Image: http://www.hbf.lv/index.php?&366&view=concert&concert_id=94
Please click here to enjoy the music of Waldo de los Rios and his interpretation of the Toy Symphony! The link is on my blog and will open in a new window. You surely don’t want to miss out on his fantastic music!
Wow! This entry took me really hours to put together! But I really enjoyed it…I never do anything that I don’t enjoy…. but if it’s something I have to do and it’s not enjoyable…well, that’s a different case…as I always tell children, some people have to do the boring work too and if it’s you then it needs to be done! That’s life. Back to my entry! I LOVE the Toy Symphony and as a child, I used to listen to a program on the radio, only for children, called “Jongspan Atteljee“…in English..”Children’s studio”… and the theme song for that program was….the Toy Symphony! — Meneutto— I sometimes turned the radio on for that program just to listen to it ..again… hehe… I spent literally hours on the Internet to find these audio files too! But lucky you, now you can listen to my favourite composition by….NOT Haydn…as I’ve thought too! but by Mozart’s dad! Leopold… and I’ve found websites where more people think the composer was Haydn.
As a child I had a few toys which I really liked or should I say …enjoyed. One was a doll, she almost looked like the one from the museum on the image, but I wasn’t really a dolly-person when I was a child…there was so much to do on the farm…..only later with the Barbies! but my favourite toys were the little toy cars! I grew up on a farm and we used to have these huge acorn trees near the house, they were really old… when I was little, my mum told us they were more than 70 years old! We had an open space near these trees which was a bit sandy and where we could “build” some “roads” for our cars! wow…that was really great and I can recall an orange tractor too…Massey Ferguson… I used to drive a tractor myself on the farm when I was about 15. My sister’s boyfriend loved to take me on the tractor and the combine harvester! I loved it too…although the combine harvester was a bit tricky to drive…guess what..I was 12 when I drove on the dusty farm roads like I was an expert on driving! It’s easy on those roads as the traffic inspectors don’t go there! ..back to music!
Little children need to be introduced to music at a very young age, as with books and art. There are many ways you can do that with music and one way is to get them to draw images or patterns if they listen to music. To compose their own music they can use a pattern structure. On one image you will see patterns drawn and coloured. That’s my Y5 children that listened to different types of music and they’ve decided which patterns and colours to use to express the mood/type of the music.
Toy Symphony:
The composition, originally called in German “Kinder Sinfonie” (“Children’s Symphony”), and known in America under the title “Toy Symphony” goes back to the 18thcentury. It was created to entertain everyone on the stage and in the audience. The score of this humoresque piece of music calls for two violins, bass, and a small battalion of toy instruments – cuckoo, nightingale, toy drum, toy trumpet, rattle, and triangle.
Please click HERE for the International music performance and educational project that empowers children and adults alike, giving realization of modes of musical creativity and expression through the use of new concepts and technologies.
Image: Sibeliusmusic.com
Mozart… image: Classicsonline.com
Wolfgang Amadeus Mozart (1756 – 1791)http://www.classicsonline.com/composerbio/Wolfgang_Amadeus_Mozart/
Leopold Mozart …Image: classicsonline.com
Leopold Mozart (1719 – 1787)
The father of Wolfgang Amadeus Mozart, Leopold Mozart, distinguished as a violin teacher, sacrificed his own career as a composer to foster that of his son. He was a man of wide interests, the son of an Augsburg bookseller, and left university to join the musical establishment of the Archbishop of Salzburg, a prelate in whose service he rose to become court composer and deputy Kapellmeister, a position he maintained, without further advancement, until his death in 1787. See more of his music on this link: http://www.classicsonline.com/composerbio/Leopold_Mozart/
Please click HERE to listen or to order this cd.
Toy Symphony : Allegro
Toy Symphony : Menuetto–my favourite!!
Toy Symphony : Finale
Art…different moods according to different types/pieces of music…
Image: Liverpool museum…
Together with the piano, I played the recorder too when I was at school, but would really love to play the violin and flute!
Little chidren can listen to music and draw images of what they “see” while listening to the music.
I’ve only ordered this morning this cd of Waldo de los Rios. His music is just fantastic and the Toy Symphony is on this cd and…Haydn’s Symphony No. 101 in D Major..”the Clock”…!!
Click here to listen to the music of Waldo de los Rios on classicfm. This youtube video is the Symphony of Haydn, but not the same as being played by Waldo de los Rios!!
Youtube video: Toy Symphony: Allegro…Menuetto…and then the Finale…enjoy!
Awesome posting!
Ons het Zeethan van dag een af blootgestel aan Mozart. Hy het met dit aan die slaap geraak in die aand. Vandag nog, as hy bietjie omgekrap raak, moet ons net die musiek aansit en dan kalmeer hy amper onmiddelik.
Ek het as kind klavier, orrel en blokfluit gespeel maar vandag kan ek omtrent net tjopsticks speel op die klavier. Dit is wat gebeur as jy nie meer oefen nie. Maar ouma het ‘n klavier gekoop want klein mannetjie moet mos klavier leer speel sodra hy groot genoeg is. Hy peuter klaar daar rond 😉
Ek dink ek gaan potlode en papier laat rondlê wanner ek musiek speel en sien of hy al kan prentjies assosieer met die musiek, (weet jy van watter ouderdom af?)
Ps, kan jy asb weer vir my mail hoe om daardie Play/pause te doen, ek kry nie die mail nie, dink dit was op die ander laptop.
Hi Zee! EK het die cd’s gesien vir kleintjies van Mozart, dis oulik, ek weet nie of jy van hulle het nie. Ek glo klassieke musiek is ontsettend belangrik vir die ontwikkeling/stimulering van ‘n kind. Dis baie beslis deel van sy karaktervorming. Ek het nooit ‘n begeerte gehad – of selfs gedink – om orrel te speel nie, ek wou baie graag die fluit speel, maar het net met die klavier en blokfluit begin en daar was nie geleentheid vir die fluit nie. Ek het die blokfluit vreeslik geniet. My klavier ook, my musiekjuf wou in St8 he ek moes dit as vak neem, maar ek het nie gedink ek was so goed soos sy gese het nie, vandag is ek ernstig spyt! Ek het slegs teorie-eksamens gedoen tot GrIV van Unisa. Ek wou nie prakties doen nie. Ek het die teorie vreeslik geniet, selfs my sussie se teorie vir haar gedoen, want sy was te lui! 😉 In elk geval, Zeetan is erg bevoorreg om jou te he!! Jy moet net so aangaan soos jy begin het… laat hom op hierdie klein ouderdom slegs luister na dit…ek dink hy is nog bietjie klein om te luister en teken wat hy hoor… wag nog so ‘n jaar of wat daarmee, want dis meer inspanning/konsentrasie vir hom wat hy nie nou sal he nie. Ek stel voor dat jy hom baie aan klei-speletjies/verf (enige vorm…soos met hande verf ens.) blootstel, dan kan jy die musiek speel terwyl hy dit doen. Hy sal goeie musiek-luistergewoontes so aankweek..speel-speel…baie kinders vandag het maar GEEN klassieke blootstelling nie en daardeur ook nie musiekwaardering nie en musiekwaardering is deel van die SA kurrikulum (en hier ook)… net jammer daar is so min tyd in ons skole om goeie aandag daaraan te gee. Ek het ‘n groot deel van my lewe as kind met klassieke musiek groot geword en ek glo nie ek het “uitgemis” op al daardie popmusiek nie, alhoewel ek ‘n liefde het vir ligte popmusiek! selfs Elvis/Queen.. 😉 ek email jou more oor die musiek-oplaai! Ek praat onder korreksie, maar ek dink jy kry musiek-groepies in SA waar kleintjies soos Zeetan geneem kan word om musiekwaardering speel-speel te doen, maar ek glo jy is die beste persoon om dit te doen terwyl jy so met hom speel-speel kan jy presies dieselfde doen. ‘n Ouma soos jy kan jy nie beter vra vir ‘n kleintjie van sy ouderdom nie. o ja, dan het ek vergeet van boekies… dit natuurlik ingesluit hierby!
Nikita, dis amazing, my kinders se oortjies is van voor hulle geboorte af gewoond aan musiek, want ekself leef vir musiek, maar om dit te kombineer met ‘n tekening het ek nooit aan gedink nie! Dis briljant, ‘n mens kan dan op ‘n manier sien wat hulle dink!!! Dankie vir hierdie puik inskrywing en as jy nie omgee nie, gaan ek dit beslis uitdruk of copy of ietsie sodat ek dit vir later naby my het!!! Jy het sekerlik omtrent hard gewerk aan hierdie outjie, maar dit is briljant!!!
[…] feite, planne… En boonop is dit so goed nagevors, gelink en met sorg uiteengesit!!!! Nikita, dit was ‘n […]
Ek het hierdie inskrywing baie geniet!
Dankie 🙂
https://chessaleeinlondon.wordpress.com/2007/09/21/peer-gynt/
Hi Pikkelik! Jongie, jy sal verbaas wees wat mens kan doen met musiek! Hier gee ek vir jou ‘n link op my blog van Peer Gynt…gaan lees bietjie wat ek daar gese het EN…volg daardie link na Radio3 met jou kinders…dis FUN…! jy kan laat kinders stories skryf met musiek!! en dis net soveel fun om dit te doen!! jou kindertjies is al groot genoeg om daardie patroontjies te maak…veral jou ouer enetjie…ek weet nie regtig hoe oud hulle is nie…kinders verskil baie en elke ouer ken sy kind en weet wat hy sal kan doen en wat nie…hulle reageer nie altyd dieselfde nie. Maar klassieke musiek is definitief ‘n moet vir ‘n klein kind se ontwikkeling…bly jy het die inskrywing geniet… ek het ook tyd gespandeer om daardie audio files te convert na mp3 om dit te kan oplaai, dit was – as ek reg onthou – wma files en nou het ek verskillende programme op my rekenaar om verskillende files te convert! hehe…dit net om hierdie mooi musiek opgelaai te kry…ja, dit het behoorlik tyd gevat, maar ek het dit baie geniet..en maak beslis daardie draai by Peer Gynt…dis ook een van my groot, baie groot, gunstelinge!
hi Paula en jy “sluip” hier rond terwyl ek vir Pikkelik tik! lol! bly jy het dit geniet! en Welkom hier ook!
Baie goeie inskrywing. My kinders het met musiek groot geword. Hierdie ma se hele lewe bestaan uit musiek. Maw my hele lewe gebeur met ‘n soundtrack!
Hulle het selfs gestudeer met klassieke musiek in die agtergrond, dit was so pakket wat ek gekoop het. Musiek wat met jou brein gesels, dat jy makliker leer en goed onthou. Daar is ook musiek gewees om jou te kalmeer en te laat slaap!!
Ek het selfs vir my kinders klassieke musiek gespeel terwyl ek nog swanger was, die geleerdes sê dit is goed!
Ek dink ook dit is hoekom my kinders so breë musiek smaak het soos hulle ouers. Van Klassiek, Celtic tot Pop.
Zee, as ek terugdink wat jy my vertel het oor Zeethan ens ens dink ek die klassieke musiek het sowaar baie gehelp. (Ek wil nou nie te veel hier uitlaat nie, ek is nou oor versigtig) 😉
Maar Nikita, Zee is voorwaar ‘n Ouma duisend!! Die bewys is klein Zeethan!!! Hulle het ‘n ver pad gekom!! Perfekte voorbeeld van hoe en wat ‘n Ouma moet wees. Ek kan nie wag vir my kleinkinders nie 😆
Ek stem saam Pikkie hierdie inskrywing is baie goed en mens kan sien jy het baie werk hier in gesit. Dankie dis ‘n “keeper”
Geniet jou vakansie 😉
Hi Wippie..dis waar wat jy se. Ek het dieselfde gedoen met my twee voor geboorte. Ek het ook op skool met die klassieke musiek op die agtergrond huiswerk gedoen en ek – glo dit of jy wil of nie – was gek oor huiswerk, moes seker die musiek gewees het! hahaha… ek stem saam met jou oor Zee… ek dink nie sy het daardie “leiding” van my nodig nie…ek glo sy weet wat sy doen! 😉 daardie mannetjie gaan ‘n groot ster wees eendag!…gepraat van oppas wat jy se… ek is nou baie benoud om op ander blogs kommentaar te lewer, nie gedink mens sal sulke tipe dinge kry hier in die blogosphere nie!! Dis sommer ontstellend!
Wippie, dankie vir die mooi woorde!! Jy gaan ‘n GREAT ouma wees eendag.
Nikita, Zeethan het van dag 1 af na Mozart for babies geluister. Inteendeel, ek dink daar is ‘n verskeidenheid van 4 CD’s wat hy het. Natuurlik was dit ouma A3 se voorstel en sy het tot vir hom ‘n mini cd player gekoop sodat die musiek dag en nag kon speel en dit is wat ek opsit om hom te kalmeer.
Dankie vir die inligting, het juis laas week klei gekoop. Gaan dit bietjie probeer.
Weereens, hierdie was ‘n uitstekende inskrywing!!
hi Zee…dis ‘n plesier..jy kan natuurlik – sodra hy oud genoeg is…laat hy jou vertel (in plaas van teken – want sulke kleintjies is nie altyd in die “mood” vir teken nie…hulle moet maar “gelees” word…) wat hy dink watter “storie” die musiek vertel en die klei kan ook daar help… jong, ouers en oumas is goed met sulke dinge…ek kan vir jou lang stories vertel, maar jy is daar by hom en ek weet jy sal weet wat om met hom te doen. Hy sal eendag besef hoe bevoorreg hy was(is) om jou te kan he! Musiek is belangrik, maar ek is ‘n groter voorstander vir stories!! .. ek is ‘n groot musiekliefhebber, maar as dit by boeke kom, (KINDERBOEKE!!), dan wen die boeke wanneer dit kom by kinders…hier op my blog het ek al heelwat kinderboeke geblog…Suid-Afrikaanse kinderboeke veral…jy het seker Storieman vir Zeetan…want soos ek jou ken en opgesom het, sal jy dit he of iets soortgelyks…sterkte vir jou en daardie outjie, hy is voorwaar ‘n klein perel!
Nikita, snaaks genoeg, ek het baie opvoedkundige boeke vir hom en natuurlik kinderbybels (Tannie Wip het ook vir hom ene gegee en die lees ons op die oomblik) maar nie Storieman nie. Ek gaan sommer nou nou CNA toe gaan en kyk of ek Storieman kan kry!! Ek gaan bietjie google hier op jou blog vir oor die kinderboeke!
hi Zee… ek dink die kinderboeke wat ek tot dusver geblog het is vir so bietjie ouer kinders…maar jy kan reeds daardie boeke aanskaf, want mens kry dit dalk nie vorentoe in die toekoms nie. Ek dink daar is reeds van daardie boeke wat jy nie meer sal kry nie…bv Rooi Kanarie Hoepelbeen van Elsabe Steenberg. Daar is ‘n paar goeie skrywers en as jy kinderboeke van hulle kan kry, is jy OK… daardie storieman-reeks (boek+kasset) het my kinders verskriklik geniet. Ek het die hele tassie van 30 kassette met die boeke gehad, nou weggepak in SA. en Dana Niehaus se jakkals en wolf – wat ek nou die dag geblog het…het die CD hier, iemand in SA het die plaat vir my oorgesit op CD…ek het een track van daardie CD geblog…luister bietjie daarna, jy kan hom aflaai ook! Daar is hordes dierbare kinderboeke op die mark..kyk of jy die boek deur Dalene Matthee…”Die 12uur stokkie” kan kry…Zeetan sal daarvan hou, alhoewel nog nie die tyd verstaan nie, maar die storietjie…daar is prentjies in wat reg is vir sy ouderdom… jong, kinderboeke is my KOS.. (was deel van my studies) en ek sal vir jou lang lyste kan maak as ek net tyd het en my geheue weer ingespan kan kry. Ek was 14 jaar deel van 2 skole se biblioteke!! 😉 dit was my lewe om tussen daardie boeke te wees met die kinders…9 jaar voltyds en ek het soos ‘n koningin gevoel omring met daardie boeke…en Dr Zeuss! moenie van hom vergeet nie..en die OTTO-boeke! dierbare boeke vir kleintjies!
Zee! dit val my nou by! Vir kleintjies soos Zeethan kry jy Storiemuis…en Storieman is vir die ouer kleintjies…en kinders…ek het die Storiemuis ook gehad…beslis die moeite werd! sorry…moes eers daaraan gedink het!!
https://chessaleeinlondon.wordpress.com/2008/07/07/your-closest-friend/
Zee…hier is maar net een so ‘n post oor kinderboeke…daardie boek “Where the wild things are” is beskikbaar in SA met die titel in Afrikaans…..”Wildekanisland”…regtig ‘n MOET-boek en Zeethan is die regte ouderdom vir die boek ook… allerhande “gediertes”…maar vriendelik en hulle is die karaktertjie se maatjies in die storie..BAIE oulike storie!!!
Nikita, ek het omtrent nou ons mall deurgeloop. Niemand ken die Storietyd boeke nie. Maar ek sien nou jy se ek moet eerder vir Storieman uitkyk. Gaan ook kyk of ek Wildekanisland kry, gaan sommer gou by Leserskring google.
Dankie, gaan gou by jou link ook loer!
http://www.storiewerf.co.za/nuusbrokkies/br_0602storieman.htm
Hi Zee…ek is nou pootuit..gestofsuig en skoongemaak..gou-gou gegoogle en die 2de link was hierdie een…loer bietjie by storiewerf..’n BAIE oulike site!! daar sal jy ook baie goeie boeke kry en…outeurs wat goed is…sterkte…ek het nou ‘n behoorlike bad nodig van al die geskoonmakery hierdiekant…sjoe..byna twee ure gespandeer hier aan alles… 😉 nou is dit breuktyd met ‘n yskoue koeldrank, dis nogal warm en bedompig hier vandag! ps..ek sien daar is ‘n email adres op die link…en
Die uitgewer is Leon Rousseau, bekende Afrikaanse uitgewer en skrywer. Maak eers seker oor StorieMUIS…want dis vir die heel kleintjies…storieman is so vir kinders 5 en ouer…selfs vir kinders 11/12…onnies gebruik dit in skole vir luisteroefeninge…daar is van hierdie Afrikaanse verhale vir kinders van 11/12 wat so bekend is —Fritz Deelman-bende ens. daarop…op die StorieMAN-reeks..
Dankie vir jou blogs Nikita. Ek lees lekker en dink baie ver terug. Ek het ook op ‘n plaas groot geword, so jy maak baie herinneringe wakker, ek het ook altyd na Jongspan ateljee geluister EN Siembamba EN Afrikaanse treffers.
O, en ek het in Oxford gebly vir 5 jaar, so ek was al by die Alice shop, snaaks, ek het net gister oor Alice gedink…
Ai, tog, soveel wonderlike dinge in jou blog, ek sal baie keer terug kom. Ek het gister geblog oor Alice down the rabbit hole, en nou het ek JOU rabbit hole ontdek.
Ek gaan NOOIT weer tevoorskyn kom nie….. 🙂
LOL! Hi Eilandkind en welkom… se maar vir ons as jy uitgekom het! 😉 Ek hoop jy geniet dit! Ek het so pas vir Wipneus die varkies van ‘n plaas hier by Heathrow geblog en daarmee saam vir Piglet… dus…W-i-p-n-e-u-s! jou foto! 😉
Baie mooi inskrywing Nikita. My broer het jare gelede ‘n dubbel-plaat van hom gehad waaroor ek mal is. Ek het ‘n CD, of ook ‘n dubbel-CD van hom bekom maar dis nie vir my dieselfde nie, hoop ek kan eendag die goed van hom kry wat op daardie plaat was.
Wat die Toy Symphony aanbetref, daar is nog iets van ‘n ander komponis …something… for young people, waarin ek dink die verskillende instrumente bekend gestel word. En dan is daar natuurlik to Prokofiev se Peter and the Wolf, waarvan ek ook nog nie ‘n mooi opname het nie.
Ek dink as my werk aan die huis eendag klaar is moet ek bietjie speelgoedjies maak ook!
Dankie KOP! Ek het net sowat ‘n jaar terug Pieter en die Wolf hier gekoop, hy staan hier op my rak…ek was gek oor die video wat die laerskole in SA het. Al daardie musiekinstrumente. Ek het so tydjie gelede gedink ek wil nog ‘n bloginskrywing maak van Pieter en die Wolf, maar toe doen ek die Jakkals en Wolf een eerste agv die stories wat ek hier het. Jaak die speelgoed en blog dit vir ons! en ek kan natuurlik nie wag vir die CD van Waldo de los Rios nie, want die Toy Symphony daarop is die eintlike een wat Iris Bester gebruik het vir haar program alhoewel die een op my blog baie klink soos daardie een.
baie oulik, ek hou steeds van speelgoed. dankie
hi Rosalind… ek myself ook! Ek wou dit nou nie so pertinent in die pos se nie…hehehe…dis die dat ek my porseleinpoppe het…en ‘n stel lappoppe!! en al die ander beertjie-goete! 😉
[…] Nikita Some of you will remember the post entry about the Symphony of Toys by Mozart — and not Haydn, as many people think. I’ve also blogged the Toy Sympony […]
[…] you to enjoy.Please click HERE to read my entry about Waldo de los Rios and I personally think my Symphony of Toys-entry is really one of my best entries so far. Don’t miss it if you haven’t read […]