English readers: you can find my translation of this first poem on “My Poems-gedigte” page on top of my blog. I hope you will enjoy it.
EENSAAMHEID – JAN F.E. CELLIERS
My vuurtjie en ek is op wag –
my vuurtjie en ek alleen;
die awend-ster
wink al van ver,
en die velde slaap omheen.
En stadigies sterwe die dag,
soos een in sy armoed verlaat,
ongesien, ongeag,
sonder suggie of lag,
waar niemand van weet of van praat.
Nou bly die lug alom
in stil aanbidding staan –
geen tampende bel
wat die ure tel:
net die sterre wat kom en gaan.
Die osse, met koppe gebuie,
herkoue nog stil in die nag,
tot één vir één buk
en gaan lê by sy juk,
met `n sug, ná die trek van die dag.
My vuurtjie is al wat nog leef
in die eindeloos ruim met my,
en sy stemmetjie dwaal
soos `n deuntjie wat draal
om dae lank verby,
om jonkheids blye môre
en laggies lank verlewe.
Dan voel ek `n traan
in my oë staan
en ek fluister: “Heer, vergewe!”
Die slapende velde lê wyd,
en wyer die donker see,
wat my vuurtjie en my
vanawend skei
van die wêreld se vreug en wee;
ek weet daar`s fees vanaand
in menig verligte saal,
maar geeneen wat my mis
by die dans en die dis –
`n balling vergeet en verdwaal.
Maar al is ek, ver van die skaar,
in eensaamheids wonings getrede,
ek voel my soos een
met die Heer alleen –
`n kind aan Sy boesem tevrede.
image: digitalcameraclub.co.za
I’ve read something this morning on Zee’s blog that reminded me about this poem : “Eensaamheid” by Jan F E Celliers I also came accross this poem on a website and it also reminded me about this very same poem! “Eensaamheid” means…”loneliness…or…solitude…”
Ver op hoë berge
Pagina: 431/431
Ver op hoë berge, o-o-o…
Sit ek eensaam in die nag,
by my vuurtjie stil op wag,
ver op hoë berge.
‘k Denk nou kom my liefste, o-o-o…
k’ Sie van verre kom die wa,
die my liefste skat daar dra,
ver op hoë berge.
Droom is weer voorbij nou, o-o-o…
‘k Sit weer eensaam in die nag,
by my vuurtjie stil op wag,
ver op hoë berge.
http://www.carpegeel.be/lied.aspx?id=857
Read on WIKIPEDIA more about him.
Kliek HIER vir meer gedigte deur Celliers…
Enjoy the music of Sweet People …terwyl jy “Eensaamheid” lees
On THIS LINK –on my blog- you can read two poems of Jan FE Celliers.
Afrikaanse kindergedig!
Digter? Wie kan help? Titel?
Daar stap ‘n klein mannetjie
In die rigting van die klotsende waterstroompie
Hy het ‘n emmer in sy handjie
En jy hoor net:die suisende windjie!
Hy stap, voete slepend
Hy stap, tande knersend
Hy draf, voete knarsend
Hy draf, hande swaaiend
Oppad hoor hy ‘n kwetterende voëltjie
Hy val skielik: kaplaks!
Daar lê hy onderstebo op die bruggie
“Ai”, sê hy, “dis seer”, vervlaks!
Nou loop ons klein ou mannetjie
Baie stadig, hy sien hy ‘n bobbejaan
Wat al blaffend en al strompelend
KADOEF! en PARDOEF!
Teen ‘n boomstomp kom gejaa’n
Die kabbellende rivierstroompie
Stroom al jubelend oor die klippies
Daarnaas is ‘n verdwaalde lam
Hy blêr! Ai tog! Dis ‘n ram!
Oppad terug stap die mannetjie
Met sy kleine, swaaiende kannetjie
Geluidloos deur die woud heen en weer
Wat het geword van die brullende
En krakende donderweer?
Ek weet! Die sissende slange
En kwakende padda
Het almal op skrik gejaag
KABOEM! Daar blits hy
SJADOEF! Daar flits hy
~~~~~~
Baie nice link met al die gedigte!! Gaan hom onder my “favourites” bêre….
Jy bederf ons met al die mooi lees goed!
My vuurtjie is voorwaar is pragtige gedig.
Soos Wippie sê, dankie vir die link. Sal bietjie later daar gaan loer!
hi Wipneus/Zee…ja, hierdie gedig is pragtig en die ander gediggie “trek” nogal half na “vuurtjie en ek”..ek moet tog ook vir julle ‘n ander link gee, met net sulke pragtige Afrikaanse gedigte…sal eers op my blog moet rondkrap en kyk waar ek hom het…
Hi Nikita,
Liked the pics thgh I cldnt understnd the post…I read abt it in Wiki….vry nice post 😛
GreaT post.
Hi Meghnak…my previous post..about Dogs…is in English…if you want to take a look at that one.. 🙂
Hi Simone…Welcome here…and I’m glad you liked it too…
Hi Nikita ,
Sal wat wou gee om vanaand langs daai vuurtjie te sit. Iewers in die Karoo met net so ‘n bietjie byt in die lug. Ai, jy vat mens darem op ver paaie terug!!
Hello Braam…goed om jou weer hier te sien..en ek is bly ek kon daardie “verlange” weer prikkel! Ja, ek sal wat wil gee om nou om so ‘n vuurtjie in die Drakensberge te sit, na ‘n dag se stap, so in ‘n grot en met die wete dat jy die volgende dag ‘n volgende been gaan stap op ‘n roete! met ‘n stukkie stokbrood en ‘n worsie! en daarna die marshmallows in daardie vuurtjie! Ai! .. 🙂
Hallo Nikita
Ek was nou lekker verras dat jy die berig gesien het dat Afrikaans een van die tale in die Christchurch biblioteek is. Dit is egter nie die eerste biblioteek in NZ met Afrikaanse boeke nie want daar is al ‘n wyle ‘n Afrikaanse versameling in Browns Bay biblioteek in Auckland.
Loer gerus na ons afrikaansinchristchurch.org.nz webwerf vir die hele storie oor die Afrikaanse boeke
Mooi bly
marietjie
Hallo Marietjie! welkom hier, ja, ek was nogal verras en ek het die link hier “gebere” om daaroor te blog en jy het my nou weer daaraan herinner! Ek sal beslis gaan inloer! Dankie vir die link! lovies!
dis daarm n lang gedig
Hi Janice, Welkom hier…Ja, jy’s nogal reg! 🙂
Great Post!!
hi Kids Music, Welcome and thanks for your comments…have you understood anything? 🙂
Ek moet nou ongelukkig se dat meeste van die gedigte vandag is nou glad nie wavers nie. Die Afrikaanse skrywers het maar goed agter uit gegaan en die paar gedigte wat nog redelik is word een kant to geskop vir die groot gemors.
Antjie Krog is nou a ‘n goie voorbeeld, in my hele lewe het ek nog nie so ‘n klomp strond gelees nie. As die Vader my gendadig is sal meeste van die skrywers dood geslaan word in die volgende jaar.
Die gedigte wat jy hier het, op albie van jou poste is daar miskien een of twee wat goed is, die res kan maar gaan.
Ek voel regtig skaam en vernederd dat dit die enigste kinder gedigte is wat ons aan kan dink om uit te skryf. Die selfde geld ook vir ons Novelle. Ook ‘n groot gemors and het verder geval as ons land.
Dankie vir die een of twee wat goed was, maar probeer om ‘n beitjie van die groot name terug te bring. Die mense wat nog kon skryf.
hi Luna, Ons het seker almal ons smake en grille as dit by kuns/verhale/gedigte/musiek kom – en als is ‘n vorm van KUNS. ‘n Kuns om dit goed te doen en ‘n vorm van kuns. Ek stem saam, ek het al die grootste gemors gelees – van die “modernes” – en wat ander sal toejuig as “goed” of “fantasties” – en dan het ek bymyself gedink…er, is jy seker? Ek het al gestop om op sekere websites gedigte te lees en het nog nie op iemand se site afgekom wat self Afrikaans skryf waarvan ek hou nie. Engels ja, Wayne Visser is so ‘n voorbeeld, net jammer hy dig nie in Afrikaans nie en ek glo hy sal kan as hy net regtig wil. Ek sal graag wil weet wie op die oomblik [as jong opkomende digter in SA] hierdie “grote” is, ek glo nie ons HET so iemand nie. ‘n Paar wat seker probeer, maar nie ‘n AG Visser/VanWykLouw-ens tipe is nie, dit glo ek beslis nie.
Amazing and can you write me afrikaans poem on HIV
Hi Azile, Welcome to my blog. Wow, you are asking me to write about HIV! At the moment I’m busy with an important assignment, due this Friday, but I can always try afterwards and see what I can come up with. It is a depressing topic, but I will still try, it would be a great challenge and I think I’m up for the challenge, though I’m NO professional, please keep that in mind. 🙂
Edit: 18/8/2013
Hi Azile, I’m done with the poem, see the link in the next message box – if you are still interested. 🙂 I hope it is what you were looking for. If it’s for children, please let me know, I can write another one, aimed at a younger audience.
[…] ‘n blogleser, Azile, op hierdie link ‘n versoek gerig het, het ek ‘gehoor’ gegee. Sy het gevra vir ‘n gedig oor […]