• Home
  • About
  • Afrikaanse gedigte poems
  • Chess and the benefits
  • Links
  • Poems – gedigte – own
  • SA History
  • South African Recipes

Chessalee

Everything/Anything and…Chess…"Despite the documented evidence by chess historian HJR Murray, I've always thought that chess was invented by a goddess"–George Koltanowski: from the foreword to:"Women in chess, players of the Modern Age"

Feeds:
Posts
Comments
« I wandered lonely as a cloud
I am an African »

Kyk dis September weer!

01/09/2008 by Nikita

Image: dailymail.co.uk

In South Africa, today it’s the first day of Spring! Everybody in South Africa…ENJOY SPRING!! I’ve got a couple of our wonderful poems that can be sung too and they’re all about Spring…there’s many more, but these are some of my favourites. I’ve got the audio file of the last one (instrumental only) and I hope you enjoy it!

DIS HEERLIKE LENTE

Woorde: THEO W. JANDRELL en G.G. CILLIÉ
Musiek: Wysie uit die Alpe; verwerk: G.G. CILLIÉ

Dis heerlike lente, die winter’s verby;

weer nooi berg’ en klowe vir jou en vir my.

Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o. Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o!
Die bergklim is heerlik, dit hou mens gesond.

Die vroe-, vroeë môre het goud in die mond.

Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o. Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o!

AL DIE VELD IS VROLIK

Woorde: C. LOUIS LEIPOLDT
Musiek: J. WEBER; verwerk: PIETER DE VILLIERS

Al die veld is vrolik; al die voëltjies sing;
al die kriekies kriek daarbuit’; elke sprinkaan spring.
Al die koggelmannetjies kom om fees te vier;
hier galop ‘n goggatjie, daarso dans ‘n mier.

[KOOR]
Nou gaan die kinders draai, nou gaan hul speel!
Kom Sus, gee handjie! Almal moet draai!
Boet gee ook handjie! Nou gaan ons swaai–
dis tog so prettig! Wie dans met my?
Al in die rondte, vrolik en bly!
Kom Sus, gee handjie! Almal moet draai!
Boet gee ook handjie! Nou gaan ons swaai–
dis tog so prettig! Wie dans met my?
Al in die rondte, vrolik en bly!

Selfs die vissies spartel teen die kafferskuil;
in die groot ou eikeboom droom ‘n oupa-uil.
Oral in Karooland is ‘n ruik versprei:
boegoeblom en appelkoos–kan jy beter kry?

[KOOR]
Nou gaan die kinders draai, nou gaan hul speel!
Kom Sus, gee handjie! Almal moet draai!
Boet gee ook handjie! Nou gaan ons swaai–
dis tog so prettig! Wie dans met my?
Al in die rondte, vrolik en bly!
Kom Sus, gee handjie! Almal moet draai!
Boet gee ook handjie! Nou gaan ons swaai–
dis tog so prettig! Wie dans met my?
Al in die rondte, vrolik en bly!

Bind vir my tesame katjiepiering wit,
bobbejaantjies blou en bont, rose in gelid,
varings van die klippe, oral, ai só mooi,
rooi kalkoentjies uit die vlei–blomme uitgestrooi.

[KOOR]
Nou gaan die kinders draai, nou gaan hul speel!
Kom Sus, gee handjie! Almal moet draai!
Boet gee ook handjie! Nou gaan ons swaai–
dis tog so prettig! Wie dans met my?
Al in die rondte, vrolik en bly!
Kom Sus, gee handjie! Almal moet draai!
Boet gee ook handjie! Nou gaan ons swaai–
dis tog so prettig! Wie dans met my?
Al in die rondte, vrolik en bly!

Vrolik is die wêreld, vrolik rant en vlei!
Elke koggelmannetjie het sy maat gekry.
Elke gons’rig’ goggatjie is getroud of vry:
vrolik is die wêreld hier, vrolik veld en vlei!

[KOOR]
Nou gaan die kinders draai, nou gaan hul speel!
Kom Sus, gee handjie! Almal moet draai!
Boet gee ook handjie! Nou gaan ons swaai–
dis tog so prettig! Wie dans met my?
Al in die rondte, vrolik en bly!
Kom Sus, gee handjie! Almal moet draai!
Boet gee ook handjie! Nou gaan ons swaai–
dis tog so prettig! Wie dans met my?
Al in die rondte, vrolik en bly!

KYK, DIS SEPTEMBER WEER

Woorde: C.G.S. DE VILLIERS
Musiek: Italiaanse melodie; verwerk: CHRIS LAMPRECHT

[2x]
Kyk, dis September weer; laat al die vure brand!
Dan hou ons weer ‘n keer braaivleis doer by die strand.

[REFREIN]
Laat alle boeke tuis, laat sorge agterbly;
Jeug en lentetyd gaan snel verby, ja, hulle gaan verby.
Laat alle boeke tuis, laat sorge agterbly;
Jeug en lentetyd gaan snel verby, gaan snel verby.

[2x]
Lente is oral weer, blou branders aan die strand,
velde vol blommefleur; knoop nou die liefdesband.

[REFREIN]
Laat alle boeke tuis, laat sorge agterbly;
Jeug en lentetyd gaan snel verby, ja, hulle gaan verby.
Laat alle boeke tuis, laat sorge agterbly;
Jeug en lentetyd gaan snel verby, gaan snel verby.
https://chessaleeinlondon.files.wordpress.com/2008/09/kyk-dis-september-weer.mp3

Meer Volksliedere wat jy kan aflaai op hierdie link! Kliek op die musieknoot vir die musiek en op die liedjie-naam vir die woorde. Dit is almal midi-leêrs wat jy lag-lag kan omskakel in ‘n MP3! en ek plaas nog ‘n gedig van Leipoldt…wat ek op Laerskool moes leer! Pragtige gedig…Die Beste!

update: 1/9/2013 – Gelukkig het blerkas net geskuif na ‘n nuwe link, die ou link het ‘verdwyn’. 

http://esl.ee.sun.ac.za/~lochner/blerkas/

Die Beste

Geil lusern in die laagste landjie,
geil groen blare en blomme blou;
aalwyn rooi op die voorste randjie,
rooi soos bloed teen die rotse grou;
somer en son en saffier daarbowe,
ruik van die keurbos rondgesprei;
kort klein skaduwees oor die klowe;
somer en son en saffier vir my !
Wonder van kleure uitgesprei –
wat is daar meer die dood te rowe ?
Somer en son en saffier vir my !

C. Louis Leipoldt

AddThis Social Bookmark Button

Share this:

  • Pinterest
  • Twitter
  • Facebook
  • Reddit
  • Email

Like this:

Like Loading...

Related

Posted in Afrikaans poems, C Louis Leipoldt, Dis heerlike lente, gedigte, gedigte oor die Lente, gedigte oor Seisoene, Kyk dis September weer, Lente, poems, Poetry, South Africa, Spring, Suid-Afrikaanse gedigte, Theo Jandrell | Tagged Afrikaans, Afrikaans culture, Afrikaans folksongs, Afrikaans poems, Afrikaanse gedigte, Afrikaanse kultuur, Afrikaanse Volksliedere, C Louis Leipoldt, CGS De Villiers, Die Beste, Dis heerlike Lente Lirieke, Dis heerlike Lente lyrics, gedigte, Gedigte oor Lente, gedigte oor Seisoene, Leipoldt gedigte, Lente, seisoene, September, Spring, Theo Jandrell, Volksliedere | 7 Comments

7 Responses

  1. on 01/09/2008 at 15:03 Wipneus!

    Dis heerlike lente, die winter’s verby ……. 😆
    Die wind het darem gaan lê!


  2. on 02/09/2008 at 12:45 Reisiger

    Jip, dis heerlike lente en Reisiger werk bietjie in die tuin! Hehehe… Dit op sigself kan sorg vir ‘n donderstorm of twee!!

    Ek onthou hierdie liedjies nog uit my ma se FAK-sangbundel waaruit ek kleintyd gespeel het.


  3. on 02/09/2008 at 12:58 Nikita

    hi Wipneus! bly die wind is stil! ek ken daardie Augustus-winde…hulle is wild!

    Hi Reisiger…Ek kan net dink hoe lekker dit is! ja, daardie liedjies het ook in my kop vasgesteek!


  4. on 02/09/2008 at 14:22 eilandkind

    Ons kry so baie reen vandag, dis sommer donker en papnat. Ek moet maar gou skryf, ons internet en krag gaan mos sommer maklik, maklik af!
    Jong, ek moes lag oor jou ‘raas’ kry oor jy op die rekenaar is, dit gaan hier ook so soms… 🙂


  5. on 02/09/2008 at 15:42 Nikita

    hi Eilandkind, dieselfde hier, reenerig die hele dag, so pas terug en die reen het bietjie bedaar. ja, die “raas” help ook nie veel die kant nie, ek weet nie by jou nie! lol!


  6. on 03/09/2008 at 08:18 Jasper

    Dankie vir die skakel Nikita. Ek is lankal op soek na ‘n plekkie om volksliedjies te gaan besigtig. Die kultuur bly darm maar mooi.


  7. on 03/09/2008 at 08:39 Nikita

    hi Jasper! Dis ‘n plesier! Daardie link is net wat jy nodig gehad het!



Comments are closed.

  • Follow Chessalee on WordPress.com
  • Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

    Join 287 other subscribers
  • Spoken by great men:"Give me 20 divisions of American soldiers and I will breach Europe. Give me 15 consisting of Englishmen and I will advance to the borders of Berlin. Give me two divisions of those marvellous fighting Boers and I will remove Germany from the face of the earth." - Field Marshal Bernard L. Montgomery, Commander of the Allied Forces during WW2.

  • "The Americans fight for a free world, the English mostly for honour, glory and medals, the French and Canadians decide too late that they have to participate. The Italians are too scared to fight, the Russians have no choice. The Germans for their Fatherland. The Boers? Those sons of Bitches fight for the hell of it." American General, George 'Guts and Glory' Patton.

  • Latest Posts

    • Concerto for two and three movements
    • War-time Chess
    • Queen Elizabeth II
    • Vroue het deur die eeue skaak gespeel
    • War Time Chess
  • Top Posts & Pages

    • Heerlike Suid-Afrikaanse Resepte
    • Concerto for two and three movements
    • Blue Butterflies
    • French Knitting-Tolletjie Brei
    • Love Poems
    • Groete aan Mannetjies Roux
    • In die Hoëveld-In the Highveld
    • Happy Valentine's Day!
    • Peppermint Crisp fridge cake...recipe
    • Paul Klee
  • September 2008
    M T W T F S S
    1234567
    891011121314
    15161718192021
    22232425262728
    2930  
    « Aug   Oct »
  • Afrikaans Afrikaanse gedigte Afrikaans poems Afrikaans songs Anand Art books Carlsen Chess chess art chess games Chess Grandmasters chess movies chess news Chess South Africa chess tournaments classical music food gedigte History London Magnus Carlsen Melissa Greeff Mp3 music files music music audio files music files music videos musiek nature news poems Poetry poets Pretoria Radjabov recipes resepte skaak Skaak Suid-Afrika South Africa South African artists stories Suid-Afrika Topalov

  • Live chess ratings top 10 - men 2700chess.com for more details and full list
  • Live chess rating: Top 10 - women 2700chess.com/women for more details and full list

Blog at WordPress.com.

WPThemes.


  • Follow Following
    • Chessalee
    • Join 287 other followers
    • Already have a WordPress.com account? Log in now.
    • Chessalee
    • Customize
    • Follow Following
    • Sign up
    • Log in
    • Copy shortlink
    • Report this content
    • View post in Reader
    • Manage subscriptions
    • Collapse this bar
 

Loading Comments...
 

    %d bloggers like this: