Update: This is my post from 1 October 2007…It’s the 1st of October and in the top images you can see what Pretoria, the capital city usually looks like during October! On this link – which will open in a new window – you can see more images.
Leipoldt, C. Louis, 1880-1947
Leipoldt is a South African poet, one of the BEST poets…he describes in this poem the month October. He says October is the most beautiful month…for South Africa, that’s the truth of course if you look at my previous entry’s photos!
C. LOUIS LEIPOLDT
Oktobermaand
Viooltjies in die voorhuis,
Viooltjies blou en rooi!
Viooltjies orals op die veld,
En orals, ai, so mooi!
Dit is die maand Oktober,
die mooiste, mooiste maand:
Dan is die dag so helder,
so groen is elke aand,
So blou en sonder wolke
die hemel heerlik bo,
So blomtuin-vol van kleure
die asvaal ou Karoo.
Dit is die maand Oktober:
die varkblom is in bloei;
Oor al die seekoegate
is kafferskuil gegroei;
Die koppies, kort gelede
nog as ‘n klip so kaal,
Het nou vir welkomsgroetnis
hul mooiste voorgehaal.
Dit is die maand Oktober:
die akkerboom is groen;
Die bloekoms langs die paaie
is almal nuutgeboen;
En orals in die tuin rond
ruik jy sering en roos,
Jasmyn en katjiepiering,
lemoen en appelkoos.
Al was die dag soos yster,
lank in die vuur gesteek,
Die varings in die klofies
deur hitte geel verbleek,
Tog as die son daaronder
agter die berge gaan,
Dan word oor heel die wêreld
die mooiste geur geslaan.
Dit is die maand Oktober:
die kokewiet is uit;
Boomsingertjies en kriekies
die hoor jy orals fluit;
Fiskaal is op die oorlog:
daaronder by die sluis,
Daar is ‘n dor ou doringboom
sy spens en sy kombuis,
Dit is die maand Oktober:
ek dink, die mense vier
Vir ewig in die hemel
Oktobermaand soos hier!
Wat wens jy meer as blomme,
as helder dag en nag?
Wat kan jy beter, mooier,
of heerliker verwag?
Ek is nog in Oktober:
my tuin is nog so groen,
So wit met al wat mooi is,
met bloeisels van lemoen,
So pragtig in die môre.
so heerlik in die aand!
Ek is nog in Oktober,
die mooiste, mooiste maand!
Wat gee ek om die winter?
Wat praat jy nou van Mei?
Wat skeel dit, as ons later
weer donker dae kry?
Ek is nou in Oktober,
die mooiste, mooiste maand,
Met elke dag so helder,
so pragtig elke aand!
Viooltjies in die voorhuis,
Viooltjies blou en rooi!
Viooltjies orals op die veld,
En orals, ai, so mooi!

[…] jy dan ook saamstem met Louis Leipoldt se gedig… OKTOBER MAAND! … http://rpc.technorati.com/rpc/ping […]
Absoluut en al pragtig! Net jammer dat onder daai bome dit nie so mooi lyk nie, né!?
hi Melanie en welkom hier! Ja nee, ek stem saam, en as jyself nog boonop kaalvoet is! dan’s dit ‘n gemors… 🙂
Hi Nikita, het ‘n bietjie verdwaal en my comment op jou jakaranda stad inskrywing gelos. 🙂 Ek is mal oor Oktober! Sien net nogal uit na die eerste reen! Dit is nog baie droog. ( Daar het nog nooit ‘n blommetjie op my kop geval nie … ai … slegte voorspelling vir my lewe! 😉 ).
hi annerkant…as mens dink aan die Namakwaland, dan is Oktober dan rerig die mooiste maand. Ek dink Leipoldt het net geweet waar om die spyker te slaan! Ek kan onthou dat ek van hulle op my gekry het, was pure geluk, want die wind het gewaai en dit was sommer ‘n spul van hulle 🙂
Ek dink Oktobermaand is een van die tien beste of mooiste gedigte in Afrikaans. Wat dink julle. Kom ons kyk of ons al tien van die mooiste Afrikaanse gedigte kan vind. Karl.
Hi Karl
Dankie vir jou boodskap en besoek. Dit is een van die mooistes, ek moet saamstem, maar daar is BAIE meer as net 10 mooiste gedigte in Afrikaans. – veral as jy na ons ‘ou’ digters kyk. 🙂
Oktober is inderdaad die mooiste maand en om net 10 gedigte te kies is amper onmoontlik. Net jammer ons kinders leer hierdie gedigte nie meer op skool nie, dis nou die oumas & oupas en ouers wat dit vir hulle moet leer om te waardeer.
Dit was nog altyd even van my guns telling gedig the van laerskool dae en die ander even was numb se wraak
Ek sit in Londen in die wind en reën en verlang baie na Oktobermaand in die Kaap.
Hi Freda! Dis baie waar wat jy sê! Dis belangrik dat kinders gedigte moet leer – of daarvan bewus gemaak word. Ek sal baie graag wil hê my kleinkinders moet dit eendag KEN!
@ Ayesha
Numb se wraak ken ek nie, ek sal dit graag wil lees! Ek gaan dit nou op die internet opsoek! Ja, hierdie is ook een van my groot gunstelinge!
@Gail! Ag jongie, ek verstaan jou verlange! London is nou nat en koud! Sterkte man!x Ek kom so pas van SA af en daar was ‘n heerlike hittegolf in Pretoria, ek het behoorlik uitgekook!
Oktober! Definitief die mooiste maand!!!
Oktober! Beslus die mooiste maand!!!! Die maand van my geboorte! 31ste Oktober!
[…] to ‘wake them up when September ends’ (click here for a listen), and also why we call Oktobermaand “die mooiste, mooiste maand”. That’s all, folks… looks like Summer is […]