Feeds:
Posts
Comments

Archive for June 17th, 2008



I’ve got this CD of Hilary Stagg…beautiful music…enjoy this track and do get yourself this CD!!

This is an Afrikaans poem, just my thoughts about life as a child…

Indien jy ooit by die Opelug Museum in Pretoria ‘n draai maak, maak gerus ‘n draai by die Watermeule. Hierdie watermeule het op ons plaas gestaan en is hy klip-vir-klip gemerk en net so herbou in Pretoria. As kind van ongeveer 7/8 jaar oud, het ons gedurig op die wiel gespeel en was dit ‘n heerlike wegkruipplek vir die kat om haar kleintjies te kry!! Daarom dat my gedagtes ook in hierdie gegriffel ‘n draai gaan maak het op die watermeul se wiel! Ek kon vir ure die miskuiers volg wat in veld hulle bolletjies gerol het…wanneer ek gaan stap het om verdroogde stukkies takkies te versamel en grassade vir my versameling wat ek gedurig in my kamer uitgestal het…die gedrooge takkies…spesiale mooi uitgesoektes natuurlik, het ek in gebruik in rangskikkings en was my kamer omtrent ‘n “nes” van alles wat ek van die veld aangedra het. Selfs verdwaalde tarentaal-vere het hul ere-plekkie gehad…en hoe kon ek die karretjies uitlaat, dit het ek meer gespeel as met my poppe wat altyd net op my bed gelê vir die mooiheid…

Baie dankie aan Francois vdM wat vandag [18/6/2011] hierdie pragtige foto van my geliefde waterval op ons familieplaas – waar ek ure kon sit en ontspan, rondklouter en saam met familie/vriende geniet het, aangestuur het. Francois bly ook in die omgewing en ken dit ook alte goed. In die volgende gedig lees jy juis van die waterval!

Suid-Afrika – my skaduwee

In die skadu’s
van die groot ou Eik
stoot ek weer in die sand
Boeta se karretjies een-vir-een
‘is verstommend hoe die mierleeus uit hul tonnels
krioel met kierang-hier en kierang-daar

Langs die waterval
sit ek, halfbewus
my gedagtes vind perspektiwiteit
en rol ragfyn ligstraaltjies voor my uit
op die kabbellende water

Op die meulwiel van vervloë
versamel ek babakatjies
pas gebo’, versteek
teen elemente daar buit’
en ek streel die sagtheid
wat ek koester
verder op my reis

Ek verdwaal tussen rante
soekend na onweerstaanbare
toktokkies en miskruiers
‘k neem ‘n honger teug
uit die kom van fluisteringe
“ons-vir-jou-ons-vir-jou”

Hoe sal ek jou kan vergeet
jou alledaagse ontwykende
en eindlose horison
onwetend
bly jy daar vir my
en ek vir jou
Hoe kán ek dan
Vergeet van: “ons-vir-jou”…?

©Nikita 17 Junie 2008

waterfall

AddThis Social Bookmark Button

Read Full Post »