• Home
  • About
  • Afrikaanse gedigte poems
  • Chess and the benefits
  • Links
  • Poems – gedigte – own
  • SA History
  • South African Recipes

Chessalee

Everything/Anything and…Chess…"Despite the documented evidence by chess historian HJR Murray, I've always thought that chess was invented by a goddess"–George Koltanowski: from the foreword to:"Women in chess, players of the Modern Age"

Feeds:
Posts
Comments
« Villa Rides
If music be the food of love, play on »

Storietyd-Storytime

26/09/2008 by Nikita

 

storiewerf

image: storiewerf

English Readers – This is an Afrikaans entry about stories and books – mainly for teachers and teaching. There are a few links to English books too.

As jy hier is vir die stories – die PDF dokumente is verder af in hierdie inskrywing. Hierdie bloginskrywing is van ‘n hele paar jaar gelede – en die werkskaarte – neem dit in ag, alhoewel: stories bly stories!

Nuut bygevoeg: 2020 hierdie stories is van ‘n website wat hulpmiddels vir Onderwysers maak.

Die-beer-wat-ons-kom-oppas

Die-dieretuin-veearts

Hoekom-Renoster-grys-vel-het

Hoekom-die-Wolke-Bo-Op-die-Heuwel-Sit

Hoekom-Son-en-Maan-In-Die-Lug-Bly

On this next link you can read about childrens’ books…English and Afrikaans. Some really great books to have.
https://chessaleeinlondon.wordpress.com/2008/07/07/your-closest-friend/
This story is an Afrikaans story…Bollie Konyn
https://chessaleeinlondon.files.wordpress.com/2008/09/bollie-konyn.mp3
Kliek HIER vir Storiewerf – ‘n website vol stories. Kliek op hierdie link waar jy Jakkals-en-Wolf Stories kan kry en ook audio-files sal kry met stories en op hierdie link gaan jy lekker Afrikaanse verhale kry. Alle links in die inskrywing maak in ‘n nuwe bladsy oop!
This link has info on Dalene Matthee’s books and films. Books like Circles in the Forest, The Mulberry Forest, Fiela’s Child, etc. and on this link you can read about Alida Bothma, a book illustrator and artist.  These links will open in a new window.

Ek het al ‘n paar besoekers op die blog gehad wat sekere soek-terme ingesit het wat vir my ‘n aanduiding was dat daar dalk ‘n behoefte was na werkskaarte. Ek het in SA o.a. vir Gr4-Gr6 Afrikaans onderrig – wat ek natuurlik verskriklik geniet het. Ek het later o.a. begin om my eie werkskaarte op te stel deur begripsvrae en Taalkunde-vrae. Dit is ‘n probleem met boeke wat jy koop in die handel. Daar is goeie boeke meeste van die tyd, maar ek het altyd geglo dat ek my werk beplan rondom die kinders wat voor my in die klas gesit het. Jy kan nie ‘n boek koop en net so gebruik en dink dis altyd voldoende vir die spesifieke kinders in jou klas – jy as Onderwyser moet maar gedurig aanpassings maak. 

Met die werkskaarte kan jy die vragies afknip en verander volgens jou behoefte. Ek het die Word-dokumente omgeskakel in pdf, slegs omdat dit netjieser lyk. Die storie van die Reëndruppels het ek uit ‘n Daan Retief-boekie gekry met daardie titel – ‘n dierbare storie wat ek altyd met Gr3 gedoen het sodra ons by die waterkringloop gekom het. Die kinders het die storietjie baie geniet.

Hierdie pdf’s wissel vir kinders Gr3-Gr4. Selfs vir kinders in Gr 5/6/7 wat die taal as tweede taal het. Jy sal die kinders in jou klas ken en jou eie oordeel gebruik. 

Verder het ek ‘n paar van my gunsteling boeke – wat natuurlik van ‘n goeie paar jaar gelede is – maar van ons top Afrikaanse skrywers/skryfsters. Dit is ook boeke wat kinders graag gelees het in die tyd wat ek in beheer was van die Mediasentrum – vir 14 jaar. My groot gunsteling skrywers/skryfsters: Dolf van Niekerk, Maretha Maartens, Elsabe Steenberg, Hester Heese, Freda Linde, W. A. Hickey – net om ‘n paar te noem!

Die Pianis

Met sensitiewe
vlinder-vingers
wip jou hande
oor swart en wit
en wit en swart
raak-raak hier,
rus-rus daar
‘n lange, ‘n korte
‘n agtste
en die molle en kruise
en linkerhandtekens,
kom lê hier warm op my hart.
Met solo’s en duete
het jy jouself tot in my siel begelei
en jy trap nou die pedale van my emosies
met jou sagte-sagte voete.
Met donderslae en diep akoorde
speel jy jouself al dieper in my wese in,
tot jy weer
tikkel, tokkel
flidder, fladder,
iewers ver agter die Baby Grand,
so ver,
so onbereikbaar ver,
dat jy netsowel ‘n opname kon gewees het.
Oor swart en wit
en wit en swart
en grys het nie ‘n plek nie,
en c’s en e’s
en vir jou bestaan ek nie verder as g nie.
maar vir my is jy alles,
want jy het jouself
met geoefende vingers
onlosmaakbaar déél van my gemaak,
jouself in my in getoonleer.

Maryke Wennick

DIE PADDA

Padda, jou grootoog ding,

Kan jy wip of kan jy spring?

O, jy kan wip,

Wip-wip tot op die klip.

Ek kan tog sing

jou skurwe ding:

Ka-tjie-rie, Ka-tjie-rie

My ouma het ‘n kie-rie,

‘n kier-rie.

Vir wat spring jy nou weg?

Jou maniere is maar sleg.

Ek praat dan nog met jou,

Ek wil net vra:

Hoeveel vratte het jou vrou?

Tot siens jou skurwe ding,

wat met jou paddaboudjies

in ons visdam spring!

 Al die volgende PDF’s maak in ‘n nuwe venster oop. Sien verder in die inskrywing nog PDF’s wat bygewerk is. [opgedateer Augustus 2011 – ek wou nie die werkskaarte ‘delete’ nie en het dit goedgevind om dit ook hier te plaas en hoop iemand sal dit kan gebruik!]

Bokkie met begripsleesvragies. Bokkie-begripslees-en-taal 

Die Hoogmoedige muskiet –  Die-hoogmoedige-muskiet 

Spookstories – Spookstories-gedig-leesbegrip   

Die Reëndruppels van Daan Retief –  Die-reendruppels 

Die verwaande Walvis Die-verwaande-walvis-gedig   

  Gedig: Skinderbek met vragies uit: 101 Diereverhale Gedig-skinderbek
Afrikaans leeskaart voels
Begripslees en vrae BOKKIE en taal lettergrepe
Begripsvrae Luilekkerhappie
Leeskaart Luilekkerhappie
Helen Keller
Sampie 2
Karoo gediggie
Reën gedig
Die verwaande walvis gedig met vrae
Storie van die sterre
Storie wat die San vertel het van Heisib en die Volstruis
Vrugte gedig
Jenny Seed Die 59 Katte Hierdie is slegs ‘n gedeelte van die storie.
Koue lande Leeskaart
Wereldreis gedig met vragies
padda gedig hoogmoed
Leeskaart Die eensame teepot
Die direkte rede-pdf’s is slegs strokiesprente waarvan die teks verwyder is en leerders kan self hul eie teks invul!
DIREKTE Rede4
Direkte Rede 3
Direkte Rede 2
Direkte Rede 1
fiets gedig
Leesbegrip Liedjie

Kinders sonder fantasie ontspoor later
Elfra Erasmus
Sy het ‘n groot droom, sê die bekroonde kinder- en jeugboekskrywer Elsabe Steenberg. ‘n Droom oor busse vol boeke wat op al die dorpe in die land aandoen en waar kinders (en grootmense), soos oorsee, boeke op straat kan koop. Elsabe se jongste publikasie, die kleuterboek Kariena Karyn, oor ‘n meisietjie wat vir die donker bang is, het pas by J.L. van Schaik-uitgewers verskyn. In die verhaal gesels Kariena met die goudvis, wat ”borrel-orrel-gorrel”, en die botterblom, wat sy stingel swaai en kraai van die lag, oor hoekom sy snags so skreeu. Die boek, wat in Engels heet Katie Colly Wobbles, is fraai geïllustreer deur Alida Bothma. Elsabe meen daar het ‘n verandering (en gelukkig ‘n verbetering) plaasgevind in die kinderboektemas oor die jare. Vroeër is ”verskriklik afgeskryf op kinders”. Die boeke het gehandel oor sake waarin grootmense geïnteresseer was. Deesdae is kinderboeke egter meer ”kindgerig”. Maar lees kinders nog? ‘n Mens bekommer jou daaroor sê sy, maar sê sy hoor bemoedigende verhale oor kinders wat nie meer as ses boeke by die biblioteek mag uitneem nie en vir wie dit ‘n allemintige probleem is dat hulle eers twee dae later weer ses mag uitneem! Om die jong TV-geslag voor die vervlietende prentjies op die stel weg te kry, is daar net een oplossing: ouers moet kinders van kleins af lief maak vir boeke. Sy het vir haar kinders begin stories lees voordat hulle twee jaar oud was en vir haar een seun bly lees totdat hy elf was, bloot omdat hy daarvan gehou het. ” ‘n Kind betree ‘n boek soos hy die wêreld betree, dit word deel van sy ervaring van die lewe.” Die skool maak nie juis in hierdie verband ‘n positiewe bydrae nie. Onderwysers is so besig om die kinders te léér dat daar nie meer tyd gemaak word sodat hulle net kan sit en lees nie. Is daar in ons moderne samelewing plek vir sprokies, of moet dit, soos in sommige kleuterskole in Pretoria, verbied word omdat dit nie die ”werklikheid” is nie? Kinders het sprokies en fantasie besonder nodig, sê sy. In sprokies is altyd ‘n element van geweld, maar dit word ”deurgewerk”. ”Elke mens het geweld of woede in sy onderbewuste wat deurgewerk moet word. Kinders moet dit van kleins af leer.” Fantasie bevat gewoonlik ‘n dieper waarheid en is nodig om ‘n kind gebalanseer groot te maak. Kinders wat daarsonder grootword, ontspoor heeltemal. Hulle ontwikkel later persoonlikheidsversteurings omdat hulle reeds te veel werklikheid moes hanteer. ” ‘n Mens kan byna sê, wat bly oor as daar nie fantasie is nie. Sonder fantasie is die lewe so eendimensioneel.” Oor of stories ‘n les moet bevat, voel sy sterk. ”Ek gril daarvoor. Stories moet ‘n kind laat groei omdat dit oorspronklik anders is. Dit moet nooit ‘n versuikerde preek wees nie. Kinders is te fyn, hulle let dit dadelik op.” Dis juis hoekom sy vir kinders skryf. Omdat hulle eerliker is as volwassenes. Soos die bekende Nederlandse kinderboek-skrywer Guus Kuijer gesê het: jy kan nie kinders bluf met literêre foefies nie. ”Die terugvoer wat ek van kinders kry, is heerlik. Omdat hulle so eerlik is, sal hulle nie aan my skryf as hulle nie werklik die boek geniet het nie.” As kenner van kinderboeke is sy bekommerd oor die toekenning van pryse vir kinder- en jeugboeke in Suid-Afrika. ”Daar moet gewerk word aan die keurders.” Kyk ‘n mens na die boeke wat bekroon word, is dit duidelik die mense wat dit beoordeel, het nie kennis van kinders nie. Sy sonder egter die die laaste paar jaar se toekenning van die Scheepers-prys uit as meer in die kol. * Dr. Elsabe Steenberg is reeds verskeie kere bekroon, onder meer met die J.P. van der Walt-prys vir Klawervyf (1975), die Sanlam-prys vir Boom bomer boomste (1980), die Tafelberg-prys vir Eendoring met lang bene (1979), Goue fluit my storie is uit (1986) en die Zoeloe-vertaling van Masilo en die monster (1991) is bekroon met Maqhawe Mkhizi-HAUM-Daan Retief-prys vir kinderliteratuur.
Op skool is verskeie van haar boeke voorgeskryf, onder meer Rooi kanarie Hoepelbeen, Waar is Pappa se panfluit en Ken jy die weerligvoël.
http://152.111.1.251/argief/berigte/beeld/1992/09/3/2/2.html
Boekeblad
Elsabé was altyd ‘n wenner
Marina le Roux
MISKIEN is Elsabe Steenberg in haar ryk en vol lewe nie na waarde geskat nie. Benewens kreatiewe en produktiewe skryfster was sy immers ook nog vrou en moeder, vertaler, resensent, akademikus, geliefde dosent en gewilde spreker by leeskringe en skryfskole. Maar daar was moontlik nie genoeg literêre bekronings nie. Die J.P. Van der Walt Prys twee maal, vir Klawervyf en vir Eendoring met lang Bene, die welverdiende Sanlam Prys vir Boom bomer boomste, en in 1993 die erepenning van die Akademie, het sy besonder waardeer. Maar sy het ‘n pragmatiese siening oor skryfpryse behou: “Dis so ‘n gedwonge soort ding. Wie wen, berus soms op wie die pryse toeken”, het sy by geleentheid gesê. Elsabé Steenberg was egter altyd ‘n wenner: onder haar toegewyde en getroue lesers, waaronder kleuters, kinders, tieners en volwassenes, en ‘n wenner oor die “draakstasie” in haar lewe. Nou is sy bevry van die rolstoel waarin sy die afgelope 20 jaar ‘n “vasgerankte” was. Ten spyte van die uitmergelende aanslae van veelvuldige sklerose, het sy steeds onwrikbaar geglo in die terapeutiese vennootskap met die letterkunde. Sy kon selfs met humor skryf oor haar siekte, die “gog”, die bedreigende “draakstasie” in haar outobiografiese werk Twee hang bo die Pad, vier Loop op die Mat:”Met genoegsame genade sal ek nou nie toelaat om die kern van dit wat ek is, aan te tas nie. Eerder sal jy my sterker maak, ‘n verbete vegter, ‘n dankbare mens. Maar ónderkry? O nee, onderkry sal jy my nie”. Hierdie lewensbeskouing het Elsabé Steenberg ten grondslag gelê. Sy was een van die mees prolifieke Afrikaanse skryfsters, veral dan van kinder- en jeuglektuur. As tiener het sy alreeds kortverhale gepubliseer, en haar eerste boeke het in 1968 verskyn : Die Moerasloper en Dat ek mag sien, wat vir televisie verfilm is as Sien jy nou? Sedertdien het daar ‘n wye verskeidenheid boeke, kortverhale, eenbedrywe, resensies en vaklektuur uit haar pen verskyn, vir volwassenes sowel as vir kinders Sy het egter altyd verkies om vir kinders te skryf, “omdat hulle tegelykertyd wond-baarder en oper is as grootmense én beter gewapen deur die vermoë tot verbeelding”. Die “wondbaarheid” van kinders is dan ook die herhalende tema in Steenberg se oeuvre. Gebore op Vrede, staan sy nou in die gees op Horeb, die hoogste piek van die Rooiberge by haar geliefde Clarens, en sy sien die beloofde land, sy glo en begroet dit.

http://152.111.1.251/argief/berigte/dieburger/1996/05/22/15/2.html

In Engels…Tree more-Tree most
Update: August 2011 – Opdateer: Augustus 2011 – Ek hoop dat die volgende PDF-lêers ook bruikbaar gevind sal word. Maak seker oor die Woordeboekbladsynommers in die vragies, want dit sal verseker nie dieselfde as jou klas s’n wees nie.

Althea die stokroosfeetjie
Althea en die Stokroosfeetjie – storie met vragies
Die Diefstal
Die Diefstal – storie met vragies
Die Haan en die Mieliepit
Die Haan en die Mieliepit – storie met vragies

Die Ongeluk
Die Ongeluk – storie met vragies
Die pot met die drie pote
Die Pot met die drie pote – slegs die storie, geen vragies
Mini raak ‘n spogmotor
Mini raak ‘n spogmotor – storie met vragies
Tessa
Tessa – storie met vragies
Wollie en Wippie
Wollie en Wippie – storie met vragies

Klik op die afbeelding vir ‘n groter weergawe

Die Leeu en die Muis -‘n Tradisionele fabel

Eendag beland ‘n piepklein muisie in die poot van ‘n yslike groot leeu. “Ek het jou gevang, Meneer Muisie, jy is myne!” brul die yslike groot leeu.”Asseblief, Grote Leeu, Koning van die Diere, moet my nie seermaak nie. Laat my asseblief los. My kinders wag vir my en die son sak al laag. As jy my loslaat, sal ek vir jou ook eendag ‘n guns bewys”, pleit die muisie.”Jy weet”, brul die yslike, groot leeu, “ek dink nie jy sal enige nut vir my wees nie. Jy is glad te klein om vir my gunste te bewys. Maar loop maar, ek sal jou lewe spaar ter wille van jou kinders. Toe, loop nou, voor ek van plan verander.”Piepklein Muisie skarrel vinnig weg en verdwyn in die bosse.’n Paar dae later word Grote Leeu in ‘n strik gevang. Hy is vas en kan nie roer nie. Hy brul en brul, maar kan nie loskom nie. Skielik hoor hy ‘n “piep-piep” hier naby hom. Sowaar, dit is dieselfde muisie wat hy ‘n paar dae tevore gevang het.”Lê stil”, piep die muisie, “Ek sal gou-gou die toue deurknaag, dan sal jy los wees.””Ag, ou Muisie,” kla Grote Leeu moedeloos, die toue is so dik en jou tandjies is so klein. Hoe sal jy dit regkry?”Maar die muisie hou net aan met knaag en sowaar, kort voor lank is daar ‘n yslike gat waardeur Grote Leeu kan kruip.”Baie dankie, Kleine Muisie. Jy het vandag my lewe gered. Al is jy baie, baie klein, het jy my gered toe ek magteloos was. Ek is jammer dat ek gedink het dat jy te klein is om my te help. Ek sal vir jou en jou kindertjies ‘n groot geskenk gee.” Hulle was vir ewig vriende. Source: Connexions

Die Skilpad en die Haas

‘n Skilpad is ‘n dier wat baie stadig beweeg.Eendag sê die uitgeslape skilpad vir Haastige Hasie: “Ek wed jou ek sal jou wen as ons twee resies hardloop.” Die hasie kyk verbaas na skilpad en dink by homself: “Ek het seker nie reg gehoor nie. Glo hierdie trapsuutjies nou regtig hy sal my wen? Weet hy nie hoe vinnig ek kan hardloop nie? Hier is nie ‘n hond op hierdie plaaswerf wat my kan vang nie!””Nou goed”, sê Haas, “ons kan môre resies hardloop en dan kyk ons wie kom eerste by die wenstreep aan.”Die volgende oggend het al wat dier is bymekaar gekom om hierdie resies dop te hou.Skilpad en Haas staan gereed.”Op julle merke, gereed en weg is julle!” roep die olifant en hy blaas die fluitjie so hard dat dit deur die bos weergalm.Haastige Haas spring met ‘n vaart in die pad.’n Groot stofwolk agtervolg hom en hy verdwyn heeltemal daaragter.Skilpad stap maar voetjie vir voetjie aan.Hy is baie rustig en glimlag vir homself.Hasie dink toe dat hy genoeg tyd het om nou eers ‘n bietjie te rus en ‘n bietjie te eet.Hy gaan lê uitgestrek in die koelte van ‘n groot boom en begin knibbel aan die smaaklike, vars, groen grassies wat daar naby hom groei. Dit smaak heerlik, dink hy, en lê agteroor.Hy lê so lekker dat hy insluimer en vergeet van Ou Skilpad.Skilpad is bult-op en bult-af.Hy kyk nie regs nie en ook nie links nie.Hy hou net aan.Uiteindelik is hy twee tree van die wenstreep.Dis toe dat Hasie wakker skrik en onthou!Hy spring soos ‘n weerligstraal daar weg, maar te laat!Skilpad is oor die wenstreep!Al die diere juig en klap hande vir die wenner.”Jy sien”, sê Skilpad, “dit is waar wat hulle sê: HOE MEER HAAS, HOE MINDER SPOED. Jy het gedink jy is vinniger as ek en toe het jy te gerus geraak.”Skilpad stap weg met ‘n glimlag wat nou nog breër is.

Share this:

  • Pinterest
  • Twitter
  • Facebook
  • Reddit
  • Email

Like this:

Like Loading...

Related

Posted in Afrikaans, Afrikaans stories, Afrikaanse begripslees, Afrikaanse diere verhale, Afrikaanse fabels, Afrikaanse gedigte, Afrikaanse kinderboekskrywers, Afrikaanse stories, Afrikaanse tradisionele verhale, Afrikaanse verhale, Begripslees stories, Die Hoogmoedige muskiet, Die krisis by Maroela, Die verwaande vis, Elsabe Steenberg, Graad 3 Afrikaans, Graad 4 Afrikaans, Graad 5 Afrikaans, Graad 6 Afrikaans, Johan Kock, kinderboekverhale, Kindergedigte met begripsvrae, kort afrikaanse stories, Kort Afrikaanse verhale, Laerskool Afrikaasne stories, Louise Prinsloo, Miempie, Muskiet stories, nuusartikels oor skrywers, Reendruppel storie, Skinderbek, Spookstories, Stories met 'n les, stories met vragies, Stories van Afrika | Tagged A G Visser gedig vir kinders, Afrikaans, Afrikaans audio stories, Afrikaans children's poems, Afrikaans Gr 6, Afrikaans gr3, Afrikaans Gr4, Afrikaans Gr5, Afrikaans Graad 3, Afrikaans Graad 4, Afrikaans Graad 5, Afrikaans PDF, Afrikaans poems, Afrikaans Primary, Afrikaans stories, Afrikaans worksheets for kids, Afrikaans worksheets for primary children, Afrikaanse Begripslees, Afrikaanse fabels en tradisionele verhale, Afrikaanse gedigte, Afrikaanse gedigte oor diere, Afrikaanse kinderboekskryfwers, Afrikaanse kindergedigte, Afrikaanse skrywers, Afrikaanse skrywers en digters, Afrikaanse stories, Afrikaanse stories mp3, Afrikaanse stories om na te luister, Afrikaanse taalwerk, Afrikaanse werkskaarte, Althea die stokroosfeetjie, Audio Afrikaans files, audio files, Begripslees, begripslees gr 3, begripslees gr 4, begripslees gr 5, begripslees gr 6, Boom bomer boomste, Die 59 Katte, Die diefstal, Die eensame teepot, Die Haan en die Mieliepit, Die Hoogmoedige muskiet, Die krisis by Maroela, Die pot met die drie pote, Die verwaande walvis, diefstal stories, diere gedigte, Diere verhale, Diereverhale, direkte rede, E P Du Plessis, Elizabeth Fourie liedjie, Elsabe Steenberg, fantasie, feetjie stories, fiets, fiets gedig, Fiksie, gediggies met vragies vir laerskoolkinders, gedigte met vragies, gedigte vir gr 3, gedigte vir kinders, Geletterdheid, gr4 gedigte, Graad 3 Afrikaans, Graad 4 Afrikaans, Graad 5 Afrikaans, Graad 6 Afrikaans, Graad 7 Afrikaans, hasie stories, Helen Keller, Honde stories, hoogmoed, Jenny Seed, Johan Kock, karoo gedig, kinderboekverhale, kindergedigte, Kindergedigte met begripsvrae, Kommunikasie, kort Afrikaanse gedigte, kort afrikaanse stories, kort Afrikaanse stories vir kinders, koue lande, Laerskool Afrikaanse stories, leesbegrip, Leesbegrip in Afrikaans, Leeskaarte, liedjie, Louise Prinsloo, Miempie, mini kar, Mini word spogmotor, Muskiet storie, nuusartikels oor skrywers, padda, padda gedig, pluimvee stories, pop stories, reën gedig, reëndruppelstorie, Reendruppel storie, reis gedig, Sampie Seekoei, San storie, Short Afrikaans poems, short Afrikaans stories, Skinderbek, Spookstories, storie oor mini motor, storie skryf, Storie van die sterre, storie van Heisib en die volstruis, stories, Stories met 'n les, stories met begripsvragies, stories met diere as karakters, stories met vragies, stories met vragies vir laerskoolkinders, strokies verhale, Taal Geletterdheid en Kommunikasie, taalgebruik in die laerskool, Tessa, TGK, Tree more tree most, verhale, Volksverhale, Walvis gedig, Wêreldreis gedig, Wollie en Wippie | 24 Comments

24 Responses

  1. on 27/09/2008 at 06:48 Wipneus!

    Sjoe dit was nou ‘n lekker inskrywing!

    Ek is ook mal oor Elsabe Steenberg se skryfwerk! Ek moet dit bietjie uit die stof gaan opgrou!

    Geniet die naweek!


  2. on 27/09/2008 at 08:11 norrbu

    hmmm that was quite a story. more pictures would help.


  3. on 27/09/2008 at 11:56 Nikita

    hi Wipneus, jy’s altyd so vroeg op en aan die gang! 🙂 Elsabe is een van ons topskrywers, ek hoop dat ons vorentoe net sulke goeie Afrikaanse skrywers gaan he! Dankie, geniet jou naweek ook, ek het so pas ‘n Bollie-audio file ook opgelaai. Gedag ek moet die “storietyd” nou ‘n behoorlike “storietyd” maak 🙂

    Hi norrbu
    If you follow the links, you would get some English posts or, if you want to follow the Afrikaans-links..the 1st link and the 4th link…you will see lots of book-images too. Have you seen my entry about Villa Rides earlier this week…wonder if you’ve seen that movie?


  4. on 28/09/2008 at 15:48 Wipneus!

    Hi Nikita!! Baie dankie vir die Bollie storie!!! Jy het my op ‘n Memory trip geneem!!! 😆
    Ek weet regtig nie waar jy al hierdie wonderlike dinge uitkrap nie!!!! Jy bederf ons ongelooflik baie. Jou blog is tops!!!!


  5. on 28/09/2008 at 15:58 Nikita

    Hi Wipneus, dit het my sooooooooo laat verlang na my gr3’s. Ek het HONDERDE van daardie Bollie/Liewe Heksie stories op A4-karton geplak en agterop leesbegrip-vragies uitgewerk….volgens verskillende vlakke…en dit was alles in ‘n A4-sakkie geplaas en met kleefband toegeplak om netjies te bly. Weet jy wat! Ek het ALLES net so by my laaste skool gelos vir die Onderwyseres daar…en die ander..vir hulle gese hulle moet gebruik…en NOU is ek SPYT want ek het gesien Bollie is NIE meer Bollie nie!! 😦 dis sommer nou iets anders in Huisgenoot! SIES vir Huisgenoot!! Ek sal baie graag eendag weer by my ou skool ‘n draai wil maak en ‘n paar terugbedel…net vir daardie “memories” van die goeie ou dae van Huisgenoot! Die kinders het daardie stories so geniet wanneer hulle dit moes doen.


  6. on 28/09/2008 at 16:09 Wipneus!

    Ek wens ek kan van daardie ou Bollie boeke in die hande kry!

    Ek hoop net daardie ou skool het die Bollies mooi opgepas. Hulle leer vandag se kinders nou allerhande snaakse goed. Ek wonder of hulle nog van Bollie leer hier in SA!! Dinge het so verander.


  7. on 28/09/2008 at 16:15 Nikita

    Ek is gelukkig in kontak met die ouens by daardie skool, ek dink ek gaan sommer nog vanaand ‘n emailtjie vir hulle stuur! lol! net seker maak dit bly daar en gaan nie saam met iemand na ‘n ander skool nie!!


  8. on 28/09/2008 at 16:25 Wipneus!

    Ja doen dit! Want daardie goed is onvervangbaar! 🙂


  9. on 30/09/2008 at 04:01 eilandkind

    Ek het nou nog die boek ‘Blou is ‘n bokkie’ van Elsabe Steenberg, wat ek jarre der jarre terug as verjaardag geskenk gekry het.
    Ek was altyd en is steeds gek oor lees.


  10. on 30/09/2008 at 07:10 Nikita

    Hi Eilandkind, ek onthou daardie boek van haar, dis ‘n pragtige boek! Ek se altyd, haar boeke is soos Abba se musiek, jy hoef nie daarna te luister om te besluit of jy dit wil koop nie, jy koop net, want dit gaan mooi wees! 🙂


  11. on 09/01/2009 at 18:20 Lekker Afrikaanse kinder stories « Chessalee

    […] https://chessaleeinlondon.wordpress.com/2008/09/26/storietyd-storytime/ […]


  12. on 07/02/2009 at 10:11 michelle

    Ek is op ‘n soektog na Moomin videos of DVD’s. Dit was my gunsteling kinder storie, maar om die produk in die hande te kry is ‘n missie wat amper lyk my onmoontlik raak. As jy my dalk kan verwys na webtuiste of ander plekke waar ek boeke, videos of selfs DVD’s van die storie kan kry, sal ek dit innig waardeer. Baie dankie

    Michelle Bothma


  13. on 07/02/2009 at 11:13 Nikita

    hi Michelle

    Welkom hier! Ek het so pas in ‘n search “moomin dvd” gesit en ‘n DVD op Amazon gekry. Sterkte met jou soektog en ek hoop jy kom reg. As jy die Afrikaanse weergawe soek, dan sal ek nie kan help nie. Wat van die SAUK kontak? Hulle het mos die vertalings/oorklankings destyds gedoen.


    • on 10/04/2012 at 14:24 Nikita


      Moemins is nou in Afrikaans op Youtube!


  14. on 17/08/2009 at 13:30 Gerhardus Thompson

    Dagse

    Ek is opsoek na volwasse wetenskap-fiksie en fantasie boeke en hulle skrywers.

    Ek is nou nie wat ‘n mens sal beskryf as ‘n boekwurm nie, maar kan my nie sien sonder ‘n wetenskap-fiksie of fantasie boek nie. Die probleem is dat die meeste boeke van die genre in Afrikaans meestal net vir tieners en kinders is en dan praat ek ook nie eers van die seldsame vertallings nie.

    As daar boeke en skrywers beskikbaar is laat weet my asseblief, ek soek so graag iets in my taal.

    Vriendelike groete,

    Gerhardus


    • on 17/08/2009 at 14:17 Nikita

      Hallo Gerhardus en baie welkom hier op my blog.
      Ek neem aan jy soek om te lees? Kalahari-boeke is op die internet en jy kan by hulle boeke bestel, ongelukkig ken ek nie websites van skrywers van sulke plekke om jou na heen te verwys nie, maar ek kan jou verwys na die volgende site waar ek ook lees en dan vra jy vir “maankind” daar. Ek is seker sy gaan jou kan help. Ek persoonlik het nie ‘n voorliefde vir Wetenskapfiksie nie. Ek hoop jy kom reg! Groete aan jou ook.
      http://leeskring.lefora.com/


  15. on 10/10/2009 at 21:00 Wolf and Jackal Stories « Chessalee

    […] https://chessaleeinlondon.wordpress.com/2008/09/26/storietyd-storytime/ […]


  16. on 29/05/2010 at 19:31 Maryke Wennick

    Nikita

    ek vermoed (lei eintlik af as ek so vinnig deur die bladsy scan) dat jy die oulike blogger van hierdie webblad is? My naam is Maryke. Ek is ‘n finale jaar onderwys student en geniet jou werkkaart vreeslik baie. Dis nogal lekker om idees uit onbekende oorde te kry! ook moet ek dankie sê vir ‘n groot eer wat jy my onwetend aangedoen het. Ek is die (nou 22 jarige) skrywer van die gedig Pianis wat jy hier bo het. Imagine my trots en vreugde toe ek soos ‘n waansinnige, ydele persoon my skrywersnaam intik en op jou website afkom! ek moes net dadelik dankie sê! ek is bly jy het my gedig geniet. Die einste gedig is nou opgeneem in ‘n Gr 5 of 6 voorgeskrewe skoolhandboek wat binnekort op die rakke gaan wees. Dit was vir my te snaaks om die samestellers se interpretasie van my gedig te lees. Hulle was heel van die spoor af, maar toemaar wat. Die idee van gedigte is mos dat dit universeel op toepassing vir elke leser se lewe moet wees. Nou ja, baie dankie in elk geval, dis nogal ‘n riempie onder die hart! Sterkte met jou oulike blog en al my groete! Maryke Wennick


  17. on 29/05/2010 at 22:05 Nikita

    hi Maryke! Welkom hier op my blog. Ja, ek het nogal baie van die gedig gehou en dis nie ‘n verrassing dat hy opgeneem is in die voorgeskrewe handboek nie…baie geluk daarmee! Ek is bly ek kon van help gewees het met die paar werkskaarte hier. Dankie vir jou kommentaar en boodskappie. Sterkte/groete vir jou ook!


  18. on 22/03/2012 at 12:07 Vanessa Dobbelsteijn

    Ek het die Bollie plaat gekry as geskenk toe ek nog baie klein was (het dit nogsteeds) en kan nou nog die storietjies onthou. Ek wil vreeslik graag iemand kry wat dit vir my op cd kan sit. Het jy dalk enige ander van die stories wat ek vir my 5 jarige kan speel siende dat my ou plaatjie al so oud is en nie eens meer kan speel nie….of het jy dalk enige kontakte by wie ek dit kan oorkoop?


    • on 10/04/2012 at 14:26 Nikita

      hi Vanessa
      Jammer, ek het jou boodskap gemis! Ongelukkig ken ek nie nou iemand wat dit kan doen nie – bly nie nou in SA nie, anders sou ek dalk vir jou iemand kon opspoor het.Ek het vir jou 3 audio-files aangestuur en hoop jy geniet dit.


  19. on 27/08/2012 at 19:15 Nikita

    http://www.skatkis.com/page22.html Hier is ‘n link met stories vir kleintjies – afhangende van die ‘level’ – selfs tot Gr3/Gr4 – en selfs vir Gr5 – bv. tweede taal gebruikers.


  20. on 31/10/2014 at 16:44 Raymond

    Goeie dag vir julle. Ek is ‘n eerstejaarse Afrikaans EAT onnie by die grad 5 en 6 groep. Ek is opsoek na idees vir gedigte en opwindende inligting tekste. Enige hulp?
    Raymond


    • on 31/10/2014 at 16:54 Nikita

      Hi Raymond, Welkom hier op my blog. Eerstens, ek is nuuskierig waarvoor ‘EAT’ staan? Ek sal jou baie graag wil help, maar ek is nie meer in SA nie [ongelukkig], maar ek het darem vir Gr4-G6 Afrikaans onderrig vir ‘n paar jaar. Met gedigte idees kan ek jou help [ek skryf ook my eie en my kinders [wie ek onderrig] is ook altyd baie lief vir die skryf van gedigte – dus idees kan ek jou baie gee vir die skryf van gedigte, maar teks vir inligting sal ek aanbeveel dat jy die biblioteek gebruik. Daar is gewoonlik baie opwindende onderwerpe [as jy net reg kies waarvan die kinders hou en hulle interesseer].

      Op my blog sal jy heelwat van ons Afrikaanse digters se gedigte kry. As jy vir my ‘n gedig gee as voorbeeld, kan ek jou baie maklik idees gee om hulle ‘n gedig te laat skryf gebaseer op die styl van daardie digter – dit het ek met G5s en Gr6e baie gedoen en hulle het baie daarvan gehou en met baie mooi gediggies uitgekom.

      Laat weet my anders kan ek ‘n voorstel of twee doen.

      Groete!



Comments are closed.

  • Follow Chessalee on WordPress.com
  • Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

    Join 287 other subscribers
  • Spoken by great men:"Give me 20 divisions of American soldiers and I will breach Europe. Give me 15 consisting of Englishmen and I will advance to the borders of Berlin. Give me two divisions of those marvellous fighting Boers and I will remove Germany from the face of the earth." - Field Marshal Bernard L. Montgomery, Commander of the Allied Forces during WW2.

  • "The Americans fight for a free world, the English mostly for honour, glory and medals, the French and Canadians decide too late that they have to participate. The Italians are too scared to fight, the Russians have no choice. The Germans for their Fatherland. The Boers? Those sons of Bitches fight for the hell of it." American General, George 'Guts and Glory' Patton.

  • Latest Posts

    • Concerto for two and three movements
    • War-time Chess
    • Queen Elizabeth II
    • Vroue het deur die eeue skaak gespeel
    • War Time Chess
  • Top Posts & Pages

    • Heerlike Suid-Afrikaanse Resepte
    • Happy Valentine's Day!
    • French Knitting-Tolletjie Brei
    • South African recipes
    • From Russia with love
    • Die Berggans het 'n veer laat val
    • Wolf and Jackal Stories
    • The Dance of the rain
    • Lekker Afrikaanse kinderstories
    • Storietyd-Storytime
  • September 2008
    M T W T F S S
    1234567
    891011121314
    15161718192021
    22232425262728
    2930  
    « Aug   Oct »
  • Afrikaans Afrikaanse gedigte Afrikaans poems Afrikaans songs Anand Art books Carlsen Chess chess art chess games Chess Grandmasters chess movies chess news Chess South Africa chess tournaments classical music food gedigte History London Magnus Carlsen Melissa Greeff Mp3 music files music music audio files music files music videos musiek nature news poems Poetry poets Pretoria Radjabov recipes resepte skaak Skaak Suid-Afrika South Africa South African artists stories Suid-Afrika Topalov

  • Live chess ratings top 10 - men 2700chess.com for more details and full list
  • Live chess rating: Top 10 - women 2700chess.com/women for more details and full list

Blog at WordPress.com.

WPThemes.


  • Follow Following
    • Chessalee
    • Join 287 other followers
    • Already have a WordPress.com account? Log in now.
    • Chessalee
    • Customize
    • Follow Following
    • Sign up
    • Log in
    • Copy shortlink
    • Report this content
    • View post in Reader
    • Manage subscriptions
    • Collapse this bar
 

Loading Comments...
 

    %d bloggers like this: