Feeds:
Posts
Comments

Posts Tagged ‘Kook en geniet resepte’

To Afrikaans-readers: ‘n Vriendelike versoek: Indien jy ‘n resep aanvra – en CELIA dit vir jou in die kommentaar-boksie los, kan jy asb. so ‘dankbaar‘ – en vriendelik – wees en DANKIE vir haar kom sê as jy terugkom vir die resep. Kom ons wees dankbaar en WYS dit ook. Celia sal dan weet of jy dit gekry het – en weer in die toekoms ‘n volgende persoon met graagte wil help! Dankie. Sien haar boodskap – en my antwoord daarop – in die kommentaarboksie – gedateer 30/10/2012. 

Celia
Op die foto: Celia, ons bo-baas bakster wat elke nou-en-dan uithelp met ‘n reseppie! Ook ‘n bo-baas konfytmaakster. [English: Celia, who kindly helps us out every now and then with a recipe! You will find many of her recipes in the message boxes below this entry.] Klik die foto’s vir ‘n groter weergawe.
SONY DSC
Red currant jam – home made! Tuis gemaak deur my eie kind – nou al groot genoeg om konfyt te kan maak!
SONY DSC
Red currant
To anyone reading here: Celia mentioned in one of the comments boxes that she has PLENTY of recipes. So, please contact her by the following email address – you know to replace what’s in brackets with @ – and ask her what you couldn’t find on links on my blog or somewhere else. There is so much available on the Internet, but feel welcome to contact her here: celiabu[at]mweb.co.za

English readers, please follow the two links given here….Hierdie resepte het ek via email ontvang. Ek het geen idee wie om erkenning te gee vir dit nie. Dit is ‘n lywige Word dokument en geen aanduiding vanuit watter boek/persoon die resepte kom nie. Die persoon wie dit aangestuur het, het dit ook weer van ‘n ander persoon gekry. Enige persoon wat weet waar die resepte vandaan kom, laat my weet sodat ek kan erkenning gee! Intussen, geniet wat jy hier kry!

On the next  two links, you will find recipes in English. The links will open in a new window.

http://chessaleeinlondon.wordpress.com/2008/01/26/south-african-recipes/

http://chessaleeinlondon.wordpress.com/2007/09/25/karringmelk-beskuit/

SONY DSC

Asynpoeding – Huisgenoot Wenresepte

SONY DSC

Broodpoeding

SONY DSC

Fluweelpoeding

SONY DSC

Kerrievis – ingelê

SONY DSC

Mosbolletjies

SONY DSC

Souskluitjies

SONY DSC

Boerewors

SONY DSC

Soet wit beskuit  en boerbeskuit

SWELLENDAMKOEK- deur Celia – sien haar kommentaar in die kommentaarboksies ook!

Die vulsel word eerste gemaak, want dit moet heeltemal afkoel.

VULSEL:
1 liter melk, 7 gelykvol eetlepels vlapoeier, knippie sout, suiker na smaak.

Maak dik vla met bogenoemde bestanddele en laat heeltemal koud word. Verwyder roomlaag bo-op wanneer koud en smeer oor 3 van die koue koeklae.

Klits 4 eiers tot skuim. Voeg 2 k suiker geleidelik by en klits baie goed. Smelt 125g margarien en 1 k melk en bring tot kookpunt. Voeg 2 koppies meel by eiermengsel, asook ‘n knippie sout en 2 teelepels vanielje. Strooi 2 teelepels bakpoeier bo-oor die meelmengse. Gooi nou warm melkmengsel bo-oor. Laat staan minstens 2 minute en klop dan vinnig. Gooi uit in koekpanne (2) en bak by 190°C vir 30 minute. Laat bietjie afkoel en sny elke laag in 2.

Terwyl die koeklae bak, maak die versiering:

VERSIERING

250 g sagte margarien, 2 k versiersuiker, 4 t vanilla

Klits bogenoemde goed saam tot romerig.

Plaas nou die koeklae op mekaar en versier die boonste laag met die versiering.

Eet die koek terwyl nog so louwarm.

PANNEKOEK BY DIE GROOT MAAT (lewer 120 pannekoeke) Ster resep!

16 k koekmeel 125 ml wit suiker
80 ml bakpoeier 20 ml sout
12 eiers 4 k (1 liter) kookolie
250 ml asyn 18 k water
kaneelsuiker

Sif meel en meng dit deeglik met suiker. Voeg bakpoeier en sout by die meelmengsel en meng goed. Klits eiers en voeg die olie, asyn en ‘n bietjie water daarby. Voeg die eiermengsel by die meelmengsel en roer. Voeg die water bietjies-bietjies by en klits die mengsel deurentyd tot so dik soos room en sonder klonte is.

Verhit olie in pan, gooi uit (hierna word nie weer olie in pan gegooi nie) en bak die pannekoek. Sit die pannekoek voor met kaneelsuiker of bêre en verhit oor ‘n kastrol met kokende water. (Die pannekoek word nie taai nie.)

KERRIE-EN-RYS (100 porsies)

24 medium uie, geskil en gekap 9 knoffelhuisies, geskil en gekap
190 ml sonneblomolie 20 wortels, geskil en in blokkies
25 aartappels, geskil en in blokkies 3 soetrissies, gekap
12,5 kg vleis, in blokkies 5 k sultanas
90 ml matige kerriepoeier 80 ml borrie
15 ml fyn koljander swartpeperkorrels
kruienaeltjies lourierblare
150 ml asyn 115 ml wit suiker
90 ml fyn appelkooskonfyt 100 ml sout
115 ml tamatiepuree 62,5 ml mielieblom
37,5 ml Worcestersous 125 ml blatjang
vleisaftreksel 30 k water om rys in te kook (sout) 13 k rou rys

Soteer uie en knoffel in olie in groot swaarboomkastrol. Voeg die wortel en aartappelblokkies asook die gekapte soetrissies by en braai liggies. Skep uit en hou eenkant. Braai die vleis vinnig in dieselfde kastrol.

Meng kerriepoeier, borrie, koljander, swartpeperkorrels, naeltjies en lourierblare, roer by die vleis en braai ‘n minuut lank.

Meng asyn, suiker en appelkooskonfyt, sout, tamatiepuree, mielieblom, Worcestersous en blatjang tot ‘n pasta. Voeg die pasta saam met die gebraaide groente- en vleismengsel en sultanas in die kastrol. Voeg vleisaftreksel by soos nodig en prut tot gaar. Roer nou en dan om te keer dat dit aanbrand.

Kook die rys in die water waarby sout na smaak bygevoeg is.
Wenk: Vergroot die resep deur ‘n groot, ryp boerpampoen sag te kook, deur ‘n sif te druk, en saam met ses gerasperde Granny Smith-appels en 10 fyngedrukte ryp piesangs by die mengsel te voeg.

VLEISROLLETJIES (Ongeveer 150)

Vulsel:
5 aartappels 5 uie
2,5 kg maalvleis sout, peper, tiemie
neutmuskaat

Kors:
8 k meelblom 5 ml kremetart
10 ml sout 980 g botter/margarien
4 eiers, geskei 25 ml suurlemoensap
ongeveer 200 ml yskoue water

Kook die aartappels sag, trek die skille af en druk fyn – hou eenkant.
Braai gekapte uie tot dit deurskyn en voeg die maalvleis by. Braai die vleis tot gaar en roer deurentyd. Geur die vleismengsel met sout, peper, tiemie en neutmuskaat na smaak en bind dit met die gaar, fyngedrukte aartappels. Laat die vulsel afkoel en vorm worsies van ongeveer 30 cm lank. Verhit die oond tot 200ºC en smeer bakplate.
Kors: Sif meel, sout en kremetart saam. Rasper die botter by die meelmengsel en vryf dit liggies tot krummelrig. Klits eiergele liggies en meng met yskoue water en suurlemoensap. Voeg eiermengsel by meelmengsel en meng tot ‘n hanteerbare deeg. Strooi koekmeel op werkvlak en rol deeg dun daarop uit. Sny deeg in stroke van ongeveer 13 x 30 cm. Sit vleisworsie in die lengte op elke strook, smeer een kant van deeg met geklitste eierwit en vou die ander kant oor. Druk goed vas en sny worsies van ongeveer 6 cm lank.
Verf eierwit op elke rolletjie en bak dit ongeveer 20 minute lank tot goudbruin. Pak op draadrak om af te koel.
Vir 30 rolletjies:
Vulsel: 2 aartappels Kors: 4 k meel
2 uie, geskil + gekap 2,5 ml kremetart
500 g maalvleis 5 ml sout
sout, peper, tiemie, 480 g botter/margarien
fyn neutmuskaat 2 eiers, geskei
12,5 ml suurlemoensap
Volg metode soos bo.
ongeveer 100 ml yskoue water

BASAARBOBOTIE (Ongeveer 50 porsies)

10 uie, geskil en gekap sonneblomolie
5 kg maer maelvleis 125 ml matige kerriepoeier
100 ml borrie 190 ml wit suiker
125 ml wynasyn 625 ml water
625 ml matige vrugteblatjang 190 ml appelkooskonfyt
62,5 ml sout 10 ml peper
3 k sultanas 5 k gerasperde groen appels
3 k gerasperde geelwortels 10 snye volkoringbrood, in melk geweek
10 k melk suurlemoen/lourierblare
12 eiers

Braai gekapte ui in olie tot deurskynend. Voeg maalvleis by en braai tot gaar. Strooi kerriepoeier en borrie oor die vleismengsel, meng goed en roerbraai ongeveer drie minute lank. Meng die suiker, asyn, water, blatjang, appelkooskonfyt, sout, peper en water en voeg dit by die vleismengsel. Roer goed deur. Voeg die sultanas, appel en geelwortel en die brood by die vleismengsel, meng goed en laat dit ongeveer 10 minute lank oor matige hitte prut. Haal die vleismengsel van die stoof af en skep in ‘n groot oondbraaipan of afsonderlike foeliebakkies. Maak die vleismengsel liggies glad met die agterkant van ‘n lepel – moenie die vleis vasdruk nie. Klits die eiers en melk liggies saam en giet die helfte van die eiermelk oor die vleis. Bak tot die eier gestol het. Giet die orige eiermelk oor die bobotie, druk blare daarin en bak tot goudbruin.

KERRIEHOENDER MET VRUGTE (50 – 60 porsies)

7,5 kg hoenderborsies en dye 8 uie, geskil en gekap
10 knoffelhuisies, geskil en gekap sonneblomolie
150 ml matige kerriepoeier 100 ml borrie
10 ml fyn koljander 10 ml fyn kaneel
312,5 ml matige vrugteblatjang sap van 5 suurlemoene
100 ml fyn appelkooskonfyt 37,5 ml sout
7,5 ml peper 5 Granny Smith-appels
20 ryp piesangs 625 ml sultanas
water

Kook die hoender sag, ontvel, ontbeen en kap in blokkies. Verhit die olie in ‘n swaarboomkastrol en braai die uie en knoffel daarin tot deurskynend. Meng kerriepoeier, borrie, koljander, kaneel, suurlemoensap, appelkooskonfyt, blatjang, sout en peper. Voeg die mengsel by die hoendervleis, bedek met water, sit die deksel op en prut ongeveer 15 minute lank oor matige hitte. Rasper die appel en druk die piesangs fyn. Voeg dit saam met die sultanas by die vleismengsel in die kastrol en laat prut nog 15 minute lank. Roer gereeld, want dit brand maklik aan na die vrugte bygevoeg is. Sit die gereg voor met geroosterde klapper en gekookte rys.

BEESTONG IN TAMATIE SAMPIOENSOUS

1 vars of gepekelde beestong 1 groot ui, fyngekap
30 ml kookolie 1 x 285g heel sampioene
125 ml tamatiesous 125 ml asyn
30 ml suiker 10 ml aangemaakte mosterd
10 ml sout 1 ml peper
As ‘n gepekelde tong gebruik word, moet dit eers ‘n uur lank in koue water uitgevars word. Bedek die tong met vars koue water en kook dit tot sag sowat 40 minute in ‘n drukkastrol. Laat die tong in die tong aftreksel afkoel. Trek die vel af en sny die tong in dun skyfies. Plaas die skyfies in lae in ‘n oondvaste skottel van 20 x 20 cm.
Braai die ui in die kookolie tot sag. Voeg die sampioene en hul vloeistof, tamatiesous, asyn, suiker, mosterd, sout en peper by en kook dit sowat 5 8 minute oor matige hitte. Gooi die sous oor die tongskyfies. Bak die tong 30 minute lank by 180ºC. Lewer 6 tot 8 porsies.

FRIKKADELLE MET KERRIE PIESANGSOUS

 
1 kg maalvleis 2 snye brood, in melk geweek
2 eiers halwe teelepel fyn neutmuskaat
halwe teelepel fyn naeltjies sout en peper

Meng deeglik en vorm klein balletjies. Pak in skottel. Snipper 6 piesangs bo oor en giet sous laastens oor. Bak vir 40 minute by 180ºC.

Sous:
2 uie, gekap 2 e meel
6 e asyn 2 k water
sout en peper 1 e kerriepoeier
4 e appelkooskonfyt, fyn halwe teelepel fyn gemmer
1 teelepel borrie
Braai ui in olie. Roer meel in. Voeg water, asyn en speserye by. Kook tot dik.

MAALVLEISPASTEI


1 kg maalvleis 2 k koue water
1 k sagte broodkrummels 25 ml asyn
10 ml sout knippie peper
Kors:
1 eier 125 ml olie
125 ml melk 1 k meel
2 t bakpoeier 2 ml sout

Plaas bestanddele vir die vulsel in pot. Meng met vurk. Verhit tot kookpunt, roer gereeld en laat kook vir 5 minute. Voorverhit oond tot 180ºC en skep vleismengsel in skottel. Klits eier, olie en melk saam. Roer meelmengsel by en skep beslag bo op vleis. Bak vir 30 min tot goudbruin. Hierdie tert vries baie goed.

BIEFSTUK EN NIERTJIEPASTEI
1 kg biefstuk 4 skaapniertjies
halwe koppie koekmeel 2 ml gemaalde gemmer
1 ml tiemie 3 t Worcestersous
1 t aangemaakte mosterd 1 t sout
kookwater 30 ml sago
4 uie, in skywe gesny
Klitskors:
1 k koekmeel 2 t bakpoeier
knippie sout 125ml sonneblomolie
125 ml melk 1 eier

Sny biefstuk in blokkies. Maak skaapniertjies skoon, sny die wit gedeelte binne uit en sny die niertjies ook in groterige blokkies.
Meng koekmeel, gemmer en tiemie en rol beesvleis en niertjieblokkies daarin tot goed gemeng. Plaas dit in ‘n dikboomkastrol en voeg die Worcestersous, mosterd en sout by. Voeg genoeg kookwater by om die vleis mee te bedek. Sit die deksel op en prut dit oor matige hitte totdat die vleis lekker sag is. Roer die mengsel af en toe om sodat dit nie aanbrand nie. Week die sago in ‘n bietjie koue water. Voeg die uie en sago by die vleis en prut tot die vulsel dik is. Roer af en toe om aanbrand te voorkom. Skep die gaar vulsel in ‘n groot oondvaste bak.
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam. Klits die olie,melk en eier saam. Voeg die meelmengsel by en klits tot goed gemeng. Gooi die deeg oor die vulsel. Bak die pastei 25 30 minute by 190ºC. Sit dit warm voor. Lewer 6 – 8 porsies.

MAKLIKE BROOD

125 ml melk, 2 eetlepels margarien kook saam en laat afkoel
4 koppies brood of koekmeel
1 pakkie kitsgis, 1 t sout Meng brood- of koekmeel met kitsgis en sout

Meng die twee mengsels. Maak aan met ongeveer 300 ml lou water. Knie 5 minute. Maak toe en sit op warm plek om te rys vir 30 minute. Knie af, plaas in gesmeerde pan en laat rys nog 30 minute. Bak 1 uur by 180ºC.

BASIESE BRUINBROOD

400 g meel 10g kitsgis
350 g nutty wheat 30 g margarien
ongeveer 500 ml warm water 1 t sout

Meng meel en sout. Vryf margarien in. Sprinkel kitsgis bo oor en meng. Voeg geleidelik die water by, meng tot sagte maar nie klewerige deeg. Knie tot glad en elasties. Plaas in gesmeerde skottel en maak toe met gesmeerde cling wrap. Plaas op warm plek tot dubbel in grootte gerys. Knie af vir 5 minute lank. Plaas in broodpan en laat weer rys. Bak by 190ºC vir ongeveer 40 minute.

SAMPIOENBROODJIE

500 g bruismeel 500 ml karringmelk
1 pakkie room van sampioensop

Meng alles goed saam. Die deeg moet taamlik slap wees. As dit te styf lyk, voeg nog ‘n bietjie melk by. Bak in ‘n broodpan by 180ºC vir 1 uur.

MIELIEBROOD

1 k koekmeel 1 k mieliemeel
3 t bakpoeier 1 t sout
125 ml olie 125 ml suiker
3 eiers 1 blik geroomde suikermielies

Klits die volgende saam: olie, suiker en eiers. Sif droë bestanddele saam en voeg by eiermengsel. Roer mielies by. Giet in broodpannetjie en bedek liggies met foelie. Bak by 180ºC vir ongeveer 1 uur.

GESONDHEIDSBROODJIE (1)

4 koppies Nutty Wheat meel 1 eetlepel bruinsuiker
500 ml karringmelk 1 teelepel koeksoda
knippie sout

Meng alles goed saam en voeg laastens karringmelk by. Bak by 180ºC vir 1 uur.

GESONDHEIDSBROODJIE (2)

2 teelepels koeksoda, opgelos in 2 t melk 15 ml heuning/stroop
500 ml joghurt 10 ml olie
1 kg volkoringmeel 10 ml sout

Meng opgeloste koeksoda met joghurt. Voeg die mengsel by die meel en roer goed met houtlepel, voeg heuning by en meng goed. Plaas in twee gesmeerde broodpanne. Bak in oond by 190ºC vir 1 uur.

BRAAIVLEIS BROODJIE


1 pakkie (500g) bruismeel 500 ml karringmelk
1 koppie gerasperde kaas 1 t sout
1 pakkie dik wit of bruin bietjie sesamesaad (opsioneel)
uiesoppoeier
Meng meel, karringmelk, kaas, sout en soppoeier goed saam. Plaas beslag in broodpannetjie. Strooi sesamesaad oor. Bak vir ongeveer 1 uur tot gaar. Indien verkies kan ekstra gerasperde kaas 15 minute voor die brood uit die oond kom, bo oor gestrooi word. (Oond 180ºC.)
 

DON PEDRO

4 of meer skeppe vanilla roomys          3 ml vanillageursel

1 koppie melk                                    125 ml room

2eierwitte                                        50ml whisky/brandewyn/kahlua/tia maria

Skep alles in versapper en verpulp eers 10 sekondes teen lae spoed, verhoog spoed en verpulp tot skuimerig.  Skep in koue glase en strooi kaneel/koffiepoeier/fyn kakao bo-oor.       Lewer 2 drankies.

 

CAPE VELVET (PETER VELDSMAN)

1 ekstra-groot eier                                                 2 t vanilla

3 ml karamelgeursel                                              10 ml kitskoffiepoeier

1 k brandewyn                                                      1 blik kondensmelk (397g)

1 k vars room of 1 blik (310g) room

Verpulp eier, geursels, koffiepoeier en brandewyn.  Voeg room by en pols tot net ingemeng.  Skep in skoon fles en hou in yskas.

 

CAPE VELVET CREAM

450 ml whiskey                                        1 x 397g kondensmelk, volroom

30 ml kits-sjokoladepoeier                         10 ml koffiepoeier

5 ml vanieljegeursel

Klits al die bestanddele baie goed saam tot goed gemeng.  Gooi likeur in droë gesteriliseerde bottels, sit prop op, verseël en entiketteer.  Plaas in yskas vir minstens 3 weke voor gebruik om die geur te ontwikkel.  Daarna sal dit ongeveer 6 maande in die yskas hou.    Lewer 1 liter.

 

PIESANGLIKEUR

7 medium ryp piesangs                                         750 ml brandewyn

500 ml suiker                                                        250 ml water

Skil en sny piesangs in dun skywe.  Plaas piesangskywe in glasfles met deksel.  Voeg die brandewyn by en verseël goed.  Laat vir sowat vyf weke in ‘n warm plek staan en skud gereeld.

Giet mengsel eers deur ‘n sif en syg dan deur 4 lae kaasdoek.  Plaas eenkant.

Plaas suiker en water in swaarboomkastrol en roer oor lae hitte totdat suiker opgelos het.  Verhit tot kookpunt en laat vir 12 minute kook.  Verwyder van hitte en laat afkoel.  Voeg piesanggegeurde brandewyn by koue stroop en meng.

Gooi likeur in droë gesteriliseerde bottels, sit prop op, verseël en etiketteer.  Laat vir een maand staan, voor gebruik.      Lewer 1 liter.

KOFFIELIKEUR

500 ml warm water      35 ml sterk, goeie kitskoffie-poeier
600 g (750ml) bruinsuiker          50 ml rooi rum
750 ml brandewyn

Meng water en koffiepoeier saam.  Voeg suiker by en meng goed.  Giet koffiemengsel in waarboomkastrol, verhit tot kookpunt terwyl voortdurend geroer word en laat vir 15 minute kook.  Verwyder van stoof en laat heeltemal afkoel.  Voeg rum en brandewyn by.  Gooi likeur in droë gesteriliseerde bottels en sit die prop op.  Verseël en etiketteer.  Laat staan vir twee weke. Lewer 1,4 liter.

WILDSBOUD  (Uit Kook en Geniet)

1 boud, ongeveer 2 kg                      250 g varkspek
1 t fyn naeltjies                               1,5 e fyn koljander
1,5 e bruinsuiker                              1,5 e sout
halwe teelepel peper                         knippie neutmuskaat
1 k asyn                                         125ml soetwyn
kweperjellie

Vee vleis met klam doek af en verwyder voorbeen.  Sny spek in lang repies van ongeveer 6 mm dik en 5 – 7 cm lank.  Meng al die ander bestanddele behalwe die laaste twee goed.

Laat spek ‘n halfuur in mengsel van speserye en asyn lê.  Lardeer die boud vleis daarmee deur met ‘n skerp mes diep snye in die vleis te maak.  Druk ‘n vinger in elke sny om dit te rek en druk dan ‘n stukkie spek daarin.

Sit die vleis in ‘n diep skottel en giet orige asynmengsel daaroor.  Laat dit 2 – 3 dae marineer en draai die vleis een keer om.  Haal die vleis uit die marinade, druk dit effens droog met ‘n doek en braai in ‘n pot.  Voordat jy dit braai, vryf die oppervlak in met ‘n mengsel van koekmeel, sout en peper.  (125 ml meel, 2 t sout en halwe t peper.)  Verhit halwe k botter/olie in kastrol en plaas vleis daarin.  Braai vinnig bruin aan albei kante sonder om die deksel op te sit.  Voeg halwe k kookwater by en maak dig toe.  Verminder hitte en laat 2 – 3 uur lank stadig stoom.  Voeg telkens bietjie water by wanneer dit begin braai.  Draai vleis een keer om terwyl dit stoom en laat dit teen die einde van die tyd bruin braai.

Om die sous te maak, word al die vet behalwe 15 ml afgegooi.  Voeg dan kokende water by.  Roer dit goed en laat kook.  Gooi uit in souspotjie.  (Om sous dik te maak:  Roer genoeg koekmeel by om al die vet te absorbeer, laat dit kook en roer aanhoudend tot dit mooi bruin is.  Voeg 250 – 500 ml kookwater by en roer tot dit kook.  Voeg sout en peper na smaak by en dien op. Voeg wyn by ongeveer 30 minute voordat braaityd verstreke is. Sit die vleis voor met kweperjellie.

KAMMA-KREEF (Uit: Knuppeldik)

(6-8 PORSIES)
1,5 kg stokvis                               1 liter water
25 ml asyn                                    5 ml sout
knippie peper
Sous:
1 k mayonnaise                           125 ml tamatiesous
5 ml worcestersous                     5 ml brandewyn
1 ui, gerasper                             paar druppels tobascosous
knippie sout                                kwart t Aromat
Garnering:
Slaaiblare, gekapte pietersielie, suurlemoenskyfies

Kook vis in groot kastrol met water, asyn, sout en peper tot gaar, maar nie pap.  Dreineer, verwyder vel en grate en vlok vis.  Laat afkoel. Meng bestanddele vir sous en verkoel.  Voeg by vis en meng liggies. Skep op slaaiblare en garneer met pietersielie en suurlemoenskyfies.

WENRESEPTE MELKTERT (HUISGENOOT)

Kors:

125 g margarien     60 ml witsuiker
1   eier                                     500ml koekmeelblom
10 ml bakpoeier                          knypie sout

Vulsel:

1,5 liter melk    60ml (50g) margarien
4 eiers                                          250 ml witsuiker
150 ml mielieblom                    125 ml koekmeelblom
knippie sout                                5 ml vanieljegeursel
kaneel

Smelt margarien oor lae hitte.  Klop die witsuiker en eier vinnig daarby.  Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam en meng dit met die eiermengsel.

Druk die deeg met die vingers teen die wand en op die boom van twee tertborde, elk met ‘n volume van 1 liter.  Prik die korse en hou dit eenkant.

Kook die melk en botter of margarien in ‘n dikboomkastrol.  Klits die eiers en witsuiker baie goed saam tot liggeel en sponsagtig dik.  Voeg die mielieblom, koekmeelblom, sout en vanieljegeursel by en klits dit verder totdat alles by die eiermengsel ingeklits en daar geen klontjies is nie.

Klits ‘n bietjie van die kookmelkmengsel by die eiermengsel.  Klits die eiermengsel nou by die res van die kookmelkmengsel.  Plaas dit terug op die warm stoofplaat en roer dit vinnig totdat dit begin kook. Skakel die plaat af, sit die deksel op en laat die vulsel ‘n paar minute staan.

Giet die warm vulsel in die rou korse.  Sif kaneel oor.  Bak die terte ongeveer 20 minute lank in voorverhitte oond by 180ºC totdat die korse gaar is.  Sit dit louwarm of koud voor.  ‘n Mens kan ‘n ekstra bietjie witsuiker oor die vulsel strooi indien verkies.     Lewer 2 middelslag terte.

SUURLEMOENTERT:
Kors:

1 pak tennisbeskuitjies, fyn 60 g margarien, gesmelt
Vulsel:
5 ml gelatien                                       100 ml water
75 ml suurlemoensap                       4 eiers, geskei
1 k strooisuiker                                   knippie sout
2 ml fyngerasperde suurlemoenskil of vanillageursel
125 ml room
Maak kors en druk mengsel styf met agterkant van metaallepel teen die boom en rante van tertbak vas.  Plaas in yskas tot benodig.
Week gelatien in helfte van water.  Klits oorblywende water, suurlemoensap, eiergele, die helfte van die strooisuiker en die sout in ‘n middelslag kastrol met ‘n dik boom tot net gemeng.  Verhit dit oor lae hitte en roer aanhoudend totdat dit begin dik word.  Haal dit van die stoof af en roer die gelatien by tot goed gemeng.  Laat dit afkoel.      Klits eierwitte styf, klits oorblywende strooisuiker bietjiesgewys by.  Klits die suurlemoenskil of vanieljegeursel by.  Vou dit in die eiergeelmengsel in.  Skep die vulsel dadelik in die kors en laat in die yskas om te stol.  Klits room tot styf en spuit roomrosies om die rand

EENVOUDIGE MAASKAASTERT
1 pak tennis beskuitjies       2 x 250 g gladde maaskaas
1 blik kondensmelk                      145 ml room, geklop
1 e suurlemoensap                      1 opgehoopte e gelatien
kwart k warm water.
Pak beskuitjies in bak.  Meng die gelatien met die warm water. Meng dan alles saam en giet oor beskuitjies.  Plaas in yskas.

MELKTERTVULSEL
2 k meel 8 k melk
2 k suiker 6 eiers, geskei, apart geklits
1 t vanielje
paar stukke pypkaneel
sout
Meng meel en suiker goed saam en maak aan met 1 k melk.  Bring orige melk en pypkaneel tot kookpunt.  Roer meel en suiker stadig by.  Laat opkook en haal van stoof af.  Laat afkoel en roer geklitste eiergele by.  Klits witte en 1 e suiker styf en vou in.  Roer goed deur.  Giet in tertdoppe.  Sprinkel 1 t gesmelte botter oor elke tert en strooi kaneelsuiker oor.  Bak by 180ºC tot ligbruin.

SPEKVLEISTERTJIES
NB:  Doppies kan vooraf gemaak word en in ‘n lugdigte houer bewaar word.
1 k koekmeel                                    1 ml sout
115 g botter                                     125g (125 ml) roomkaas

Vulsel:
100 g spekvleis, gekap                     1 eiergeel
2 eiers                                              1 ml sout
1ml swartpeper                                10 ml suurlemoensap
5 ml suurlemoenskil gerasper  75 ml suurroom*   15 ml pietersielie, gekap
*Berei suurroom self deur 15 – 30 ml asyn of suurlemoensap by vars room te voeg.

Metode:
Kors:
Sif meel en sout saam. Sny botter met mes by droë bestanddele in.  Voeg roomkaas by en meng tot stywe deeg.  Draai deeg in kleefplastiek toe en plaas 30 min lank in yskas.  Rol die deeg dun uit op meelbestrooide oppervlak en voer kolwyntjiepanne daarmee uit.  Prik kort van tertjies en bak 10 – 12 min by 200ºC.  Laat afkoel.

Vulsel:
Braai spekvleis tot bros en bruin.  Voeg res van bestanddele by en meng goed.  Skep van die vulsel in elke doppie.  Bak  tertjies ongeveer 25 min by 160ºC.

MIELIEPAPTERT
1 liter kookwater                               3 ml sout
420 ml mieliemeel

Vulsel:
250 g spekvleis                                150g (300ml) gekapte sampioene
25 ml olie                                         125 ml Cheddarkaas, gerasper
50 ml room                                       3 ml varsgemaalde swartpeper
knippie sout                                     50 ml olie

Gooi water en sout in kastrol en verhit tot kookpunt.  Voeg mieliemeel by, roer en laat dit met die deksel op prut tot ‘n matige stywe pap verkry word.  Skep pap in gesmeerde losboompan of vorm dit en laat dit koud word.
Vulsel:

Braai spekvleis tot bros, laat afkoel en verkrummel dit.  Soteer die sampioene in die uitgebraaide vet.  Voeg die olie by indien nodig.  Sny die koue pap horisontaal in 2 of 4 ewe dik stukke.  Smeer dieselfde pan of vorm weer met olie en plaas die eerste laag pap onderin.  Strooi een derde van die spekvleis, sampioene en kaas oor.  Sprinkel ‘n bietjie room, olie en geurmiddels oor.  Plaas volgende paplaag bo-op en herhaal die lae totdat die vulsel opgebruik is.  Hou bietjie kaas oor om bo-oor te strooi nadat die tert gebak is.  Bak die tert 1 uur by 160ºC.  Strooi res van kaas oor wanneer die tert uit die oond kom.

SOUTTERT

Kors:
2 k meel                                           1 t bakpoeier
1 t suiker                                          115 g botter
1 eier                                                62,5 ml melk
suurlemoensap                                 knippie sout

Smelt botter en suiker, klits eiers en melk daarby.  Sif droë bestanddele saam en voeg by.  Voer tertbord daarmee uit.
Vulsel:

1 e mielieblom                                  1 e botter
1 k melk                                           125 ml gerasperde kaas
2 geklitste eiers                                1 e gekapte uiie
1 e fyn pietersielie                             knippie rooipeper
225 g fyngekerfde spek

Maak witsous van mielieblom, botter en melk.  Kook tot dik en laat afkoel.  Voeg orige bestanddele by.  Gooi mengsel in ongebakte kors en strooi gerasperde kaas bo-oor.  Bak tot kors gaar is en vulsel ‘n goudbruik kleur het.
Bedien warm.

Nog ‘n vulsel:
1 e botter                                         2 e meel
knippie sout                                     1 k melk

Maak witsous hiervan en voeg die volgende bestanddele by:
450 g gemaalde ham of 2 blikkies viennas in stukkies gesny
1 k grofgerasperde Cheddarkaas       2 hardgekookte eiers
1 t mosterd                                       rooipeper

Sprei in kors.  Klits 1 eier en 125 ml melk goed en gooi bo-oor.  Bak 30 minute.

KARRINGMELKBESKUIT MET SONNEBLOMSADE
1 kg bruismeel                                    250g margarien
375 ml suiker                                     400   500 ml karringmelk
5 ml sout                                               2 eiers, geklits
7 ml bakpoeier                                   125 g sonneblomsade, uitgedop

Meng meel, suiker, sout, bakpoeier en sonneblomsade goed saam.  Vryf botter daarin tot fyn gekrummel.  Klits 400 ml karringmelk en eiers saam en voeg by meelmengsel en meng tot sagte deeg.  Indien nodig, voeg nog karringmelk by.  Plaas in gesmeerde panne en bak 30 min by 180C en nog 30 min by 150ºC. Keer uit, laat afkoel en sny dan in netjiese stukke.  Droog uit.  Lewer 2 panne beskuit.  Hierdie resep kan sonder die sonneblomsade ook gebak word en kan ook met sukses verdubbel word.

KARRINGMELK BOTTERBROODJIES
500 ml bruismeel                          5 ml sout
5 ml suiker                                       5 ml koeksoda
60 g botter                                       160 200 ml karringmelk

Sif alle droë bestanddele.  Vryf botter in.  Voeg genoeg karringmelk by om ‘n redelike sagte deeg te vorm.  Plaas op meelbestrooide oppervlak en knie liggies.  Rol deeg uit tot 10mm dikte en sny in 5cm sirkels.  Plaas op ongesmeerde bakplate en bak by 230ºC vir 10   12 minute.  Maak ongeveer 16.

KARRINGMELKBESKUIT (KNUPPELDIK – JOEY PIENAAR)
6 k koekmeel                                             2 eiers, geklits
ongeveer 500ml karringmelk           6 t hoogvol bakpoeier
1 k suiker                                                   250 g margarien
knippie sout

Vryf margarien in meel, bakpoeier en suiker met vingerpunte.  Voeg eiers by.  Maak aan met karringmelk en knie ‘n bietjie.  Maak bolletjies en pak in gesmeerde panne.  Bak vir 1 uur by ongeveer 165 grade C.  Breek en droog uit.

ALL BRAN BESKUIT (KNUPPELDIK – JOEY PIENAAR)
2 k suiker                             2 k karringmelk
4½ k All Bran                    3 eiers
1 kg bruismeel                    500 g margarien
1 t sout

Maak margarien sag en klop karringmelk, suiker en eiers goed saam.  Voeg dit by sagte margarien.  Voeg droë bestanddele by en meng.  Sit in pan.  Bak 45 minute by 180 grade C.  Sny met skerp mes wanneer koud en droog uit.  HEERLIK!

MELKSNYSELS (melkkos)
Wanneer jy die snysels maak, strooi mildelik meel oor.  As jy skraps met die meel werk, gaan jou pot melk-snysels te dun wees.  As dit gebeur, sif ekstra meel bietjie vir bietjie oor die kokende snysels en roer dit in.

200 ml koekmeel                              60 ml witsuiker
5   ml bakpoeier                                 5 ml fyngerasperde suurlemoenskil
2   ml sout                                            2 ml kaneel
ekstra koekmeel vir oorstrooi     kaneelsuiker vir oorstrooi
3   eiers, geskei                                   2 liter melk

Sif meel, bakpoeier en sout saam.  Roer van die melk bietjiesgewys by om ‘n stywe deeg te vorm.  Rol die deeg baie dun uit op ‘n meelbestrooide blad.  Strooi baie meel oor die deeg.  Rol dit op en sny die rol met ‘n skerp mes in baie dun repies.  Strooi baie meel oor die snysels en vroetel dit liggies met die vingers los.  Hou dit eenkant tot benodig.
Verhit die res van die melk in ‘n groot kastrol tot kookpunt. Roer die snysels by sonder om die meel af te skud.  Stel die hitte laer en roerkook die mengsel sowat 10 minute lank   oppas vir oorkook!
Klits die eiergele, suiker, suurlemoenskil en kaneel saam. Roer ‘n bietjie van die kokende melkmengsel hierby.  Roer die eiergeelmengsel dan by die res van die melkmengsel en laat weer opkook.
Klits eierwitte net tot styf.  Roer by snysels in tot goed gemeng. Strooi kaneelsuiker oor.
Lewer 6   8 porsies.

Die volgende resep het ek van ‘n forum-website gekry – vir wildjagters – ek dink die website se naam  is iets soos jaracal…gits, kan nie onthou nie. Ek plaas dit, want ek het al my skoonma se vlakvark-vleis ge-eet en sjoe! kan dit lekker wees! Ek plaas die resep net soos hy daar verskyn.

Die resep word vergesel van ‘n waarskuwing: pasop dat die vleis droog word!
800 g vlakvarklendestuk
gemaalde swartpeper en sout
1 dessertlepel Dijon-mostert
8 skywe pancetta of ander gehaltespek

Marinade
1/2 ui, in blokkies gesny
1 wortel, in blokies gesny
1 selderystok, in blokkies gesny
1 p;rei, slegs die wit deel,in blokkies gesny
1 teelepel fyngekapte knoffel
2 teelepels vars kruie (roosmaryn en tiemie)
1 lourierblaar, fyngekap
2 jenewerbessies
1/2 koppie rooiwyn
4 teelepels olyfolie

Shiraz-sous
1 gekapte ui
1 dessertlepel botter
1 teelepel bruinsuiker
1 kioppie wild of beesekstrak
1/2 koppie shiraz
bessies,vars of in likeur, strroop of konfyt na smaak

Gepeperde pynappel
4 snye pynappel
Gemaalde swartpeper
olyfolie

Sny alle kliere en vliese van lendestuk af. Voeg die gekapte groente en al die ander marinadebestanddele in ‘n suurbestande skinkbord by. Sit die lendestuk daarin enmarineer 24 uur aaneen in die yskas en draai dit van tyd tot tyd.
Maak eers die shirazsous..
Verbruin die uie in die botter in ‘n pan, voeg dan suiker by totdat dit smelt. Voeg die ekstrak en wyn by,verlaag die hitte en laat dit bak totdat dit stroperig is.
Voeg peper by die pynappel en bak dit in olie.
Haal die wildsvleis uit die marinade en vee ekstra stukkies weg. Voeg sout en mosterd oor. Vou die spek om die vleis en heg dit met lyn of tandestokkies. Bak liggies op ‘n rifflepan totdat die spek bros is, maar die vleis steeds in sy kern rou is. Wanneer dit gaar is, laat vyf minute in die warmoond lê om die rooi sappe toe te laat om tot die droë buiteweefsels deur te dring.
‘n Weddenskap: die gaste sal met nuwe oe na ‘n vlakvark kyk.

niertjies

Die volgende resep is van Sarie se website: Niertjie resep. [sien foto hierbo]

As jy in die Karoo grootgeword het soos ek, kan jy nie help om van niertjies en lewer en sulke goed te hou nie. Dié resep is vir my altyd ’n wenner – veral die sous met ’n knertsie brandewyn in

(4 porsies)

  • 12 lamsniertjies
  • 200 g wit sampioene, in skyfi es gesny
  • 30 ml botter
  • 50 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 30 ml brandewyn
  • 250 ml room
  • handvol gekapte pietersielie
  • 10 ml korrelmosterd
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Sny die lamsniertjies in die helfte, verwyder die buitenste vlies en knip die nierpypies uit met ’n kombuisskêr. Smelt die botter saam met olyfolie in ’n pan. Braai die niertjies totdat dit mooi bruin aan weerskante is – dit sal sowat 10 minute neem. (As jy aartappels saam wil voorsit, stel ek voor dat jy dit nou al begin kook.) Haal die niertjies uit die pan en sit dit in ’n sif om te dreineer. Braai die sampioene in dieselfde pan vir sowat 5 minute, voeg die room by en laat die room effens afkook. Voeg pietersielie en mosterd by, en dan die niertjies. Sorg dat die niertjies weer warm word in die sous en geur met sout en peper.

Sit voor saam met
Klein aartappeltjies met bronkors

  • Sowat 20 klein aartappeltjies
  • sowat 200 ml olyfolie
  • 2 handevol bronkors (watercress), baie grof gekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

AddThis Social Bookmark Button

Read Full Post »

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 187 other followers