• Home
  • About
  • Afrikaanse gedigte poems
  • Chess and the benefits
  • Links
  • Poems – gedigte – own
  • SA History
  • South African Recipes

Chessalee

Everything/Anything and…Chess…"Despite the documented evidence by chess historian HJR Murray, I've always thought that chess was invented by a goddess"–George Koltanowski: from the foreword to:"Women in chess, players of the Modern Age"

Feeds:
Posts
Comments
« Guinea Pigs – friends
Potjie kos recipes »

Bosfontein Primary School

28/08/2007 by Nikita

This is the school which my grandpa founded. The original school is actually about 2 km down on the road. It was really my first time visiting the school though I always wanted to! On the 2nd picture is the original 2 classes before they extended the school. My granddad was Head at this school. There are about 5 or more new classes – you can’t see them on the picture, but they are at the back. It’s a pity we visited it on a Saturday, because I would have liked to see the inside of the building as I have been told that there are pictures of my Grandpa in the school’s office and foyer. I will have to go back one day to see those pictures!  My grandpa left Holland as a young teacher to teach in South Africa. He started teaching in his own home first. I have a picture of the children he was teaching on a veranda of his house. My mum used to tell us that he was a very caring person and if he could, he would have built schools for the whole nation. His one son, my uncle, became the Education and Culture Minister in the 1960s till the late 1970s. You can google him: J J P Op’t Hof. He lived in Cape Town all his life. My grandma on my dad’s side was also a teacher.
The word: bosfontein — if you break it up, it’s bos..in English=bush/shrub and fontein=fountain



This is an Afrikaans news-article found on the Internet about the school – a very positive article.

‘n Berig raakgelees op die Internet oor die skool: [Link na die einde van die berig]

Goudstad hét warm hart, toon Bosfontein Ná brief sorg Johannesburgers vir feesjaar.
Jacobus Mokoena wys sy sertifikaat en geskenk wat hy by die akademiese afsluiting van die Laerskool Bosfontein naby Lydenburg ontvang het. Personeel van die skool: mev. Sylvia Mokoena, onderwyser; mnr. Obed Modisha, onderwyser wat einde vanjaar uitgetree het; me. Christa Muller, waarnemende skoolhoof; me. Hanlie Bette, onderwyser; en mev. Anna en mnr. Johannes Mokoena, faktotum en administratiewe werkers.
‘n Besondere band het vanjaar ontstaan tussen ‘n klein plaasskool tussen die groen Hoëveldse heuwels naby Lydenburg in Mpumalanga en ‘n gemeenskap in Johannesburg. Deon Sonnekus berig.

`Ek is ‘n junior primêre on derwyser, ek hou vir 30 agtergeblewenes skool. Terug hok toe is vir my soos ‘n berg.

“Ek wil graag onderrig van gehalte bied, maar hoe gemaak as die ouer so arm is dat skoolgeld van R15 per maand te veel gevra is?

“Ek het die afgelope twee jaar my eie benodigdhede net die nodigste gekoop. Nou is die strop te styf met al die pryse wat styg. Is daar nie iemand of ‘n instansie wat begrip sal hê vir die behoefte van ‘n arm kind wat nie gevra het om hier te wees nie?

“Ek sal graag die nodige inligting gee aan iemand wat begrip het vir my situasie.

“Help tog, asseblief.”

Dít was die pleidooi van me. Hanlie Bette, onderwyser aan die Laerskool Bosfontein, in Beeld se briewekolom vroeg vanjaar. Sy en me. Christa Muller, waarnemende skoolhoof, het vanjaar saam met mnr. Obed Modisha en mev. Sylvia Mokoena vir die 89 kinders in die skool, die meeste uit plaaswerkergesinne, skoolgehou.

Die brief het die aandag getrek van die ouers van leerders in die Leicester Road School in Kensington, Johannesburg. Die pleidooi is ook onder die aandag van die Johannesburg-Noord/Andrew Murray-gemeente van die NG Kerk gebring. Dit het gelei tot ‘n insameling van onder meer gebruikte skooltasse, penneblikkies, inkleurpotlode en ander skryfgoed en skoolklere.

Kort daarna is mnr. Ivan en mev. Michelle Basson, ouers van kinders in Leicester Road School, met ‘n kombi vol skooltasse, klere en ander benodigdhede na Mpumalanga om die Laerskool Bosfontein te help toerus vir ‘n skooljaar waarin hy met ‘n kwart van die vorige jaar se begroting van die provinsiale onderwysdepartement moes klaarkom.

“Bring vir ons jul weggooigoed,” was die versoek. “Die ou penne as jy vir jou kind nuwes koop, die ou tas, kryte, penneblik dit wat in die stad weggooigoed is, is seldsame hulpbronne by ‘n skool soos Bosfontein en honderde ander soortgelyke skole in die land waar dit selfs moeiliker gaan.

“Ons wou juis nie geld vra nie ons almal weet hoe ons sukkel met al die eise van buitemuurse bedrywighede die meeste van hierdie buurt se mense kom net-net deur,” sê Muller.

Die ouers het saamgespeel en een kleinerige skool in ‘n laer- tot middelklaswoonbuurt en een kerk het genoeg bymekaargemaak om die Bosfonteiners elk met hul eie penneblik met kryte, penne en potlode toe te rus.

Ná die tweede bymekaarmaaksessie het elke Bosfonteiner ‘n paar skoene gehad en nie net een nie, maar ‘n hele paar truie. Die winterinsameling het minstens 500 truie en 200 langbroeke opgelewer. Outjies wat winter en somer kaalvoet moes skool toe die bytende Hoëveldse koue ten spyt loop nou soontoe met ‘n nuwe wip in hul stap. Die bywoningsyfer het sommer ook die hoogte ingeskiet.

Maar dit was nie bloot net ‘n uitdelery nie. Die kinders moes ‘n skooltas byvoorbeeld “verdien” deur sekere take te verrig, onder meer in die skool se groentetuin. Kort voor lank het elkeen in die skool ‘n behoorlike sak vir sy of haar boeke gehad. Voorheen het hulle inkopiesakkies van plastiek gebruik.

Baie van die ouers kan nie die skoolgeld, wat R15 per maand beloop, bekostig nie. Een van die maniere waarop skenkers gehelp het, was deur bloot een kind se skoolgeld vir die jaar te betaal. Ouers wat in Johannesburg R450 skoolgeld per maand betaal, het besef hoe relatief min dit kos om ‘n Bosfontein-kind vir ‘n jaar op die skoolbanke te hou.

Muller sê in 2000 het sy nog ‘n begroting van net meer as R11 000 gehad. Vir verlede jaar het dit gekrimp tot net meer as R3 000.

Water en elektrisiteit vir die skool kos reeds sowat R800 per maand, en die telefoonrekening is hier by die R300. Daarby moet fotostaatpapier en ander uitgawes nog betaal word.

“Ons is geseën met skenkings wat ons ontvang het,” sê Muller op die vraag hoe die tekort verhaal word. Die ander oplossing was om hulp te vra, soos in die brief.

Maar hulp en betrokkenheid by Bosfontein het nie net by die insameling van skoolboeke, tasse en hulpmiddels gebly nie. Op die jaar se afskeidsgeselligheid het die kinders gekyk na ‘n video van een van hul hoogtepunte van die jaar ‘n besoek in Augustus aan Johannesburg, en spesifiek die Leicester Road School. Hulle is ook dieretuin toe en het ‘n gratis rolprentvertoning in ‘n Ster-Kinekor-teater bygewoon. Die SAUK was by om die geleentheid vir ‘n nuusinsetsel te verfilm vandaar die video wat vir die skool saamgestel is.

“Die Johannesburg-besoek het ‘n geweldige invloed op die kinders gehad. Dit het hul oë oopgemaak vir die wêreld daarbuite. Nou weet hulle waarna ‘n mens verwys, of wat hulle in boeke sien of daarin lees,” sê Muller.

“Dit help ook om hulle te laat besef hoekom hulle skoolgaan en ‘n opvoeding kry. Nie baie van hulle gaan soos hul ouers op die plase bly werk nie.”

Volgens Modisha, wat einde vanjaar ná ‘n onderwysloopbaan van 28 jaar afgetree het, maak dit hul onderwystaak ook makliker omdat die kinders se verwysingsraamwerk skielik soveel groter is.

Dit was Modisha wat by die afsluiting van die jaar aan elke kind ‘n sertifikaat oorhandig het. In elkeen is gesoek na ‘n karaktereienskap wat uitstaan. Só het party leerders vir vrygewigheid ‘n sertifikaat gekry, ander vir toegewydheid, verantwoordelikheid, vasberadenheid of oplettendheid, en sommige bloot omdat hulle “altyd beskikbaar” was.

Die akademiese uitblinkers is ook vereer met wisseltrofeë, en verskeie het pryse vir gereelde skoolbywoning gekry. Daarna is geskenke uitgedeel wat gebring is van die gemeenskap in Johannesburg wat dié skool aangeneem het, en die partytjie het begin.

Met die terugry stad toe tussen die groen bulte en heuwels deur het die kinders ná hul laaste skooldag huis toe getou met hul geskenke en pryse in die hand, en plek-plek het ‘n string seepborrels die lug ingesweef deel van ‘n geskenkpakkie wat wys daar ís mense wat omgee en wil help

Die Leicester Road-ouers was verwonderd oor hoeveel verskil hul klein poging gemaak het. “In die stad het ons nie ‘n idee van hoe arm die kinders regtig is nie,” sê Basson. “Ons dink armoede is ‘n ou tas en stukkende skoene . . . ons besef nie daar is gemeenskappe waar dít nie eens beskikbaar is nie. Maar nóg belangriker was die idee vir hierdie arm kinders dat iemand genoeg omgee om te wil help: hul horisonne is wyd, wyd gemaak.”

http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/2001/12/22/8/1.html

This is from a Facebook group: Laerskool Bosfontein. These children were in Grade 3 and Grade 4 in 1980.

Share this:

  • Pinterest
  • Twitter
  • Facebook
  • Reddit
  • Email

Like this:

Like Loading...

Related

Posted in education, Laerskool Bosfontein, Mpumalanga, primary education, primary schools, South Africa | Tagged Laerskool Bosfontein, Mpumalanga, Suid-Afrika | 9 Comments

9 Responses

  1. on 08/09/2008 at 18:04 Wipneus!

    Your granddad is a GREAT person, Nikita!! Someone to be really PROUD of!!


  2. on 08/09/2008 at 18:54 Nikita

    hi Wipneus…Thank you! Yes, you’re right. I AM very proud of him! That was my dream, to one day start a school – but to help and support the underprivileged black children on our farm and the surrounding farms. There was a school for them, but I don’t think the quality was that great.


  3. on 09/11/2008 at 13:34 Seven II « Chessalee

    […] in South Africa and I think the “teaching -blood” is running through my veins! Click here to see pictures of the current school. The link will open in a new window. The old school, which […]


  4. on 20/11/2009 at 09:28 Jeamie

    Hi julle ek was ook in Laerskool Bosfontein en dit was die beste tye van my lewe. Ek het van die stad af uit ‘n skool met +-3000 kinders in hierdie skool gestap en almal het my met ope arms ontvang. Op daardie stadium was ons 42 kinders in die skool. Ek dink jou oupa was ‘n great man en het iets great vir die omgewing gedoen, Bosfontein het soveel kinders se lewens vir die beter verander. Weet enige iemand wat nou deesdae daar aangaan en as julle foto’s het plaas dit asb.


  5. on 20/11/2009 at 17:51 Nikita

    hi Jeamie! Dit is nou ‘n verrassing om iemand te kry wat daar skoolgegaan het!! Ek sou eerder graag meer van jou wil hoor – van die skool en al die dinge! Ek het op my video-kamera nog foto’s en ons het met die video afgeneem. Wanneer was jy daar op skool? Wat ek gehoor het, is dat die skooltjie nou baie “gemeng” is en dat daar nie meer so baie aktiwiteite aangebied word soos vroeer nie. Ja, my Oupa was great…om eers die onderrig in sy eie huis te begin het en dit dan oor te skuif en die skool begin het. Ek wens ek kon so iets doen, was nog altyd my begeerte om my eie skool te begin, maar vir die swart kindertjies waar ek groot geword nie.


  6. on 23/11/2009 at 07:47 Jeamie

    Was daar tot 1995. Ja het gehoor dis nou ‘n swart skool. As jy op facebook gaan search is daar ook ‘n wall vir Laerskool Bosfontein of invite my Jean-Marie Venter. Sê asb. net in ‘n personal message wie jy is lol. Die wall is nou maar ‘n week oud maar het al ‘n hele klompie van ons ou Bossies gekry. Ek sal ook in die week vir jou pics kan opsit.


    • on 23/11/2009 at 16:48 Nikita

      hi Jeamie!
      Baie dankie! So gemaak! Ek sien uit na foto’s daar! 🙂


  7. on 30/05/2018 at 13:32 Stephan Pretorius

    Mal oor jou blog – baie dankie. Ek hou van al die interessante brokkies (geskiedenis, taal, musiek en resepte)! Moenie ophou nie!


    • on 14/06/2018 at 20:30 Nikita

      Hi Stephan, Dankie!! Ek sal probeer aanhou! 🙂 Dankie vir jou besoek ook!



Comments are closed.

  • Follow Chessalee on WordPress.com
  • Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

    Join 289 other subscribers
  • Spoken by great men:"Give me 20 divisions of American soldiers and I will breach Europe. Give me 15 consisting of Englishmen and I will advance to the borders of Berlin. Give me two divisions of those marvellous fighting Boers and I will remove Germany from the face of the earth." - Field Marshal Bernard L. Montgomery, Commander of the Allied Forces during WW2.

  • "The Americans fight for a free world, the English mostly for honour, glory and medals, the French and Canadians decide too late that they have to participate. The Italians are too scared to fight, the Russians have no choice. The Germans for their Fatherland. The Boers? Those sons of Bitches fight for the hell of it." American General, George 'Guts and Glory' Patton.

  • Latest Posts

    • Concerto for two and three movements
    • War-time Chess
    • Queen Elizabeth II
    • Vroue het deur die eeue skaak gespeel
    • War Time Chess
  • Top Posts & Pages

    • Heerlike Suid-Afrikaanse Resepte
    • Alice in Wonderland's Mysterious Chess Game
    • Lekker Afrikaanse kinderstories
    • Boer War Art Poetry and History
    • Voortrekker Monument, Pretoria
    • Charlize Theron
    • Chrissiesmeer - the Lake District of South Africa
    • Buttermilk rusks - Karringmelk beskuit
    • Blue Butterflies
    • Vroue het deur die eeue skaak gespeel
  • August 2007
    M T W T F S S
     12345
    6789101112
    13141516171819
    20212223242526
    2728293031  
    « Jul   Sep »
  • Afrikaans Afrikaanse gedigte Afrikaans poems Afrikaans songs Anand Art books Carlsen Chess chess art chess games Chess Grandmasters chess movies chess news Chess South Africa chess tournaments classical music food gedigte History London Magnus Carlsen Melissa Greeff Mp3 music files music music audio files music files music videos musiek nature news poems Poetry poets Pretoria Radjabov recipes resepte skaak Skaak Suid-Afrika South Africa South African artists stories Suid-Afrika Topalov

  • Live chess ratings top 10 - men 2700chess.com for more details and full list
  • Live chess rating: Top 10 - women 2700chess.com/women for more details and full list

Blog at WordPress.com.

WPThemes.


  • Follow Following
    • Chessalee
    • Join 289 other followers
    • Already have a WordPress.com account? Log in now.
    • Chessalee
    • Customize
    • Follow Following
    • Sign up
    • Log in
    • Copy shortlink
    • Report this content
    • View post in Reader
    • Manage subscriptions
    • Collapse this bar
 

Loading Comments...
 

    %d bloggers like this: