• Home
  • About
  • Afrikaanse gedigte poems
  • Chess and the benefits
  • Links
  • Poems – gedigte – own
  • SA History
  • South African Recipes

Chessalee

Everything/Anything and…Chess…"Despite the documented evidence by chess historian HJR Murray, I've always thought that chess was invented by a goddess"–George Koltanowski: from the foreword to:"Women in chess, players of the Modern Age"

Feeds:
Posts
Comments
« Baku Chess round 3
Plovdiv Chess »

Al die veld is vrolik

23/04/2008 by Nikita

P2190017

For English readers… this is a short Afrikaans song about Spring and the second song/poem is about the little mini-beasts, birds, children and even the small plants are happy…they all want to dance and sing and play…

DIS HEERLIKE LENTE

Woorde: THEO W. JANDRELL en G.G. CILLIÉ
Musiek: Wysie uit die Alpe; verwerk: G.G. CILLIÉ

Dis heerlike lente, die winter’s verby;

weer nooi berg’ en klowe vir jou en vir my.

Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o. Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o!
Die bergklim is heerlik, dit hou mens gesond.

Die vroe-, vroeë môre het goud in die mond.

Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o. Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o!

AL DIE VELD IS VROLIK

Woorde: C. LOUIS LEIPOLDT
Musiek: J. WEBER; verwerk: PIETER DE VILLIERS

Al die veld is vrolik; al die voëltjies sing;
al die kriekies kriek daarbuit’; elke sprinkaan spring.
Al die koggelmannetjies kom om fees te vier;
hier galop ‘n goggatjie, daarso dans ‘n mier.

[KOOR]
Nou gaan die kinders draai, nou gaan hul speel!
Kom Sus, gee handjie! Almal moet draai!
Boet gee ook handjie! Nou gaan ons swaai–
dis tog so prettig! Wie dans met my?
Al in die rondte, vrolik en bly!
Kom Sus, gee handjie! Almal moet draai!
Boet gee ook handjie! Nou gaan ons swaai–
dis tog so prettig! Wie dans met my?
Al in die rondte, vrolik en bly!

Selfs die vissies spartel teen die kafferskuil;
in die groot ou eikeboom droom ‘n oupa-uil.
Oral in Karooland is ‘n ruik versprei:
boegoeblom en appelkoos–kan jy beter kry?

[KOOR]
Nou gaan die kinders draai, nou gaan hul speel!
Kom Sus, gee handjie! Almal moet draai!
Boet gee ook handjie! Nou gaan ons swaai–
dis tog so prettig! Wie dans met my?
Al in die rondte, vrolik en bly!
Kom Sus, gee handjie! Almal moet draai!
Boet gee ook handjie! Nou gaan ons swaai–
dis tog so prettig! Wie dans met my?
Al in die rondte, vrolik en bly!

Bind vir my tesame katjiepiering wit,
bobbejaantjies blou en bont, rose in gelid,
varings van die klippe, oral, ai só mooi,
rooi kalkoentjies uit die vlei–blomme uitgestrooi.

[KOOR]
Nou gaan die kinders draai, nou gaan hul speel!
Kom Sus, gee handjie! Almal moet draai!
Boet gee ook handjie! Nou gaan ons swaai–
dis tog so prettig! Wie dans met my?
Al in die rondte, vrolik en bly!
Kom Sus, gee handjie! Almal moet draai!
Boet gee ook handjie! Nou gaan ons swaai–
dis tog so prettig! Wie dans met my?
Al in die rondte, vrolik en bly!

Vrolik is die wêreld, vrolik rant en vlei!
Elke koggelmannetjie het sy maat gekry.
Elke gons’rig’ goggatjie is getroud of vry:
vrolik is die wêreld hier, vrolik veld en vlei!

[KOOR]
Nou gaan die kinders draai, nou gaan hul speel!
Kom Sus, gee handjie! Almal moet draai!
Boet gee ook handjie! Nou gaan ons swaai–
dis tog so prettig! Wie dans met my?
Al in die rondte, vrolik en bly!
Kom Sus, gee handjie! Almal moet draai!
Boet gee ook handjie! Nou gaan ons swaai–
dis tog so prettig! Wie dans met my?
Al in die rondte, vrolik en bly!

Kry AL daardie liedjies wat jy nooit kan onthou nie, se woorde op hierdie link!

Die foto’s is geneem so 3min se stap van ons huis af. Moenie dat die weer jou flous nie, dit het gesous gedurende die oggend. Die foto’s is om en by 5:15 nm geneem.

Update 1/9/2013 : Ek was net bly om te sien dat die link met die musiek [blerkas] net geskuif het en nie verdwyn het – soos die oorspronklike link.

http://esl.ee.sun.ac.za/~lochner/blerkas/

 

Share this:

  • Pinterest
  • Twitter
  • Facebook
  • Reddit
  • Email

Like this:

Like Loading...

Related

Posted in Afrikaans traditional songs, Afrikaanse tradisionele liedjies, music, poems, Poetry, South Africa | Tagged Afrikaans, Afrikaans poetry, Afrikaans songs, Afrikaanse gedigte, Afrikaanse liedjies, Afrikaanse tradisionele liedjies, Al die veld is vrolik, Dis heerlike lente, Lente, Natuur, Poetry, seisoene, Spring, Spring photos, traditional songs Afrikaans | 8 Comments

8 Responses

  1. on 24/05/2009 at 19:28 Heila

    Baie dankie vir die woorde van Al Die Veld Is Vrolik. My oorlede pa het dit altyd vir ong gesing toe ons klien was.
    Heila in San Francisco


  2. on 24/05/2009 at 20:21 Nikita

    hi Heila!
    Welkom hier, bly jy het dit geniet, dit is ‘n groot plesier! Ek het die liedjie op laerskool gesing en altyd geniet!


  3. on 01/09/2012 at 05:03 Johnny Fusion

    Alte pragtig pure genot


    • on 01/09/2012 at 09:36 Nikita

      Hi Johnny, Welkom hier op my blog, dankie vir boodskap. Dit klink asof jy die gedig weer geniet het. 🙂


  4. on 27/09/2013 at 10:48 Sophie

    Al die pragtige Afrikaanse liedtjies maak n mens bewoe, my suster en ek het in die aand as ons die skottelgoed moes was, Dis heerlike lente en al die veld is vrolik gesing.. baie ander liedtjies ook maar dit was ons gunstelinge.


  5. on 05/07/2014 at 11:21 isabel

    baie dankie.ek het al gedink ek het my seker verbeel daar is so n liedjie.waardeer dit baie


  6. on 26/10/2019 at 06:32 Brenda Theron

    Die eerste somer reën het so pas begin val. Ek het “Al die veld is vrolik” begin sing vir my klein dogter. So bly ek kon al die woorde op hierdie link kry.


    • on 26/10/2019 at 19:46 Nikita

      Hi Brenda, Ek is bly ek kon dit vir jou he. 🙂 Ek glo sy het dit geniet.



Comments are closed.

  • Follow Chessalee on WordPress.com
  • Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

    Join 287 other subscribers
  • Spoken by great men:"Give me 20 divisions of American soldiers and I will breach Europe. Give me 15 consisting of Englishmen and I will advance to the borders of Berlin. Give me two divisions of those marvellous fighting Boers and I will remove Germany from the face of the earth." - Field Marshal Bernard L. Montgomery, Commander of the Allied Forces during WW2.

  • "The Americans fight for a free world, the English mostly for honour, glory and medals, the French and Canadians decide too late that they have to participate. The Italians are too scared to fight, the Russians have no choice. The Germans for their Fatherland. The Boers? Those sons of Bitches fight for the hell of it." American General, George 'Guts and Glory' Patton.

  • Latest Posts

    • Concerto for two and three movements
    • War-time Chess
    • Queen Elizabeth II
    • Vroue het deur die eeue skaak gespeel
    • War Time Chess
  • Top Posts & Pages

    • Heerlike Suid-Afrikaanse Resepte
    • Happy Valentine's Day!
    • Hilary Stagg
    • Rooi Kappie en die Wolf
    • Oktobermaand...Leipoldt
    • Wolf and Jackal Stories
    • Die Berggans het 'n veer laat val
    • Pap dis--pap tert - South African side dish with BBQ!
    • South African recipes
    • French Knitting-Tolletjie Brei
  • April 2008
    M T W T F S S
     123456
    78910111213
    14151617181920
    21222324252627
    282930  
    « Mar   May »
  • Afrikaans Afrikaanse gedigte Afrikaans poems Afrikaans songs Anand Art books Carlsen Chess chess art chess games Chess Grandmasters chess movies chess news Chess South Africa chess tournaments classical music food gedigte History London Magnus Carlsen Melissa Greeff Mp3 music files music music audio files music files music videos musiek nature news poems Poetry poets Pretoria Radjabov recipes resepte skaak Skaak Suid-Afrika South Africa South African artists stories Suid-Afrika Topalov

  • Live chess ratings top 10 - men 2700chess.com for more details and full list
  • Live chess rating: Top 10 - women 2700chess.com/women for more details and full list

Blog at WordPress.com.

WPThemes.


  • Follow Following
    • Chessalee
    • Join 287 other followers
    • Already have a WordPress.com account? Log in now.
    • Chessalee
    • Customize
    • Follow Following
    • Sign up
    • Log in
    • Copy shortlink
    • Report this content
    • View post in Reader
    • Manage subscriptions
    • Collapse this bar
 

Loading Comments...
 

    %d bloggers like this: