Ek het letterlik tonne gedigte van ons Afrikaanse digters op my blog wat ek met die tyd sal oordra hierheen – wanneer daar tyd is! Jy kan ook ‘n ‘search’ op my blog doen, want daar is nog BAIE wat ek nie hier geplaas het nie. Hierdie is die eerste inskrywing vir hierdie bladsy…met die gedig van Fagan gesing deur Laurika. Intussen, skree as jy ‘n gedig soek of gebruik die kategorie-menu of die “tags”. Sien ‘n paar van my eie gedigte op die “Gedigte/Poems”-bladsy asook ‘n paar vertalings van gedigte wat ek gedoen het vanuit Afrikaans na Engelse vice versa. Hoop jy geniet wat jy daar vind! – o.a. Totius se “O die pyngedagte”, E Marais se “Dans van die reën”, ens.
H. A. Fagan (1889-1963)
Ek het ’n huisie by die see
Ek het ’n huisie by die see. Dis nag.
Ek hoor aaneen, aaneen die golwe slaan
teenaan die rots waarop my huisie staan
met al die oseaan se woeste krag.
Ek hoor die winde huil – ’n kreun, ’n klag,
soos van verlore siele in hul nood
al dwalend, klagend, wat in graf en dood
geen rus kon vind nie, maar nog soek en smag.
My vuurtjie brand, my kersie gee sy lig.
Ek hoor dan maar hoe loei die storm daar buite,
ek hoor hoe ruk die winde aan my ruite;
hier binne is dit veilig, warm en dig.
Kom nag, kom weer en wind, kom oseaan –
dit is ’n rots waarop my huisie staan.
AMAKEIA ~ deur A.G. Visser
In die skadu van die berge,
bos-beskut aan alle kant,
staan alleen die hartbeeshuisie
op die grens van Kafferland.
Saggies neurie Amakeia
op die wal van Kei-rivier,
tot hy slaap, die tere wiggie
van die blanke pionier:
“Stil maar, stil maar, stil Babani;
kyk hoe blink die awendster.
Niemand sal vir kindjie slaan nie -
stil maar, al is Mammie ver.”
Amakeia had belowe
toe haar nonna sterwend was,
om die hulpelose kindjie
tot hy groot was, op te pas.
Liefd’ryk sorg sy vir die wit kind,
tot vir hom die lewenslig
straal uit aia Amakeia’s
vrind’lik-troue swart gesig.
Onheilspellend sien sy tekens,
oorlog kom daar in die land:
Snel die inval, huis en hawe
uitgemoor en afgebrand.
Selfvergetend, doodveragtend,
met die wit kind op haar rug,
na die Amatola-berge
het sy ylings heen gevlug.
“Stil maar, stil maar, pikanienie;
oor die bergtop rys die maan.
Niemand sal vir ons hier sien nie;
môre sal ons huis toe gaan.”
Ag, dat oë van verspieders
ook haar skuilplaas moes ontdek!
“Spaar hom, hy’s so klein nog,” smeek sy
met die hande uitgestrek.
Woedend tier die wilde bende:
“Sterf of gee die wit kind hier!”
“Oor my lewelose liggaam …”
antwoord Amakeia fier.
“My belofte aan my nonna -
beste wat daar ooit nog was -
waar hy gaan, moet Amakeia
saamgaan om hom op te pas.”
“Is jul lewend nie te skei nie,
bly dan in die dood vereen -
kort proses met haar, Maxosas,
laat die blink asgaaie reën!”
*
In die Amatola-klowe
sing nog net die winterwind
deur die riete in die maanskyn:
“Tula – Tula – stil, my kind!”

Amatola Mountains – Image: hubertha.co.za
My vertaling van “Amakeia” in Engels nadat Norma my in die kommentaar-boks gevra het vir hulp. Ek hoop dat hierdie vertaling nie afbreuk doen aan die gedig nie, enige iemand wat hier lees, enige idees om te verbeter sal waardeer/erken word! Dankie!
Amakeia – A G Visser
Vertaling: Nikita – 14 Februarie 2009
Amakeia
In the shadow of the mountains
bush-sheltered on all sides
stands alone the wattle-and-daub hut
on the boarder of Kaffircountry.
Softly Amakeia hums
on the banks of the River Kei
till he sleeps, the tender baby
of the white pioneer:
“Hush now, hush now, hush Little One
see how the evening star twinkles
No one will hurt you, Little One
hush now, even if Mummy isn’t near.”
Amakeia had promised
when her madam was dying
to look after her vulnerable baby
till he’s a grown-up boy.
Lovingly she cares
for the white child
till the light of day beams
from Amakeia’s friendly-loyal black face.
She sees the ominous
signs of war:
Quick the invasion, home and haven
Slaughtered and burnt down
Selflessly, death defying
with the white child on her back
to the Amakeia mountains
she’d hastily fled
“Hush now, hush now, Pikanini
over the mountains the moon rises
No one will see us here
Tomorrow we’ll go home.”
Oh, that the eyes of the scouts
had to discover their hiding place!
“Save him, he’s so little!” she begs
with hands stretched out.
Ragingly snarled the wild gang:
“Die or give the white child here!”
“Over my lifeless body,”
replied Amakeia vivaciously.
“My promise to my madam,
the best I could asked for:
Where he goes, Amakeia goes,
to care for him.”
“Unite in death
If in life you can’t be parted.
Quick death with her, Maxosas,
Let the glinting spears rain down!”
In the Amatola valleys
Howls only the winter wind
through the reeds in the moonlight:
“Tula-tula – sleep my child.”
(c) Nikita 9:30 14/2/2009

Image: Wikimedia
Ek het my weer bedink oor wat ek gesê het, daarom gaan ek eerder die “links” hier plaas, wat my redelik baie tyd gaan spaar. Hier is die gedigte van DJ Opperman: Draaikewers, Man met Flits en Sproeireën se link. Alle links sal in ‘n nuwe bladsy oopmaak.
http://chessaleeinlondon.wordpress.com/2008/10/11/draaikewers/
DF Malherbe (1881-1969)
Slaap
Wat is die slaap ‘n wondersoete ding!
Sag op haar bloue oë daal die vaak
soos maneskyn diep waterkuile raak
om daar te droom in silwer skemering.
Vir laas beef oor haar lippe ‘n fluistering:
“Nag, Pappie.” Ek merk hoe langsaam hy genaak,
wat drome soet tot werklikhede maak:
in vaderarms rus my lieweling.
Sluit so my oë, God, wanneer vir my
u Engel wenk ter laaste, lange rus
en ek van wilde woeling hier moet skei;
dat my dan stille drome huis toe sus
en sterke Hand deur duisternisse lei.
Sluit so my oë, God, as ek gaan rus.

Op hierdie volgende skakel kan jy Boerneef se: Die Berggans het ‘n veer laat vallees, ook in Nederlands.
http://chessaleeinlondon.wordpress.com/2008/09/29/die-berggans-het-n-veer-laat-val/
Op hierdie skakel kan jy ‘n gedig van JanFECelliers lees…”Die Vryheidslied” en ook “Die Vlakte”, sowel as CF Visser se “O Boereplaas” geniet en ook geskiedenis oor ons Afrikaanse Taal.
http://chessaleeinlondon.wordpress.com/2008/08/14/afrikaans-14-augustus-1875/
Is jy op soek na Wolf-en-Jakkals-stories? Dan is hierdie volgende link vir jou! Afrikaans sowel as in Engels. Nog skakels sal bygevoeg word sodra daar meer energie is om voor hierdie PC te sit!
http://chessaleeinlondon.wordpress.com/2008/07/12/wolf-and-jackal-stories/
Link to photos of Cape Town in bygone times…
http://flickr.com/photos/8270787@N07/2153152891/in/set-72157600938342274/
Hierdie volgende link het Sprokies van Pieter W Grobbelaar.
http://chessaleeinlondon.wordpress.com/2007/06/25/lekker-afrikaanse-kinder-stories/
Op hierdie volgende link kan jy Afrikaanse- sowel as Engelse liefdes gedigte lees, die Afrikaanse gedigte is geskryf deur A G Visser. Daar is ook heelwat liedjies om na te luister in MP3-formaat.
http://chessaleeinlondon.wordpress.com/2008/03/15/love-poems
Stories/Afrikaanse storieboeke…op die volgende skakel.
http://chessaleeinlondon.wordpress.com/2008/09/26/storietyd-storytime/
Verlange
Die son daal in glorie; basuine
Steek op in die hemel van kleur
En knetter oor rotse en duine,
Wat die troos van sy taptoe verbeur;
Die klowe word pers en die hange,
Die bergtoppe bloos in hul’ prag;
Die wind blus die gloed en maak gange
Van groen en smarag.
Maar gee my ‘n dag op die Hoëveld,
Waar ‘n wilkerboom druip oor ‘n voor,
Waar die rooi vesels spoel in die water
En die vinkneste wiegel daaroor.
Ek wil douspore trap op die kweekvlak,
Ek wil groen sien en skoon asemhaal;
Ek is sat van die dal van Giloam,
Waar net knoetsige boom’graamtes praal.
TOON VAN DEN HEEVER
Jan FE Cilliers
Dis al
Dis die blond,
dis die blou:
dis die veld,
dis die lug;
en ‘n voël draai bowe in eensame vlug -
dis al
Dis n balling gekom
oor die oseaan,
dis n graf in die gras,
dis n vallende traan -
dis al
Die Sterre.
Die heel aand lank het ons gepraat,
gedelf in donker wysheidsmyn,
en telkens het die skoon gelaat
van waarheid verderweg geskyn.
Die heel aand lank het sku die hart
gehuiwer oor ‘n diepe see
en dof gevra: waarom dan smart
om in dié koninkryk te tree?
En om ons het daar fyn geswewe
die yle rook en diep geskyn,
soos ‘n gepuurde, reine lewe:
die sagte straling van die wyn.
En toe ons buite kom, bevry
opeens die hart hom van sy leed
en sien die sterre; skugter-bly
om in hul gang sy gang te weet.
C.M. VAN DEN HEEVER.
EENSAAMHEID – JAN F.E. CELLIERS
My vuurtjie en ek is op wag –
my vuurtjie en ek alleen;
die awend-ster
wink al van ver,
en die velde slaap omheen.
En stadigies sterwe die dag,
soos een in sy armoed verlaat,
ongesien, ongeag,
sonder suggie of lag,
waar niemand van weet of van praat.
Nou bly die lug alom
in stil aanbidding staan –
geen tampende bel
wat die ure tel:
net die sterre wat kom en gaan.
Die osse, met koppe gebuie,
herkoue nog stil in die nag,
tot één vir één buk
en gaan lê by sy juk,
met `n sug, ná die trek van die dag.
My vuurtjie is al wat nog leef
in die eindeloos ruim met my,
en sy stemmetjie dwaal
soos `n deuntjie wat draal
om dae lank verby,
om jonkheids blye môre
en laggies lank verlewe.
Dan voel ek `n traan
in my oë staan
en ek fluister: “Heer, vergewe!”
Die slapende velde lê wyd,
en wyer die donker see,
wat my vuurtjie en my
vanawend skei
van die wêreld se vreug en wee;
ek weet daar`s fees vanaand
in menig verligte saal,
maar geeneen wat my mis
by die dans en die dis -
`n balling vergeet en verdwaal.
Maar al is ek, ver van die skaar,
in eensaamheids wonings getrede,
ek voel my soos een
met die Heer alleen –
`n kind aan Sy boesem tevrede.
–Jan FE Cilliers – (sien my vertaling op my “poetry/gedigte” page en besluit of jy daarvan hou)
my swartoogvrou, my blondhaarkind.Kareehoutstompe in die vuur,
ketel en kaggel brons geskruur.My bont koei lê op koringstrooi,
my swart haan roep die dagbreek rooi.Soet deur die lang nag sing die reën;
moflammers sal ek vroeg-Mei speen.Die wendam stoot sy uitloop oor-
blink breek my ploeg die middelvoor…G.A. Watermeyer
Op hierdie volgende skakel kan jy “Die dans van die reën” lees asook my vertaling daarvan. Dit is ook op my “poetry/gedigte”-bladsy.
http://chessaleeinlondon.wordpress.com/2008/03/23/the-dance-of-the-rain/
As jy van Totius hou, sy gedig : “O, die Pyngedagte” is op die volgende skakel en ek het hom ook in Engels vertaal…hoop jy geniet dit.
http://chessaleeinlondon.wordpress.com/2007/11/12/seven-ii/
Op hierdie volgende skakel sal jy gedigte oor die Boere-Oorlog kry. Afrikaans sowel as Engels.
http://chessaleeinlondon.wordpress.com/2007/09/23/boer-war-art-poetry-and-history/
Op hierdie link hier…
http://chessaleeinlondon.wordpress.com/2008/10/05/in-die-hoeveld-in-the-highveld/
…kan jy my Engelse vertaling gaan lees van “In die Hoëveld” deur Toon van den Heever.
In die Hoëveld
1. In die Hoëveld, waar dit oop is en die hemel wyd daarbo,
Waar kuddes waaigras huppel oor die veld,
Waar ’n mens nog vry kan asemhaal en aan ’n God kan glo,
Staan my huisie, wat ek moes verlaat vir geld.
En as ek in die gange van die myn hier sit en droom
Van die winde op die Hoëveld, ruim en vry,
Dan hoor ek die geklinkel van my spore, saal en toom,
Sawens as ek bees of skaap toe ry.
2.Op die Hoëveld, waar dit wyd is, waar jy baie ver kan sien,
(Die ylblou bring ’n knop dan in jou keel)
Staan my huisie nog en wag vir my, wag al ’n jaar of tien,
Waar die bokkies op die leigrafstene speel.
Maar as die tering kwaai word en ek hoor die laaste fluit,
Dan sweef ek na die Hoëveld op die wind
Ek soek dan in die maanlig al die mooiste plekkies uit
Waar ek kleiosse gemaak het as ’n kind.
Toon van den Heever (1894-1956)
Al die gedigte wat nou volg, is NP van Wyk-Louw gedigte!
My venster is ’n blanke vlak
My venster is ’n blanke vlak
in skaduwee en skemering,
waar ek my nagte waak en wag
op magiese deursuiwering:
dat hierdie siel deursigtig word
in vreemde voorgevoelde lig,
tot kring bo kring opglans en straal
in eindelose vergesig;
dat wat ek nog verlore waan,
o my verlore dae in my,
in hierdie stille skemering
hul vorming en gestalte kry,
tot ek my eensaamheid besit,
volmaak, as kosbare gewin,
van duister wense en van smart
die uiterste deurstraalde sin.
N P van Wyk-Louw
VROEGHERFS
Die jaar word ryp in goue akker blare
in wingerd wat verbruin, en witter lug
wat daglank van die nuwe wind en klare
son deurspoel word; elke blom word vrug,
tot self die traagstes; en die eerste blare val
so stilweg in die rook-vaal bos en laan
dat die takke van die lang popliere al
teen elke ligte môre witter staan.
O Heer, laat hierdie dae heilig word:
laat alles val wat pronk en sieraad was
Of enkel jeug en vér was van die pyn;
Laat ryp word Heer, laat U wind waai, laat stort
my waan, tot al die hoogheid eindelik vas
en nakend uit my teerder jeug verskyn.
Nagreën
Die reën skuifel deur die straat,
verby my venster, mensverlaat …
Soos ’n trossie narsings wat verkwyn,
flikker die druppels teen my vensterruit
waar die geel straatlig daardeur skyn;
en voel die wind
met bleek vingers, soos ’n kind,
aan die swaar gordyn, wat plooi
in die lamplig, teer en droef papawerrooi.
Grense
My naakte siel wil sonder skrome
in alle eenvoud tot jou gaan,
soos uit diepe slaap ons drome,
soos teen skemerlug die bome
opreik na die bloue maan;
gaan met al sy donker wense,
en die heilige, nooit-gehoorde
dinge sê, waarvoor die mense
huiwer, en wat om die grense
flikker van my duister woorde.
Voël
’n Voël vlieg voor my venster verby,
’n naalddun lyn wat daaroor gly
en die glas in twee vlakke sny;
die wêrelde val apart en bly
elk in sy enkelheid geskei –
ek hierbinne, en daarbuite hy.
Die liefde in my
Dis altyd jy, net altyd jy,
die een gedagte bly my by
soos skadu’s onder bome bly,
net altyd jy, net altyd jy.
Langs baie weë gaan my smart,
blind is my oë en verward,
is alle dinge in my hart.
Maar dit sal een en enkeld bly,
en aards en diep sy laafnis kry,
al staan dit winter, kaal in my,
die liefde in my, die liefde in my.
Nog eenmaal
Nog eenmaal wil ek in die skemeraand
weer op ons dorp en by ons dorpsdam staan,
weer met my rek op in die donker skiet,
en luister, en al word ek seer en dof,
hoe die klein klippie ver weg in die riet
uit donker in die donker water plof.
Uit Nuwe verse (1954)
Voorspel 1950
Miskien sal ek die wingerd prys
en nooit meer van hom drink
en net in ’n verbeelde glas
die koel gedagte skink:
dié wat in jare donkerte
sy wynsteen kon laat sak
en niks wat somers is meer het
nie pit nie dop of rank:
miskien nog van Gods weë weet:
– Sy paaie en Sy pyn:
maar ingewikkeld alles ken
en mens wil wees én rein.
Uit Tristia (1962)
Afskeid
Jy’t weggegaan en jy bewoon
‘n silwer herberg in die sneeu
jou venster kyk nog elke nag
met drie blink oë na die plein
die plein is boom en wind en boom
en wind en wind
en wintermiddag voer daar iemand
die meeue krummels teen die wind
Uit: Tristia (1962)
President F W Reitz, die eerste Afrikaanse digter…die digter van die volgende gedig: Klaas Geswind en syn Perd
F.W. Reitz (1844-1934)
Klaas Geswind en syn perd
As jy misskiin nog met jou maat,
Bo in di dorp sit lag en praat;
Fergeet jy, jy moet huis toe gaan,
Anders sal Elsi fer jou slaan;
Sy sit al by di fuur en brom:
“Ek kry hom, soos hy huis toe kom.”
Jammer dat mans so selde hoor,
As hulle frouens fer hul knor;
Dit is mar so: “Hul kan mar praat,
Ons luister tog ni na hul raad.”
Dat dit so is het Klaas Geswind
Een donker nag ook uitgefind,
Hy ’t lelik in di knyp geraak,
Toen hy terug ry fan di Braak.
Had Klaas geluister na syn frou,
Dan had dit hom nog nooit berou;
Gen dag gaan om of sy fertel hem:
“Mar Klaas, jy is tog al te skellem,
Nog nooit is jy fan huis gewees,
Of jy gedraag jou nes ’n bees,
En loop Klaas Tities met jou mé,
Dan gaan dit woes met julle twé.”
Een aand, in plaas fan huis toe gaan,
Bly Klaas nog in di dorp en staan.
“Nou, arri! moet jul my trakteer –
Kom, kêrels, goi mar nog ’n keer!”
Hul gé oom Klaas ook nog ’n dop,
Toen was hy net mooi hoenderkop.
Nou skeel dit niks, al word dit nag.
Hy bly mar daar gesels en lag;
As Klasi eers begin te slinger,
Dan kan jy glo hy sal mar linger.
Plesiir is nes ’n jong komkommer,
As jy hom pluk ferlep hy sommer;
Of nes ’n skulpad in syn dop in,
Soos jy hom fat dan trek hy kop in.
As Klaas fannaand syn huis wil haal,
Dan word dit tyd om op te saal.
So klim hy “Kol” mar saggiis op,
En druk syn hoed fas op syn kop.
’n Flukse merri was ou Kol,
Al was haar rug ’n bitji hol;
Eers fluit di ou – want hy was bang –
Di neen-en-neentigste gesang.
Dan kyk hy weer ’n slaggi om
Of daar misskiin gen spook ankom.
Foor hy fannaand syn huis kan kry,
Moet hy di kerkhof nog ferby.
Di drank is tog ’n snaakse goed;
Hy gé di bangste kêrel moed.
Al is ’n Hotnot nog so olik,
’n Sopi maak hom netnou frolik;
Steek hy mar net ’n dop of dri,
Dan stuit hy fer gen duiwel ni.
Mar Klaas het daarom naar gelyk,
Toen hy daar in di kerkhof kyk:
Syn bloed het wonderlik gekook,
Toen hy gewaar hoe dit daar spook.
Daar speul di duiwel op ’n tromp,
Fer feertig spoke in ’n klomp:
Hul dans daar rond, dat dit so gons,
Gen ouderwetse kottiljons.
Mar eers “Alexander Klip Salmander”
Trap hulle algar met malkander;
Toen was dit weer di “honde krap”
Totdat di sweet so fan hul tap.
Di goed was byna poedel kaal,
En kyk die frouens was te skraal,
Maar een daarfan, ’n bitji dikker,
Maak so ’n uitgehaalde flikker,
Dat Klaas, plaas fan syn bek te hou,
Skré: “Arri! dit was fluks fan jou.”
Soos hy dit seg, toen moet hy ja,
Di heel boel sit hom agterna;
“Kol,” loop nou dat di stof so staan,
Anders is Klaas fannaand gedaan.
Kom jy mar net di Drif ferby,
Dan dalkiis raak jou baas nog fry
’n Spook is nes ’n bok-kapater,
Hy loop ni sommar in di water.
“Toe, Kol, di duiwel sny jou spoor.”
Hiir leg di Drif: “hiert!” sy’s daaroer,
Haar stert het hul glad uitgeruk;
Mar Klaas is los, dis syn geluk.
Fer di wat lus het om te draai,
Wil ek mar net een woordji raai:
Gedenk an Klaas Geswind syn perd,
En fraag jou self: waar is haar stert?
André P. Brink (samest.), Groot Verseboek 2000, (Kaapstad: Tafelberg) 2000.
Kaalvoet Klonkie
ID Du Plessis
Verflenterde kaalvoet klonkie
Wat groente verkoop in die reën,
Met jou lelike skurwe tone
En jou lendelam hoepelbeen,
Jy kom met jou venterliedjie
Deur die mistige Kaapse straat
En helder sing jy die woorde
Op jou eie koddige maat:
Lekka, lekka ywe,
Laat die ghantang nader skywe!
Tamaties en ywe vars van die Strand
En baie kiri slam by die hys se kant!
Jy kom uit ‘n deel van Kanaldorp
Waar die dienders gewapend moet gaan
En die weerlig van ‘n skeermeslem
In ‘n donker hoek neer mag slaan.
Miskien kon jy “Bismillah” sê
Vanmôre, omdat in die kas
Wat dae lank so leeg moet bly,
Daar weer ’n broodjie was?
Of dink jy aan Nuwejaar
As die troepe deur Waalstraat stroom
Van de Bo-Kaap na die Onder-Kaap
Langs die stomp van die Slaweboom?
Is dit wat jou so laat bokspring
En dans op jou hoepelbeen,
Verflenterde kaalvoet klonkie,
As jy groete verkoop in die reën?
En hou van die vrolike klanke
Waarmee jy die winter tart.
Sing jy hierdie ligte deuntjie
Bo ‘n somberte in jou hart?
En as jy óp na die Boereplein
Met jou boepens-mandjie gaan,
Dan trek jou parmantige liedjie
Deur die strate agter jou aan:
Lekka, lekka ywe,
Laat die ghantang nader skywe!
Tamaties en ywe vars van die Strand
En baie kiri slam by die hys se kant!
Afrikaanse Kindergedigte
Die verwaande walvis
Daar was ‘n verwaande walvis
Wat gesê het: ‘ Ek wens ek was al vis,
Die enigste-een-in-die-see vis,
Die ses-minus-drie-minus-twee vis,
Die enigste, ware alleen vis.’
‘n Sardientjie het hom so beluister
En sag vir sy maatjie gefluister:
‘Hoor die see-toe-verdwaalde landdier,
Die ken-nie-sy-plek-nie astrant dier,
Hy is hoegenaamd, absoluut geen vis nie!
‘Sou hy dan nie wis nie
Hy is nie
‘n vis nie?
Die vet hoog-en-droog dier,
Die voortydse soogdier!’
Deur E P du Plessis uit: Mallemeule van Pieter W Grobbelaar
Reën
Dis tog te lekker as die reën
so drup-drup op die blare,
en die druppels hang soos pêrels
aan ons toutjierige hare.
As dit weer buite skoon is
en al die slote loop,
dan kan ons tog te heerlik
ons voete daarin doop.
Mammie sê ons kinders
moet liewer binne bly,
want as ons natreën, sal ons dalk
‘n kwaai verkoue kry.
Maar wat van al die bome
wat altyd buite bly?
Nog nooit het ek gehoor
dat een ‘n seerkeel kry!
Digter onbekend
Skinderbek
“Jy praat te veel!”
se Slangetjie Snip
Vir ‘n groot krokodil
“Hou tog ‘n slaggie
jou bek ‘n bietjie stil,
van al jou geskinder
wil ek al gil!”
“Ag so,” se die reus,
en sy stem klink dik:
“dink jy miskien
dat ek vir jou skrik?”
Maar kyk net hoe mik
klein slangetjie sy lyf
dat hy om die krokodil
se kakebeen krul!
Drie maal draai hy
sy slap lyf styf
en bring so ‘n einde
aan die reus se gekyf.
Krokodil raak benoud,
hy wil ampertjies verstik:
se tot laataand nie ‘n woord nie
— hy het sy tong ingesluk!
(Uit: 101 Diereverhale)
Kies geel? Kies rooi?
Geel is lukwart en appelkoos
Wat my laat watertand,
Maar rooi die kroon van waatlemoen
Wat bros breek in my hand.
Bloedrooi roep die ryp granaat
Wat oor die heining hang
En met soetrooi tande lag
In sy gesplete wang.
Rooivleiskoejawel vet geswel
Van reën , en persrooi adamsvy,
En soetlemoen oranje-geel
Van son – altwee kan my kry!
Spanspekke lok my bottergeel,
Aarbei beloer my spikkelrooi,
Hoe kan ek kies al wil ek ook,
Tussen ewe lekker, ewe mooi?
(Uit: Mallemeule: Pieter W. Grobbelaar
deur Freda Linde)
Gesigte trek
Helena F Lochner
My snaakse broertjie het so graag
skewe mond vir my getrek.
Hy steek sy tong uit, draai sy oe,
en ook sy nek word uitgerek!
“Hou op met skewe-mond trek.
‘n Trein mag fluit, of ‘n klok mag slaan.”
Pas gese….. of dit gebeur,
Toe het sy mond so skeef bly staan.
Mamma
Alba Bouwer
Twee blommetjies vir Mamma
want sy kook my kos.
Nog twee blommetjies vir Mamma,
sy maak nare knope los.
Twee blommetjies vir Mamma
want sy sing vir my.
Nog twee blommetjies vir Mamma,
sy sit pleisters op ‘n sny.
Twee blommetjies vir Mamma
want sy luister as ek kla.
Al die blommetjies vir Mamma.
Sy is die mooiste, beste Ma
Met ‘n Mandjie Rose
AG Visser
Liefste Tannie, ons bring rosies,
rosies blink met moredou;
mooie kleurtjies, soete geurtjies,
en dit alles net vir jou!
Rosies fluister: “Liefde, soentjies”
in verbloemde blommetaal;
rosies wat ons uit ons tuintjie,
liefde uit ons hartjies haal.
Maar die soentjies… in geen mandjie,
nerens in wil dit geluk -
liefste Tannie, ons is raadop -
soentjies moet jy self maar pluk!
Ek het besluit om my “Taaldag”-inskrywing ook hier in te sluit, maar as jy Hanlie Kotze se kuns gekombineerd met posië wil sien, moet jy hier kliek om haar kuns te bewonder. Ek het op 14 Aug 2008 ook ‘n Taaldag-inskrywing gedoen en jy kan op dieselfde link ook ‘n link daarheen kry.
Afrikaans! Afrikaans! Afrikaans!
Please click on the image for a larger and clearer view.
English readers: This is sort of a poem, but more thoughts. It is about South Africa. I dedicated 14th Aug. 2008 to Afrikaans, the language I love and my mother tongue. This day in our history used to be an important day as we celebrated Afrikaans as our language – which was also forbidden to use by Afrikaans speaking people in the Cape when the English occupied the Cape. Sign boards/tags were hung around kids’ necks in schools saying “donkey” if they had dared speaking Afrikaans – their mother tongue. On 14th August 1875 the GRA was founded, their task was to promote Afrikaans mainly. They also requested – on the 24th August 1878 – for the Bible to be translated into Afrikaans. I have decided to try writing a poem or even if it is like this one, only a few words/thoughts put together, every year on this day to celebrate my language. In my poem I refer to some places and nature, all you will find in the mosaic. On the link of my 2008-entry, you can see the Afrikaans Language Monument, very impressive! Good news for Afrikaans too: WordPress and Facebook have gone Afrikaans! If you choose Afrikaans as your language in the settings in WordPress, you will find most terms on your dashboard in Afrikaans. Great, WordPress, well done! ‘one small step for mankind, but a giant leap for WordPress’
Was dit Hoogenhout wat in ‘n gedig gesê het:
“Engels! Engels! Alles Engels! Engels wat jy sien en hoor;
In ons skole, in ons kerke, word ons moedertaal vermoor.
Ag, hoe word ons volk verbaster, daartoe werk ons leraars saam.
Hollands nog in seek’re skole: is bedrog, ‘n blote naam!
Wie hom nie laat anglisere, word geskolde en gesmaad.
Tot in Vrystaat en Transvaal al, oweral dieselfde kwaad.
‘Dis vooruitgang’, roep die skreeuwers, ‘dis beskawing wat nou kom!
Die wat dit nie wil gelowe, die is ouderwets en dom…’.”
the poet said… “English! English! All is English! What you see and hear
In our schools, in our churches, our Mother tongue is killed”
I’ve been to a few countries and many places in the UK. I still think South Africa is the most beautiful place in the world. We have such an aboundance of beauty and diversity in nature. We have the greenest canyon in the world- which is also the 3rd largest in the world, we have the highest waterfall in Africa and the 2nd highest in the world, the 3rd longest Tufa waterfall , the deepest mines, the largest zoo, the smallest butterfly, the largest diamond, the second largest amount of windmills on farms (280 000), the largest impact crater on earth, white lions, the largest ostrich population…wow…I think that’s enough for now…phew, I’m out of breath, but I have to add my favourite place The Drakensberg Mountainsand on this link you can read about my hiking trip in the Mountain when I was 15. I was on top of Mount Aux Sources, the highest peak of the mountain range in South Africa. The actual highest peak of this mountain range is in Lesotho and the peak is called, Thaba Ntlenyana (which means: beautiful little mountain). “Thaba” means “mountain” – the attributive “yana” means “little”. You can see a pic of one of the two chain ladders you have to go on to reach the summit. There is also a movie for you to enjoy. At the bottom of this post I have encluded an Afrikaans song by the Art teacher in my Secondary school.- the first song – He was one of the two teachers on our hiking trip! He sings about “sidewalk people” and I’ve translated it roughly for you to understand. Please take a listen to the melody and follow the words in English. The second song is by Sonja Herholdt and the third by Herman Haultzhausen. Their songs tie in well with my entry, only if you know Afrikaans you would understand why I say this. Sonja sings about a loved one she’s missing and longing for and Herman’s song is about the Transkaroo Train and he wants the train to bring “her” home, back to him. The Transkaroo train runs between Cape Town and Jo’burg. (Jozi) Lastly, I have some beautiful art by a South African artist..Hanlie Kotze. She likes to combine her art with poetry and I’ve posted English ones for you too. Her link is at the bottom of this entry.
More interesting facts…
*Pretoria has the second largest number of embassies in the world after Washington, D.C.
*The University of South Africa – UNISA – is a pioneer of tertiary distance education and is the largest international correspondence university in the world with 250,000 students.
*Afrikaans is the youngest official language in the world.
*The Singita Private Game Reserve in the Kruger National Park was voted the best hotel in the world by the readers of travel publication, Conde Nast Traveller.
*Stellenbosch University was the first university in the world to design and launch a microsatellite.
*South Africa houses one of the three largest telescopes in the world at Sutherland in the Karoo.
and…South Africa is the first country to host a Fide rated Chess tournament where players from different countries played their games online! See my entry about the South African Open Chess Championships that took place in Cape Town.
Read HERE my post dedicated to Afrikaans only- last year 14th August. Beautiful images to see and my Afrikaans poem to read too.
This stamp was issued October 1975. It was issued on the Inauguration of the Afrikaans Language Monument and features the 1st edition of the Arikaanse Partiot (January 15, 1876), one of the first newspapers in Afrikaans rather than Dutch.
On this link you can see more stamps of South Africa.
Met die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners op 14 Augustus 1875 in die Paarl is ‘n tydvak van georganiseerde stryd om die Afrikaanse taal ingelui. In artikel IX van die Genootskap se bepalings word beoog om ‘n Afrikaanse maandblad uit te gee. Op hierdie dag in 1876 verskyn die eerste uitgawe van die maandblad Die Afrikaanse Patriot, wat die orgaan van die GRA sou wees. C.P. Hoogenhout was die eerste redakteur onder die skuilnaam Oom Lokomotief, wat deur die redakteurs na hom oorgeneem is. In Die Patriot dek die GRA die terreine van hul doelstelling, naamlik die van land, volk en taal. Daarin is leiding gegee ten opsigte van landsake, die Afrikaanse taal, geskiedenis en belangrike nuus. —lees meer op die link!
Suid-Afrika: my land
Jy’s indrukwekkend, manjifiek
jou sondeurdrenkte landskappe
weerkaats helder beelde in my siel
jou pragtige wonders flikker oneindig
lank in die stilte van jou nagrus
Mount Aux Sources – so elegant en grasieus
verrys jy vanuit die voetheuwels, soos
‘n fakkel by die Spele ets jy lekkende
beelde teen die muur van my geheue
en voel ek jou hitte gloeiend teen my hart
O Blyde! ek fantaseer oor jou
magiese kragte wat jy sorgloos
en galant in die galery van my
stille gemoed stilletjies uitpak terwyl
my dawerende applous eggo
oor die velde van my gedagtes
Moederstad! hoe inskiklik laat jy my
telkens hakkel wanneer ek my herinneringe
sagkens koester – jou fasades!
waar ek jou gambiet betree
en gewillig my pionne oorgee
En saans voel ek jou fluweelagtige
skoonheid van elke sonsondergang
stadig neerdaal in my gemoed terwyl
ek stadig drink van jou geloofs-fonteine
wat borrellend bruis in oorvloed
Fragmentaries vier ek feeste
ek dans en omhels jou en jy -
jy blus my gees telkens met jou
magiese heildronke: een-vir-een
op ‘n toekoms – wat mag wees!
–Nikita –14/8/09 14:00
Geniet die liedjie van Johan van der Watt: Sypaadjie Mense – Hy was een van die Onderwysers wat saam met ons groep kinders die Drakensberge gaan klim het! Hy was die kunsonnie op Hoërskool – ‘n fantastiese kunstenaar! Hy het ‘n sanggroep gehad – Lidani – toe ek op skool was. Ek is nou nie iemand met ‘n koor-stem, maar ek is stapelgek oor kinderkoor-musiek! Hy het die Laeveld plat getoer met Lidani en ek wil my verstout om te sê dat hulle ‘n keer in Pretoria ook gaan optree het.
Sidewalk People
Sidewalk People Sidewalk People
Move like shadows in the street past me
Sidewalk People Sidewalk People
Move faceless past my heart
Sidewalk People Sidewalk People
Move like shadows in the street past me
Sidewalk People Sidewalk People
Move faceless past my heart
I wish I could look at a photo
to see what your world deep inside is like
borrow a piece of your dreams
I wonder who you are
I wish I could understand the language
in which you channelled your thoughts
I wish I could for a moment
share your path of life
Sidewalk People Sidewalk People
Move like shadows in the street past me
Sidewalk People Sidewalk People
Move faceless past my heart
perhaps it’s best for sure
‘cos if we know all of all
the sadness maybe
too hard too much
the love too beautiful
walk past one another
I stay I and you stay you
a single road leading somewhere
I wish I could understand
Sidewalk People Sidewalk People
Move like shadows in the street past me
Sidewalk People Sidewalk People
Move faceless past my heart
Sidewalk People Sidewalk People
Move like shadows in the street past me
Sidewalk People Sidewalk People
Move faceless past my heart
—translated–nikita
Sypaadjie Mense
Sypaadjie mense Sypaadjie mense
Beweeg soos skimme in die straat verby
Sypaadjie mense Sypaadjie mense
Beweeg gesigloos voor my hart verby
Sypaadjie mense Sypaadjie mense
Beweeg soos skimme in die straat verby
Sypaadjie mense Sypaadjie mense
Beweeg gesigloos voor my hart verby
ek wens ek kon ‘n kiekie kyk
hoe jou wêreld diep daar binne lyk
‘n stukkie van jou drome leen
ek wonder wie jy is
ek wens ek kon die taal verstaan
waarin jy jou gedagtes baan
ek wens ek kon ‘n oomblikkie
jou lewenspaadjie deel
Sypaadjie mense Sypaadjie mense
Beweeg soos skimme in die straat verby
Sypaadjie mense Sypaadjie mense
Beweeg gesigloos voor my hart verby
miskien is dit dalk beter so
want as ons iets van almal weet
die hartseer dalk te swaar te veel
die liefde dalk te mooi
stap maar bymekaar verby
ek bly ek en jy bly jy
‘n enkelpaadjie iewers heen
ek wens ek kon verstaan
Sypaadjie mense Sypaadjie mense
Beweeg soos skimme in die straat verby
Sypaadjie mense Sypaadjie mense
Beweeg gesigloos voor my hart verby
Sypaadjie mense Sypaadjie mense
Beweeg soos skimme in die straat verby
Sypaadjie mense Sypaadjie mense
Beweeg gesigloos voor my hart verby
Sonja Herholdt, Ek verlang na jou…mmmm…soos ek na my land verlang.
Rosa Rosarum
Kom na my tuin waar die donkerrooi rose
Duist’re geheime vertrou aan die nag;
Sonnestraal-kusse en suidewind-kose.
Drome en liefde die lang somerdag.
Kom in die soel someraande en luister
-Wanneer die nagwind hul drome verklaar-
Na die veelvuldige blommegefluister,
Bloesem en bloeisel en blad altegaar!
Kom waar die lelie – die blanke, die reine -
Skugter haar bloesem ontbloot aan die maan,
Blou miosotis – die slanke, die kleine -
Met haar vergeet-my-nie-ogies betraan.
Kom as die maanblom – wit sy en satyne -
As ‘n vorstinne verskyn in haar prag
Onder die wierook van roos en jasmyne -
Skoonste juweel op die bors van die nag!
Daar in die vywer, bestraal deur Arjana,
Open die lotus haar heilige kelk,
Dan eers bereik sy die hoogste – Nirvana -
As sy in glorie van songloed verwelk.
Bok-bokmakieries sing bly twee gesange
Wanneer die oggend ontwaak in my tuin;
Saans koer die tortel sy lied van verlange
Bo-uit die troost’lose treurwilg se kruin.
Kom in die aand en geniet van haar geure;
Foelie, jasmyn, angelier, minjonet;
Kom in die môre en kies van haar kleure:
Rooi, wit en goud, groen en blou, violet!
Kom as die skitter van dou-diamante,
Rosa Rosarum, in my Paradys,
Dat ek my blomme, my bome, my plante,
Roos van my hart, hulle weerga kan wys!
A.G. Visser (ca. 1878 – 1929)
Herman Holtzhausen – Transkaroo
“Waar Tebes In Die Stil Woestyn”
Daar sou ek vrede weer besef
Waar Tebes in die stil woestyn
Sy magtig’ rotswerk hoog verhef
En Mara in die sand verdwyn;
Waar smôrens van die hoogste krans
Die berghaan draaiend opwaarts spoed
Om uit die gloeiend’ hemeltrans
Met groot geroep die son te groet;
Waar treurig nog die wolfgehuil
Weerklankend in die klowe dwaal,
En grootwild om die syferkuil
Soos skadu’s in ‘n stofwolk maal;
En huiswaarts brommend sluip die tier,
Sy donker moordplek pas verlaat,
Wanneer die eerste grou lumier
Met slepend’ mis die veld beslaat.
O Land van al ons liefde, daar
Sou ek aanbiddend weer
Die kloppe van U hart gewaar,
U moederlike skoonheid eer.
Sou ek een guns nog hier verdien,
- Nog een gebed omhoog verhoord -
Geen mensepraal sou ek wou sien,
Die glorie van geen vreemde oord.
My bede sou net dit verkry: -
Laat weer U eensaamheid my daar
Vir laas met roerend’ mag berei
U groter stilte te aanvaar.
Laat uitlok deur geen suil of steen
‘n Enkel sug of woord van haat;
Met al U vrede om my heen
Sal nagt’liks uit die hemelstraat
Sag neerskyn op my laaste huis
Die vonkelend’ sterrebeeld van U kruis.
Elk’ ydel vrees sal daar verdwyn;
Daar sou ek vrede weer besef
Waar Tebes in die stil woestyn
Sy magtig’ rotswerk hoog verhef
Eugene Marais
Uys Krige (1910-1987)
Die seemeeu
Tussen die wit huis
en die wit huis,
teen die wit wolk,
teen die grys berg
hoog bo die see
silwer en grys
silwer en grys
van golwe aaneen
tot die verste vaal
horisonne heen,
styg en daal,
styg en daal
die wit seemeeu
aaneen
alleen …
Wat sing die see?
Wat kla die wind?
Wat roep die meeu?
Wat snik die hart
aaneen
alleen?
Die see sing,
die wind kla,
die meeu roep,
die hart snik
tussen die wit huis
en die wit huis
op die helder dag
silwer en grys,
silwer en grys;
waarheen?
waarheen
aaneen
alleen, alleen, alleen?
Uys Krige
A.G. Visser (1878-1929)
Uit: Noag se Ark
Met die welsprekendheid van iemand wat ’n sweep in sy hand
het en ’n pluiskeil so effens skuins agteroor gestoot
2. Die renoster
Die droster met sy vaal karos,
Daar by die wag-’n-bietjie-bos,
Met die dik opnaaisels in sy huid,
Met ’n tandestoker op sy snuit –
Dit is mos
die Agteros-
sambok-
renosteros.
3. Die dromedaris
Die harige ou harlekyn,
Die Fordkar van die sandwoestyn,
Met ’n rolvat water in sy inventaris,
Wat nog altyd silwerskoon en klaar is,
Is die
Kalaharie-
Sarie-
harie-
blikkanarie-
drome-
daris.
6. Ensovoorts
Daar’s nog goed met wreder name:
Kwaggas uit die Kraggakame,
Piering-pinang-rottang-blatjang-oerangoetangs,
Middellandse-see-se-ruben-simeon-leviatangs.
Kom jul môre oor ’n week weer, dan miskien
Sal al die arkebroeders jul vir hul en hul vir julle sien.
A G Visser
Die mot en die kers
Die ander motte was dom en dwaas,
Maar ek sal ver van die kers af bly;
Hier ver uit die skemerte sal ek kyk,
Hier ver is dit veilig en kyk is vry.
Maar ek hoef nie van eenkant net te kyk –
Ek vlieg op dieselfde afstand om,
Dan weet ek van alkant hoe hy lyk
Om beter te sorg om nie nader te kom.
My sirkel was skeef en ingebuig,
Maar daar ook nag, waar ek naaste was,
Het daar niks gebeur – ek maak verniet
My velling so groot en so ver van die as.
Die wieletjie draai al vinniger om
En die lig en die gloed word al groter genot;
En die vellings word al nouer al rondom die as –
En die end van die wiel is die as van die mot.
– C.J. Langenhoven -
- Versamelde Werke -
Die gedig ‘Middernag‘ het iemand op my ‘Gedigte/Poems’-bladsy gevra en na ‘n baie lang gesoek, het ek dit gekry – op Litnet. -sien die link op die ander bladsy [genoem] en die persoon wat dit daar geplaas het. Ek plaas dit net soos dit daar verskyn, maar ek het gou-gou dit baie rof vertaal ook, sodra ek tyd het sal ek wil verbeter op dit.
Die gedig se naam is “ Middernag” en die digter is DF Malherbe.
Ek probeer die eerste en laaste (derde) verse vir jou hier uittik met my kort, dik wysvingers. Ek waarborg nie dat ek dit korrek oortik nie en let daarop dis ’n ou digbundel uit 1936. Hul spelling is ietwat anders as ons s’n vandag:
Middernag
Dis donker, donker middernag:
nader kruip die Zoeloemag,
kruip swart adders om die laer,
opgeblaas al deur die gras;
en geen windjie wek die slapers-
slaap is soet na arbeidslas:
droombeeld laat ’n kindjie lag,
moederarms omhels dit sag.
Rondom, geklem in Kafferhand,
smag duisend assegaaie, want
hulle het al nege lange dae
in somerhitte dors gely.
O, is die Dood ook so innig-bly
as op warm lyf hy lê sy hande?
Aan haar hart druk moeder sag
haar kindjie en slaap – dis middernag!
DF Malherbe
This is a quick rough translation of the above poem by me, will try and improve when I have more time.
Midnight
It’s dark, dark midnight:
closer creep the Zulu,
black adders crawl around the camp
inflated by the grass;
no wind awaken the sleepers-
Sleep is sweet after the workload:
vision allows a little child laughing
mother arms embrace her mildly.
Surrounded, clasped in Kaffir Hand,
yearn thousands assegais because
they have suffered thirst
for nine long days
in summer heat
Oh, Death also so deeply-stay
as on warm body, he lay his hands?
To her heart gently, her mother hugs
her child to sleep – it’s midnight!
-Nikita- 2/6/2011
Ek was sommer net lus vir rondspeel met woorde en het die volgende ‘image’ saamgestel met wat ek op Maties se webbladsy gelees het.

LIEFDE MET GEVOEL
Waarom huil klein Sussie so?
Netnou het sy niks makeer nie.
Dis weer Boetie, kan jy glo,
Maak hy haar nie altyd seer nie?
Waarlik, hy het haar gebyt,
Kyk daar sit die merk, my lammie –
‘n splinternuwe stoutigheid.
“Dis maar net van liefde, Mammie!”
“Liefde? Dis ‘n mooie grap!
Wat moet Mammie met jou doen
As jy so jou sussie hap?”
“Slaan my, Mammie, maar eers soen.”
“Maar eers soen?” Ek bid jou aan!
Sê my nou: Wie kan dan slaan?
A.G. Visser
Erfenis
Toe ons gebreek was tot die been,
verwese in die smaad versteen,
toe ons verslae was van smart
en hol van hoop in elke hart,
het ons die enkel trots geërf
dat Kruger met die Vierkleur swerf….
Sy afstandsoffer het gered
toe ons te skor was vir gebed,
sy ongebukte ballingshoof
ons weer geanker in geloof…
Groot bittereinder van ons bloed
het hy die vryheid weer laat gloed,
weer drif, weer vlam in ons laat word,
ons moeë lendene omgord
met moed om teen die môrekim
meer as Majuba uit te klim.
- G.A. Watermeyer -
Jan F. E. Cilliers
Trou
Ek hou van ‘n man wat sy man kan staan,
ek hou van ‘n arm wat ‘n slag kan slaan,
‘n oog wat nie wyk, wat ‘n bars kan kyk
en ‘n wil wat so vas soos ‘n klipsteen staan!
Ek hou van ‘n man wat sy moeder eer,
in die taal uit haar vrome mond geleer,
die verraaiersgeslag in sy siel verag
wat, haar verstotend, homself kleineer.
Die oog wil ek sien wat ‘n traan nog ween
vir ‘n heldegeslag, in hul rus daarheen,
maar ‘n blits van trou in die traan van rou,
wat aan liefde weer gee wat haar bron is ontleen.
Vir my d’Afrikaner van durf en daad,
wat mammon’s eer en loon versmaad,
sy hoof en sy hand vir sy volk en sy land
en ‘n trap van sy voet vir laag verraad!
O, ‘k hou van ‘n man wat sy man kan staan;
ek hou van ‘n daad wat soos donder slaan,
‘n oog wat nie wyk, wat ‘n bars kan kyk
en ‘n wil wat so vas soos ‘n klipsteen staan!
Om trou te bly
aan dwing’landy?
Aan afgedwonge woord en daad –
aan wanhoops nood-traktaat?
Is dit die weg van eer –
niks meer?
Om woord te hou
aan wie ontrou
en woord-verkragting en verraad
nie meer beskou as sondedaad?Dit is die weg van eer:
Om, net soos eertyds, trou te wees
aan vaarlandsbloed, aan vaarlandsgees,
aan vryheids-ideaal!
Geen woord verpand is bindend woord
as oormagsdwang en onskuldsmoord
die woord vir ons bepaal.Jan F.E. CelliersDie Ou VoortrekkerMy kinders om my bed geskaar
Ek voel die lange tog is klaar,
Die laaste uitspan daar, —
Dank Heer, dat U aan gindse kus
Die moeë trekker gun sy rus,
Na opdraans lank en swaar.Die ou familiebybel daar
Moet julle meer as goud bewaar;
Hy was deur al die swaar
My raad en troos in tyd van nood,
Nou in die ure van die dood
My vaste steunpilaar.Daar aan die muur hang my geweer;
Bewaar hom goed. Hoe menig’ keer
By dreigende gevaar
Was net sy snelle, wisse lood
Ons een’ge redding van die dood
Deur roofdier of barbaar!Majoebaberg die ken sy knal;
Die grootwild het voor hom geval,
En leeus die stof gebyt!
Mag daar nooit iemand met my van,
Wat nie kan skiet — geen weerbaar’ man, —
Die lewe hulploos slyt.Besonders wil en julle vra:
Hou vir gedagt’nis my ou wa;
Wat het hy nie deurstaan?
Hy was ons huis as onweer dreig,
Ons vesting sterk in felle kryg
Met Silkats en Dingaan!Hy kan getuig van moedermin:
Die Lewe het in hom begin;
Die kille Dood ken hy.
Wat ‘n verhaal kon hy ontvou
Van mannemoed en vrouetrou
En eerste liefde bly!Gee aan ou Poon, my laaste perd,
Genadebrood. Hy is dit werd.
Vir hom is daar geen geld!
Hoe dikwels het ons twee gedeel
My laaste bietjie mieliemeel
Daar buite op die veld!My kinders bly die grond behou;
Onthou julle afkoms; wees getrou!
Laat vreemde sedes staan!
Al bars die swaarste onweerswolk
Oor ons, tog bly ons nog ‘n volk
En sal ons voortbestaan.Daar’s nog ‘n ou Transvaalse vlag —
Bewaar . . wie weet . . miskien . . een dag —
Ek sal daar nie meer wees —,
Maar mag ons eie vlag weer waai,
Vat my geweer en skiet en laai —
En . . . Heer, ontvang my gees !AG VISSER
Adam Small se gedigte [spesiaal ook vir Bets - op haar versoek op die 'About' bladsy]
Kô, lat ons sing
Vrinne
lat ons die Bybel oepeslaan
en lat ons daaryt lies –
o Allahoegste Gies
lat hierie woorde na onse harte gaan! –
yt die twiere boek van Mosas
yt die Exoras
yt die viere hoefstuk die ee’ste en die twiere verse –
o God
maak vi’ ons lig moet hierie woorde soes moet kerse! –
toe antwoord Mosas en hy sê: ma’ wat
as hulle my nie glo, nie aan my woorde vat
as hulle sê die Here het nie ga-appear aan my?
ma’ die Here sê vi’ hom: djy sal djou mense lei
wat’s in djou hand?
en Mosas sê: ’n staf
nou vrinne
dit was al wat hy gahad het
hierie man van God
’n staf
’n dooie stok
en boenop het hy nog gahakkel ok
ma’ die Here het toe lank moet hom gapraat
oor hoe hy moet daai kierie doodgaslaat
het die Egiptanaar
en Mosas het sy groote kop lat hang
en toe
toe skielak was daai selfde kierie in sy hand ’n slang!
nou vrinne
die Here het gabring
aan my sy wonnerwerke oek so
hy het gevra wat’s in my hand
en vrinne
in my hand was my kitaar
kô, lat ons sing
Adam Small (geb. 1936)
Doemanie
’n Proefiet van Jesus djý?
’n proefiet?
djy moet djou palys-hys
djy moet djou aeroplane-motorkar
djy moet daai kamma sêd smile van djou
en djou tears
en djou woerawarra op die pulpit
moet djou skorrelsvol braai-atappels en -vleis?
djou hys ’n woestyn? nou sal mens djou verbeel!
en hoe lyk dit moet djou kale pote vi’ daai streamline ding
hoe lyk dit moet djou toega vi’ die vel van ’n kameel
hoe lyk dit moet daai skorrelsvol vi’ sprinkane en wille hiening?
Adam Small (geb. 1936)
Die Here het gaskommel
Lat die wêreld ma’ praat pêllie los en vas
’n sigaretjie en ’n kannetjie Oem Tas
en dis allright pêllie dis allright
ons kannie worry nie
’n sigaretjie en ’n kannetjie Oem Tas
en ’n lekker meid en lekker anner dinge
oe!
lat die wêreld ma’ praat pêllie los en vas
wat daarvan
wat daarvan
wat maak dit saak
soes die Engelsman sê it cuts no ice
die Here het gaskommel
en die dice het verkeerd gaval vi’ ons
daai’s maar al
so lat hulle ma’ sê skollie pêllie
nevermind
daar’s mos kinners van Gam en daar’s kinners van Kain
so dis allright pêllie dis allright
ons moenie worry nie
Adam Small (geb. 1936)
Johann van der Watt – Straatfluitjie
Meisiekind – Johann van der Watt
Vincent van Rooyen – onderhoud
N P van Wyk Louw
DIE BEITELTJIE
Ek kry ‘n klein klein beiteltjie,
ek tik hom en hy klink;
toe slyp ek en ek slyp hom
totdat hy klink en blink.
Ek sit ‘n klippie op ‘n rots:
– mens moet jou vergewis:
‘n beitel moet kan klip breek
as hy ‘n beitel is -
ek slaat hom met my beiteltjie
en dié was sterk genoeg:
daar spring die klippie stukkend
en skoon soos langs ‘n voeg:
toe, onder my tien vingers bars
die grys rots middeldeur
en langs my voete voel ek
die sagte aarde skeur,
die donker naat loop deur my land
en kloof hom wortel toe -
só moet ‘n beitel slaan
wat beitel is, of hoe?
Dan, met twee goue afgronde
val die planeet aan twee
en oor die kranse, kokend,
verdwyn die vlak groen see
en op die dag sien ek die nag
daar anderkant gaan oop
met ‘n bars wat van my beitel af
dwarsdeur die sterre loop.
(Uit: Groot Verseboek, D J Opperman,
2de dr 1986. p 171)










Istanbul Chess 2012
Biel Chess Festival 2011- Click the image for the official site

























Karen Asrian Memorial[click image for the link]
Tata Steel Chess
London Chess Classic
Dortmund 2010
South African Open 2010
British Chess Championships 2010
Nalchik 2010 Fide Women's Grand Prix -25 April to 8 May
2009 - 2-12th July - Dortmund Live 2009
SA Open 3-11 July in Cape Town
MTel 2009
Linares 2010
World Youth Chess Championships 2009

Anand vs Topalov 21 April 2010




Hi Nikita,
Very good blog.
I thought I’d let you know of mine.
I post some old Afrikaans and English pop songs from time to time.
Cheers
Liezel
[Edit/nota - 2010 - Liezel se blog bestaan nie meer nie - baie sad - jammer!
Liezel's blog doesn't exist anymore! Sorry! - Nikita]
Hi Liezel
dankie vir jou besoek, welkom hier en voel welkom om weer te kom!
Baie dankie vir jou link! Ek’s besig om daardie musiekfile af te laai!
[Edit/note 2010: Liezel se blog bestaan nie meer nie]
Ek wens so daar was ‘n webwerf waar mens al die gedigte kon vind. Al die mooies soos dies wat jy hierbo neergetik het.
Miskien is daar, en bly dit my ontwyk!
Nietemin lekker om weer bietjie die woorde met my oe te kon streel.
hi Skoor!
Dis my plan juis om al daardie ou mooies hier te plaas, ek het ‘n klompie op my blog, maar het ook toegang tot ‘n “resource” en ek sal nog kan bysit, maar my probleem nou is tyd. Ek sal kyk of ek vandag weer ‘n paar hier kan bysit, selfs al is dit van die minder bekendes. Daar is wel een webwerf – ek dink ek het hom gelink in een van my inskrywings – waar daar ‘n paar digters se gedigte is, maar ook net so 4-5 van elk, dan het ek ook al op ‘n ander een afgekom, (dalk het ek sy link ook iewers, ek het ontsettend baie links, maar vergeet van wat’s waar) waar ook heelwat digters en hul gedigte is. Ek’s bly jy kon hierdie geniet! Ek het al oorweeg om net ‘n gedigte/storie blog te begin omdat ek heelwat kinder stories ook op my rekenaar het, maar o wee, tyd, al weer!
Ek het so bietjie tyd gehad en ‘n paar skakels bygevoel sowel as ‘n paar gedigte hier neer “geplak”.
Hi there,
I want to do an african story, and this poem Amakeia has been on my brain all day. I learnt it at school many many years ago and was always moved by it. I was wondering if by any chance you have an english translation of it, just to give me some ideas.
My home overlooked the Amatola Mountains for many years.
I’m afraid my afrikaans is no longer very good and I am lost in translation on some of the verses.
I would really appreciate your help if you are able to do so.
Many thanks.
Norms
hi Norma!
Welcome to my blog and I would love to help you and translate it for you. When do you need it. I will see what I can do tonight. I’ve done translations before, but I’m always a bit scared as you want to do justice to the poem and again, some poems are easier than others as you need to get the same message across.
——-Hi Norma…it’s now 2 hours later…the poem’s been translated and I hope it’s good enough! Any suggestions, always more than welcome! Enjoy this video!!
Great blog!
[...] Afrikaans [...]
[...] Afrikaans [...]
Mooi gedigte, baie dankie!
Hi Athanassios and Johan
Many thanks for your comments and welcome to my blog too. /Dankie Johan.
Hi Nikita,
Oulike blog hoor. Moet sê Amakeia lê my nog altyd na aan die hart. Het hom altyd vir my peetkind geneurie toe sy baba was. Dankie vir die gedigte en die resepte. Wil graag Bak en kook vir Kleinspan kry. Weet jy dalk of dit nog moontlik is en wat hy kos.
Hou so aan.
hi Lorrainne, Baie welkom hier en dankie vir jou mooi boodskap. Die gedigte is ‘n plesier. Ek het my Bak-en-Kook by ‘n vriendin gekry, ek weet nie meer of hulle beskikbaar is nie, mens sal moet navraagdoen. Sterkte en ek hoop jy kry een in die hande.
Pragtige gedigte! Dankie, baie dankie! en daardie mooi lied!
hi Sarie, dankie vir jou besoekie en kommentaar, dis sommer ‘n plesier! Ek is bly jy het die liedjie geniet, want ek geniet dit aanmekaar!
Hi da!
Ek is op soek na oulike kinder gedigte van RK Belcher; dit is vir my seuntjie hy is nou in graad een en hul moet ‘n Afrikaanse gediggie voorgee. As jul weet van ‘n ander digter sal dit ook help.
Groete
Lynette
hi Lynette
Welkom hier, ek kyk wat ek vir jou kan kry!
—Lynette..ek het nou so pas ‘n paar gediggies vir jou opgesit, moet later weer rondsnuffel op my rekenaar. Hulle is bietjie lank vir Gr1, maar ek stel voor dat jy slegs die eerste strofe neem vir jou seuntjie. As hy meer kan behartig, goed! Die digter van die 2de gediggie is “onbekend” – ek het ongelukkig geen naam nie. Ek is seker die onderwyseres sal tevrede wees as hy slegs een versie ken van die langerige gediggies, ek self het al vir juniors skoolgehou en weet die juffrouens is baie tegemoetkomend! Sterkte en kom kyk later gerus weer vir nog. Ek moet ongelukkig nou gaan vir die volgende uur. Groete!
Hi Nikita,
Ag, baie dankie! Dis baie oulike gediggies! Ek sal maar soos jy voorgestel het die eerste en tweede versies gebruik. Jy het my baie gehelp; ek wens net daar is ‘n webtuiste waar al die gediggies beskikbaar is.
Lekker dag vir jou!
Groete
Lynette
hi Lynette
Dit was ‘n plesier, jy moet kom vertel hoe dit gegaan het met die outjie!
Ek het nog ‘n paartjies bygesit. Ek het ‘n paar digbundels met kindergedigte, maar ai, my goed is als weggepak in SA, ek belowe dat ek met die volgende besoek beslis my digbundels gaan saambring hierheen!
Hi Nikita,
Ek sal jou laat weet hoe dit gegaan het. Wat doen jy in Londen? Ek neem aan jy is in Londen?
Ek sien jy het nog ‘n paar gediggies opgesit; te oulik! Baie dankie!
Praat weer later…
hi Lynette…dit was ‘n plesier. Hou skool hier in London.
Weet jy dalk waar ek tolletjie brei kan koop. Soek dringend 10-20 tolletjies, ek woon in PTA.
Hi Corne
Ek het `n hele string egte houttolletjies vir jou!
Skakel my by 0716055387
hi Philip!
Ek weet nie of Corne weer hier gaan lees nie, sy’t ook haar boodskap in Mei-maand gelos, laat ons maar so hoop, laat weet maar as ek jou foonnommer dan moet verwyder.
Hallo Corne! Jongie, jy vra my, ek sit hier in London, ongelukkig kan ek jou nie help nie, ken jy nie iemand wat gou ‘n besemstok vir jou in gelyke dele kan saag en dan net ‘n gat in die middel boor? Dis wat my man gedoen het toe ek tolletjie brei met Gr3′s gedoen het, my hele klas! Dis maklik en gou, jy het nie ‘n mooi/perfekte tol nodig nie en ‘n besemstok is mooi genoeg daarvoor..verf dit as jy voel dit moet beter lyk!
Sterkte!!
Halo Niki,
Meer as dertig jaar reeds kontak verloor met Afrikaans. Het ‘n paar verse op my blad gesit wat ek kon onthou. Toe kom ek af op jou blog.
Het regtig die hele middig met jou gekuier – lekker musiek. Baie Dankie.
Ek is oorspronklik van Bethal, Tvl.
Ek wens regtig jy skryf na my Email.
Ek het ‘n konfidensiele navraag.
Liefde Groete,
Lavon
Hi Lavon
Welkom hier op my blog. Dankie vir jou besoek en ek is bly jy kon dit geniet. Jou website lyk indrukwekkend! Ek het vir jou ‘n e-mail gestuur! Ek is oorspronklik ook van die Laeveld af! Baie mooi wereld! Groete vir jou ook!
Ek hoop jy kan my help? Ek is op soek na die gedig: Driesie van die Binneland. Ons het ‘n funksie ver bejaardes en ek wil dit graag vir hulle voorlees. Jy is my laaste hoop. Dankie
hi Anda, welkom hier op my blog, ek gaan gou vir jou loer op my cd, maar dit gaan help as ek weet wie die digter is! Ek het nog nie van so ‘n titel gehoor nie, sal ook kyk of ek iets anders kry wat gepas is. Wat dink jy van Leipoldt se gedig: Handvol gruis uit die Hantam… intussen kyk ek verder vir jou gedig
’n Handvol gruis uit die Hantam –
My liewe, lekker Hantam-wyk!
’n Handvol gruis en gedroogde blare,
Waboom-blare, ghnarrabos-blare!
Arm was ek gister, en nou is ek ryk.
Arm in herinnering, arm in verbeelding,
Arm in onthou van die vroeër jare
Deurgebring in die Hantam-wyk.
’n Handvol gras en gedroogde blare
Maak my, wat arm was, koning-ryk –
Ryk in herinnering, ryk in verbeelding,
Ryk in onthou van die vroeër tyd
Toe die Hantam-wêreld al die wêreld
Vir my was in die vroeër tyd.
’n Handvol gruis en gedroogde blare
Vertel so veel van die wonderjare
In my liewe lekker Hantam-wyk –
Waboom-blare, ghnarrabos-blare –
Arm eergister en nou skatryk!
===
Hierdie het ek op die internet gekry:
Driesie van die binne land:
Driesie van die binneland, gaan Maartmaand na die strand
o die soete heerlikheid,
o, watse wonderlike tyd!
Driesie was daar geen maand gewees
of Driesie had geen water vrees.
OH, OH, OH Driesie
——-
Jammer, Anda, ek het my Verswereld CD deurgegaan en kon nie so ‘n gedig op dit kry nie.
Hallo almal wat verlang en droom!
Kom kuier gerus op my webtuiste om te kyk en te luister na songs wat ek van Afrikaanse gedigte maak. philipnel.co.za
Skryf gerus aan my by pjnel@lantic.net
Hi Phillip!
Baie welkom hier op my blog. Ek het gaan loer na jou site en dit lyk te wonderlik! Ek sal weer besoek en gaan jou link ook vir Chris – een van die ander bloggers gee. Jy doen uitstaande werk!
Eish, Nikita. Op soek na jou kleilat-storie, maar ek lees tog te lekker. En ek is nog nie klaar nie. Dankie, man!
LOL! Ek het hom op jou blog gaan neerplak…haha
http://chessaleeinlondon.wordpress.com/2008/10/05/in-die-hoeveld-in-the-highveld/
hier’s hy weer..
Jinne, ek was by Lavon se blad. Twee van jou gedigte daar gelees wat my sommer ‘n traan laat stort het. Bruce vra my: “Ma, hoekom huil Ma?” Whahahahaha!!
Siestog Boendoe! Lavon is ‘n ou omie, baie dierbaar, hy het my weer so paar dae terug gemail. Hy’t my gevra of hy van my goed daar kan gebruik. Hy bly vir 30 jaar nie meer in SA nie, kyk net hoe perfek is sy Afrikaans nog…as jy op sy site is, kan jy na sy links gaan waar sy familie is. Ek het nog nie gaan loer nie, maar het dit so pas gedoen. Dankie!
Kan iemand asseblief help. Ek het iemand nodig om te help met vertalings van Afrikaans na Engels. Is bereid om te vergoed daarvoor. Ek is desperaat!
Cas, Hallo en welkom hier. My internet gaan enige tyd afgaan, want ons trek. Ek het ‘n niggie in Pretoria wat dit doen. Sy is professioneel gekwalifiseerd om dit te doen en sy is ook deur die Hooggeregshof aangstel om dit te doen, ek sal vir haar ‘n email stuur en jou email adres vir haar gee! Ek dink sy sal jou dalk kan inpas. Sy is in die Ooste van Pretoria. Sterkte!
——
Cas, ek het dit so pas gestuur. Ek glo sy sal jou kontak!
Ek gaan eers weer teen Donderdag aanlyn wees hier. Sien my inskrywing op die hoofblad. Ek sal graag weet of sy jou kon help!
Nikita baie dankie vir jou moeite, jy is dierbaar. Sy het my gekontak.
Mense wêreldwyd het my gevra om die werk te vertaal en dit blyk dat Engels maar die beste gaan wees. Jy kan nie glo dat Duitsers, Russe- te veel om te noem- leer tot Afrikaans om dit te kan lees en te verstaan.
hi Cas, dit was ‘n plesier. Ek is bly ek kon help en dat sy jou moontlik kan help.
Nikita is dit moontlik om jou persoonlik te kontak?
hi Cas, ek sal jou email. Ons het nou eers weer Internetkonneksie..na ons trek!
Hi Nikita, ek vra ook of ek ook jou persoonlik kan kontak?
Groete van Moskou, Rusland
Hi Eugene, jy vang my hier op my blog!
As jy jou email vir my gelos het (wettige email), dan kan ek jou email. Jy maak my nuuskierig, want ek het op ‘n tyd in my lewe ‘n persoon met die naam geken- ‘n groot vriend.
Thanks for the good info…very good blog site.
Hi Kids Music, Welcome at my blog and thanks for stopping by and your positive comments!
Goeie dag. Het rerig hulp nodig met n soektog. AG Visser het n jeug kersverhaal geskryf van n seuntjie en outa. Soek dit al jare Danki. hoop jy kan help
Hallo Antonie, Welkom hier op my blog. Ek sal jou moet help met jou soektog, maar ek self kan nie so iets onthou nie. Ek sal ‘n persoon email wat dalk ons sal kan help. Indien die email wat jy hier gelos het ‘n werkende email is, sal ek die persoon vra om ook direk kontak met jou te maak. Andersins, los my weer ‘n boodskap met ‘n email waar ons jou kan kontak. Dankie! Ek hoop ek kan help!
Happy new year! I enjoyed your Afrikaans poetry. I learned Kaalvoet Klonkie at Kuilsrivier Primary School back in the late 60′s. Duing my second stay in CT I met at Cape Town High and married my wife. We now live in the UK but yearn for much of South Africa. It is special to be proud of your country and cultre although not everything we as nations have done has been beneficial. Baie dankie vir jou venster in jou wonderlike land! Alles van die beste.
hi Robin! Welcome to my blog and thanks for taking time to leave some comments. Yes, Kaalvoet Klonkie was one of mine too and I still love it! Als van die beste vir jou en jou familie ook!
Wow! Dankie vir ‘n juweel van ‘n blog! Ons het so iets nodig in Afrikaans! Vanaand gaan ek lekker lees.
hi Klitsgras! Welkom hier, dankie vir jou kompliment!… en lekker lees!
Nikita jou ou doring! Baie oulike blog wat die Afrikaanse hart warm maak. Ek byt nog vas in ons pragtige land, maar ek kan my voorstel hoe waardevol hierdie soort ding is vir diegene wat dar vêr sit en verlang!
Ons ontwikkel ‘n wêreld eerste oudio visuele Toerismediens wat deur ‘n GPS beheer word in jou motor. Dit vertel jou van alles wat te siene en te doene is rondom jou terwyl jy daar naby is. Alles ook in Afrikaans! Die inligting word ook Doofvriendelik oorgedra, en parapleë en blindes se behoeftes word deurgaans in aanmerking geneem. Ons praat van InfoTainment!
Dus, ons kan Afrikaanse gedigte wat juis aan spesifieke plekke in SA gekoppel kan word goed gebruik! Hoe lyk dit? Kan jy vir my help met ‘n paar voorstelle of die gedigte self? Ons elektroniese Toergids oppad word einde April 2010 bekendgemaak, so jy sal ook binnekort meer kan lees op …. incar.co.za.
Ons diens word INCAR TRAVEL GUIDE genoem.
Groetnis!
Hi Piet
Welkom hier en dankie vir jou boodskap, ek moes jou uit die Spam-boksie gaan “red” het.
Jy sal heelwat Afrikaanse gedigte op my blog kry, volg my “gedigte”-bladsy – daar sal jy heelwat links kry en as jy in die “search” boksie “gedigte” intik of “afrikaanse gedigte”, sal jy op nog meer afkom. Ek het ongelukkig nie nou tyd om te sit en dink watter gedigte presies oor plekke gaan nie, as ek kan dink, sal ek jou se. Ongelukkig is ek vas met skoolwerk die kant! – soos gewoonlik. Voel vry om deur my blog te krap vir wat jy soek, sodra ek ‘n geleentheid het sal ek jou kontak via email – ek glo jy het vir my ‘n email gelos waar ek jou kan kontak. Dankie vir jou boodskap en sterkte met julle wat daar vasbyt! Ek het bewondering vir julle en ja, ons die kant mis SA daagliks!!
http://www.rapport.co.za/Content/Rubrieke/FlipBuys/2357/5b0c36a161094d769e2ea6cf6cbc3bd8/06-02-2010-04-50/Afrikaans_gaan_oor_meer_as_net_taal
http://www.rapport.co.za/Content/Rubrieke/JacoKirsten/2380/6c77eeaf74ff4a888dd60c0d03305f61/27-08-2009-11-22/Jaco_Kirsten_As_jy_iemand_wil_blame_vir_swak_Afrikaans,_soek_niks_verder_nie
Hi, kan jy my dalk help, ek soek ‘n afrikaanse gedig wat ek in afrikaans en dan ook in engels kan lees vir twee van my vriende wat trou, die gedig mag nie oor die kerk gaan nie want dit word nie toegelaat in die plek waar hulle trou nie. dit sal waardeur word as jy kan help. dankie, elaine
Hi Elaine
Welkom hier op my blog!
Ek neem aan dat ten minste een van jou vriende Afrikaansprekend is. Ek het nie baie gedigte wat ek vertaal het nie – jammer dat ek jou nie regtig kan help nie – maar as jy wil…kan jy kyk na die gedig van “I’m an African”…die Afrikaanse vertaling het ek gedoen en beide is op my blog. Gaan asb na die bladsy wat gemerk is met “Gedigte/Poems” en jy sal die gedig daar sien en die link na die Engelse een…jy sal ook links kry na ander wat ek vertaal het…jy moet eintlik maar self besluit, want jy ken jou vriende en weet dalk waarvan hulle gaan hou.
Baoe dankie, ek waardeur jou help.
hi Elaine…dis ‘n plesier, ek hoop jy het iets gekry waarvan jy hou.
Hallo daar! Is by my seun in Duitsland en wil beskuit bak. Het voor hy 10 jaar gelede hierheen verhuis het vir hom ‘n resepteboek geskrywe met al ons familie se gunsteling resepte in, van ouma, oumagrootjie al die tannies in die familie, ens. MAAR, ek vind toe tot my verbasing uit dat ek nagelaat het om spogbeskuit se resep neer te skrywe. CR kyk toe in die die internet en vind jou ongelooflike, interessante ‘website’, met al die resepte, Afrikaans en die gedigte ens. Wat ‘n vreugde verskaf jy nie aan almal van ons nie! Baie, baie dankie vir al die ure se harde werk…..daar’s van ons wat dit geweldig waardeer! SA groetnis, Eline
Hallo Eline! Welkom hier op my blog! Ag, jy laat my baie, baie lekker voel met jou boodskappie! Ek is bly dit verskaf julle vreugde en bly mense soos julle waardeer dit! Ek moet eintlik weer van die bekende gedigte bysit!! Ek het dit geniet om dit te doen en so bly as ek so ‘n boodskappie kry, dan gee dit my opnuut inspirasie om weer ietsie by te sit! Dankie en geniet dit wat julle hier kry! Dankie vir die Suid-Afrikaanse groete! Ek waardeer dit. Lekker dag vir julle daar in Duitsland!
can anyone please send me oktobermaand poem that has the version VIOLTJIES OP DIE VOORHUIS VIOLTJIES BLOU EN ROOI VIOLTJIES ORALS OP DIE VELD EN ORALS AAI SO MOOI.I will highly appreciate it THANKS
http://chessaleeinlondon.wordpress.com/2007/10/01/oktobermaand-leipoldt/
Hi Annie, as jy ‘n slegs “oktobermaand” in ‘n search gesit het, sou jy gesien het die link hier is die eerste link wat verskyn… geen “soektog” dan nie.
hi baie dankie ve die woorde van n hand vol gruis uit di hantam
Hi Jannie, baie welkom hier en die gedig was ‘n plesier. Bly ek kon help.
HI
OULIKE BLOG . SOEK GEDIG; GAAN OOR KERK. EINDIG SO;
SE NET AMEn ,DAN GAAN OMIE SIT .
SAL DIT BAIE WAARDEER .
Hi Susan, Dankie vir jou besoekie en jou vriendelike boodskap. Ongelukkig kon ek nie iets opspoor met die min inligting nie. Jy het nie dalk nog een lyntjie wat jy onthou nie? of dalk die digter? Indien jy meer kan onthou, sal ek bly wees om jou verder te probeer help.
Hi Nikita
Baie dankie vir ‘n puik blad
Ons bly nou al vir 11 jaar in Zambie, maar ek is Kazakstan toe geroep vir ‘n ruk om ‘n suster maatskappy te kom uithelp. Ek het jou gedigte, stories en musiek baie geniet.
Dit help as mens jou mense mis
Weereens dankie
Gerbrand
Hallo Gerbrand, Welkom hier op my blog en dankie vir jou boodskap! Ek is bly jy het geniet wat jy hier gekry het. Kom maak maar weer so ‘n draaitjie sodra daardie verlange erg raak. Jy is reg, mens mis dit en dit help baie! Dit klink asof dit lekker kan wees om so rondgestuur te word, ek was nog self nie in Oos-Europa nie. Julle geniet seker Zambie ook? Lekker bly!
Hi Nikita
Zambie is ‘n wonderlike land. Ons het nie al die rasisme moelikheid hier nie.
Die Afrikaners raak so bietjie min by ons, daar is nog net ‘n Afrikaanse sendeling op ons dorp oor, maar die buurdorp het nog heelwat.
Ons gaan kuier graag by boere so 60km weg.
Ons het al die Zambiers aan biltong en droe wors bekend gestel, so as die aanleg my nie te besig hou nie speel ek slagter vir die dorp.
Darm nog net 2 weke dan is ek terug in Afrika
Gerbrand, wat maak jou ‘suster maatskapy’ in Kazakstan? Nie toevallig biltong nie?
Het jy toevallig ‘n ander suster maatskappy iewers in Rusland?
Ek verlang na AG Visser se gedigte en boerewors. Met mampoer om hom neer te was …
Hi Nikita
Hulle hou nie van biltong hier nie, hulle soek “jerky”
Dit is hoofsaaklik ‘n lood en sink aanleg. Hulle doen baie ander minnerale. Dis ‘n baie ryk mineraal area.
Ek het kom uithelp met ‘n nuwe koper aanleg.
Dis noggal lekker om weer die uitdagings van ‘n nuwe aanleg te takel. Dis my 3de nuwe aanleg wat ek help aan die gang kry, het al vergeet van die min slaap wat ddarmee saamgaan. Dis soos om ‘n baba groot te kry, net baie duurder.
Ek kannie onthou wanneer laas ek regte mampoer gedrink het nie, ek gaan my vrou aanse om bietjie te kry.
Ek sien jy se SA se sonsondergange is die mooiste, jy moet Zambie se Zambezi s’n kom kyk.
As jy ooit Zambie toe kom, laat weet my, ons het baie plek.
Maar ‘jerky’ is biltong! Jy moet vir hulle se dis net die woord in ‘n ander taal.
Ahem … Dankie Gerbrand, ek wat jou gevra het is nie Nikita/Krista nie. Ek is ‘n Rus wat in Moskou bly en mal oor boeredinge is … Jy kon sulke ‘cranks’ oral die wereld sien, ne?
Hi “Crank”
jou e-mail addres het nie saam met jou boodskap gekom nie.
Ek weet nie van ‘n aanleg in Rusland nie.
In Zambie koop ons beesvleis en maak ons eie biltong. Die selfde vir droe wors.
Geniet Rusland, ons het ‘n baie goeie vriendin wat van Rusland af kom in Zambie,
Mooi bly
Wat van my adres? Die joune kom darem ook nie met jou boodskap nie.
Hallo Gerbrand en Eugene {Sjoe!}
Lekker om te sien julle kuier hier op my blog…lol… ek het julle gesels ook geniet…gaat maar aan hoor! Moet net nie vuis slaan nie. Dankie Gerbrand vir die uitnodiging, weet nie of dit sal gebeur dat ek soontoe sal gaan nie, maar mens weet nooit! Ek sal dit in gedagte hou. Eugene {Sjoe!} het my nog nie uitgenooi na Rusland toe nie, dalk land ek eendag daar – hoop hy sal my ook kan ontvang.
Hulle soek sulke lang baie dun uitgedorde stukkies vleis.
Hier is Amerikaners ok hier. Ek verkies regte boere biltong.
Hi Nikita
Dankie vir die leen van jou blog.
Voor ek hierheen gekom het was ons in Karoo vir springbok skiet. As jy betyds kom kan jy bietjie Springbok biltong eet.
Zambie het meeste van ons goeie rooiwyn beskikbaar, so jy kan ‘n glasie saam om die vuur geniet. Die weer is baie lekker meeste van die jaar, moet net nie in Oktober kom nie, dis baie warm voor dit begin reen.
hi Gerbrand, Die ‘leen’ van die blog is ‘n plesier, dis waarom dit ‘n ‘blog’ is, hier gesels/kuier ‘n mens! Sjoe, daardie biltong sou nou baie lekker gesmaak het en ek is ‘n liefhebber van rooiwyn. Witwyn gee my hoofpyn – nog altyd
Dis nou nog net die sendeling hier wat soms saam met my n bottel rooiwyn deel.
Hy is nie baie in Zambie nie, so ek geniet dit as hy oorkom. My vrou drink amper glad nie, so dis mors om saam met haar ‘n bottel te deel.
Ons het ‘n afstammeling van Paul Kruger wat so 70km van ons af bly. Ek en sy ma drink so nou en dan wit wyn, maar ek verkies rooi. Sy het saam met ABBA en ander bekendes getoer voor sy in Zambie kom trou het. Ou Paul se mense het hier kom bly om onder engelse uit te kom, maar die oom is dood naby Livingstone, so op die ou einde het hulle engels grootgeword. Die klomp hier kan nie woord Afr praat nie, maar hulle het nog goed van Oom Paul hier.
Wonnerlike familie om te ontmoet.
Ek skryf te veel
Deel later weer
hi Gerbrand
Dis interessant. Ek het ‘n seuntjie in my klas gehad wat ook verlangs familie van Paul Kruger was, sy name en van was dieselfde. Net jammer dat die Afrikaans verlore gegaan het vir die familie in Zambie.
Krista: Eugene {Sjoe!} het my nog nie uitgenooi na Rusland toe nie, dalk land ek eendag daar – hoop hy sal my ook kan ontvang.
Eugene: You bet. Any time, skatjie, any time
Beter teen die Keersfees. Tensy jy bang vir -30 Celsius is.
Wat gedigte betref: My vriend Eugene Witkowsky soek al lang na AG Visser’s Versalmelde Gedigte (Versamelde Gedigte (Afrikaans Edition)(Hardcover) Author: A.G. Visser Edition: (1981-01-07) Publisher: Tafelberg Publishers Ltd Hardcover: 372 pages ISBN-13: 9780624014881 ISBN-10: 0624014886). Hy wil die gedigte na Russies vertaal. ‘n Xeroxkopie sal genoeg wees.
Help iemand asseblief!
Hi Eugene… jong, lyk my ek moet ‘n kompetisie loods tussen julle twee. Die een wat die vliegkaartjie betaal en my verlof [betaalde verlof] reel is die wenner.
Jy moet bietjie search vir daardie boek – ek het vinnig ‘n paar gedoen en op die boek afgekop deur verskeie sites…maar van die sites se nie of die boek NIE beskikbaar is nie, lyk of dit beskikbaar kan wees. Het jy al verskeie SA uitgewers probeer? Aanhouer wen! Dis wat met my gebeur het met ‘n spesifieke boek. Na ‘n jaar of twee het ek dit gekry.
Daar is noggal heelwat sulke families hier. Die wat nog Afrikaans kan praat is baie trots daarop, en praat dan aspris Afrikaans as die ander by is sodat hul nie verstaan nie.
Baie van die kinders het in SA skool gegaan met die koper lopie in die 60′s -70′s, so daai groep kan Afr praat.
Dis lekker om met die ou Zambiers te kuier want hulle kom met baie interesante stories uit.
Geniet die gedigte, ‘n hele klomp vir my vrou gestuur.
Eugene
Jy moet kom kyk hoe maak ons biltong, dan kan jy die russe leer.
Dis maklik. Slag maar self die bees, dan weet jy die vleis is vars en dan het jy goeie vleis vir baie lank
Slag maar self die bees!
Man, ek sal nooit die moed daarom hê nie, hoor!
hi Gerbrand, dis goed om te weet dat daar nog Suid-Afrikaners [in ander dele van die wereld] is wat TROTS daarop is om Afrikaans te praat. Ek verneem dat daar in SA selfs die is wat dit in die openbaar vermy! – al is dit hul huistaal. BAIE SAD. Hulle moet seker ‘n selfbeeldprobleem hê as hulle dit vermy. Ek is bly jy het die gedigte ook geniet, ek is seker jou vrou sal ook. Ek stem saam met Eugene [sjoe!] dat ek dit ook nie oor my hart sal kry om self ‘n dier te slag nie – ek kon dit nooit op die plaas aanskou nie. Gelukkig het dit min op die plaas gebeur, anders was ek vandag def iemand wat nie vleis geeet het nie.
Hi Eugene / Nikita
As jy wil boer dan moet jy
Ons is besig om klein varkboerdery in Zambie aan die gang te kry, meer om plaaslike gemeendskap bietjie te help. So een van die dae gaan slag vir ons algemeen wees.
My vrou hou ‘n hoenderboerdery van so 50 – 60 hoenders aandie gang, ook vir gemeendskap.
Sy sal nooit kan besigheid doen nie, sy gee te veel weg, maar met die wat sy verkoop breek sy darm gelyk einde van die maand, en ons eet ook.
Nikita, as jy kom kuier sal ons jou laat varkies vang, groot pret. Verbasend hoe mak die goed raak, maar ek weet nie of hul nog so mak sal wees as daar baie is nie.
Mooi bly julle
Gerbramd
hi Gerbrand, Dit klink na pret. – die varkie en die hoenders. Ek weet darem nie of ek ‘n vark sal kan vang nie.
Ek sal vooraf moet oefen.
Hoeveel is die airfare, Krista?
Wat die SA uitgewers betref — dis hopeloos. Uit druk is uit druk. Net tweedehandseboekverkopers. Ek het wenslyste aan verskeie ene gestuur. Sover niks nie.
Jy moet rond-shop vir pryse en jy kry ‘lastminute’-pryse ook, als hang af wanneer jy wil vlieg. Jy kan betaal [in pond] enige iets van £700 tot £15000 hang van jou af. Stuur email as jy meer wil weet.
Middag almal………………
Ek is opsoek na die woorde van Ansa van der Waldt se pragtige gedig- Elegie vir ‘n skool loopbaan. Ek het nou oral gesoek ma Google is useless.
En sommer in dieselfde asem ken iemand miskien ‘n liedjie genaam Jannie jannie? ‘n Maaitjie van my sê sy het hom jare terug gehoor en sy wou weet of ek hom ken.
Dankie
♥♥♥♥
Lornet, vra Emma Stander op
http://www.jip.co.za/nuus/Elegie-vir-n-skoolloopbaan-opgedra-aan-Helpmekaar-Kollege
Sy haal die gedig op sy blog aan.
Dankie Eugene
Nou soek ek vir Jannie Jannie. Kry mens ooit so ‘n liedjie?
My maaitjie dring egter aan dat sy die music video gesien het en die sanger het ‘n trou rok daar in aan.
Ek wil ook nou soos ‘n totale pampoen klink en sê ek ken nie so iets nie.
Hi Lornet en Eugene
@ Eugene – dankie vir jou samewerking hier op my blog, ek hou daarvan
@ Lornet – ek het nog nie van Jannie Jannie die liedjie gehoor nie, maar ek wil my verstout en se dat ek DINK daar kan dalk so ‘n liedjie wees – ek verbeel my [in my kinderlike jeug] dat ek iewers iemand dit hoor noem het [slegs titel! dalk was dit 'n gespot oor iets], maar ek het dit nooit gehoor waar dit gesing is nie] As jy dit kry, kom plak dit vir ons hier neer, dankie! Ek wed jou Eugene sal dit vir ons kry – hy kry ‘snaakse’ goed op ‘snaakse’ plekke.
http://www.amandaluyt.co.za/lirieke/deelvanmy/JANNIE.rtf
Hehehehe…wat het ek gese!!
Ha ha ha!!!
Oh ek hoop so.
Miskien is dit glad nie die liedjie se naam nie. My maaitjie se afrikaans is nie so goed nie. LOL
Oh oh!!!!
Kan dit wees???
Dankie Eugene
of kom ons sê Supersurfer. LOL
Jammer vir die foute, Lornet. Geen wonder nie; ek is ‘n Rus wat Afrikaans heel alleen in Moskou probeer leer.
Eugene, ek ken `n vrou wat Engels in Moskou onderrig – sy is `n skrywer van Afrikaanse boeke.
Stuur jou email adres, an stuur ek dit vir haar. Fransi Phillips
Nou kan jy nou meer!!!!
You could have fooled me!!!
Jou Afrikaans is uitstekend Eugene en dankie.
My vriendin gaan baie bly wees dat ek dit kon opspoor.
Als te danke aan jou.
Môre mense!!!!
Ek kon myelf nie verhelp nie maar ek moet net die pragtige gedig met julle deel. Ek is skoon in vervoering.
Dit is hierdie jaar se voorgeskrewe gedig vir die gr.12 finale eksamen.
Die digter is Joan Hambidge en die gedig se naam is Een sprong.
http://www.scribd.com/doc/51287863/3/GEDIG-4
Hi Lornet!
Baie dankie vir die deel van ‘jou’ gedigte ook! Dis altyd heerlik om goeie gedigte te lees.
“En dit sal seer wees liewe skool so seer soos die skoolbaadjie wat ek vandag soos ‘n lewende se vel van my lyf afslag.”
- Elegie vir ‘n skoolloopbaan deur Ansa van der Walt
Dis al wat ek kon opspoor in verband met hierdie gedig. As iemand die res kan opspoor sal ek verewig dankbaar wees.
Dit was my gr.12 voorgeskrewe gedig so ek heg groot waarde daar aan.
☺☺☺
hi Lornet, Dankie vir die link, ek hoop iemand kan help!
Ek sit nou letterlik hier en huil voor my rekenaar, (terwyl ek veronderstel is om te werk). Ek is ‘n finansiele advisieur vir ‘n maatksappy in Ontario, Kanada; en het toevallig toe ek vanoggend instap gehoor hoe praat die mans oor “pancakes”. Die Kanadese weergawe van ons SA plaatkoekies (flap jacks). Toe vertel ek hulle van ons tipe pannekoek en dadelik soek hulle ‘n resep. Groot was my geluk toe ek op hierdie webblad afkom, en toe soos ‘n regte kersie op die koek die afdeling van die gedigte. Vir meer as 14 jaar soek ek die woorde van Amakeia. Nou het ek dit!! Dankie, dankie, dankie.
Sjoe Leah!!!
Lus ek nou vir ‘n Flap-Jack of vyf. My ouma se gunsteling
LOL
Kanada is seker nou al besonders koud neh?
Ek soek groot asseblief die woorde vir Joe Niemand se pragtige liedjie- Ek sal nie bang wees nie.
Pannekoek en Flap-Jacks…altyd welkom hier by my, stuur vir my OOK!
Hi Leah, welkom hier en ek is bly ek kon jou ‘dubbel’ help!
Lornet, dis nie eenvoudig nie…dis sommer VREK eenvoudig:
http://www.facebook.com/note.php?note_id=259295277414503
Dankie Eugene-tot-die-redding!
soos altyd! – die woorde van die FB bladsy van die link.
Ek sal nie bang wees nie
Gesing deur-Joe Niemand
Hy wat in die skadu van die Allerhoogste sit
In die geheime plek
Sal vir God kan sê;
U is my bergvesting
My toevlug op wie ek vertrou
Want U, U sal my kom haal
Uit die diepste donker plekke waar ek
Omring word deur die doodsgevaar,
Ja U vlerke vou my toe
Onder U troue vleuels vind ek my skuiling
U vere is my skild, my bevryding
Ek sal nie bang wees nie
Vir die onheil in die nag
Of verwoesting in die dag
Ek sal nie bang wees nie
Al val ‘n duisend aan my sy
Ek sal nie bang wees nie
En hier kruip ek weg
In die hoogstes by die Hoogste
Alles veilig in U hand
Buite die bereik van die vyand en sy magte
Omring deur engele aan elke kant
Want U, U laat my dra
Veilig oor alles wat verskeur, vergiftig
U vergruis elke aanval wat op my gerig is
Ek sal nie bang wees nie
Vir die onheil in die nag
Of verwoesting in die dag
Ek sal nie bang wees nie
Al val ‘n duisend hier langs my
Ek sal nie bang wees nie
U sal my red omdat U weet hoeveel ek U liefhet
Omdat ek in alles op U vertrou
Sal U my veilig in die hoogstes hou
En wanneer ek weer die pad verloor
Sal U elke keer my noodkreet hoor
My verwoesting sal U keer, keer
En vir altyd my met U redding eer.
Baie dankie julle!!
Ag Eugene!!!!
Jy dink jy’s baie oulik neh??
Maar nogmaal dankie
Okay Eugene
Beindruk my met jou snuffel vernuf en kyk of jy ‘n Lisa Beeckman liedjie vir my kan opspoor.
Met die woorde ” Ek het ‘n boer sien dans in die Karoo”.
Nou is jou kans om my te beindruk met jou snuffel vernuf.
Kan jy vir my ‘n liedjie opspoor van Lisa Beeckman met die woorde….
” Ek het ‘n boer sien dans in die Karoo”
Verras my!!
Hi Lornet
Hier is hy! Hierdie keer is ek Eugene een voor! Hy slaap seker nou en snork dat die balke kraak. [hehe]
Ek het ver gery op ‘n nuwe pad vir die eerste keer
- êrens in die Groot Karoo
Dit was die langste tyd van byna niks,
Maar die kortste pad na waar ek wou wees -
Ek het verlang na die see
Dit was ‘n groot verdwaal op ‘n reguit pad
Ek het Noord en Suid in die veld verlê
Maar na ‘n prentjie op ‘n plaaspad,
Was ek seker ek ruik die reën
Refrein:
Ek het ‘n boer sien dans in die Karoo
Met sy hoed in die hand – dakloos in die water van bo
Ek het ‘n boer sien dans in die Karoo
Hy sê “ons dit noem dit hier Genadewater, meisiekind,
Hierdie reën – hierdie water bly ‘n seën”
Ek het stilgestaan op ‘n nuwe plek vir die eerste keer
-êrens in die Groot Karoo
Dit was die mooiste plek van byna niks
Op ‘n plaas – met die naam Berlin
Toe die hemel die aarde seën
Dit was soos huis toe kom op ‘n reguit pad
Ek en ‘n vreemdeling met die hoed in die hand
‘n prentjie op ‘n plaaspad
- die stof, die dans en die reën
Refrein x 2
Woorde en musiek: Lize Beekman
http://www.laurikarauch.com/?song=ek-het-n-boer-sien-dans
Ha ha ha!!!
Dankie Nikita
Kan dit wees?? Eugene, nie 1ste met ‘n antwoord nie.
LOL
Hi Lornet, Nee jongie, hy sit kamma in Rusland – ken glo nie ‘n dooie woord Afrikaans nie, maar pop uit asof Afrikaans sy 1ste taal is! Laat ek jou se, hy kruip net hier agter ‘n bossie weg. Sy Russiese email-adres is net vir die voeltjies. [LOL...NOU gaat jy hom vinnig hoor! Hy gaan binne 'n paar sekondes hier wees! haha]
Kamma! Wragtag in Rusland. En sukkel-sukkel of die taal heelalleen te aanleer en N se hart te wen.
Hi Eugene, Jy laat my smile met jou kommentaar hier! Sukkel se toon, jy ken die taal goed!
Ooohh!!
Nou raak dit omtrent interesant, ek sal nie kan sê of jy ons om die bos lei of nie Eugene, jy kan dit alleen beantwoord.
Maar toe gegee, ek het al mans baie dinge sien doen vir daai spesiale dame.
So jy wil behoorlik impress of hoe sê ek Eugene.
LOL
Hi Lornet
Eugene sal seker oor die naweek tyd hê om hier in te loer. Ek dink hy’s besig met ‘dringende planne’.
Haai nee Nikita
Shame, die arme man se hart.
LOL
Hi dames…
Watter van julle sal vir my die lirieke van hierdie treffer neerskryf? Asseblief.
http://www.youtube
Ek kan nie die aksent verstaan nie.
Baie dankie by voorbaat.
hi Eugene
Ek is jammer dat ek jou link ge-edit het. Die liedjie is nou glad nie my smaak nie en die woorde wat daarin gebruik word [f-woorde] is ook nie my taal nie. Jammer hoor! Ek plaas nie [en keur dit nie goed] daardie tipe taal op my blog nie. Jy kan dalk op youtube daarvoor vra – as jy op youtube registreer.
Ge-edit! En het ‘n fout in die woord “aksent” laat bly! Foei tog.
‘N’ teruggeplaas, jammer! Nie opsetlik bedoel nie – dalk was dit nie daar?
Wonder maar net: Jy het dalk my reaksie probeer toets? Sekerlik nie! Daarvoor ken ek jou dalk ‘te’ goed.
LOL!!!
Nee, jong ek stem saam met Nikita daai is ‘n bietjie te rof vir my bloed.
Is dit een van Die Antwoord se songs?
Eugene waar wil jy met so ‘n ontsmaaklike stukkie musiek gaan?
Saamsing, natuurlik. Ek het ‘n mooi diep bariton. Dit sal smashing klink.
Amakeia
In the shadow of the mountains
sheltered by surrounding bush
stands a lonely frontier cabin
on the edge of Xhosa Land.
Amakeia humming softly
on the bank of the Kei River
sings to sleep the gentle baby
of white frontier pioneers.
“Hush now, hush now, still my Baby;
See the twinkling evening star.
There is no-one who will harm you –
hush, though Mammie is so far.”
Amakeia made a promise
to her mistress who lay dying
to take care of the helpless child
until he was old enough.
Lovingly she served the white child
‘till for him the light of life
shone forth from Amakeia’s
black and friendly, faithful face.
Ominous sign were all around
war had come throughout the land:
swift collapse of house and shelter
massacred and burnt to ground.
Selflessly and death defiant
with the white child on her back
to the Amatola mountains
She then swiftly fled away.
“Still my little pikanienie;
The moon rises above the hill.
No-one will ever see us here;
tomorrow we will go back home.”
Oh, that spies were on the lookout,
and would find her hiding place!
“Spare him, he’s so small.” She begged.
Pleading with her hands outstretched.
Fiercest tiger was the wild band
“Die or give the white child here!”
“Over my dead lifeless body …”
Amakeia answered bravely.
“I made promise to my mistress -
Best of all there ever was -
where he goes, must Amakeia,
go along to care for him.
“If in living undivided,
then in death remain united -
make short work of her Maxhosas,
let your assegais rain down!”
In the Amatola gullies
there still sings the winter-wind
through the reeds there in the moonlight:
“Thula – Thula – still, my kind!”
©Christopher Laue
Translated from the Afrikaans ‘Amakeia’ by A.G.Visser, January 3rd 2012
hi Christopher!
Dankie vir jou vertaling, hoe meer hoe beter vir ons taal!
Haai! Ek het nog altyd in vervoering geraak oor gedigte en het myself nou deeglik geniet! Ek soek nou naarstiglik na my digbundels wat nog erens ingepak staan nadat ek ‘n jaar gelede verhuis het! Cori
Hi Corrie!
Welkom op my blog en dankie vir die boodskappie. Ek is bly ek kon jou ‘in vervoering’ kry en bly om te hoor jy gaan jou digbundels uitkrap! Geniet dit! Deel met ons hier ook ‘n gunsteling!
Hi! Ek geniet jou blog vreeslik! Miskien kan jy my help. Ek is op soek na AGVisser se gedigte: Rosa Rosarum & Magersfontein.. Groot ‘seblief
Hi Miemie! Welkom hier met jou besoek op my blog en ek is bly dat jy dit geniet het!
Ek het vir jou Rosa Rosarum hier in die inskrywing geplaas, sal kyk of ek aan jou ander versoek ook kan voldoen.
1000de Dankies! My ma het hierdie gedigte op skool geleer en sy’s amper 76. Sy het gedeeltes daarvan vergeet en ek’t bloof om dit vir haar op te spoor. Sy waardeer dit opreg! Thanx!
http://www.gutenberg.org/browse/authors/t#a6782
) Ek is bly ek kon jou ma help!
Hi Miemie
Kyk op hierdie link – Trekkerswee is daar – by Totius – geniet dit!
Ek wil `n liedjie op die site laai. Dis in Mp3 formaat.
Toonsetting van: In die Hoëveld.
As ek `n e-posadres kan kry, stuur ek dit graag gratis aan iemand wat verlang na die hoëveld. Of ek stuur dit aan jou Chessa-Lee en jy kan dit plaas as jy `n plan het.
Het al op fb met Soundcloud klank-files geplaas.
Carol McCullar se hartroerende brief oor dié gedig het my laat dink om dit te doen.
hi Philip – ek kan jou kontak via email – dankie vir die idee!
Mal oor jou blog..Het onlangs in die volgende boek,”Songs of the veld and other poems” Ingelei deur Marthinus van Bart. Engelse gedigte oor die Anglo-Boereoorlog. vasgelees.
Hierdie boek bevestig die ongeregtighede van die ABO.
Verspreider in Engeland:
Central Books,
99 Wallis Road,
London,E9 5LN
Hallo Leon (en NIkita)
Dankie vir die wenk. ‘n Vriend van my, ‘n Russiese digter en vertaler, wil ‘n bloemlesing skep, “Die digkuns van die Anglo-Boereoorlog” (Russiese vertalings).
Dus my vraag: “Engelse gedigte oor die Anglo-Boereoorlog” — is hulle die oorspronklike Engelse gedigte of Engelse VERTALINGS van die Afrikaanse gedigte?
Baie dankie en groete.
Eugene
hi Leon {en Eugene}
] Ek het so ‘n wyle gelede ook vir my die boek bestel, maar ek weet nie of ek die regte ‘uitgawe’ het nie, op Khalahari.net het dit vir my ‘anders’ gelyk. Ek het nou ‘n search gedoen op ‘Central books’ se webblad en ek kon nie die titel daarop opspoor nie. 
Dankie vir jou boodskap en ek’s bly jy hou van my blog – [Eugene ek weet jy hou ook baie my blog, jy se dit net nie, ne! lol
Eugene: Ek dink daardie gedigte is Engelse gedigte, nie vertaal nie, maar nie seker nie.
Hi,Nikita en Eugene,
Hierdie heruitgawe van Songs of the Veld and Other Poems word in nagedagtenis opgedra aan C.Louis Leipoldt,Friedrich Carl Kolbe,Elizabeth Maria(Betty)Molteno,Alice Matilda Greene,Anna Purcell en Albert Cartwright, en aan alle Rebelle van die verlede, hede en toekoms.
Alle gedigte in engels deur engelse geskryf.
Ek het my kopie by Cederberg Publishers verkry.
http://www.cederbergpublishers.co.za
KRY DIT !!!
Groete Leon
Hi Leon
Baie dankie vir die link! Ek sal dit beslis bestel.
Groete aan jou ook!
Hi Nikita, Eugene
Lanklaas hier ingeloer.
Het jy al biltong peobeer maak Eugene. jy moet dalk Suid Afrika besoek om te kyk hoe die boere dit doen. Jy sal SA baie geniet, ‘n warm sonskyn land.
En ja Nikita, ek dink almal wat op jou blog afkom hou baie daarvan.
Mooi bly
Gerbrand
hi Gerbrand, Ja, omtrent lanklaas wat jy hier was.
Ek wonder of Eugene ooit weet van ‘biltong’
Hy sal natuurlik ook vir my daarvan moet stuur. Geen uitlander kan biltong maak tensy hy die goedkeuring van ‘n Saffa daarvoor het nie..haha…Ek sien baie uit na Eugene se biltong! Dankie vir jou vriendelike boodskap. Dis vir my heerlik as mense dit geniet.
Groete aan jou ook!
Kan jy my moontlik help met die woorde van “Chrissie perform”? Ek soek dit dringend vir ‘n dogter vir Eisteddfodd.
baie dankie
Gloudine
Hi Gloudine
Wie is die digter? Ek het nog nooit van die titel gehoor nie, maar kan probeer help.
Hallo Leon {en Nikita}!
Baie dankie vir die inligting. Maar R286 is darem duur, hoor. Wat kan ‘n mens nie vir ‘n vriend doen nie, eh?
Hallo Gerbrand!
Nee man, met my arme wat van iewers groei… Nooit nie. Iemand het nou die dag ‘n pakkie vir my van Pta gebring. Ons het egter nog nie ontmoet nie.
Nou ja, dalk sal ek SA kan geniet…Maar nie die reis nie. Ten minste 19 ure op pad… Te veel vir my.
Hi Eugene, die boek is darem die prys werd, of wat praat ek?
En soos ek jou ken, sal jy ook nie daardie biltong deel nie, nee wat – sit seker en smul daar alleen daaraan!
Of wat praat jy?
Biltong deel??
http://images1.wikia.nocookie.net/__cb20100508131248/clubpenguinfanon/images/8/8e/Garfieldandnomz.gif
LOL!!
Vlieg tot by Abu Dhabi, ry met die F1 kar rond vir n dag en rus uit, dan vlieg jy verder.
Weet net dat dit vrek warm is daar, so moenie jou Russiese pelse aantrek nie. Kom in die winter dan kan jy n bok skiet en baie biltong maak. Dan kan jy maar n paar pelse inpak, die jagveld kan dalk koud wees. Hang af van waar jy gaan skiet. Ek hou van die Karoo, maar daar raak dit goed koud in SA standaard, maar dis nog n vulletjie vir julle weer. So -5 tot so -10C.
Jy moet net weet die enigste rooi sop is tamatie sop, in SA is daar nie beetsop nie.
As jy kom, gooi n draai in Zambie, hier raak dit nooit koud nie, winter raak so 10C as dit baie koud is
Ons het baie beeste, ek sal jou leer slag!!
hi Gerbrand, jy het my natuurlik vrek jaloers deur net ‘F1′ te se! Dit klink my julle het groot ‘feeste’. Eugene sal baie by jou [julle] kan leer, hy moet nou net sy tassietjie pak en gaan!
Hallo ek is opsoek na die gedig “driesie van die binneland” ek weet nie wie hom geskryf het of waar om te kry nie. Eistedfodtyd en die kinders moet bietjie eg afrikaans praat. Help asb.
Dankie joanita
Anda het drie jaar hier gevra. 20/06/2009 om 12:14. Nikita het geantwoord.
Hi Joanita/Eugene!
Ja, Eugene! Wat sou ek nou sonder JOU gedoen het!!! Hier sit ek op die internet, [moet eintlik skoolwerk doen!!] en soek na Driesie-tjie…en ek het geweet dit klink SO bekend!!
Jy spaar my nou nog ‘n uur se rondsoekery. Dankie, jy’s ‘n ster!