Feeds:
Posts
Comments

Posts Tagged ‘Afrikaans’

If you read my blog regularly, you will know that I do write my own poems from time to time….here’s another – but in Afrikaans.

Ek stuur jou die goud
oor die dansende blou waters
nie die koue hartelose soort,
maar die goud van ‘n herfsblaar
malend oor ‘n golwende terras
wat ‘n helder skynsel nalaat:
kontrasterend teen die skemer

Ek stuur jou die goud
van ‘n vertroueling met die warmte:
warmte van ‘n spinnende vlam van vuur
wat jou alkant omsingel en dié
van ‘n liefdevolle glimlag
wat jou las sal verlig
en jou plesier sal verskaf

Ek stuur vir jou die goud
van ‘n laatmiddag sonsondergang
langdurig en langsamerhand
die warmligte aanraking
van die strale wat jou deurboor:
laag vir laag tot in jou siel

Ek stuur jou die goud
van goue vonkelende wense en geluk
alhoewel ek nie fisies daar is,
maar my gedagtes wel, wat nooit verwelk:
my gedagtes, altyd aan jou sy!
Ek stuur vir jou die goud!
–Nikita 19:00 17/03/2012

Carol Burnett: Words, once they are printed, have a life of their own.

A blogreader thought this poem was written by Annesu de Vos and she had replied to Kim’s tweets. Wow, great to see what Annesu thought about a poem I’ve written. I don’t see myself as a poet or professional, but I’m still impressed with her comments.


Enjoy the song by Eva Cassidy – Fields of gold

Read Full Post »

Namibia: Goanikontes Oasis – Foto – deur my nig op FB!

Ek is gek oor windpompe – eintlik enige iets wat ‘plaas’ is. Ek is oorspronklik ‘vanaf die plaas’ en heg ek groot waarde aan dinge wat my aan die plaas-dae herinner. Ek [dis my persoonlike opinie!] glo dat mense wat op ‘n plaas groot geword het, kyk op ander maniere na dinge/lewe – dit is ook my persoonlike ervaring!  Jy waardeer dinge op maniere wat ander mense soms nie verstaan of moeilik vind om te verstaan. Dit laat my ook dink aan Langenhoven se gesegde: slegs as jy met kerslig groot geword het, weet jy wat liefde is. Natuurlik bedoel hy liefde in die ‘ander’ sin van die woord. Ons almal weet wat ‘normale’ liefde is. Ek het vandag so bietjie op FB weer gaan inloer en daar kry ek vir Johan van der Watt waar hy so pas Sypaadjiemense op sy FB bladsy geplaas het. – sien my Afrikaanse digters bladsy vir sy liedjie: Sypaadjie mense [ook 'n inskrywing iewers op my blog, waarop hy afgekom het!] Hy was die kunsonderwyser by my Hoërskool en ook in St8 my Voogonderwyser. Hy is ook ‘n spotprent-tekenaar en baie van sy spotprente verskyn in die Beeld – en verseker ander koerante ook. Ek is toevallig ook op ‘Soundcloud‘ geregistreer en kry toe sy ander baie mooi liedjies wat ek hier plaas. Windpompliedjie het my ook dadelik getrek – hoe dan anders! Die twee foto’s in die inskrywing is van ‘n niggie van my wat graag rondtoer wanneer sy die geleentheid kry. Ek weet sy sal nie omgee dat ek die foto’s by haar ‘geleen’ het nie. Die onderste foto het ek so bietjie ‘gesny’ om te fokus op dit wat ek wou hê. Op Johann se profiel was daar ook ander sangers waarna ek geluister het en die laaste liedjie is ook ‘n liedjie wat my aandag getrek het. Geniet dit saam met my!

Knysna-omgewing – B&B – foto: ook ‘n foto van my nig op FB.

Johann met My Môreland

Die liedjie is deur Emile Minnie: Sandkasteel

Read Full Post »

Eendag was daar drie baie gelukkige katte wat met Juffrou Mollie Smit gewoon het. Op ‘n dag was gryskat bitter ongelukkig. Al die glans was uit sy oë en hy het baie droewig en trietsig gevoel. Selfs die spin in sy keel het stom geword. Die swartkat en gemmerkat het baie bekommerd geraak en gewonder wat hulle kon doen om gryskat weer gelukkig te kry. Juffrou Smit het ‘n sonkol op haar bed gehad wat net skielik verdwyn het! Gryskat het daarvan gehou om in die sonkol te gaan lê. Dadelik het swartkat en gemmerkat begin om die sonkol te soek. Hulle het die huis behoorlik omgekeer, terwyl Juffrou Mollie uit was om inkopies te gaan doen. Kaste se laaie is oopgetrek, tafeldoeke is afgetrek, boekrakke is omgekeer, alles het inmekaar getuimel. Selfs ‘n glasvoël en porseleinbeeldjie van ‘n meisie het afgeval en bo-op ‘n hoop boeke op die mat beland. Hulle het later kombuistoe verskuif en daar gaan soek. Die kombuisgordyntjies was deurskynend en daardeur kon hul sien dat daar niks daaragter was nie. Later was hulle in Juffrou Mollie se slaapkamer en daar het hulle ook ‘verwoesting’ aangerig soos hul gesoek het. Toe sien hul die houtkis, waarin die nuwe teestel gepak was, reg voor die venster! Hulle het die kis bespring en probeer trek en later dit reggekry dat die kis kantel en begin val. Met ‘n gemiaau en ‘n geblaas het hul rondgespring soos hul geskrik het. Toe, met steeds verskrikte oë, sien gryskat Juffrou Mollie se bed raak! Op haar bed het die goue sonkol verskyn! Toe Juffrou Mollie tuiskom, was sy minder beindruk met al die gemors in die huis, maar besef waaroor als gegaan het. Sy het besef dat sy onnosel was om die kas voor die venster te skuif en sodoende die sonkol van gryskat te ontneem! – Die boek is een van my talle Afrikaanse kinderboeke wat ek het. Jenny Seed se boeke kan enige tyd gelees word, dit sal altyd ‘n wenner wees. Die illustrasies in die boek is ook puik, reg op die vlak van die kind wat maak dat die boek ‘n kinderboekwenner is.

Ek was getag deur Toortsie om ‘n ‘storie’ te skryf.Wel, baie stories kan ek skryf en het ek al geskryf. Al daardie stories is sommer net ‘n kort kinderstorie – wat ons almal ken – geen rêrige waarheid skuil daaragter nie en dis meer oor die verbeelding van die kleinkinderkind en om dit te prikkel. My storie gaan eintlik oor iets wat rêrig is. Dit bestaan en alle Suid-Afrikaners is daarby betrokke. Of jy in die land woon of nie. Jy is deel daarvan. Jy kan nooit jouself losmaak daarvan nie en al probeer jy, of al sê jy dat jy nie meer deel is nie, jy bluf jouself. My storie is ook ‘n gryskatstorie. My storie is ook oor ‘n sonkol wat weggeraak het. Almal is huidiglik besig om hierdie sonkol te soek, ek inkluis. Ons krap die plek erger om as wat gemmerkat en swartkat dit gedoen het. Ander katte krap dit nog meer om as onsself, maar ons is almal opsoek na daardie goue sonkol wat al byna 20 jaar weg is. Vir ons almal se onthalwe, hoop ek en glo ek dat daardie sonkol eendag weer sal verskyn. Dit gaan nie gou wees nie, want die verwoesting raak al hoe erger en dit gaan al hoe moeiliker raak om dit te kry, maar tog sal dit uiteindelik gekry word, ons moet net moed hou – soos swartkat en gemmerkat. Dit was vir my uiters hartseer om by die familie te kuier en kennis te neem van alles wat ‘ondergronds’ gebeur in my geliefde vaderland. Ek wil nie hê dat dit moet gebeur nie, maar die verwoesting moet gebeur. Anders kan daardie goue sonkol nie gevind word nie. Ons bly positief, hoop, glo en vertrou. Dis vir my wreed om te verneem wat in ons hospitale aangaan, hoe swakopgeleides pasiënte laat sterf en hoeveel die staat en hospitale moet uitbetaal as gevolg van die swak opleiding en die nalatigheid daarvan. Ek moes aanhoor hoe ongevoelig daar met pasiënte gewerk word, tydens stakings – wat als gebeur het. Ek het gevoel hoe die trane in my oë opwel en kon nie help om van dit weg te pink nie. Skade kan daar gesien word, ‘n lewe word geneem! Wat van die Onderwys, waar die skade nie so direk opsigtelik is nie? Dienste – swak opgeleide treindrywers wat daagliks ongelukke veroorsaak – weereens: mense se lewens is betrokke. Kan die aan bewind nie dink hoe Juffrou Mollie gedink het – hoe onnosel hulle is en wat hulle eintlik aan die land berokken nie? Ek sit soos gryskat met verskrikte oë. Ek kan nog baie meer by my storie aanlas, nog meer en intens hartseer, maar laat ons eerder positief dink, bly en wees. Ek sit ek met my familie hier en tuis, en hoop – vir almal se onthalwe – dat daardie goue sonkol baie vinnig gevind sal word.  Alleenlik dan sal almal – alle kleure van die reënboog ingesluit – gelukkig wees.

Read Full Post »

Ek het die boek vandag raakgeloop. Dis die mees oulikste kinderboek boek wat ek lanklaas gesien het. Die tou – wat lyk soos rêrige tou – is deel van die boekomslag. Jy kry die idee dat dit ‘n regte stukkie tou is wat om die boek gebind is as jy op ‘n afstand daarna kyk. Meerkatte is een van my gunsteling Afrika-diere…My gunsteling voël is die Tarentaal.

Voorin is allerlei humoristiese sê-goetjies en interessanthede oor die Meerkat-familie, o.a. hulle motto: Stay Safe, Stay Together.

Sunny Meerkat decided to find the perfect place to stay – and then sent postcards home about his travels and experiences. The Meerkat motto is: Stay Safe, Stay Together. [and sleep together!] Click photos for a larger view, especially the photo following the next photo, so you can read the message.

Binne in die boek is verskeie poskaarte wat deur die Meerkat – wat besluit het om te travel om die perfekte plek te soek om te bly,  huistoe gestuur is. Hier kan jy een so ‘n poskaart sien. Die volgende foto is die agterkant met die boodskap. Klik die foto sodat jy die boodskap kan lees.

Die einde van die storie. Soort van ‘n foto-album.  Sunny Meerkat het besluit om terug te keer huistoe – slegs na ‘n week!  ‘n Baie oulike idee van die skryfster, Emily Gravett. Ek kyk graag Meerkat Manor, dit word nou weer op Channel 5 uitgesaai, episode 2 was gister en jy kan die video’s op hul webbladsy kry tot ‘n maand nadat dit uitgesaai is. Wel, terwyl ek heerlik kuier, onthou die Meerkat motto: Stay Safe, Stay Together! [and sleep together!] Ek sal nou nie soos Sunny Meerkat kan belowe dat ek gaan ‘skryf’ nie, dus, hou die blink kant bo en moenie vergeet: 14 Augustus is Afrikaans-dag nie! Die dag waarop die GRA gestig is. [14/8/1875] O ja, Vrouedag is 9 Augustus.


Hierdie volgende gedig het ek op laerskool geleer [moes!] en ek kan net nie die volledige gedig onthou nie, dus enige iemand wat hier lees en kan help, ek sal dit so waardeer! Ek het hulp uit talle oorde aangevra, maar dit nog niks opgelewer nie.Die woorde in ‘n ander kleur het ek opgemaak en die digter sal ek ook graag wil weet!

Die Meerkat

Spitse snoetjie skerpe ogies
Stertjie lank en kaal
Lange naels, skerp soos naalde
en ‘n jassie vaal.

In die môre-son se strale
In die oggend dou
Penorent sien jy die meerkat
Met ‘n stukkie tou. [ek weet hierdie reël is totaal verkeerd]

Die volgende gedig het ‘n vriendin vir my aangestuur [Lianda, baie dankie!] in die soektog na die bogenoemde gedig. Dis ook ‘n gedig oor ‘n Meerkat en  sy het die gedig gevind omdat ek gedink het die gedig dalk deur CM van den Heever geskryf was. Ek waardeer haar soektog na die gedig geweldig en sy’s altyd van groot hulp ten spyte daarvan dat sy ‘n besig Ma is met jong skoolgaande kinders – wat selfs nou besig met eksamens is. Waarlik ‘n steunpilaar!

DIE MEERKAT

Regop sit die meerkat teen die bult, sy koppie roerloos,
fyn gesny en slim met die ogies soos vonke daarin;
hy staar na die verdorde velde en die slingerloop van die paaie
en hou die bosse dop van waar die dood gou kan bespring.
Maar niks lewe of roer in die rondte en die somerson is `n bol
vlammende vuur wat ver en wyd die berge laat tril in die hitte
Dan roer hy sy kop en die omgewing, verras en ontwaak, vloei na die lewe
na wat daar beweeg het, en verstol dan weer gou in die doodsheid.
En waarom hy ook moet lewe, die rooimeerkat met penregop lyf,
dit weet niemand – hy, nog die lang ketting lewe lank voor hom.

Nou spring die omgewing in aandag; geluid het gekom oor die stilte,
`n gulsige hond met hangende tong het verskyn en sy woeste geblaf, val luid teen die lug en eggo die klowe dan in.
`n Paar draaie, vervolger en vervolgde die verskroeide aarde oor,
dat die pote dreun en gehyg van `n asem gulsig bly gaan.
Dan net `n fyn, angstige skreeu en die meerkat ril nog `n keer
en sterwe met sy tandjies wit na die sonlig daarbo.
Die hond gaan dan snuffelend verder en daar hoog kras `n
kraai –
was hy nodig – die meerkat – en wie van ons sal dit raai?

CM van den Heever



Ek is uiteindelik oppad, ongelukkig slegs vir ‘n baie kort tydjie. Gelukkig kon ek die tydjie afknyp om weer bietjie in Suid-Afrika te gaan kuier, anders sou nog ‘n jaar verby gegaan het sonder dat ek die familie gesien het.

Hierdie liedjie is baie mooi – met veral die mooi tonele uit SA.

Halala Afrika

Toe die wêreld hier nog jong was en die horison wyd en oop
Was dit groen hier in die halfrond, suid van die ewenaar
En in die skemer as die son sak en die beeste huis toe loop
Klink die roepstem van die vroue oor die heuwels van die land:
Halala, ewig is ons Afrika.
Tula tula mtanami, tula tula sanaboni, tula tula mtanami,
Ubab uzobuya sihlale naye, ubab uzobuya sihlale sonke, Hmmm-Hmmm

Toe kom die skepe uit die weste, wit seile oor die see
Om te vra vir koos en water en te bly vir so veel meer.
En die land wat een tyd oop was, die land het ons verruil
Vir die ghetto’s van die stede is ons koperdraad gegee.
Halala, ewig is ons Afrika
Halala, sasiphila, kamnandi, halala, mayibuye Afrika
Tula tula mtanami, tula tula sanaboni, tula tula mtanami,
Ubab uzobuya sihlale naye, ubab uzobuya sihlale sonke, Hmmm-Hmmm

Daar was rykdom in die maag van ons moeder Afrika
Diamante en ook steenkool, goud, edel metaal
En die mense word die slawe hier want die mense word betaal
Om te tonnel in die aarde elke greintjie uit te haal
En die groot en oop grasvlaktes span dit toe met doringdraad
En van die olifant tot die gemsbok al die diere moes kom buig
Voor die mag van die grootwildjagter voor die mag van sy groot geweer
Totdat net die stilte oorbly, totdat net die stilte heers.

Halala, ewig is ons Afrika.
Halala, sasiphila, kamnandi, halala, mayibuye Afrika
Sasidjapolutjoloythina
Halala, sasiphila, kamnandi, halala, mayibuye Afrika
Source: southafrica.com/forums/language/5041-zulu-translation-request.html  Krediet vir foto met Tafelberg: Suid-Afrikaanse Lugdiens

Read Full Post »

This entry is more about a new Afrikaans song by Steve Hofmeyr – he sings in English too, and if you like the voice of Neil Diamond, then you will surely like his music too. Anyway, this new Afrikaans song is a protest song and I was reading on the link, in this post, about protest songs. Afrikaans is a young language and since the start Afrikaans struggled to survive. The British settled in South Africa in 1820 and then after the South African-British War – Boer War – Afrikaans was also ‘banned’. In primary schools, if you dared to speak your mother tongue [Afrikaans], you got a board around your neck stated ‘Donkey’ on it. At the moment, Afrikaners [not Africans] again, have to fight to survive. Not just to survive as a human race, but also the language as such. Farmers get murdered on a weekly basis [don't forget the murders in the towns and cities too.] The world is IGNORANT!
Goethe said, “There is nothing more frightening than active ignorance.”
I’ve found the lyrics to the song and also some English words to it [to part of it], but you will get the ‘message’. ‘Apartheid’ was nothing comparing to what happens now in our beautiful country. And if you really think you know everything about Apartheid, then I think you know just a tiny drop in the ocean of what it really was. Being in the UK now for long enough to know what they ‘know’ about ‘Apartheid’, is enough to tell me that they believed anything that was dished up to them as ‘Apartheid’. We all know what the ANC tried to achieve with their ‘campaigns’ and with a world full of narrow-minded people, they achieved what they wanted  including the toi-toi on Trafalgar Square in the 1980’s and their sad sing-songs in America.  Also, I think some of us know WHY things happened as it happened – like the Zimbabwean-ordeal – and it is just a matter of ‘time’ and South Africa will be there  too – then those ‘waiting’ will ‘close in’.[and I'm not referring here to 'those' as the Afrikaners]. During the Boer War the British found it hard to win the war… we are a nation made up from different nations. We will fight and stand up again. Ex Unitate Vires= Unity is Strength

Read more about us here:

THE BOER NATIONS

Take a community of Dutchmen of the type of those who defended
themselves for fifty years against all the power of Spain at a time
when Spain was the greatest power in the world. Intermix with them a
strain of those inflexible French Huguenots who gave up home and
fortune and left their country for ever at the time of the revocation
of the Edict of Nantes. The product must obviously be one of the most
rugged, virile, unconquerable races ever seen upon earth.  Take this
formidable people and train them for seven generations in constant
warfare against savage men and ferocious beasts, in circumstances
under which no weakling could survive, place them so that they acquire
exceptional skill with weapons and in horsemanship, give them a
country which is eminently suited to the tactics of the huntsman, the
marksman, and the rider.  Then, finally, put a finer temper upon their
military qualities by a dour fatalistic Old Testament religion and an
ardent and consuming patriotism.  Combine all these qualities and all
these impulses in one individual, and you have the modern Boer — the
most formidable antagonist who ever crossed the path of Imperial
Britain.  Our military history has largely consisted in our conflicts
with France, but Napoleon and all his veterans have never treated us
so roughly as these hard-bitten farmers with their ancient theology
and their inconveniently modern rifles. —Arthur Conan Doyle

Click THIS link to read the entire article by Arthur Conan Doyle.

Arthur Conan Doyle (1859-1930), Scottish author and creator of the oft-quoted detective-hero Sherlock Holmes wrote The Adventures of Sherlock Holmes (1891)

On THIS LINK link, – on my blog – I said in 2007 that I hope we as a nation will – again – rise and stand together one day. Eventhough we are scattered all over the planet at the moment, I do look forward to that day when things will ‘come together’ for all of us.

What is protest music? In April 1966, Bob Dylan arrived in Stockholm as part of his controversial “electric” world tour, and a local interviewer asked him why he was no longer writing and performing protest songs. Dylan, irritated and more than a little out of it, objected to the question’s premise and called one of his new rock ’n’ roll compositions the very height of protest music: “Very, very protesty. And, uh, one of the protestiest of all things I ever protested against in my protest years.”

Please click HERE to read the entire article.

Ons Sal Dit Orleef

Ons sal dit oorleef – Steve Hofmeyr
“Daar’s ‘n land en ‘n volk in een taal gedoop
Met gebede en buskruit en bloed gekoop
Wat weer en weer van sy knie af moet streef
Ons sal dit oorleef…

Uit die kake van oormag deur die vuur op ons werf
Staan die engele by ons vroue en die kinders wat sterf
Elke grafsteen een standbeeld vir die wat bly leef
Ons sal dit oorleef…

My hart klop toktokkie waar hy breek vir my volk
Voor die kakie kanon of die k****r se dolk
Dit maak nie meer saak nie waar ons ons begeef
Ons sal dit oorleef…

Ek lig my oë tot die berge op
Waar sal my hulp tog vandaan kan kom
Ag my God jou woorde lê deur my geweef
Ons sal dit oorleef…

Ek staan vandag op jou plaas ou vriend
Daar hang stof oor die stilte sovêr ek kan sien
Maar die geeste van gister sal more herleef
Ons sal dit oorleef

Some of the words in English.

My heart beats toktokkie where it breaks for my people
against the English (Khaki) canons or the Kaffir’s dagger
It matters none where we now are heading
We will survive this ordeal …

I raise my eyes to the mountains
ask where will my help arrive from?
Oh my Lord your words are woven within me…
We will survive this ordeal…
English lyrics: whatishappeninginsouthafrica.blogspot

Conversation between Theodore A… and Steve on Twitter [you might want to click the image for a clear view]

Read Full Post »

…vir die trane wat ek nou kon stort.

Vir die wat gedigte op my blog soek deur Adam Small: Hier is een. Op die bladsy oor: Afrikaanse digters en gedigte sal jy nog kry.

Die Here het gaskommel

Lat die wêreld ma’ praat pêllie los en vas
’n sigaretjie en ’n kannetjie Oem Tas
en dis allright pêllie dis allright
ons kannie worry nie

’n sigaretjie en ’n kannetjie Oem Tas
en ’n lekker meid en lekker anner dinge
oe!
lat die wêreld ma’ praat pêllie los en vas
wat daarvan
wat daarvan
wat maak dit saak
soes die Engelsman sê it cuts no ice
die Here het gaskommel
en die dice het verkeerd gaval vi’ ons
daai’s maar al

so lat hulle ma’ sê skollie pêllie
nevermind
daar’s mos kinners van Gam en daar’s kinners van Kain
so dis allright pêllie dis allright
ons moenie worry nie
–Adam Small

Read Full Post »

Photo:capestay.co.za/skipskop

Pak op, pak op,
sit jou goedjies op jou kop
Môre gaan ons weg, ver van die weg
Skipskop, Skipskop,
wanneer hou die dinge op
swaarkry lê nog voor,
die blou berge oor.

Overberg se mens, is ek gebore.
Op die plek Skipskop, nes my pa en sy pa ook.
Hier deur die duine, loop ons spore
Hier op die beach, hier langs die see is ek getoeë

Maar wat ken ek anders, as die blou dam se branders
en die wolke en winde wat hier waai
Verkoop jou bootjie, pak op jou goedjies
en sê maar so long, Skipskop, Skipskop sê goodbye.

Die linkerhand, of die regterhand
watse kant lê die plek, misverstand
asseblief meneer, ag sê tog weer
is dít die pad wat ons moet môre vat
´n stukkie lê hier, en ´n stukkie lê daar
die stukkies van my lewe, hulle lê baie deurmekaar
tel op vir shorty, en tel op vir pop,
gaan haal vir Apie en hou daai kindjie dop.

Maar wat ken ek anders
as die blou dam se branders
die wolke en die winde wat hier waai
Pak op jou goedjies, verkoop jou bootjie

en sê vir so long,
Skipskop, skipskop
sê gooodbye

Maar wat ken ek anders
as die blou dam se branders
die wolke en die winde wat hier waai
Verkoop jou bootjie, pak op jou goedjies
en sê vir so long,
Skipskop, skipskop
sê gooodbye

so long, Skipskop, skipskop
sê goodbye

[Ironies - die liedjie - dit laat mens nogal dink, nê - as jy weet wat ek bedoel]


Deserted house at Skipskop – almost the style of a fisherman-cottage.The image is from THIS LINK where you can view two more pictures of Skipskop.
On THIS LINK you can see images of early building styles in the Cape and I wonder if you’ve heard about the Hartbees-huis [home]. It has nothing to do with the Hartbees-antelope though.

The name and style of the hartbeeshuis , a thatched A-frame hut one can still see at Puntjie in the Western Cape, shows a conjoining of the indigenous with the European: harub is the Khoi term for the reeds used as thatch, biesies the same term in the Dutch vernacular; hence harubbies, adulterated to hartbees, with “huis” meaning “house”. It is a traditional European style, adapted with the bowed poles of the transportable Khoi matjieshuis.

Baie dankie aan Eelt vir hierdie bydrae wat hy vir my in die kommentaarboksie gelos het. Die link van die nuusberig is ook aan die einde van die berig. Volgens Eelt het Dana Snyman in een van sy boeke die geskiedenis van Skipskop opgeteken.

Vrydag 10 Desember 2004 bl. 16
Beeld
Johannesburg Finaal
Hoofartikel Bladsy
Beeld-Deurloop

Die vredige skildery lieg, mevrou, haal hom af
Dana Snyman
Ek wil met jou gesels oor daardie skildery teen jou sitkamermuur, mevrou – daardie een van die vissershuisies op Waenhuiskrans.
Ja, ja, die een wat net bokant die nuwe Serengeti-bank hang, links van die Claerhout: op die agtergrond is die see, met die huisie op die voorgrond, ‘n gesellige rokie kronkelend by die skoorsteen uit, ‘n wasgoeddraad vol helderkleurige rokke en broeke langs dit, en ‘n slapende hond of twee hoendertjies voor die deur. So vredig.

Nie dat jy die enigste een is wat só ‘n skildery van Waenhuiskrans se vissershuisies het nie, mevrou. Daardie skilderye hang geil in hierdie land se sitkamers, want oral is mense, met of sonder kunstalent, wat tog so graag daardie huisies skilder.

Al daardie skilderye lieg, mevrou. Ek het die laaste twee dae tussen daardie huisies in Kassiesbaai op Waenhuiskrans rondgestap en, glo my, dis glad nie soos op daardie skildery van jou nie. Ja, daar hang klere oor die wasgoeddrade langs daardie huisies, maar baie van daardie klere is oud en verbleik, mevrou. Party hemde het gate in, party broeke is gelap.

En, ja, voor ta’ Anna Benzien se huisie lê ‘n hond, so ‘n bejaarde pavement special, maar hy lê ook maar net omdat hy nie meer behoorlik kan stap nie, mevrou. Miskien is dit rumatiek of kanker of sommer net die ouderdom, maar daar is nie ‘n veearts op Waenhuiskrans nie.

Buitendien, mevrou, ta’ Anna het nie geld vir veeartse nie.

Hierdie Kersfees, mevrou, gaan antie Anna en haar kinders en al die kleinkinders daardie twee hoendertjies op jou skildery opeet, want ta’ Anna oorleef op ‘n staatspensioen, mevrou, en op Waenhuiskrans is nie werk vir haar kinders nie.

Jimmy, haar oudste, trôl nog soms op die skuite, maar die vis loop nie meer soos van ouds nie, mevrou. Die groot skuite met hul beernette het al die vis kom vat, mevrou, sodat ek en jy lekker in restaurants kan eet. Dis ook vreemd, mevrou, langs baie van daardie huisies staan gedaan ou motors, tog verskyn dit nooit op daardie skilderye wat in jul sitkamers hang nie. Is dit omdat ‘n gekrôkte Nissan Laurel of ‘n Austin Apache sonder wiele nie esteties genoeg vir die sensitiewe kunstenaarsiel is nie?

Voor oom Bob Dyers se huisie lê ook ‘n groot, pienk teddiebeer in die stof, mevrou, en by die deur staan twee leë brandewynbottels, en teen die voorhuismuur hang ‘n gehekelde Onse Vader – goed wat uiteraard ook nie op daardie skilderye van julle verskyn nie, mevrou.

Oom Bob sê nie eintlik veel nie, mevrou. Hy is mos maar stil sedert hy die beroerte-aanval in April gehad het. Oom Hennerik Grandfield, wat nes oom Bob ‘n visserman was toe daar nog vis was, praat wel, mevrou. Hy vertel hoe hy en sy mense in 1984 deur PW Botha se regering aangesê is om pad te gee van Skipskop af.

Skipskop was ook so ‘n fraai vissersdorpie nes Waenhuiskrans, mevrou. Maar toe besluit PW-hulle mos daar moet ‘n missieltoetsbaan gebou word, en toe moet oom Hennerik-hulle maar oppak en trek, die duine oor, Waenhuiskrans toe.

Nou sit oom Hennerik in daardie fraai vissershuisie teen jou sitkamermuur, mevrou.

Haal daardie skildery af, mevrou. Bêre hom. Steek hom weg.
Want jy het meer geld vir hom betaal as wat oom Hennerik tans in ‘n jaar verdien, mevrou.
http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/2004/12/10/B1/16/01.html

Read Full Post »

« Newer Posts - Older Posts »

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 192 other followers