• Home
  • About
  • Afrikaanse gedigte poems
  • Chess and the benefits
  • Links
  • Poems – gedigte – own
  • SA History
  • South African Recipes

Chessalee

Everything/Anything and…Chess…"Despite the documented evidence by chess historian HJR Murray, I've always thought that chess was invented by a goddess"–George Koltanowski: from the foreword to:"Women in chess, players of the Modern Age"

Feeds:
Posts
Comments
« Joan of Arc
Wind beneath my wings »

Aksioom

17/05/2009 by Nikita

Image: http://iasos.com/artists/annenberg/sell.html
Do yourself a favour and visit the artist’s site to see the complete image. The link will open in a new window.

This is an Afrikaans poem I tried to write, you can slide down and listen to Any Williams. Ja, ek sê ‘probeer’ omdat ek nie voel dat ek heeltemal geslaagd was nie, maar gee maar jou opinie – wat dit ookal mag wees. Onthou ook: EK is NIE ‘n professionele digter nie. Ek *probeer* om ‘n paar woorde bymekaar te sit en hoop dit maak sin. As jy ‘n digter is, kyk asb met *ander* oë na hierdie ‘samevoegsel’ van woorde!

Geniet Andy Williams se Love Story!

Aksioom
(stelling wat waar is sonder bewyse)

My beleë gedagtes
het danig met ‘n pyl
die dampkring om ons
huiwerig binnegedring

Afsydig het jy die die buikgord
van jou hart buitengewoon
ingetrek en daarmee saam
die sfeer om ons vernou

Balhorig het ek met woorde
jou gebombardeer
besimpeld-besluiteloos
het jy die dekmantel
gelig en stadig begin delf
in ‘n argaïese verlede

Domastrant en diktatoriaal
het jy ondersoekend erken:
‘n dilemma… en aanvaar jy
aanspreeklikheid as skipper
en red die breukeling

Selfversekerd en delikaat
het jy my gedagtes omvou
lugleegtes doodgelag en
doodluiters my hart bedraad.

-Nikita-17/5/09

Andy Williams: Love Story

https://chessaleeinlondon.files.wordpress.com/2009/05/love_story_-_andy_williamsmp3-codes-com.mp3

Share this:

  • Pinterest
  • Twitter
  • Facebook
  • Reddit
  • Email

Like this:

Like Loading...

Related

Posted in Afrikaans | Tagged Afrikaans, Andy Williams, gedig, Love Story | 6 Comments

6 Responses

  1. on 17/05/2009 at 18:11 norrbu

    what rich colors and no-non sense paintings.


  2. on 17/05/2009 at 19:36 Nikita

    hi norrbu! yes, colourful and very detailed.


  3. on 18/05/2009 at 04:52 Wipneus!

    Om ‘n Maandag so te begin is magical, dis nog donker buite, en die wêreld slaap nog. Al my favourite goed, poems, musiek en kuns….

    “Selfversekerd en delikaat
    het jy my gedagtes omvou
    lugleegtes doodgelag en
    doodluiters my hart bedraad!”

    Ek dink dis ‘n baie mooi poem van jou, maar dit help nie ek sê dit nie, ‘n digter is ‘n snaakse spesie, hulle wil hul gedagtes perfek op papier neerpen, en my gedagtes is nie joune. Die laaste vers is veral vir my treffend, ekke is maar ‘n romantiese soul!! 😛

    Andrew Annenberg skilder darem vreeslik mooi Nikita, hierdie Enchanted beloved is baie mooi, my gunsteling is egter “Venus Triumphant” maar teen 41 000 dollars sal ek maar net kan bewonder!!! 😯

    Dankie, Lovestory – een van die mooiste songs nog ooit!

    Lekker week
    x x


  4. on 18/05/2009 at 18:33 Nikita

    Hi Wipneus! Sjoe, ek het nog geslaap toe jy hier geskryf het! 😯 Dankie vir jou kommentaar, ek’s ook een vir die romantiese sy! 🙂 Ek hou ook van daardie Venus en daardie prys is nie min nie hoor! Lovestory is darem pragtig gesing deur Andy! Lekker week vir jou ook!


  5. on 19/05/2009 at 06:47 mykopop

    Ek dink ook dis ‘n mooi gedig, niks fout daarmee nie. Ek hou veral van “lugleegtes doodgelag”. “Balhorig het ek met woorde jou gebombardeer” laat my weer dink aan Lucas Maree se liedjie (Weer ‘n Keer, dink ek is die naam) waarin hy sê: Die stilte is jou wapen, waarmee jy my ignoreer, maar ek verkies die kletter, van ‘n woordeboekgeweer!

    Die liedjie, een van my gunstelinge gesing deur een van my gunstelingsangers.


  6. on 19/05/2009 at 16:29 Nikita

    Dankie Kop! Ek sit en lees die ding al ‘n paar dae, maar kan nie sien waar om te verander nie, hy’s seker maar OK so. My probleem is, ek kry bevliegings en dis in daardie bevlieging dat ek sit en skryf en dan wil ek altyd later verander. Gelukkig verander ek bitter min. Ek was net onlangs vies, ek het ‘n hele gedig (afrikaans) in my kop gehad, nie pen en papier naby gehad om neer te pen nie, ek het gedink ek sal onthou, maar nee, daardie woorde is uit my kop weg! Ek moet dadelik sit en skryf en dan rol die woorde net uit, ek kan nie lank sit en dink nie, ek het net nie daardie geduld nie en as ek eers moet sit en dink wat om te skryf, kan ek maar weet dis ‘n floppie! 🙂 O ja, ek ken nie die liedjie waarvan jy praat nie, sou graag wou hoor! Ek hou nogal van Lucas Maree, maar het niks van hom nie! 😦



Comments are closed.

  • Follow Chessalee on WordPress.com
  • Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

    Join 285 other followers
  • Spoken by great men:"Give me 20 divisions of American soldiers and I will breach Europe. Give me 15 consisting of Englishmen and I will advance to the borders of Berlin. Give me two divisions of those marvellous fighting Boers and I will remove Germany from the face of the earth." - Field Marshal Bernard L. Montgomery, Commander of the Allied Forces during WW2.

  • "The Americans fight for a free world, the English mostly for honour, glory and medals, the French and Canadians decide too late that they have to participate. The Italians are too scared to fight, the Russians have no choice. The Germans for their Fatherland. The Boers? Those sons of Bitches fight for the hell of it." American General, George 'Guts and Glory' Patton.

  • Latest Posts

    • Vroue het deur die eeue skaak gespeel
    • War Time Chess
    • The Sleepy Knight
    • Bourton-on-the-Water
    • ‘n Komplimentêre Kaartjie
  • Top Posts & Pages

    • Heerlike Suid-Afrikaanse Resepte
    • French Knitting-Tolletjie Brei
    • Wolf and Jackal Stories
    • Rooi Kappie en die Wolf
    • Alice in Wonderland's Mysterious Chess Game
    • Hilary Stagg
    • Lekker Afrikaanse kinderstories
    • Boer War Art Poetry and History
    • Buttermilk rusks - Karringmelk beskuit
    • Storietyd-Storytime
  • May 2009
    M T W T F S S
     123
    45678910
    11121314151617
    18192021222324
    25262728293031
    « Apr   Jun »
  • Afrikaans Afrikaanse gedigte Afrikaans poems Afrikaans songs Anand Art books Carlsen Chess chess art chess games Chess Grandmasters chess movies chess news Chess South Africa chess tournaments classical music food gedigte History London Magnus Carlsen Melissa Greeff Mp3 music files music music audio files music files music videos musiek nature news poems Poetry poets Pretoria Radjabov recipes resepte skaak Skaak Suid-Afrika South Africa South African artists stories Suid-Afrika Topalov

  • Live chess ratings top 10 - men 2700chess.com for more details and full list
  • Live chess rating: Top 10 - women 2700chess.com/women for more details and full list

Create a free website or blog at WordPress.com.

WPThemes.


  • Follow Following
    • Chessalee
    • Join 285 other followers
    • Already have a WordPress.com account? Log in now.
    • Chessalee
    • Customize
    • Follow Following
    • Sign up
    • Log in
    • Copy shortlink
    • Report this content
    • View post in Reader
    • Manage subscriptions
    • Collapse this bar
%d bloggers like this: