duitsers het ‘n pienk roos met die naam Sarie Marais gekweek, waarvan voor die Pantserskool in Tempe, Bloemfontein, geplant is.

Inligting: sien die geocities-link soos hierbo aangedui.Daar word beweer dat “My Sarie Marais” se “oorsprong” is van die Amerikaanse liedjie:

Sweet Ellie Rhee

Sweet Ellie Rhee, so dear to me
Is lost forever more
Our home was down in Tennessee
Before this cruel war
Then carry me back to Tennessee
Back where I long to be
Amid the fields of yellow corn
To my darling Ellie Rhee.

My Sarie Marais

My Sarie Marais is so ver van my hart,
Maar ‘k hoop om haar weer te sien.
Sy het in die wyk van die Mooirivier gewoon,
Nog voor die oorlog het begin.

Koor:

O bring my trug na die ou Transvaal,
Daar waar my Sarie woon:
Daar onder in die mielies by die groen doringboom
Daar woon my Sarie Marais,
Daar onder in die mielies by die groen doringboom
Daar woon my Sarie Marais.

Ek was so bang, dat die kakies my sou vang,
En ver oor die see wegstuur;
Toe vlug ek na die kant van die Upington se sand
Daar onder langs die Grootrivier.

Koor

Die kakies is mos net soos ‘n krokodillepes
Hul sleep hou altyd watertoe.
Hulle gooi jou op ‘n skip vir ‘n lange lange trip
Die josie weet waarna toe.
Koor

Verlossing het gekom, en die huistoe gaan was daar,
Trug na die ou Transvaal,
My liewelingspersoon sal seker ook daar wees
Om my met ‘n kus te beloon.

Koor
English translation:

Sarie Marais

My Sarie Marais is so far away from my heart,
But I hope to see her again.
She lives in the district of Mooiriver,
Since before the war began.

Refrain:

Oh, take me back to my dear Transvaal,
To where my Sarie lives:
There down by the maïsfields near the green thorn tree,
That’s where my Sarie lives.
There down by the maïsfields near the grren thorn tree,
That’s where my Sarie lives.

Refrain:

I was so scared that the English would catch me,
And send me away accross the sea;
That’s when I fled in the direction of the sandflats near Upington,
There down by the Orange River (formerly Great River)

Refrain:

The English are just like crocodiles,
They always drag you down to the water.
They trow you on a ship for a very long trip,
Only the Lord knows where to.

Refrain:

Liberation came, and it was time to return home,
Back to my dear Transvaal.
The person I love will certainly be there,
To reward me with a kiss.

SARIE MARAIS was also adopted by the French Army

Sarie Mares

Chant d’amour Sud-Africain du XVIII° siècle, il est chanté dès 1946 au peloton d’Extrême-Orient. A partir des années 1970, il s’impose comme chant de marche à l’EMIA.

O Sarie Mares, belle amie d’autrefois
En moi tu demeures vive.
L’amour est plus fort que la pluie et que le vent.
Qui peut arrêter son élan ?

Oui, je veux revoir, dans mon vieux Transvaal,
Ma ferme au toit de chaume.
Où le parfum du miel, et des conifères embaument.
L’air pur est clair comme un cristal. (bis pour les deux derniers)

O Sarie Mares est bien loin de mon coeur
Mais je crois en son amour.
Car c’est entre ses bras que j’ai connu le bonheur.
J’irai la revoir un jour. (bis pour les deux derniers)

Quand j’étais petit, je croyais qu’un démon
Venait me ravir ma maison.
Mais lorsque je fus grand, ce fut une horrible guerre
Qui m’emmena loin de mes terres. (bis pour les deux derniers)
http://www.nationalanthems.us/forum/YaBB.pl?num=1136108511

Sarie Marais
Arranged Sir Vivian Dunn
This march was adopted by the Royal Marines in 1953 as the offical march of the Royal Marines Commandos and is played after the Regimental March on ceremonial occassions. This recording is taken from the CD ‘The King’s Squad’ by the Band of HM Royal Marines Commando Training Centre and features the Adjudant giving that famous order “Royal Marines, to you duties… quick march”

http://www.royalmarinesbands.co.uk/audio/Index_audiomp3.htm

Helmut Lotti – Sarie Marais – with a perfect Afrikaans accent!

 Royal Marines Commandos – Sarie Marais

On youtube you can watch the French version too.

And Sarie Marais in the movies!


Op hierdie volgende link kan jy lees oor die Huisgenoot uit Toeka se dae! Die link sal in ‘n nuwe bladsy oopmaak.
https://chessaleeinlondon.wordpress.com/2009/01/17/from-ye-olde-and-not-so-old/

AddThis Social Bookmark Button

Share this:

  • Pinterest
  • Twitter
  • Facebook
  • Reddit
  • Email

Like this:

Like Loading...

Related

Posted in culture, General, History, Sarie Marais, songs, South Africa | Tagged Afrikaans songs, British Royal Marines, culture, Helmut Lotti, History, Sarie Marais, Sarie Mares, Sarie tydskrif, South Africa, Suid-Afrika | 27 Comments

27 Responses

  1. on 26/05/2009 at 12:09 boendoe

    My genade! Het ek nou lekker gelees!! Ek gee nie om of Sarie Marais van die Amerikaanse liedjie ‘afstam’ nie – dit skree Suid-Afrikaans. Dankie, Nikita, dit was nou regtig interessant!


  2. on 26/05/2009 at 12:51 Nikita

    hi boendoe! Ek het hierdie inligting net so interessant gevind, maar stem saam soos jy se, Sarie Marais is Suid-Afrikaans deur en deur! al se wie wat! 🙂


  3. on 26/05/2009 at 14:48 boerinballingskap

    Baie dankie vir die interessante info!


  4. on 26/05/2009 at 16:25 Nikita

    hi boer! Dis ‘n plesier! En ek hou van daardie top wat jy aanhet, bly jy het van daardie ander afgryslike ava ontslae geraak! Hierdie een lyk baie meer “sexy”! 🙂


  5. on 27/05/2009 at 00:37 Connie

    Ek moet saamstem, dit was nou baie interessant! Ek het nooit kon dink daar is so ‘n baie geskiedenis agter die volksliedjie nie. Baie dankie vir die info!


  6. on 27/05/2009 at 08:09 Zee

    Nikita, weet jy wat was nou lekker… Om die liedjie te hoor in die agtergrond terwyl ‘n mens hierdie baie interessante stukkie lees. Mens kan nie dink dat deur soveel lande gebruik word nie!!

    Ek stem, Sarie Marais is deur en deur Suid-Afrikaans 🙂


  7. on 27/05/2009 at 08:10 Zee

    😆 net toe ek Submit Comment druk, hou die musiek op speeel… Goeie timing!


  8. on 27/05/2009 at 10:04 Nikita

    hi Connie/Zee
    Dit was een groot plesier, bly julle het die info geniet. Ek het dit net so geniet toe ek dit gevind het. Ek dink bitter min van ons ken hierdie stukkie geskiedenis! Zee, jy ken behoorlik jou “timing” 🙂


  9. on 27/05/2009 at 10:10 Nikita


    Sien hierdie stukkie uit ‘n film!


  10. on 27/05/2009 at 13:50 eilandkind

    dankie Nikita, baie interressant.


    • on 27/05/2009 at 18:13 Nikita

      Plesier! Eilandkind!


  11. on 27/05/2009 at 14:59 Dan

    A friend of mine was in a play version of Breaker Morant. His character was executed at the end of the play, LOL!


  12. on 27/05/2009 at 18:14 Nikita

    Hi Dan, was it because of his “play” that wasn’t good or because of the story-line that changed? :)I haven’t seen this movie!


  13. on 08/06/2009 at 11:16 Jackie

    Baie interresante stukkie geskiedenis. Nou gaan ek vir almal vertel hiervan.

    Dankie duisend.


  14. on 08/06/2009 at 11:51 Nikita

    hi Jackie! Welkom hier en die brokkie nuus is ‘n plesier. Ek het selfs nou Sarie se link hier. Ek sien hulle het my blogentry op hul tuisblad geplaas. 🙂


  15. on 30/06/2009 at 08:28 BB

    Supercool inskrywing!!!


  16. on 30/06/2009 at 13:12 Nikita

    hi BB! Ek’s bly jy hou hiervan, ek het ook dit geniet met die inskrywing.


  17. on 16/07/2009 at 18:39 Lidia

    Ek vou net sê dat dit is die tweede keer dat ek jou blog vandag vees. Ek het in S.A. gewoon, en ek hou baia om afrikaans te praat en hoer praat – maar ek onthou nie baie goet die woorde nie!! Haha..

    Ek het die post aan Dalene Matthee gelees en hierdie een ook. Dis cool!

    Ok, I’m an english speaker. I was just practicing my Afrikaanse. I’m living in Portugal for the last 17 years, and hardly ever practice my 3rd language.. I’m actually quite amazed at myself that I can recognise the words in your posts. They make perfect sense (after I read the sentence twice). Wonderful! And of course, your articles are VERY interesting! I guess that’s what makes it really worth the effort!

    I’m sure to be back soon! Cheers!


    • on 16/07/2009 at 19:30 Nikita

      Hi Lidia== Welkom hier op my blog!
      Dankie vir jou kuiertjie. Ek gaan eers met jou in Afrikaans praat! 🙂 Hoe bly jy in Portugal? Ek het gehoor dis so heerlik om aan die Portugalse kus vakansie te hou? Ek is bly jy geniet dit hier, voel welkom om terug te kom.
      It’s good to practise your Afrikaans, you should do it more and you’re welcome to do it here! Thanks for your kind comments. See you soon!


  18. on 28/09/2009 at 03:40 Sandra Toerien Botha

    Dit is nou so lekker om hier in Kanada te sit en te lees oor Sarie Marais!

    My pa Johannes Jacobus Toerien (oorlede Jan 1972) het ons vertel dat sy familie die liedjie geskryf het.


  19. on 28/09/2009 at 07:49 Nikita

    Hi Sandra, Welkom hier op my blog en dis nou interessant dat hy dit vir julle vertel het. Dis ook interessant dat jy jou van behou het – iewers in my familie is die van Toerien ook. My ouma se nooiensvan (aan my pa se kant) is Toerien en my een oom se naam was Toerien. (en daar’s ‘n predikant met die van wat ook iewers in my familie inpas, ek was op ‘n troue waar hy die paartjie getrou het)


  20. on 06/12/2010 at 13:39 ellen

    hi almal dis goed om te sien dat die mense nog van my ouma groetjie sien en aandig skenk dat dit die regte suid afrika nog bo hou en vier geniet die daggies


  21. on 06/12/2010 at 13:41 ellen

    dis so intresant om te sien hoeveel mense nog na ons geskiediness op kyk!!!!!!!!!!!


  22. on 06/12/2010 at 18:43 Nikita

    Hi Ellen, welkom hier en dankie vir jou besoekie/boodskappie. Ja, ons sal nog vir Sarie Marais tot in Timbaktoe sing en nooit in der ewigheid seker kan vergeet nie. 🙂


  23. on 14/11/2012 at 06:38 Izak Mare'

    En daar leer ek iets van my familiegeskiedenis wat ek nie geken het nie. Jacob Phillipus Mare’ was my grootoupa, my oupa Izak Schabort was die jongste broer van Sarie. Hulle het egter nie dieselfde moeder gehad nie. Jacob( Jors Voeter, sy bynaam in die Parlement) was drie keer getroud. Hy het sy eerste twee vrouens oorleef.


    • on 25/11/2012 at 15:12 Nikita

      Hi Izak

      Ek’s bly jy kon hier iets vind oor jou familie! Dis interessante inligting wat jy moet ons hier deel, dankie!


  24. on 30/08/2013 at 02:46 Waar het SARIE haar naam vandaan gekry? | SARIE

    […] hierdie blog oor die geskiedenis van Sarie Marais – daar’s onder andere ‘n video van die Royal Marines-kommando wat Sarie Marais […]



Comments are closed.

  • Follow Chessalee on WordPress.com
  • Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

    Join 287 other subscribers
  • Spoken by great men:"Give me 20 divisions of American soldiers and I will breach Europe. Give me 15 consisting of Englishmen and I will advance to the borders of Berlin. Give me two divisions of those marvellous fighting Boers and I will remove Germany from the face of the earth." - Field Marshal Bernard L. Montgomery, Commander of the Allied Forces during WW2.

  • "The Americans fight for a free world, the English mostly for honour, glory and medals, the French and Canadians decide too late that they have to participate. The Italians are too scared to fight, the Russians have no choice. The Germans for their Fatherland. The Boers? Those sons of Bitches fight for the hell of it." American General, George 'Guts and Glory' Patton.

  • Latest Posts

    • Concerto for two and three movements
    • War-time Chess
    • Queen Elizabeth II
    • Vroue het deur die eeue skaak gespeel
    • War Time Chess
  • Top Posts & Pages

    • Heerlike Suid-Afrikaanse Resepte
    • Happy Valentine's Day!
    • French Knitting-Tolletjie Brei
    • Lekker Afrikaanse kinderstories
    • South African recipes
    • Wolf and Jackal Stories
    • From Russia with love
    • Die Berggans het 'n veer laat val
    • Blue Butterflies
    • Peppermint Crisp fridge cake...recipe
  • May 2009
    M T W T F S S
     123
    45678910
    11121314151617
    18192021222324
    25262728293031
    « Apr   Jun »
  • Afrikaans Afrikaanse gedigte Afrikaans poems Afrikaans songs Anand Art books Carlsen Chess chess art chess games Chess Grandmasters chess movies chess news Chess South Africa chess tournaments classical music food gedigte History London Magnus Carlsen Melissa Greeff Mp3 music files music music audio files music files music videos musiek nature news poems Poetry poets Pretoria Radjabov recipes resepte skaak Skaak Suid-Afrika South Africa South African artists stories Suid-Afrika Topalov

  • Live chess ratings top 10 - men 2700chess.com for more details and full list
  • Live chess rating: Top 10 - women 2700chess.com/women for more details and full list

Create a free website or blog at WordPress.com.

WPThemes.


  • Follow Following
    • Chessalee
    • Join 287 other followers
    • Already have a WordPress.com account? Log in now.
    • Chessalee
    • Customize
    • Follow Following
    • Sign up
    • Log in
    • Copy shortlink
    • Report this content
    • View post in Reader
    • Manage subscriptions
    • Collapse this bar
 

Loading Comments...
 

    %d bloggers like this: