Gister en vandag
Ek sit met gedagtes wat loop
gedagtes van hartseer tot by die bo-loop
van gister, gister se nadraai
van herinneringe wat is – oorlaai
Gister se herinneringe – vars in my geheue
en ek koester die seer in my hart gedweë
ek wil onthou, onthou die mooi
wat nie meer in my is – die mooi
Die bedding van my hart
is deurtrap en bekrap
met spore van ink
van gedweë en dink —
ek het nog nie gevind
die liefde wat wink
Vandag, na gister – vandag
‘n dag van liefde en lag
Verby is die seer en terug die lag
ek’t gevind die liefde van my hart!
Liefde wat gewink het
wat ek gevind het
in aandskemering
tot in die môre – volbring!
Vandag, na gister – vandag
met ‘n hand vol sterre
sien ek in die verre
net die geluk in pag!
©Nikita ~~
PS: Die gedig is ook geskryf in dieselfde tyd as die “Paaie…” gedig…as jy die ander een gelees het, dan kan jy dieselfde tema hier raaklees! Kommentaar…gooi dit! Jy hoef nie skaam te wees nie…ek kan dit hanteer!! lol!
Jy kan “Paaie van herinnering HIER lees en nog meer op die bladsy-link bo-aan my blog gemerk met “my poems/gedigte”. Enige kommentaar sal verwelkom word!
Dis Pragtig!!
Dankie Kop!!
Soos altyd pragtig! LOL Jy bly maar ‘n ongelowige Thomas!
Die pad se reëls bly steeds geldig, dalk moet jy dit maar aanvaar??
Die Vredeskombersie van vanoggend so skuins by elfuur was snoesig en ongelooflik sag.
Van baie hartseer af na “starry eyed and bushy tailed” in ‘n fraksie van verse.
Die boodskap is daar, maar jy moet die hekke oopmaak en jouself nie so inperk nie.
Dis ‘n baie mooi gedig en ek sal graag wil sien wat uitkom as jy dit weer skryf (maar met ‘n ander frame of mind….)
😉
Hi Patrys…dankie vir jou kommentaar! Jammer ek kan jou nie “besoek” nie!!
Hi Jasper… Daarom dat ek vir Kop by die vorige gedig gese het.. ek voel in die verlede het ek dit in ‘n “boksie” gedruk… dis TE veel volgens die “reels” en dis nie meer hoe ek daarvan hou nie… alhoewel ek ander se gedigte vreeslik geniet as daar rym in is! 😉 Dankie vir jou kommentaar ook!