English readers, please slide down…
My smekende gedagtes
Ek sak my hoof en oordink my vreugde
Ligsinnig verkrummel ek
die verdroogde blare
in my Afrika hand en ‘k laat
dit waai soos kaf in die wind
Dit smee my gedagtes mee
met die onrus in my hart
wat bly groei en bloei
Waarom verpletter ons die volke
van hierdie aarde?
Waar’s die regeerders
van hierdie wêreld?
Ken hul nie Sy toorn?
Offers bring en oë opslaan
uitroepe van “wees ons goedgesind!”
weerklink in my smekende gedagtes
Sal ons ooit die Tempel binnegaan?
Ek luister na my gedagtes in die mÔre
en laat die moordenaars en leuenaars
deur Hades swerwend dryf
hul ontmoet die gelag van Charon op Styx
Nooit sal hul die Elisiese veld bereik
NÓg betowerend; nÓg kan in delf
Hul egosentriese voorland:
Tanatos!
Sál hul ag slaan op my geroep?
©Nikita 5 Julie 2008
Please click here for the RIVER STYX and have fun!
This poem…which I feel is basically just a few of my thoughts of how I feel about -not only about these killings/stabbings in London,- but also about other parts of the world, especially South Africa…Zimbabwe…the lies of Mugabe and his scum…. and other leaders in this world…my thoughts make them rambling/drifting along the river Styx, not to reach the Elysian fields, but Thanatos! By this poem I don’t want those people to really die! as I think all people are good, but not what they do/say and then I ask too…where are the leaders of this world!!…maybe the real leaders…and not the cowards.. Why are they not acting like they should, tighten the laws! and world leaders should take the lead in those Africa countries where there are chaos and where people are dying on a daily basis! Are we not suppose to care! So, co’mon “caring” leaders… show you really care! …PS: glad to see David Miliband – with his visit to South Africa – is asking the International Community to do something…but, hey…when are we going to see them reacting!
Hierdie getal het my koue rillings gegee toe ek dit vanaand sien…….net gedag dit pas by hierdie onaardse images hier…hehehe….dis nou vanaf Nov 2007…
Afrikaans
Afrikaanse gedigte
Afrikaans poems
Gedigte
Ek hou baie hiervan Nikita! Jy skryf baie mooi!
Dankie Wipneus! bietjie morbied, sal ek se… 😉
https://chessaleeinlondon.wordpress.com/2007/10/16/nebulae-art/
Wipneus…hier is die link vir die nebulae…daar’s ‘n link na ‘n movie…ek het daardie movie-file al klomp kere op WordPress probeer oplaai, maar ek kry ‘n boodskap dat dit “copyright protected” is…lekker simpel, want ek het die ding self met Photostory gemaak!! in elk geval, volg daardie link…dis 10/11 jariges wat met verf die Hubble-teleskoop se images probeer naboots het…met die gekleurde lense…die sterretjies wat jy sien het ek net na die display afgehaal, dit het bietjie goedkoop gelyk en nie regtig “gepas” nie, die blinkertjies het goed gewerk met die “glitter”-gom…wat jy sal sien…geniet dit… o ja! Jy sal 2 sneeu-foto’s sien! my skool en die parkie langsaan…aan die einde! 😉
Baie mooi!!! en dit deur klein handjies!! Ek is mal oor kinderkuns. Dis hoekom ek so van Claerhout se werk hou. Dis so kinderlik!! 😉 Kuns is mos maar elkeen se persoonlike smaak.
Daardie sneeu foto’s aan die einde is “magic”
Baie dankie! 🙂
btw die gedig is eerder hartseer! 🙂
Ek stem saam met jou oor kinderkuns… ek vrek ook daaroor.. dan moet jy my kinders se “Paul Klee” sien, ook hier op my blog, skreeu as jy die link wil he… en dis jammer dat ek nie foto’s op my blog het van “Scream” , ek sal moet kyk of ek iewers op my rekenaar foto’s het daarvan, ek weet ek het geneem, dus moet dit iewers tussen omtrent 2 miljoen files op my pc wees! daardie sneeufoto’s was geneem so 8vm, jy sou seker ‘n lig sien brand het in die parkie.. dit was gedurende Desember 2006… ek stem saam oor die gedig…hartseer/morbied.. 😉
https://chessaleeinlondon.wordpress.com/2007/07/05/childrens-art-in-the-style-of-paul-klee/
Hi Wipneus…daar’s hy…as jy wil gaan kyk…
Vergeet om te se..jy het na die prentjie regs bo verwys…het jy die een regs onder gesien.. 😉
Nikita, alweer ‘n “hartseer” wenner!
Die 66,600 is nou nogal scary hoor!!
hi Zee! baie dankie! ja, scary dat ek daardie 3 6’e so sien…lol! gelukkig is daar nulle by… 😉
hey dear, that was cute if i may say.. we can share poems in our languages though…
Hi Stanley! Thanks for your comments, you’re sure you understand Afrikaans?