On this page you can find all the links on my blog about recipes, they are mostly South African recipes and many of them translated into English too, even traditional recipes too. All links will open in a new window.
Nadat soveel bloglesers nou al gevra het vir die grootmaat-resepte dokument, plaas ek dit nou hier vir aflaai en gebruik deur enige persoon. Ek het die dokument lank terug op ‘n site afgelaai, kan ongelukkig nie onthou van waar meer nie en daar is geen aanduiding in dit waar dit vandaan kom nie. Geniet dit!
update Augustus 2011 -Op link nr 16 in hierdie inskrywing [2de laaste link in hierdie inskrywing waar jy nou lees] is daar nou nuut bygesit – TWEE PDF dokumente met die allerheerlikste resepte, moet dit nie misloop nie.
!!!RESEPTEBOEK GROOTMAAT!!! PDF DOKUMENT
KLIEK OP DIE ROOI LINK!! —Vir die PDF-dokument met grootmaat resepte, klik die ROOI link-dit sal in ‘n nuwe venster oopmaak. Resepteboek groot maat PDF [Update: August 2011 - op link nr 16 - onderaan in hierdie inskrywing - [2de laaste link] is NOG TWEE PDF-dokumente met die allerheerlikste resepte. Moet dit NIE misloop nie.]
1. http://chessaleeinlondon.wordpress.com/2007/09/02/vetkoek-phat-cake/
2. http://chessaleeinlondon.wordpress.com/2007/06/30/heerlike-suid-afrikaanse-resepte/
3. http://chessaleeinlondon.wordpress.com/2007/06/30/koeksusters-or-cook-sisters/
5. http://chessaleeinlondon.wordpress.com/2007/09/03/pap-in-your-microwave/
6. http://chessaleeinlondon.wordpress.com/2007/09/29/crumpets/
7. http://chessaleeinlondon.wordpress.com/2007/09/10/comfrey-pizza/
8. http://chessaleeinlondon.wordpress.com/2007/09/25/karringmelk-beskuit/
9. http://chessaleeinlondon.wordpress.com/2007/09/08/potjie-kos-more-recipes/
10. http://chessaleeinlondon.wordpress.com/2007/09/04/peppermint-crisp-fridge-cakerecipe/
11. http://chessaleeinlondon.wordpress.com/2008/01/26/south-african-recipes/
12. http://chessaleeinlondon.wordpress.com/2008/01/24/fish-kebabs-jamie-oliver/
13. http://chessaleeinlondon.wordpress.com/2008/01/26/buttermilk-rusks-karringmelk-beskuit/
14. http://chessaleeinlondon.wordpress.com/2008/01/26/milk-tart-and-puff-pastry/
15. http://chessaleeinlondon.wordpress.com/2008/07/29/muffin-recipes-and-lots-more-yum/
17. http://chessaleeinlondon.wordpress.com/2008/10/03/wartime-recipes/





Istanbul Chess 2012
Biel Chess Festival 2011- Click the image for the official site

























Karen Asrian Memorial[click image for the link]
Tata Steel Chess
London Chess Classic
Dortmund 2010
South African Open 2010
British Chess Championships 2010
Nalchik 2010 Fide Women's Grand Prix -25 April to 8 May
2009 - 2-12th July - Dortmund Live 2009
SA Open 3-11 July in Cape Town
MTel 2009
Linares 2010
World Youth Chess Championships 2009

Anand vs Topalov 21 April 2010




Hi Daar
Ek sien jy het ‘n “resepte boek” vir grootmaat resepte. Is dit dalk moontlik dat jy vir my ook ‘n kopie kan aanstuur asseblief? Ek is voedseldiensbestuurderes by ‘n hospitaal en verwelkom altyd nuwe grootmaat resepte.
Baie dankie.
Mariaan Niemand
hi Mariaan! Welkom hier. Ek stuur dit vir jou! Laat my weet as dit nie deurgegaan het nie. Ek het jou email gebruik wat jy hier vir my gelos het.
Mariaan,
Ek het die resepte na jou email gestuur wat jy hier gelos het, maar die email het terug gekom. As ek jou regte email kan kry, kan ek dit vir jou aanstuur.
Hallo
Ag asseblief tog, sal jy vir my ook die grootmaat boek stuur? En, uhhm, askies tog, maar is dit dieselfde as die “lywige word doc” met resepte wat jy per email gekry het? As dit nie is nie, mag ek daai een ook kry? Groot asseblief. En byvoorbaat baie, baie dankie. Mag die son vir ewig oor jou en al jou nasate (= sand van die see) skyn
Liv
hi Livvie! Ja, dis die “lywige word doc”, het ek dit al vir jou gestuur? Indien ek niks van jou hier hoor nie, sal ek dit vir jou per email aanstuur – maar eers vanaand. Dankie, stuur bietjie son!
Hi, kan ek ook die “lywige word doc” kry groot asb? Ek is absoluut verslaaf aan resepte bymekaarmaak. Lol.
baie dankie.
hi Gloria…ek maak so teen more-aand!
Hi daar, ek het asseblief hulp nodig. Moet volgende naweek potjiekos vir omtrent 150 mense gee. Het gedink aan beesvleis/ skaapvleis? Hoeveel bestandele het mens omtrent nodig vir soveel mense?
hi Karen, Liewe Aarde, nee, ek het geen idee nie, ek kook nooit vir so baie mense nie, gelukkig nie. Jammer! Jy moet dalk op die internet bietjie rondkrap – potjiekosresepte vir grootmaat – of so iets. Sterkte!
Haai Karen, hoe lyk dit kan ek dalk ook ‘n kopie van jou resepe boek kry. Waardeer baie.
hi Anette, ek glo nie Karen gaan terugkom en hier lees nie, ek het so pas vir jou die resepte “boek” aangestuur.
waar kan ek resepte kry om parfuum te maak? Kan iemand dalk help? borduurland[@]vodamail.co.za
hi Marinda, Jy is welkom hier, maar nou vra jy totaal en al die verkeerde persoon!!
Ek hoop iemand wat hier lees sal jou kan help!
Hello
Weet nou nie met wie om te praat nie.Ek is op soek om lekker vrugte pons te maak met sonder drank of net n kein beitjie
As julle kan help sal dit wardeer word
Dankie
Hennie
http://www.mawsac.org/Publications/AlcoholFreeDrinks2004.htm
Hi Hennie, Welkom hier. Ek het in ‘n search “alcohol free fruit punch” ingesit en die link gekry, kyk bietjie daar. Ek het net op my blog ‘n resep van vrugtepons ongelukkig met wit wyn
Hello Nikita
Ek se net Dankie dit gaan Help
hi Hennie, dis ‘n plesier.
Hallo almal!
Ek is dringend opsoek na grootmaat resepte. Ek trou 2 Oktober 2010 en ek het resepte nodig! Alle resepte sal waardeer word!!! Julle kan my email by: anel.accounts[@]gmail.com
Dankie!
Anel
Hi Anel…welkom hier! Ek het so pas vir jou die word dokument met grootmaatresepte aangestuur…sterkte met die reelings vir jou troue!!
Kan julle asb vir my ook grootmaat resepte stuur ek trou 11 Desember
Dankie
Maran
Hi Marna…welkom hier by almal en ek het so pas vir jou die dokument afgestuur! Sterkte met die reelings!
Naand Sê.
Ek geniet jou site. Ek bestuur ‘n padkamp vir 20 mense. Kan ek dalk ook ‘n kopie van jou grootmaat resepe boek kry?
Baie dankie
Arthur
hi Arthur, Welkom hier en dankie vir jou boodskap. Ek het so pas die resepte vir jou aangestuur na die email wat jy hier gelos het. Geniet dit!
Baie dankie.
Groete
Dis ‘n plesier!
Groete vir jou ook!
haai mag ek asb ook n kopie van jou grootmaat resepte kry ek het n probleem om vir 20kinders elke dag kos te gee help my asb uit
Goeie Môre
Kan ek ook asseblief ‘n kopie van die grootmaat resepteboek kry.
Baie dankie
hi Nelmarie! Welkom hier, ek maak so…
Hallo Vriendin in die Verre
Ek ontmoet moreaand die Wosonki’s vir ‘n piekniek. Ek wens jy kon ook by wees om te sien hoe die son oor die see sak terwyl ons teug aan ‘n bekertjie wyn en kou aan ‘n kasie.
Gaan alles goed met jou?
Hi Vriendin in die Verre Suide! Jy moet nie sulke dinge hier kwytraak nie, ek pak my tas vanaand, more op die vliegtuig en kom hou piekniek daardie kant…hier sit ons weer met effense sneeu/koue…maar ek kla nie, hoor! Nee, glad nie…
Jy maak my lus met daardie wyn+kaas, ek dink ek moet een van hierdie bottels hier in die volgende week ledig…dis hoeka “half term” volgende week..dus…laat slaap vir ‘n verandering! Sal jou mailtjie stuur! – oor die naweek…ek hoop als gaan nog goed met jou!
Min dinge sal vir my so lekker wees soos om met jou te kan sit en kuier!
Hopelik tref daai voorreg ons nog eendag.
Lekker drink. hahaha, ek het ‘n nuwe vriendin gemaak wat my vertel het daar is vanaand padblokkades rondom ons dorp. M.a.w ons is dalk in vir ‘n ding…
Hi Skoor! Ja, ek dink dit sal ook heerlik wees om jou te sit en gesels. Ek hoop dat daardie voorreg ons sal tref!
Ek hoop die padblokkades was nie te erg nie.
Sterkte daar!
Goeie Middag
Kan ek ook asseblief ‘n kopie van die grootmaat resepteboek kry. Het so bietjie lekker respte nodig hier in london
Baie dankie en groete
Francois
Hi Francois, Goeie naand [amper nag!] Welkom hier, ek stuur vir jou aan! groete uit Bucks en geniet dit!
Hi Nikita
Ek sien jy het baie lekker resepte ek moet ‘n bietjie kyk wat ek het het ook die Kook en geniet asook die Knuppeldik en ‘n paar ander so as jy wil kan ek dalk ook vir jou ‘n paar resepte laat kry. Ek het o.a in een van my boeke afgekom op ‘n baie lekker skaapboud resep wat ek altyd maak. Laat weet maar as jy wil hê ek moet hom vir jou opsit.
Ek is absoluut ook mal oor resepte en het resepte uit tydskrifte hier uit 1970 erns.
Geniet jou dag.
Groete
Meisie
Hi Meisie
Voel vry om enige tyd ‘n lekker reseppie hier neer te plak! Ander sal dit ook dan kan geniet! Dankie, ek hoop jou dag was ook lekker gewees.
Awesome kan nie glo dat ek na 4 jaar se gesukkel nou eers jou webpage raak loop nie So baie dankie vir al die bekende lekker resepte. Ek soek nog ietsie seblief druiwekonfyt korrelkonfyt Ek is jou ewig dankbaar
liefde in oormaat
Lien USA
Hallo Lien!
Ek het nie ‘n druiwekonfyt resep nie, maar as jy by my blogger-vriendin -Skoor – gaan inloer, is ek seker sy sal vir jou iets uitkrap iewers. Baie groete vir jou ook in die USA! Hier is haar blogadres:
Baie welkom hier en jammer dat jy sooo lank moes vat om te kry wat jy wou he, maar gelukkig het jy dit nou.
http://skoorkos.wordpress.com
Hi Nikita
Ek het nou net weer deur my resepte gegaan en toe die resep vir die gaarmaak van lamsboud gekry. Ek hoop dit is reg dat ek die resep sommer hier vir jou gee.
OONDGEBRAAIDE LAMSBOUD
2.5 KG lamsboud
10ml sout
2 ml vars gemaalde swartpeper
5 ml gedroogde kruisement
knoffel na smaak
5 ml gedroogde roosmaryn
100ml botter of margarien
15 ml mazina
250 ml warm vleisaftreksel
Sny oortollige vet af. Vryf peper en sout in die vleis in.
Meng die kruisment, knoffel, roosmaryn en margarien goed saam om ‘n pasta te maak. Sny insnydings in die vleis en stop die vleis met die mengsel. Plaas die boud in ‘n pan met ‘n deksel smeer die oortrollige bottermengsel oor die vleis . Plaas die pan in die vooraf verhitte oond (160C of 325F) oondbraai vir ongeveer 2½ TOT 3 UUR lank tot vleis sag is. Bedruip die boud gereeld met die pansappe. Wanneer vleis gaar is haal uit (moenie die vleis toemaak terwyl dit rus nie dan verloor hy van sy borsheid) sit die pan bo-op die stoof oor matige hitte roer mazina by en roer vleisaftreksel by laat prut totdat die sous verdik. Roer dit voortdurend.
Hoop julle geniet dit.
Hallo Meisie! Dankie dat jy jou belofte nagekom het, ek sal dit later ook op een van my links plaas met jou naam daarby. Ek is seker ons almal gaan dit geniet. Dankie weereens!
Hallo Nikita
Dit was ‘n groot plesier ek het tonne resepte wat vêr teruggaan volgende keer sit ek vir julle ‘n Hoenderlewer patee resep op, sluit net die yskas toe tot jy dit wil gebruik anders is daar niks oor om te gebruik nie. Ek het ook gekyk vir die druiwekonfyt maar kon net fyn konfyt kry. Ek stuur vir Anel ‘n paar resepte en hoeveelhede na haar e pos hoop sy kry dit. Geniet jou dag tot volgende keer.
Hi Nikita
Hiers ek alweer om te loer op jou blad en vir jou nog ‘n lekker resep te gee hoop julle geniet dit.
Tan San se Hoenderlewer Patee
jy het nodig
500g (2 klein bakkies) hoenderlewer
2 pakkies varkwors (vars)
1 biefblokkie
+- 5 eetlepels gelatien
sout en swartpeper (‘n goeie gooi)
½ teelepel droë tiemie
+- 5 – 6 groot, vet knoffelhuisies hoe meer hoe beter!! Ek gebruik partykeer sommer die klaar gepressde knoffel so 1 – 2 hoogvol eetlepels
Verhit oond tot 160C
Nou
Maak lewer skoon en fyn in Twista
Haal worsies uit velle
Druk knoffel fyn in pres
Meng alles BAIE goed saam met tiemie, sout en peper.
Kook 1 liter water. Los biefblokkie daarin op. Gooi gelatien bo-oor. Hou NET warm oor lae hitte MOENIE KOOK NIE.
Skep so ‘n soplepel vol gelatienmengsel in ‘n pyrex bak met ‘n deksel. Skep vleismengsel in bak en gooi soplepel gelatien bo-oor. Sit in oond.. Bak 3 ure. Skep kort-kort gelatien bo-oor.(bak met deksel op)
Wanneer gaar, laat by kamertemperatuur afkoel. Daar sal ‘n wil vet lagie bo-op vorm, skep af. Sit in yskas sodat gel stol en dan sluit jy die yskas tot jy dit nodig kry!! Geniet dit.
Groet vir jou
Meisie
Hallo Meisie! Welkom weer en baie dankie vir die reseppie! Ek sal dit beslis uitprobeer en ek glo dat Anel jou ewig dankbaar sal wees vir die wat jy vir haar gaan aanstuur! Ander wat hier lees sal beslis ook die resepte waardeer! Dankie weereens en groete aan jou ook!
Hallo Nikita
Dit was ‘n plesier geniet die resepte
Groete
Meisie
Dankie, Meisie…selfde vir jou!
Nikita
Ek is op soek na grootmaat poeding resepte. Ons moet vir die kerk poedigs maak en soek ‘n bietjie verskeidenheid. Dankie.
hi Desire, Welkom hier, ek het vir jou die Word-dokument aangestuur, kyk wat daarin is, ander grootmaat-resepte het ek nie, jammer.
Hi Nikita
Sal jy asseblief vir my ‘n kopie van jou grootmaat resepteboek aanstuur.
Baie dankie
Louise
Hi Louise…Welkom hier op my blog…ek het dit so pas vir jou aangestuur. Geniet dit!
Hi Nikita
ek moet n skaapskenkel potjie maak vir 200 persone
kan jy my asb help met resepte en groote van potte
baie dankie
groete thys
Hi Thys! Welkom hier op my blog!
Sterkte!
Ongelukkig vra jy die verkeerde persoon hier. Ek het geen idee van potte vir soveel mense nie. Miskien moet jy bietjie vir my vriendin Skoor gaan pla…sien haar blog-link hierbo in een van die kommentaarboksies…12 Februarie…die vrou wat so lekker agteroor-lag op die avatar met haar sonbrilletjies
My seun trou Desember en het ook jou grootmaat resepteboek nodig. Kan ek dit ook asb kry. en byvoorbaat dankie
Hi Rika, Welkom hier, so pas aangestuur! Geniet dit!
baie dankie sal definitief
Hi jong, Ek is op soek na grootmaat resepte en veral m’n grootmaat resep vir skons. Een wat baie goed kan vries. Kan jy dalk HELP???
hi Monique…Welkom hier op my blog. Hier is ‘n link met ‘n skonresep wat ek self al gemaak het…heerlik! My foto is ook daar…dan uit die “grootmaat”-dokument wat ek het…kom die volgende resepte…geen idee van vries nie..ek glo dit sal gevries kan word. Ek het ook geen idee vir hoeveel mense dit is nie…kyk maar na my resep en verdubbel (ens) soos jy nodig het. Se maar as ek die dokument moet aanstuur met ander grootmaat resepte.
http://chessaleeinlondon.wordpress.com/2008/01/26/south-african-recipes/
BOTTERBROODJIES
500 g bruismeel 100 ml kookolie
2 eiers geklits knypie sout
halwe koppie gerasperde kaas/1 blikkie fyn vleis opsioneel
200 ml melk
Meng droë bestanddele saam. Voeg olie, melk en eier by en meng goed. Voeg kaas/vleis by. Rol uit op meelbestrooide plank. Druk af met koekiedrukker en pak in sirkel op gesmeerde ronde bord. Bak ongeveer 12 op ‘n slag vir 90 sekondes lank op hoog. Draai om en bak weer 1 minuut op hoog.
SKONS
4,5koppies bruismeel 2 t sout
2 e suiker 3 e botter/margarien
2 eiers
Sif meel en sout en voeg suiker by. Vryf botter in en meng tot ligte deeg met goedgeklitste eier en bietjie melk. Rol uit, druk af en bak by 220ºC vir 10 minute.
KAASSKONS
540gram (4,5 koppies) koekmeelblom
50 ml bakpoeier 4 ml sout
5 ml rooipeper 425 g Gouda kaas, gerasper
1 liter melk 4 eiers,goed geklits
Verhit oond tot 200ºC. Smeer die holtes van 4 x 12 kolwyntjie panne goed met botter.
Sif die droë bestanddele saam in ‘n mengbak. Voeg die kaas by en meng. Klits die melk en eiers saam, voeg by die meelmengsel en meng tot ‘n slap deeg. Skep in holte van kolwyntjiepanne die holtes moet gelykvol wees. Bak 15 minute lank in middel van die oond. Laat effens afkoel en verwyder uit pannetjies.
Baie Dankie. Het dit nou net gebak en dit is regtig LEKKER!!!:D Sal dit baie waardeer as jy die ander ook vir my kan stuur.
Groete
Monique
hi Monique…ek stuur dit aan, maar dis nou ook in hierdie possie hierbo, dus kan enige persoon dit nou self aflaai in PDF-formaat. Ongelukkig kan ek nie onthou van watter site ek dit sowat 2-3 jaar terug afgelaai het nie. Daar is ook geen aanduiding in die dokument waar dit vandaan kom nie. Geniet dit…wie dit ookal nog gaan aflaai!
Hi, Nikita
Is so bly ek het op jou afgekom. Sal jy groot asb. vir my ook ‘n kopie van jou grootmaat resepte aanstuur? Is nou moeg om somme te maak om resepte te verander.
Baie dankie.
Groete uit ‘n koue Vrystaat!
Hi Juandi, Welkom hier op my blog. Die resepte in grootmaat is nou van gister af hier op my blog beskikbaar – na so baie begin vra het vir dit. Ek dink jy het dit gemis – in die inskrywing hierbo. Ek het dit vir jou aangestuur en hoop dit gaan jou tyd spaar! Sterkte met daardie Vrystaatse koue en groete uit ‘n minder koue Engeland. Geniet ‘n koppie warm tee…om jou warm te hou.
Kan jy asb vir my ook jou grootmaat resepte aanstuur. Sal dit baie waardeer. Dankie. Ciebella
Ciebelle, welkom hier. Die grootmaat resepte file is HIER op my blog in hierdie “entry” hierbo…derde paragraaf…in PDF formaat….maar ek stuur dit nogtans vir jou aan. Groete!
Hi ek soek ook die grootmaat resepte asb
hi Soekie! Welkom hier opmy blog! Die grootmaatresepte dokument is in hierdie inskrywing hierbo — in PDF formaat. Ek sal hom more vir jou aanstuur…maar jy kan dit ook hier self aflaai. Groete!
Hi Nkita
Kan ek ook ‘n afskrif kry van jou grootmaat resepte, ek sukkel om dit af te laai
Dankie
Hello Andre en welkom hier! Jammer om te hoor jy sukkel, ek sal dit vanaand vir jou stuur!
Hallo Nikita kan ek n kopie van die grootmaat resepte kry.
Dankie
Hallo Dawie, ek het dit vir jou so pas aangestuur, maar dit is ook in hierdie bloginskrywing – 3rde paragraaf van bo…in groen. ‘n PDF dokument wat jy kan aflaai.
hi. Ek sit en wonder waar ek n resep vir grootmaat resepte want ek besit n shelter vir hawelose mense en dit is altyd n probleem om resepte te kry vir al die mense en mens raak moeg om elke dag vir die mense net stew te gee. kan jy as vir my n copy stuur van die grootmaat boek. ek waardeer dit regtig baie.
lekker dag
chrissie
hi Chrissie
Welkom hier. Die PDF dokument is hier in die pos, jy kon dit sommer self afgelaai het! Lees net mooi die VIERDE/5de paragrafie weer, maar ek stuur dit nogtans vir jou. Dankie vir die boodskap en sterkte met die shelter-huis, ek hoop dinge werk reg uit vir julle! Lekker dag vir jou ook!
Hi daar! Kan jy dalk vir my ook die “lywe word doc.” stuur?
Baie dankie.
Lekker dag verder vir jou.
Hi Ruvonne…Welkom hier! Jy het dit seker gemis, maar daar is ‘n PDF in hierdie inskrywing wat jy kan aflaai op jou rekenaar. Die PDF is net ‘n ander formaat as ‘n Word dokument. Ek het dit vir jou aangestuur, maar ek het dit hier geplaas vir enige iemand om dit af te laai – wat my ook die moeite spaar en jy het dit onmiddellik op jou eie rekenaar as jy dit aflaai vanaf die inskrywing. – dit spaar jou ook ‘wagtyd’.
Dankie, lekker dag vir jou ook!
Ek is nou so honger,ek kan my lag nie hou nie.
Ek sal dit waardeer indien jy vir my n lekker
Kaaskoek Resep kan laat kry.
Hi Marie
Hier is vir jou ‘n resep van die internet af. Ek het nie my resepteboeke hier by my nie, dus geniet dit! Dis van die website van Eg-Afrikaans.
KAASKOEK TIPE -TERT
KORS:
1 Pakkie Tennisbeskuitjies
2 groot lepels margarien / botter
(Smelt botter in mikogolf of op plaat. Sit beskuitjies in plastieksak, slaan en trap daarop totdat dit baie fyn is. Meng in tertbord met beskuitjies en druk vas as kors.)
VULSEL:
1 blikkie (410g) gunstelingvrugte (appeliefie/ aarbei/ koejawel)
1 koppie volgeprop met malvalekkers (marshmallows)
1 houertjie (koppie) vars room
1. Smelt die Malvalekkers (marshmallows) op die plaat – haal dan af,
voeg ‘n bietjie van die vrugtestroop in die blik by, gooi die res weg.
2. Sny die vrugte (as dit groot is – los appeliefies net so)
in klein stukkies, en voeg by.
3. Klop room styf en vou dit daarby in, skep in die kors en sit in die yskas
vir net 15 minute – en dien op.
4. Ideaal vir onverwagte gaste !!! Dit kan sommer ‘n nagereg ook word in nood….dien op met roomys
Hi,
Ek sal bitter graag die resepte wil he in PDF formaat, en kan nie sien waar julle dit beskikbaar het nie. Indien dit nie moeite is nie sal ek dit groot waardeer indien julle dit asb vir my kan stuur so gou moontlik.
Baie baie dankie.
Groete.
Hi Bev, ek sal dit vir jou die naweek stuur. Dis die derde paragraaf van bo – ‘n sinnetjie in groen geskryf. Indien jy weer hier kom lees, kliek op die link wat se: “Vir die PDF-dokument….”. Los my ‘n boodskap as jy dalk hier kom lees en dit aflaai, dan stuur ek dit nie, anders stuur ek dit vir jou Saterdag. Groete vir jou ook!
Hallo Nikita
kan ek ook asb n kopie van jou grootmaat resepte boek kry. Ek werk in Saudi en maak een keer n maand kos vir die honger “massas”.
Hallo Annetjie!
, die PDF link is in die inskrywing. Hoop jy kry dit. Sterkte daar!
Welkom hier en dit klink vir my asof jy bedrywing is in Saudi! Lees die inskrywing hierbo [stadig en noukeurig – hoop dit is die woorde!
Hallo Annetjie
Ek sal dit vir jou aanstuur, maar ek verstaan nie HOE mense die link mis nie…dis duidelik die 4/5de paragrafie en dit se duidelik…PDF-dokument. LOL! Dis net geriefliker as mense dit self kan aflaai terwyl hulle nie hoef te wag vir my om dit aan te stuur nie. Ek stuur dit oor die naweek vir jou aan. Nou het ek ‘n afbeelding geplaas in groot rooi letters. Ek wonder wie gaan dit nou kan mis.
Hier is die Swellendamkoek – wat Celia op een van die ander links vir ons geplaas het. Blykbaar soek meer mense na die resep…ek plaas dit hier ook! Jy sal haar resep op ‘n ander link kry waar sy dit ook in ‘n kommentaarboksie geplaas het. Geniet dit.
SWELLENDAMKOEK
Die vulsel word eerste gemaak, want dit moet heeltemal afkoel.
VULSEL:
1 liter melk, 7 gelykvol eetlepels vlapoeier, knippie sout, suiker na smaak.
Maak dik vla met bogenoemde bestanddele en laat heeltemal koud word. Verwyder roomlaag bo-op wanneer koud en smeer oor 3 van die koue koeklae.
Klits 4 eiers tot skuim. Voeg 2 k suiker geleidelik by en klits baie goed. Smelt 125g margarien en 1 k melk en bring tot kookpunt. Voeg 2 koppies meel by eiermengsel, asook ‘n knippie sout en 2 teelepels vanielje. Strooi 2 teelepels bakpoeier bo-oor die meelmengse. Gooi nou warm melkmengsel bo-oor. Laat staan minstens 2 minute en klop dan vinnig. Gooi uit in koekpanne (2) en bak by 190°C vir 30 minute. Laat bietjie afkoel en sny elke laag in 2.
Terwyl die koeklae bak, maak die versiering:
VERSIERING
250 g sagte margarien, 2 k versiersuiker, 4 t vanilla
Klits bogenoemde goed saam tot romerig.
Plaas nou die koeklae op mekaar en versier die boonste laag met die versiering.
Eet die koek terwyl nog so louwarm.
Help asb ek moet ‘n vlakvark bewerk en manlief wil pastei he. Die boud weet ek hoe maar nie om die pastei se vleis te verwerk nie.
Help asb.
Jammer Lizette! Dankie vir jou besoekie, Kan jou ongelukkig nie help nie, probeer my vriendin, ‘Skoor’ by http://www.skoorkos.wordpress.com Sy sal jou dalk kan help.
HALLO – EK SOEK ‘N KOEKPAN VIR IEMAND – DIT IS BLYKBAAR ‘N “SKAAK KOEKPAN”. EK VERSTAAN NIE LEKKER HOE DIE PAN WERK NIE – KLINK NA DRIE PANNE?
hi Louise!
Welkom hier op my blog. Jongie, jy kan my met ‘n veer omtik! Ek het geen idee wat hierdie ‘skaak’ koekpan is nie. Dit moet dalk ‘n ‘nuwe’ ding wees waarvan ek [nog nie] nie weet nie. Ek het ook nou ‘n search gedoen, op niks afgekom nie. Dalk moet jy bietjie meer probeer uitvind by die persoon waar jy daarvan gehoor het. Dit sal interessant wees – ek sal graag ook meer wil weet. Ek wonder of dit nie dalk ‘n koekpan is in die vorm van hierdie ’3-way chess’ nie? Sien die image-link.
http://1.bp.blogspot.com/_j6135gEuOCM/TTt0lgMZx6I/AAAAAAAABdE/y0GUIRRE3ic/s1600/3-way_chess.jpg
Wonderlike webblad. Ek was opsoek na Tradisionele Boere Resepte en het op die webblad afgekom. Ons woon in die United Arab Emirates, en ons het ‘n Internasionale dag by die skool, en ek het besluit om die koeksisters te probeer
Hou vir my duim vas!
Groete
Hi Annelie!
Welkom hier op my blog, dankie vir jou mooi kommentaar. Sterkte met die resep! Laat weet hoe dit gegaan het! Groete daar!!
Hi daar.
Ek is opsoek na die blitskoek of kitskoek resep uit die kook en geniet. Hoop iemand kan help.
Soek roosmaryn pasteikors het bestandele maar soek hittegraad en word dit uitgerol of nie