Feeds:
Posts
Comments

Archive for March 21st, 2008

This is the family coat of arms.

Update – 5/8/2018 – I have found more info and will add it soon.

Areas where the Dutch and French Huguenots were given farms to settle.


The French Huguenots from La Rochelle

The Huguenot monument in Franschhoek (the Huguenots fled religious persecution in France, and many settled in the Cape). Today, many Afrikaner names show their French origins and I’m one of  those many South Africans. I’m busy with  a family-history-study of my ancestors and this is what I’ve found so far. This post will get updated as I find more information. Most links in this post will open in a new window.

 Update: 30/6/2013

haidee_large

The Haidee

Read HERE MORE about the French Huguenots that settled in South Africa. (This link does not work anymore!) 

Jan.09 update: Please follow this link if your surname is Celliers/Cilliers/Cillie…etc.

http://www.myheritage.com/site-33834231/cilliers-family-web-site

Josue Cellier, b. 1667, Orleans, France

Another record…Josube Cellier, b 1676, Orleans, France..

Click on THIS LINK to use the search facility to find ancestors…..
On Olivetree HERE you can see more passenger-lists…
Please click HERE for more information on the France Huguenots that came to South Africa.
And on THIS LINK you can read  more about the Religion War and French Huguenots…
This LINK HERE is a passenger ship-list of Huguenots that arrived in South Africa between 1683 and 1756.

Search THIS SITE  for more information on these records.

cellier-passengers

The REYGERSDAL arrived at Table Bay in 1700…passengers on the ship, click on the image for a clear, larger view.

NOTES:
1. Married (2) Paul Roux in 1722

2.Brother of Elizabeth Couvret. He returned to Europe in 1712 with his wife and 4 children.

Josué CELLIER
*Frankryk, Orléans c1667
+Paarl //.10.1721
xElisabeth Couvret
*Frankryk, Orléans c1676
+c1743
xxc1722 wew-Paul Roux
*Frankryk, Orange c1665
+Paarl 07.02.1723
xc1688 Claudine Seugneté
*Frankryk, Saintogne, c1671
+
(xxElisabeth Couvret)

Kinders van Josué Cellier en Elisabeth Couvret
b1 Josué =Paarl 02.01.1701 X Ongetroud, + 19.04.1770
b2 Jan *c1702, X Paarl 5.12.1728 Anna Marais weduwee van Gabriel Rossouw
b3 Pierre =Paarl 10.11.1703, +Voor 1712
b4 Elisabeth =Paarl 26.07.1705, X c1724 Pierre Malherbe
b5 Francina =Paarl 30.10.1706, X Paarl 12.04.1727 Pierre le Roux
b6 Maria =Kaapstad 07.09.1708, X Paarl 7.09.1732 Johannes Hubertus van Amsterdam XX Paarl 8.05.1735 Urbanus Sauermann van Mühlbeck
b7 Abraham =Paarl 21.09.1709, X Paarl 6.12.1744 Anna Rossouw
b8 Pieter =Stellenbosch 16.08.1711, Ongetroud, +04.12.1792
b9 Susanna =Paarl 24.09.1713, Ongetroud, +Paarl 14.07.1733
b10 Judith =Paarl 01.03.1716, Ongetroud, +Paarl 24.07.1733
b11 Magdalena =Paarl 26.12.1717, X Stellenbosch 29.04.1736 Pierre le Roux

Kinders van Paul Roux en Claudine Seugneté
1. Paul *c1689
2. Pieter *c1692
3. Hester *c1693
4. Anne =Paarl 25.12.1694
5. Joseph =Paarl 14.10.1696
6. Jeremie =Paarl 01.09.1697
7. Jean =Paarl 22.04.1699

Josué Cellier was afkomstig van Orléans, Frankryk waar hy in ongeveer 1667 gebore is. Hy was moontlik die seun van Josué Cellier en Judith Rouilly wat `n seun Nicolaas in die naburige dorpie Bazoches-en-Dunois laat doop het. Elisabeth Couvret is nege jaar later in ongeveer 1676 ook in Orléans gebore.

Bronne verskil oor wanneer Josué en Elisabeth Frankryk verlaat het. Volgens een bron in 1685, na die herroeping van die Edik van Nantes, toe Josué 18 jaar oud was en Elisabeth 9. Hierdie edik het vir bykans `n honderd jaar `n mate van godsdiensvryheid aan die Protestante verleen en die herroeping daarvan het `n oormatige vervolging van die Protestante tot gevolg gehad. Volgens `n ander bron het hulle Frankryk in 1697 verlaat na die beëindiging van die negejarige oorlog tussen Nederland en Frankryk toe hulle onderskeidelik 30 en 21 jaar oud was.

Of hulle wel in Frankryk getroud is, is onseker.

Simon van der Stel het in 1679, pas na sy aanstelling as goewerneur aan die Kaap, `n versoek gerig dat boere toegelaat moet word om na die Kaap toe te kom, maar aangesien die Kaap slegs as `n verversingspos beskou is, is sy versoek geweier. Die toenemende getal Franse vlugtelinge wat na Nederland gestroom het na die herroeping van die Edik van Nantes het egter tot `n beleidsverandering gelei wat dit vir Josué en Elisabeth moontlik gemaak het om na die Kaap te verhuis.

Persone wat oorweeg sou word om na die Kaap te gaan, moes selfonderhoudend wees en Josué met sy kennis van landbou, wynbou en sy vaardigheid as timmerman het hieraan voldoen. Verskeie voorwaardes is ook gestel, onder andere:
– Hulle sou kosteloos op die skepe van die handelsmaatskappy die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC) vervoer word, mits `n eed van getrouheid aan die Kompanjie afgelê word.

– Geen bagasie, behalwe dié wat vir eie gebruik nodig was, kon saamgeneem word nie. Op kontantgeld was daar egter geen beperking nie.
– Landbouers sou soveel grond kry as wat hulle kon bewerk, terwyl landbougereedskap, saadkoring en vee aan hulle verkoop sou word.
– Hulle sou verplig wees om vir vyf jaar aan die Kaap te bly, maar kon met die nodige motivering `n versoek tot die Here XVII, die hoogste gesag van die VOC, rig om die tydperk te verkort.
– Indien hulle na vyf jaar weer na Nederland wou terugkeer, moes hulle teen `n vasgestelde tarief die reisgeld betaal en kon hulle niks uit die Kaap saamneem nie, behalwe dit wat hulle aan hul persoon gehad het.

Die eerste Franse vlugtelinge vertrek einde 1687 uit Nederland en in 1699 is die VOC versoek om nie meer Franse Kaap toe te stuur nie. Dit is dus onseker of Josué en Elisabeth onder die voorgemelde voorwaardes na die Kaap gekom het en of hulle dit op eie inisiatief gedoen het. Hulle seil op 2 Mei 1700 aan boord van die Reygersdaal vanaf Goeree, `n Suid-Hollandse eiland. Ook aan boord was Elisabeth se broer Paul Couvret, sy vrou Anne Valleté en hul dogtertjie.

Vir beter beskerming het `n aantal skepe gewoonlik saam uitgevaar, maar daar kon nie vasgestel word of enige ander skepe saam met die Reygersdaal uitgevaar het nie. `n Reis na Kaap het in daardie jare enigiets van drie tot ses maande geduur en die Reygersdaal arriveer Saterdag 21 Augustus 1700 in die Kaap, maar moes tot die volgende middag voor die hawe lê. ‘Op de naarmiddag’ van Sondag 22 Augustus anker hulle in die hawe ‘onder een slap zuyd west luchtje’.

Oor die algemeen was die skepe waarmee die vlugtelinge oorgekom het maar klein en het passasiers gewoonllik hutte op die agterdek gehad sonder enige wasgeriewe. Voedsel wat aan boord geneem is, is noukeurig deur die VOC gespesifiseer – brood, ingelegde vleis, stokvis en soutvis, ingelegde haring, bier, Franse en Spaanse wyn, brandewyn, botter, olie, asyn, lemmetjiesap, stroop vir ontbyt en vir die bier, pruimedante, rysgort, grou- en groenertjies, mosterdsaad, mierikwortel en sout. Kos, water en bier het betreklik gou bederf terwyl wyn langer goed gebly het.

Skeurbuik, wat hoofsaaklik deur die gebrek aan vars voedsel veroorsaak is, het algemeen voorgekom en het bygedra tot `n hoë persentasie sterfgevalle tydens `n seereis. Verder was daar nog gevare soos storms, brand en aanvalle deur seerowers. Die skipper van die Reygersdaal, Martin de Jeught, rapporteer met hul aankoms in die Kaap slegs een sterfgeval en agt siekes aan boord wat die indruk skep dat Josué en Elisabeth se vaart sonder enige buitengewone voorvalle afgelê is. Twee weke na hul aankoms sit die Reygersdaal sy vaart na Batavia (Djakarta op die Indonisiese eiland Java) voort.

Uit die huwelik tussen Josué en Elisabeth word elf kinders gebore, vyf seuns en ses dogters. Slegs Pierre sterf as kind terwyl Susanna en Judith binne tien dae van mekaar sterf; Susanna op 20-jarige ouderdom op 14 Julie 1733 en Judith op 19-jarige ouderdom op 24 Julie 1733. Die oudste en jongste seuns Josué en Pieter is nooit getroud nie en sterf respektiewelik op 69-jarige en 81-jarige ouderdom. Die twee seuns deur wie die vanne Cellier, Celliers, Cillié en Cilliers voortgedra sou word, is Jan wat in 1728 met die weduwee Anna Marais trou en Abraham wat in 1744 met sy broer Jan se stiefdogter Anna Rossouw trou. Elisabeth trou in ongeveer 1724 met Pierre Malherbe, Francina in 1727 met Pierre le Roux en Magdalena in 1736 ook met `n Pierre le Roux, `n neef van haar suster Francina se man. Maria trou in 1732 met Johannes Hubertus, `n Hollander, en na sy dood hertrou sy in 1735 met Urbanus Sauermann, `n Duitser – sy is die enigste kind wat nie met `n Hugenote-afstammeling getroud is nie.

Die Paarl se kerk waarin Josué en Elisabeth se oudste kinders gedoop is, was nie veel meer as `n saaltjie wat die Franse aanmekaar getimmer het nie en is na geweldige storms in Oktober 1716 so beskadig dat dit onbruikbaar was. Totdat die nuwe kerk in 1720 in gebruik geneem is, is dienste aan huis van die predikant ds Van Aken gehou en hul jongste kind Magdalena is moontlik hier gedoop. Pieter en Maria is moontlik in Stellenbosch en Kaapstad gedoop omdat daar vanaf 1707 tot 1714 geen predikant in die Paarl was nie. Die twee kinders wat wel gedurende hierdie tyd in die Paarl gedoop is, is moontlik deur `n besoekende predikant gedoop.

Beide Josué en Elisabeth, soos talle ander Hugenote, was ongeletterd. Alhoewel sommige geleer het om hulle naam te teken en ook om te skryf, was Josué en Elisabeth skynbaar nie onder diegene nie. In 1720 maak Josué sy merk wanneer hy hul gesamentlike testament teken en wanneer Elisabeth in 1724 `n nuwe testament opstel, teken sy ook deur haar merk te maak.

Die peil van onderwys aan die Kaap was laag en Paul Roux, met wie Elisabeth na Josué se dood sou trou, word as onderwyser van die Franse gemeenskap in die Paarl aangestel. Huismeesters is ook deur sommige gesinne in diens geneem en hul vergoeding het meestal bestaan uit 8 tot 14 gulden per maand, 1 tot 2 pond tabak, voedsel, drank, goeie huisvesting en soms klere aan die einde van die jaar. Jacob Naudé wat in 1718 as matroos in die Kaap aangekom het, was eers huismeester by Pierre Joubert teen 10 gulden en `n halwe pond tabak per maand en vanaf 1719 tot 1720 huismeester by Josué Cellier teen 10 gulden en een pond tabak per maand.

In haar testament van 1724 stel Elisabeth vir Jan as voog oor sy minderjarige broers en susters aan en bepaal dat hy ‘verpligt zijn’ om hulle eerlik op te voed en ook om hulle te laat leer, lees, skryf of `n handvaardigheid te laat aanleer. Dokumente wat deur vier van haar kinders geteken is, is teëgekom; Francina teken as beide Fransina Cellie en Fransina Celie, Maria as Marie cellier; Magdalena as Madalena Cellie en Pieter as Piter Seliee.

Of Josué en Elisabeth Hollands matig was, is onbekend, maar hul kinders sou weens regeringsbeleid Hollands moes aanleer. Hierdie beleid het veroorsaak dat die Franse taal aan die Kaap in onbruik geraak en uitgesterf het. Nadat die eerste predikant van die Paarl, Pierre Simond, die Kaap in 1702 verlaat het, verklaar Goewerneur Willem Adriaan van der Stel hom bereid om te sorg dat die Franse taal in onbruik raak deur die gebruik van Hollands op skool en in die kerk in te stel. Vertoë is gerig omdat min mense `n preek in Hollands kon volg en daarna is twee dienste op `n Sondag toegelaat, een in Hollands en een in Frans, maar na 1726 word daar nie weer melding gemaak van Franse dienste nie.

Josué en Elisabeth vestig hulle aanvanklik op die plaas Het Kruys Pad (Kruispad), naby die huidige voorstad Brackenfell, waar hulle tot ten minste 1709 gewoon het. In Januarie 1708 ‘ten huijse van Josua Sellier geleegen aant kruispad tusschen de bottelerije en tijgerbergen’ het daar twaalf mense ‘zaaten en dronken’. `n Vryswarte wat op sy eie grond geboer het, Pieter Harmensz, algemeen bekend as Brasman, kom toe daar aan en beskuldig vir Jacob Bourbonnais, een van Josué se gaste, daarvan dat hy sy sweep gesteel het. `n Onderonsie ontstaan en Brasman steek vir Bourbonnaise met `n mes en snou hom toe : ‘Jou donders kind, daar heb je genoeg daar is bloed’. `n Eis vir skadevergoeding word ingestel, Bourbonnaise vir ongemak en pyn asook verlore tyd en Jacob Bisseux, in wie se huis Bourbonnais verpleeg is, vir sy verpleging en gepaardgaande uitgawes. Brasman se vonnis was om gegesel te word, skadevergoeding en kostes te betaal en hy word lewenslank uit die Kaap verban.

Nog `n insident waarby Josué betrokke was, was die ontevredenheid oor Goewerneur Willem Adriaan van der Stel se administrasie. Aanvanklik is VOC-amptenare nie toegelaat om te boer nie omdat hul mededinging die boere finansieel kon knak, maar teen die tyd dat Josué en Elisabeth in die Kaap aankom, boer Van der Stel en bykans al die hooggeplaaste VOC-amptenare op hul eie plase. Mettertyd tree hulle ook tot die mark, wat alreeds swak was, toe en bly die gewone boere met hul podukte sit. In 1706 word `n klagskrif van ondermeer omkopery en afpersing teen Van der Stel en verskeie amptenare opgestel en Elisabeth se broer Paul Couvret is een van die persone wat dit onderteken. Op sy beurt stel Van der Stel `n getuigskrif op wat tevredenheid met sy administrasie uitspreek en ook van sy goeie karakter en eerlikheid getuig. Persone wat weier om te teken word ondermeer gedreig dat hulle van hul grond ontneem sou word. Josué teken die getuigskrif – die inskrywing by sy se merk lui : ‘het merke van Josue Siljee’. Die meeste van die Hugenote wat geteken het, het later verklaar dat alhoewel hulle ontevrede was met Van der Stel se wanbestuur hulle bang was dat hulle hul grond sou verloor. Moontlik was dit ook by Josué `n oorweging aangesien hy op hierdie stadium nog nie sy eie plaas besit het nie. Die uiteinde van die klagskrif was ondermeer dat Willem Adriaan van der Stel en van sy volgelinge van hul poste onthef en na Holland teruggeroep is.

In 1709 word Josué nog in die opgaafrolle van die Distrik Stellenbosch, waaronder Kruispad geresorteer het, opgeneem. Geen opgaafrolle het vir die jare 1710-1711 behoue gebly nie en in 1712 word hy in die opgaafrolle van die Distrik Drakenstein opgeneem. Het Kruys Pad word op 15 Maart 1712 aan Josué toegeken, maar daar kan nie veel van hierdie datum afgelei word nie aangesien plase wat aan boere toegesê is, d.w.s toestemming verleen is om die grond te bewoon en te benut, dikwels eers etlike jare later aan hulle toegeken is, d.w.s hul eiendom geword het. In die Paarl koop hy die plaas Orléans (57 morg 300 vk roede) wat op 11 Oktober 1713 op sy naam oorgedra word. Hier boer hy en Elisabeth tot en met hulle dood.

‘n Dokter (chirurgyn) Gideon le Grande het joernaal gehou van sy mediese dienste en `n gedeelte van sy joernaal vir 1710 het behoue gebly. Op 9 Februarie 1710 skryf hy medikasie van scafran vir Josué Cellier voor, maar hierdie inskrywing is later weer doodgetrek. Wat scafran is, is onbekend en waarom die inskrywing later doodgetrek is, is ook onbekend. Van die siektes wat aangeteken is, is bloedvloeiing, geswelde voete, keelseer, kopseer, kortasem, krampe in die ingewande, longsiekte, maagpyn, niere, sooibrand, snydings, sweer en verkoue. Bloedlating as behandeling kom die meeste voor, ondermeer vir pyn aan die arm en skouer; daarna purgasies van sennablare en nieskruid.

In 1712 keer Elisabeth se broer Paul Couvret en sy gesin na `n verblyf van twaalf jaar aan die Kaap terug na Europa. Hy het op die plaas Goede Hoop, 60 morg, in die Paarl geboer.

Die Paarl se lidmaatregisters is waarskynlik sedert die stigting van die gemeente in 1691 bygehou, maar die eerste register wat behoue gebly het, is dié van 1715. Onder ‘Der Ledematen die de Predikant Van Aken in die Kerke van Drakenstyn in den jare 1715 gevonden heeft’, was ‘Jossue Sellier en syne vrouw Elizabeth Couvret’ en die totale aantal lidmate is as 104 aangeteken. Teen 1725 het die aantal lidmate tot 146 gegroei.

Oor Josué se boerderyaktiwiteite gedurende sy eerste paar jaar aan die Kaap is min bekend weens die onvolledigheid van die opgaafrolle. In 1704 besit hy slegs 4 koeie, maar teen 1709 verbou hy reeds 8 000 wingerdstokke, besit hy 5 perde en 18 beeste en het hy ook 60 mud koring geoes. In latere jare besit hy tot 300 skape en produseer jaarliks tot 3 lêers (1 731 liter) wyn.

Josué sterf op 54-jarige ouderdom in Oktober 1721 en laat die 45-jarige Elisabeth agter met tien kinders tussen die ouderdomme van 4 en 20 jaar. Van die items wat in sy boedelinventaris gelys word, met die waarde in guldens Indiese valuta aangedui, is:
Die plaas Orleient 2 900
15 beeste 450
1 wa 100
en 16 lêers wyn 480.

Elisabeth hertrou in ongeveer 1722 met die 57-jarige wewenaar Paul Roux. Hul presiese huweliksdatum is onbekend aangesien die Paarl se huweliksregisters vir hierdie tydperk verlore is. Paul en Elisabeth kon nie baie lank getroud gewees het nie aangesien hy op 7 Februarie 1723 oorlede is, sestien maande na haar eerste man. Na Paul se dood het Elisabeth nie weer hertrou nie.

Paul Roux was `n bekwame man wat kort na sy aankoms in die Kaap in 1688 aangestel is as onderwyser, voorleser en sieketrooster vir die Franse gemeenskap in die Paarl, poste wat hy tot sy dood toe beklee het. Saam met Pierre Simond was hy gereken as een van die grootste stryders vir die gebruik en behoud van die Franse taal aan die Kaap. Teen die tyd dat hy en Elisabeth getroud is, was die kinders uit sy eerste huwelik almal reeds mondig. Hy het ‘n kleinerige plasie Oranje, 2 morg 250 vk roede, in die Paarl besit wat na sy dood na sy seun Jeremie Roux gegaan het. Vir meer inligting kyk ook onder stamvader Paul Roux.

Na haar tweede man se dood, sit Elisabeth en haar vier seuns die boerdery op die plaas voort. Verdere hulp met die boerdery word verkry met die aankoop van haar eerste slaaf in 1728 en teen 1743 besit sy vier slawe, een slavin en twee slawekinders. Vanaf 1732 tot 1734 werk haar skoonseun, Johannes Hubertus, as kneg op die plaas. In ‘n kontrak wat op 27 September 1732 tussen hulle gesluit is, onderneem hy om haar ‘voor den tyd van een geheel Jaar trouw en naarstig te dienen als knegt’ teen `n maandelikse betaling van twaalf Caabse guldens asook huisvesting en voedsel. Hierdie kontrak word op 26 Oktober 1733 vir nog `n jaar verleng. Teen 1743, kort voor haar dood, word 10 lêers (5 773 liter) wyn geproduseer en met tye was daar tot 6 perde, 30 beeste en 200 skape op die plaas. Benewens koring, word rog ook gesaai.

In 1738 boer die 62-jarige Elisabeth en drie van haar seuns, Josué, Abraham en Pieter, nog op die plaas en bied hulle vir nagenoeg `n jaar skuiling aan die 39-jarige voortvlugtende Estienne Barbier, `n sersant in diens van die VOC. Estienne was ook van Orléans, Frankryk afkomstig en het in 1734 as gewone soldaat in diens van die VOC in die Kaap aangekom. In Mei 1737 lei Estienne se beskuldigings van ondermeer geldverduistering en korrupsie teen `n luitenant tot `n lastersaak en Estienne word skuldig bevind. Hy appèlleer, besef weldra dat sy appèl nie veel kans het om te slaag nie en ontsnap op 24 Maart 1738 uit die Kasteel waar hy onder arres was. Na sy ontsnapping bly hy ongestoord op Orléans, omdat die owerhede onder die indruk was dat hy hom op `n skip versteek en na Holland teruggekeer het. In Februarie 1739 verlaat hy Orléans en begin `n hoofsaaklik skriftelike veldtog teen die ongeregtighede van die owerhede. Met die ontevredenheid wat reeds in die Kaap geheers het, het hierdie veldtog die potensiaal gehad om `n burgelike opstand te begin en in Maart 1739 word hy deur die owerhede ‘vogel-vry’ verklaar – hulle soek hom, lewend of dood. Hy word eers ses maande later in hegtenis geneem, verhoor en ter dood veroordeel. Hierdie vonnis, wat in die openbaar voltrek is, het behels dat hy aan `n kruis vasgebind word, onthoof word, sy regterhand afgekap word, die res van sy liggaam gevierdeel word en sy ingewande onder die skavot, waar die vonnis voltrek is, begrawe word. Sy liggaamsdele is daarna op pale in die openbaar vertoon – sy kop en regterhand by die ingang van die Roodezandkloof, tussen Paarl en Tulbagh, en sy vier liggaamsdele langs die besigste paaie in die Kaap.

Elisabeth sterf op 67-jarige ouderdom in ongeveer 1743. In haar testament van 1724 het sy bepaal dat haar kinders gelykop moet erf en alhoewel dit `n algemene bepaling was dat `n plaas aan `n spesifieke persoon bemaak word teen `n vasgestelde bedrag, doen sy dit nie. Sy spreek slegs haar begeerte uit dat Orléans na haar afsterwe ‘soude in volle bezit gegeeven werden aan haar oudste zoon Josua Cellier’. Skynbaar het Josué nie veel erg aan boerdery gehad nie aangesien hy na sy ma se afsterwe by sy suster Elisabeth in die Wellington omgewing gaan woon het. Jan boer in 1743 reeds op sy eie plaas Druiwevallei. Abraham neem van die vee oor, word die eerste Cellier wat oor die berge trek en vestig hom in die huidige Rawsonville omgewing waar hy homself hoofsaaklik op veevoerdery toespits. Pieter neem die oorblywende vee, slawe en die plaas oor en was, sover vasgestel kon word, die laaste Cellier-eienaar van Orléans.
Vansverandering van Cellier na Celliers, Cillié en Cilliers

Die verandering van Josué Cellier se nageslag se van van Cellier na Celliers, Cillié en Cilliers kon nie aan ‘n spesifieke tyd of geslag gekoppel word nie. Selfs op die dokumente wat vir Josué nagegaan is, word sy van benewens Cellier ook as Celliers, Sellier, Selliers, Siljee, Silliers, Sollier en Zilie gespel.

Vir die volgende drie geslagte (b, c en d-geslagte) is die spelling van Josué se nasate se van legio, onder andere Celie, Celje, Cellie, Cellier, Celliers, Cielje, Cilie, Cilje, Cilli, Cillie, Cillier, Cilliers, Cillje, De Cilliers, De Silliers, Seliee, Seliers, Selje, Sellie, Sellier, Sielje, Silie, Silje, Siljee en Silliers.

Dit is eers vanaf die vierde geslag (e-geslag) dat die spellings Celliers, Cillié en Cilliers meerendeels gebruik is, maar van die voorgemelde variasies het steeds voorgekom. Daar kon ook nie altyd bepaal word watter spelling ‘n spesifieke persoon gebruik het nie omdat spelling van dokument tot dokument kon verskil en dit het tot in die 1900’s nog voorgekom. Verder was ‘n bepaalde spelling ook nie altyd deur al die lede van ‘n gesin en hul nageslag gebruik nie.

Cilliers is die spelling wat die meeste teëgekom is.

Die eerste afstammeling van Jan (b2) wat die Celliers spelling algemeen gebruik het, was Jacob Daniel (b2c1d1e1f4) en daarna sy nageslag, maar Jacob Daniel se twee broers en hul nageslag het weer hul van as Cilliers gespel. Onder die nageslagte wat die Kaap Kolonie verlaat het, wil dit voorkom asof die Celliers spelling algemeen in die Lichtenburg- en Vryburg-omgewing gebruik is terwyl die Cilliers spelling weer in die Marico-omgewing asook in die Oranje Vrystaat en Natal gebruik is. By Abraham (b7) se afstammelinge wat in die Kaap Kolonie gebly het, is die Celliers spelling net by enkele lede van ‘n gesin teëgekom, maar hierdie spelling is dikwels nie behou nie.

Alhoewel die Cillié spelling wel op dokumente van Abraham (b7) se afstammelinge voorkom is, is die spelling nie behou nie. Hierdie spelling is slegs deur sommige van Jan (b2) se afstammelinge behou. Die eerste afstammeling van Jan (b2) waar hierdie spelling algemeen deur ‘n gesin gebruik is, is by sommige van die kinders van Petrus (b2c1d2), maar selfs hier wissel die spelling op dokumente vir dieselfde persoon nog tussen Celliers, Cillié, Cilliers asook sommige van die voorgemelde variasies. Sover vasgestel kon word, is sy seun Petrus Johannes (b2c1d2e2) se nageslag die enigste wat die Cillié spelling behou het terwyl sy seun Johannes Arnoldus (b2c1d2e6) se nageslag hul van as Celliers, Cillié en Cilliers spel.

Bronne:
Genealogiese Publikasies
De Villiers, C C en Pama, C Geslagsregisters van Ou Kaapse Families, A A Balkema, Kaapstad en Rotterdam, 1981.
Heese, J A en Lombard, R T J/GISA, Suid-Afrikaanse Geslagsregisters – Deel 1-4, A-K.
Ander Publikasies
Böeseken, A J, et al, Drie Eeue Die Verhaal van ons Vaderland, Nasionale Boekhandel, Kaapstad, 1952.
Botha, Colin Graham The French Regugees at the Cape, Struik, Cape Town, 1970.
Burman, Jose So High the Road, Human & Rousseau, Cape Town, 1963.
Coertzen, Pieter Die Hugenote in Suid-Afrika 1688-1988, Tafelberg, Kaapstad, 1988.
De Jongh, P S Sarel Cilliers, Perskor, Johannesburg, 1987.
De Klerk, W A Klein Reis deur Drakenstein, Perskor, Johannesburg, 1974.
Franken, J L M Argiefjaarboek vir Suid-Afrikaanse Geskiedenis – Die Hugenote aan die Kaap, Pretoria, 1978.
Hugenote Vereniging van Suid-Afrika, Franschhoek – Verskeie Bulletins.
Le Roux, J G Bewaarders van ons Erfenis, GISA, Stellenbosch.
Le Roux, J G Hugenotebloed in ons Are, RGN, Pretoria, 1988.
Le Roux, J G Ons Drakensteinse Erfgrond, Drakenstein Heemkring, Paarl.
Muller, C J F (Ed), Five Hundred Years, A History of South Africa, Academica, Cape Town and Pretoria, 1973.
Penn, Nigel Rogues, Rebels and Runaways, David Philip Publishers, Cape Town, 1999.
Schoeman, Karel Armosyn van die Kaap, Human en Rousseau, Kaapstad, 1999.
Trewhella, Cameron (Red), Nuwe Geskiedenis van Suid-Afrika, Human & Rousseau, Kaapstad, 1986.
Kaapse Argiefbewaarplek, Kaapstad
Boedelinventaris MOOC 8/4 no 33
Handtekeninge by W A van der Stel se getuigskrif C2416-p20
Huwelikshofnotules
Joernaal van Gideon le Grande MOOC 14/1 Vol 1, no 19
Kontrak CJ 2883-no81
Likwidasie- en Distribusierekenings
Opgaafrolle
Resolusies van die Politieke Raad – Dele 1 tot 10
Sterftekennisse
Testamente CJ 2600 no 28 en CJ 2602 no 33
Vendusierolle
VOC Dagregisters 1699
Weilisensies
N G Kerk Argief, Kaapstad
Doderegisters
Doopregisters
Huweliksregisters
Lidmaatregisters

Navorsing deur:
Mariana Olivier omariana@lantic.net

Bron: Stamouers. com

cilliers ship

AddThis Social Bookmark Button

Read Full Post »

 

Today…15th October 2008…I’ve received this msg from Wayne Visser…(see his poem and site in this entry too….(poem about Africa)…and if you’re interested in his request…then please contact him…he’s looking for people writing poems..but about Africa!

Hello again I thought I’d let you (and your lekker vriende) know that I’ve launched a “Poets of Africa” blog – http://poetsofafrica.blogspot.com/.Just email me on wayne@waynevisser.com and I will give permission for you to post. www.waynevisser.com

 Afrikaanse digters welkom!    
Kwa heri Wayne”
Links will open in a new window.

Today…21st March 2008… is World Poetry Day! I do love poems, I love to read poems and I like to write my own too. On my blog at the top you will now find a page saying…”My poems…gedigte”…a few of my own poems…also you will find a couple of English poems which I’ve translated from Afrikaans…beautiful poems…one from a famous writer/poet/scientist/naturalist…Eugene Marais…”The Dance of the Rain..” take a look and enjoy! also one by Totius…his little daughter died after being struck by lightning..in his arms and he wrote a poem about her…very sad poem….or you can read it  HERE …the link will open in a new window.
You can also read “The Dance of the Rain” on  THIS LINK it’s a very powerful/beautiful poem…full of metaphors…and read about Eugene Marais and the Rain Queen…on that link. The link will open in a new window.

enjoy…the Dance of the Rain!..originally in Afrikaans…”Die Dans van die Reën” by Eugene Marais. If you click on the page saying…”My Poems/gedigte”…you will find more of Wayne Visser’s poems also one which he has asked me to translate…and some of my own poems too, also the poem of the girl that was struck by lightning is to be found on that page. – see the top of my blog for the page-link and I’ve translated Wordsworth’s poem (from English to Afrikaans)…I wandered like a lonely cloud…


Image:tploy.com

The Dance of the Rain
Song of the violinist: Jan Konterdans
translated by:Nikita

The Dance of the Rain
Oh, the dance of our Sister!
First, over the hilltop she peeps stealthily
and her eyes are shy
and she laughs softly
From afar she begs with her one hand
her wrist-bands shimmering and her bead-work sparkling
softly she calls
She tells the wind about the dance
and she invites it, because the yard is spacious and the wedding large
The big game rush about the plains
they gather on the hilltop
their nostrils flared-up
and they swallow the wind
and they crouch to see her tracks in the sand
The small game, deep down under the floor, hear the rhythm of her feet
and they creep, come closer and sing softly
“Our Sister! Our Sister! You’ve come! You’ve come!”
and her bead-work shake,
and her copper wrist-bands shine in the disappearance of the sun
On her forehead, rests the eagle’s plume
She decends down from the hilltop
She spreads her ashened cloak with both arms
the breath of the wind disappears
Oh, the dance of our Sister!
©~~ Nikita

This next poem was written in Afrikaans by Ingrid Jonker and adapted by e.e. cummings…many of her wonderful poems were translated in English and other languages. I love her poems!

 

 

Image:johnfenzel.typepad.com
Somewhere I have never travelled – Iewers het ek nooit gereis nie
Ingrid Jonker
…..adapted by e.e. cummings
+
somewhere I have never travelled,
gladly beyond any experience,
your eyes have their silence:
in your most frail gesture are things which enclose me,
or which I cannot touch because they are too near
~~~~~
iewers het ek nooit gereis nie daardie groen verte
verby alle herinneringe jou oë dra hul stilte
in jou geringste gebaar is daar iets wat my omsluit
of wat ek nie durf aanraak nie iets te ná
~~~~
your slightest look easily will unclose me
though I have closed myself as fingers,
you open always petal by petal myself
as Spring opens(touching skilfully, mysteriously) her first rose
~~~~
jou oë van landskappe sal my maklik blootlê
al het ek my hart gesluit soos twee hande
jy ontvou my keer op keer soos die lente
bedrewe en heimlik haar eerste roos
~~~~
or if your wish be to close me, I and
my life will shut very beautifully, suddenly,
as when the heart of this flower imagines
the snow carefully everywhere descending;
~~~~
en as jy my sou verlaat geslote dan
sou my voorhoof sluit mooi en onmiddelik
soos die hart van ‘n blom sou droom
van ‘n wit sneeu wat alles oral bedek
~~~~
nothing which we are to perceive in this world
equals the power of intense fragility: whose texture
compels me with the colour of its countries,
rendering death and forever with each breathing
~~~~
niks wat ons in hierdie wêreld kan versin
ewenaar die krag van jou broosheid die tekstuur
van jou oë tref my die groen van sy veld
een bevestig die ewige en die vir altyd met elke sug
~~~~
(I do not know what it is about you that closes and opens;
only something in me understands
the voice of your eyes is deeper than all roses)
nobody, not even the rain, has such small hands
~~~~
ek weet nie wat dit is wat jou laat vou
en ontvou nie ek verstaan net êrens op my reise
die stem van jou oë is dieper as alle rose
nee nie eens die reën nie het sulke hande
On THIS LINK you can read more about Ingrid…a link to Wikipedia…there’s a Youtube-song to watch…Afrikaans song…one of Ingrid’s poems…and there’s another song to listen to! The link will open in a new window.
and….on
THIS LINK you can read more about e e cummings…the link will open in a new window.
If you’re a teacher THIS SITE is really a great site to use for poetry/literacy…try it- the link will open in a new window.

image:worldgolf.com/images/destinations/africa/southafrica.jpg
This next poem is written by Wayne Visser…you can read about him on THIS LINK …the link will open in a new window.

I know a place in Africa…
Inspiring poetry written by Wayne Visser,
a South African currently based in Nottingham, UK.
I know a place in Africa
Where I can feel the sun on my back
And the sand between my barefoot toes
Where I can hear the gulls on the breeze
And the waves crash on the endless shore

I know a place in Africa
Where the mountains touch the skies of blue
And the valleys shelter vines of green
Where the trees spread out a cloth of mauve
And the bushveld wears a coat of beige

I know a place in Africa
Where I can hear the voice of thunder gods
And watch their lightening spears thrown to earth
Where I can breathe the scent of rain clouds
And taste the sweet dew of dusty drops

This is the place of wildness
Of evolution and dinosaurs
Where life began and mankind first stood
Of living fossils and elephants
Where lions roar and springbok herds leap

This is the place of struggle
Of desert plains and thorn trees
Where pathways end and hunters track game
Of horizons and frontiers
Where journeys start and sunsets bleed red

This is the place of freedom
Of exploration and pioneers
Where darkness loomed and light saw us through
Of living legends and miracles
Where daybreak came and hope now shines bright

My heart is at home in Africa
Where the sound of drums beat in my chest
And the songs of time ring in my ears
Where the rainbow mist glows in my eyes
And the smiles of friends make me welcome

My mind is at ease in Africa
Where the people still live close to the soil
And the seasons mark my changing moods
Where the markets hustle with trading
And Creation keeps its own slow time

My soul is at peace in Africa
For her streams bring lifeblood to my veins
And her winds bring healing to my dreams
For when the tale of this land is told
Her destiny and mine are as one

© 2006 Wayne Visser

Enjoy this next poem by Edgar..Poe!

Annabel Lee

It was many and many a year ago,
In a kingdom by the sea,
That a maiden there lived whom you may know
By the name of ANNABEL LEE;
And this maiden she lived with no other thought
Than to love and be loved by me.

I was a child and she was a child,
In this kingdom by the sea;
But we loved with a love that was more than love-
I and my Annabel Lee;
With a love that the winged seraphs of heaven
Coveted her and me.

And this was the reason that, long ago,
In this kingdom by the sea,
A wind blew out of a cloud, chilling
My beautiful Annabel Lee;
So that her highborn kinsman came
And bore her away from me,
To shut her up in a sepulchre
In this kingdom by the sea.

The angels, not half so happy in heaven,
Went envying her and me-
Yes!- that was the reason (as all men know,
In this kingdom by the sea)
That the wind came out of the cloud by night,
Chilling and killing my Annabel Lee.

But our love it was stronger by far than the love
Of those who were older than we-
Of many far wiser than we-
And neither the angels in heaven above,
Nor the demons down under the sea,
Can ever dissever my soul from the soul
Of the beautiful Annabel Lee.

For the moon never beams without bringing me dreams
Of the beautiful Annabel Lee;
And the stars never rise but I feel the bright eyes
Of the beautiful Annabel Lee;
And so, all the night-tide, I lie down by the side
Of my darling- my darling- my life and my bride,
In the sepulchre there by the sea,
In her tomb by the sounding sea.

Edgar Allan Poe


Image…http://project1.caryacademy.org
 

The next poem…by Ingrid Jonker…
The Child
The child is not dead
The child lifts his fists against his mother
Who shouts Africa ! shouts the breath
Of freedom and the veld
In the locations of the cordoned heart
~~~
The child lifts his fists against his father
in the march of the generations
who shouts Africa ! shout the breath
of righteousness and blood
in the streets of his embattled pride
~~~
The child is not dead not at Langa
nor at Nyanga not at Orlando
nor at Sharpeville
nor at the police station at Philippi
where he lies with a bullet through his brain
~~~
The child is the dark shadow of the soldiers
on guard with rifles Saracens and batons
the child is present at all assemblies and law-givings
the child peers through the windows of houses and into the hearts of mothers
this child who just wanted to play in the sun at Nyanga is everywhere
the child grown to a man treks through all Africa
the child grown into a giant journeys through the whole world
Without a pass

 

Ingrid Jonker March 1960
(Translation of: “Die Kind” ) Poems now owned by Simone Jonker…daughter of Ingrid

On THIS LINK you can see podcast-videos of her poems in both Afrikaans/English…worth visiting! The link will open in a new window.


Image: http://farm1.static.flickr.com

AddThis Social Bookmark Button

Read Full Post »