Image: by Julie Rogers…Woven thoughts
Die strelende skemer van my gemoed
Vanselfsprekend dartel
jou skadu’tjie
langsaam, ritsellend
soos ‘n vlokkie
eind’lose skaterlag
vibrerend in my gemoed
en die weerspieëling
is onvermydelik verstrengel
tussen Haydn en Wagner
en die draaikolk
van my gryse gedagtes
wat in die
strelende skemer
van my gemoed bly vloei
©Nikita
29 Junie 2008
The soothing twilight of my mind
Self-evidently frolic and sprightly
Your little shadow
gradually quivering
– as a flakelet –
endless peals of laughter
vibrating in my mind
and the reflection
is inevitably intertwined
between Haydn and Wagner
and the whirlpool
of my ancient thoughts
flowing
through the soothing twilight
of my mind
–Translated: Nikita – 16/2/2012
[For a friend to understand the Afrikaans]
This poem is just a poem about my thoughts going back to South Africa and my childhood days – also on the farm where I grew up. My country and its people will always be in my thoughts!
Please click HERE to read the book Thought-Forms by: Annie Besant and C.W. Leadbeater on the site of the Gutenberg-project. In this book you will read about colour and thoughts.
Enjoy the music of Haydn…Piano concerto in D major – one of my favourites!
Haydn by Thomas Hardy
Source: wikimedia
Franz Joseph Haydn ==March 31, 1732 – May 31, 1809== was one of the most prominent composers of the classical period, and is called by some the “Father of the Symphony” and “Father of the String Quartet”.
A life-long resident of Austria, Haydn spent most of his career as a court musician for the wealthy Hungarian Esterházy family on their remote estate. Isolated from other composers and trends in music until the later part of his long life, he was, as he put it, “forced to become original”.
Joseph Haydn was the brother of Michael Haydn, himself a highly regarded composer, and Johann Evangelist Haydn, a tenor.
Mooi…
Dankie! 😉
Mooi en die strelende musiek ook!
Die musiek is baie mooi! Maar jou gedig doen dit vir my!! Nikita jy het ‘n talent om met woorde te speel!!
Ek het Winternag van Eugene Marais op die een link gekry dit is een van gunstelinge.
Hi Reisiger ..dankie vir jou ook!
Hi Wipneus…dankie!! Ek glo dat almal kan “dig”…jy moet net probeer…jy sal sien dat dit eintlik “maklik” is as jy dit self probeer en ek glo nie aan wat my man se…hy glo ‘n gedig met rym…soos wat Langenhoven/Visser gedig het… 🙂 goed, dit kan ook, maar dit hoef nie! ek sien uit na joune op jou blog! 😉
Maar jy het vreeslike hoë verwagtinge van my, ek weet darem nie, mense het verskillende talente hierdie is bo my vuurmaakplek!! he he Julle sal so skrik as ek aan die dig gaan, julle sal weg hardloop. Ek los dit maar vir jou! 😉
hi Wipneus..jy moet net eendag probeer… ek het op skool begin, maar dit was meer ballades…ook in ‘n meer humoristiese manier…niks ernstigs nie…altyd die kinders in my klas se name gevat en daarmee “gedig”…een was van ‘n toer wat ons klas in die wildtuin was en ek het nogal van daardie een gehou… ek gaan ook deur fases…waar ek niks sal probeer nie en dan weer so ‘n “kreatiewe” fase deurgaan…jy is ‘n binneshuisversierder…ook….baie kreatiewe brein daardie…laat hom net bietjie “gaan”… en jy sal sien! 😉
Nikita waar kan ek jou Out of Africa post soek?
https://chessaleeinlondon.wordpress.com/2007/10/05/out-of-africa-movie/
Hi Wipneus! hier is hy..hierdie WordPress se “search” is lekker duh! As ek “out of Africa” insit, kry ek omtrent 30 ander posts voordat ek hierdie een kry wat met presies daardie woorde begin..duh!
Dankie Nikita
Het julle die Duitse anthem gehoor noudie aand met die sokker… dit kom uit ‘n strykkwartet van Haydn. Daars ook ‘n liedjie daarop in Afrikaans… Afrikaners Landgenote wees getrou aan volk en taal.
Baie mooi wysie.
Haydn het swaargekkry aan die hof van Esterhazy … hy en sy bediendes, ek meen sy musikante het baie hard gewerk en so… vandaar die Verrassings Simfonie met die harde tromslag om Prins Esterhazy te laat wakker skrik.
Of was dit nou die Vaarwel simfonie waar een na die ander van die orkeslede hulle instrumente opgepak het en uitgeloop het.
Ek het ook hierdie concerto gespeel op skool op klavier. Dis ‘n jeugcocerto, baie maklik en lig . Baie mooi nê.
Wagner ook. Baie mooi sekere van sy werke.
So tussen Haydn en Wagner. Mooi gedig, pragtig Nikita.
Liefies
Ansophie
hi Wipneus…dis ‘n plesier! Bly jy het dit geniet!
Hi Ansophie! Jongie…ek het dit gemis! ek het van die tyd vergeet toe die sokker opgekom het, het nogal gedink ek wil die finale darem kyk! saam met my werk ‘n Italianer…baie sokker met hom gepraat en ek speel skaak teen ‘n Hollander…en hulle het mos goed gevaar tot op ‘n punt…dus was ek “vol” sokker die laaste week! Interessant wat jy hier se jong! Jy maak my meer nuuskierig..ek het ook klavier gespeel…maar nooit hierdie stukkie nie. Dankie vir jou mooi kommentaar op die gedig! Groete hier van ‘n sonverbrande “lyk”…voel darem nou beter al… 😉
Nikita, dit is regtig ‘n pragtige gedig en die musiek weereens baie strelend!
Hi Zee! Dankie vir jou mooi woorde! Ek’s bly jy het die musiek ook geniet!