Feeds:
Posts
Comments

Archive for June 18th, 2008

 

 
Die Broosheid van my Siel

Dit is soos gister
dat my gedagtes swerf
op golwe van stormwinde;
ongesiens, verwyder dit
die eind’lose groenbedekte
ystergrendels van my hart

Verstommend genereer dit
beelde uit lande
versamel van die Ooste en Weste
die Noorde en van die see af
– ‘n half herwonne reis

Diep onder lê ‘n sluimerende stilte
ontsnapte krete reën om my
helder buitelyne van donker oë
kruis my lewenspad
en ek huiwer

Hunkerend na ‘n somers-motreën
blomruigtes, onweerstaanbare weerligstrale
waterfonteine, ‘n ontnugterde haelbui
Vind jy my siel op haelwit wolke

Ja, soos gister
stap ek deur die Dorsland
met lofoffers
en êrens omhels die broosheid
die gedagtes van my siel.

©Nikita 18 Junie 2008

Die verlange na Suid-Afrika bly daar vir enige persoon in die buiteland. Iemand moet nie vir my vertel dat hy die stof van sy voete afgeskud het en nou “klaar” is met SA nie, daardie persoon bluf homself, beslis nie vir my nie. Vanaand was ek – soos baie ander tye – weer hart en siel in Suid-Afrika…geniet hierdie stukkie “gedagtes” of herinneringe wat ek hier saamgeflans het…en geniet dit met die musiek van Hilary Stagg…






AddThis Social Bookmark Button

Read Full Post »