Namakwaland/Namaqualand image: trekearth.com
I’ve received these next three images of Namaqualand via email and when looking at it, I realised again what a wonderful and beautiful country South Africa is! October/November is Spring time in South Africa and that’s when you will find Namaqualand covered in these beautiful flower blankets. You can also go on Namaqua-trips to see the flowers! Many tourists go on these trips and will tell you they are going to “see the flowers” and then you’ll know exactly what they’re talking about. It’s just amazing! I haven’t been to Namaqua during the “flowering-time”, but would love to go one day! On the map you can see exactly where Namaqualand is and follow the link to “Namaqualand” to make sure you don’t miss out next time! The link will open in a new window. The youtube video about Namaqualand is unfortunately in Afrikaans, but you will see a donkey chart, some beatiful images about South Africa and some flowerbeds too… the artist sings about Namaqualand.
http://www.namaqualand.com/index.htm
They are beautiful images and I have always wanted to go there, maybe one day 🙂 Thanks for posting.
Cheers for now
Mal
hi Malice! Welcome to my blog, and yes, the same with me! and it was a pleasure posting it, these images were actually sent to me ages ago, only found it today on my pc again. 🙂
Ja ek stem ons het die mooiste land!
Ek is mal oor die video want ek het ‘n groot liefde vir donkies. 😆 Dis hoekom ek lief is vir Claerhout se werke, hy was so lief om donkies te skilder!
Pragtige foto’s!
hi Wipneus, ek’s net so lief vir donkies. Die video is nogal oulik, maar ek ken nie die ou wat sing nie!
Uh uh ek ken hom ook nie, maar maak nie saak nie, dis baie mooi!
Ek is so bly jou opdrag is klaar. Ek hoop regtig jy voel gou beter!! Sterkte (((vriendin)))!
x x
hi Wipneus.. dankie, voel half beter, maar nog vrotterig, doze myself maar heeltyd met die Vit C bruistabletter en Lemsip wat dieselfde is as Medlemon, maar ek dink ons Medlemon is beter, hierdie goed hier voel maar altyd flouerig. Ja, ek is verlig ek het sover gekom om daardie opdrag klaar te maak, maar dis nog al die afronding wat gedoen moet word, maar nou kan ek ten minste bietjie “ontspan”.
Dis pragtige foto’s Nikita! Ek was ook nog nie in blomtyd in Namakwaland nie, maar hoop om eendag daar uit te kom. Jare terug het ek en my ouers met die pad van Springbok af na Soebatsfontein oor die Wildeperdehoekpas na Hondeklipbaai gery en daarvandaan na Garies en verder af met die pad langs die kus. Die mense wat daar bly is nog sout van die aarde!!
Ek ken ook nie die sanger nie (klink my sy naam is Rooies) maar hy sing baie mooi!
hi Thea, ek het ‘n vriendin van jare gelede wat in daardie omgewing bly. Pofadder! toe ek haar leer ken het (Pretoria) het haar ma altyd die heerlikste skuinskoek vir ons gestuur en het ek altyd net by haar gehoor hoe mooi dit daar is…mens moet self gaan dink ek om die mooi te waardeer. Daar was baie lank terug ook ‘n program op die radio oor allerhande plekname en hul ontstaan..en nou noem jy ‘n naam…Hondeklipbaai…wat ek nog nie gehoor het nie! Kleinzee is op hierdie kaart en kan ek onthou die ou het oor Kleinzee en Grootz(s?)ee een aand gepraat en mense wat daar gebly het het inligting gestuur oor waar die name vandaan gekom het. Baie interessant! En ja, dis mense van die sout van die aarde! nes jy daar se. Ja, hierdie “Rooies” sing mooi!
Hi Nikita,
Kan nie glo jy weet nie van hondeklipbaai nie! 🙂
Het iewers fotos waar my twee spruite kophoogte tussen die Gousblomme sit.
Seker een van die mooiste gesigte is om in blommetyd vanaf die Van Rhynspas oor die Knersvlakte te kyk.
Ek sien jy praat van skuinskoek, reseppie asb.!!!!!
Snaaks ek mag verkeerd wees,maar het dit nog net in die Noordwes-Kaap teëgekom.
Ek het ‘n “link” aangehaak vir diegene wat meer van Hondeklipbaai wil weet.
http://www.routes.co.za/nc/hondeklipbaai/index.html
hi Braam!
🙂 lag vir my maar! en nou het ek ook nog nie van die Knersvlakte gehoor nie! Sjoe, ek’s sleg! Ek sal moet gaan toer in my land! Ongelukkig het ek nie ‘n skuinskoek resep nie, maar jong, hulle is vrek lekker! Ek sal moet die internet search vir dit! En ja, ek dink dis eie aan die Noordwes-Kaap, jy kry dit net in resepteboeke wat van daardie streek is. Die vriendin van my van Pofadder het vir my ‘n respteboekie gegee met resepte van daardie area, hy’s ongelukkig weggepak iewers in ‘n boks! Dankie vir die link, ek sal gaan loer! Ek moes jou ook in my Spam-boks gaan red, want jy’t daar beland met die link wat jy saam met die kommentaar geplaas het, plaas volgende keer die link eerste en dan jou boodskap, dan beland jy nie sommer daar nie, behalwe as jy ‘n paar links gee, maar ek sal jou altyd gaan red! 🙂
Dankie Braam! Gesien hoe dit min of meer daar lyk, ek dink ek moet ‘n blog begin met allerlei plekke soos daardie! ek sal hulle net eers moet uitsnuffel!
Laat weet maar net en ek sal jou ‘n lys name stuur. Jou “blogsite” is slim, dit het gesien ek “lag” vir jou en my toe in die “sin bin” gesit.
:-))
hi Braam… jy kan maar jou lys name stuur! 🙂 en ja, jy wou mos “lag”…maar ek’s darem “sweet”…om jou te gaan red! 🙂