English readers…link to my English poem is at the bottom of this post…and there’s more on “my poetry/gedigte”-page-link on top of my blog.
Paaie van herinnering
Ek wandel op paaie van herinnering
in die laataand van my skemering
seer is die felle herinnering
opgewonde die blye ontmoeting
Ek klop aan die deur van smart
ek het nie vergeet die liefde van my hart
en drink soms die beker van smart
wat soos kanker bly vreet in my hart
Ek steek nie al die kerse aan
die brand — jy sal verstaan
as jy laat in die aand
net een kry wat brand
Net een wat steeds brand
vir ons liefde se stand
wat lank nie is: bestand
teen die wette van vanaand
~~~ ©Nikita
To read my English poem….please click HERE and feel welcome to drop me any comments! The link will open in a new window.
Nou ja, jy het gesê positief of negatief, die feit dat jy dit lankal geskryf het maak dit makliker!
Ek persoonlik hou nie baie van ‘n aaaa rympatroon nie, liewer aabb of abab, maar dis seker persoonlike voorkeur, en dalk wenslik dat ‘n digter verskillende rym deur sy/haar werk gebruik. Dit lyk amper asof dit hier en daar dalk tot rymdwang lei, bv. die tweede laaste lyntjie. Die derde lyntjie van die tweede kwatryn wat weer eindig met die rymwoord ‘smart’, lyk bietjie of dit ingedruk is om die aantal reëls vol te kry. Die ritme is ook nie vir my oral bevredigend nie, bv. “felle herinnering” en “blye ontmoeting” sou ek dalk liewer wou verander na “fel herinnering” en “bly ontmoeting”. Ook die tweede lyn van die tweede kwatryn is nie vir my baie lekker nie – asof daar te veel woorde is.
Die belangrikste is dat die gedig diep gevoelens aanraak, en in daardie opsig slaag dit vir my, en daarom sien ek uit na die volgende keer waarvan jy praat!
Onthou net ek is ‘n amateur, dus wag ek nou dat ander kommentators my kritiek in vlamme neerskiet.
Ek is nie ‘n geoie kritikus nie. Die gedig is mooi…
Hi Kop..ek moet eerlik se.. ek hou deesdae van GEEN rympatroon nie! 🙂 Die rympatrone is amper soms asof dit jou bind en ek voel ek wil nie gebind wees nie. Ek moet eerlik se toe ek die gedig geskryf het, het ek geweet wat ek wou skryf en hoe ek dit wou se, maar daar was op een of twee plekke waar ek gevoel het ek forseer nou ‘n woord in net as gevolg van die rympatroon wat ek begin het…dus…jy is reg… met jou kommentaar! Dankie vir jou kommentaar… !
Ek hou nie daarvan om gedigte te verander, as ek hom geskryf het, moet hy so bly… ek begin en skryf en sal dalk ‘n leesteken verander, maar moet eerlik se ek weet nie of ek vandag daardie gedig so in ‘n vierkantige raampie sou inpas nie… hy is te “geblok”… ek dink jy weet wat ek meen! 🙂
Hi Boer… dankie vir jou kommentaar..! Ek is ook nie ‘n goeie een nie…alles is altyd vir my ook “mooi”.. 🙂
Getroud? Jy lyk te jonk vir daai.
Hey Nikita,
That was a wonderful poem! I liked it very much. I’m glad u brought it before us!
Keep Blogging 😀
Hi Skoor… dankie vir die kompliment! 🙂
Hi Meghna! Thanks for your comments.. glad you enjoyed the English one! 🙂
Nikita,
Jy skryf soos jy voel jong
Positiewe kritiek:
Dit is mooi woorde en ‘n baie mooi tema en geskryf met gevoel. Daar is ook atmosfeer.
Negatiewe kritiek
Grammaties kan jy aan die “arrangement” van die lyne werk om meer ritme te bou. Wees ook versigtig vir herhaling in ‘n gedig soos die.
Rymdwang kán gebruik word tot jou voordeel. (Dit is nie noodwendig taboe nie en is partyker die enigst manier om “atmosfeer” te skep in die gedig). Leipoldt is ‘n goeie voorbeeld.
All in All, glad nie sleg nie. 😉 Ek hou hiervan.
Hi Jasper… dankie vir jou kommentaar ook! elke bietjie help! 😉 ek moet eerlik se, ek hou nie van die herhaling in die gedig nie…dink ek het “daardie tyd” nie van beter geweet nie…maar soos ek vir Kop ook gese het, ek het nie aan hom verander nie, maar sou ek hom vandag moes oorskryf, was daardie herhaling beslis nie in nie, die rymdwang ook nie en dalk glad nie eers rym nie… ek weet nie hoekom nie, vir myself hou ek deesdae nie baie van die idee dat elke reeltjie MOET rym nie… maar wanneer ek ander mense se gedigte lees en die rympatrone kry, dan pla dit my glad nie! 😉
[…] Jy hoef nie skaam te wees nie…ek kan dit hanteer!! lol! Jy kan “Paaie van herinnering HIER lees! […]