Namibia: Goanikontes Oasis – Foto – deur my nig op FB!
Ek is gek oor windpompe – eintlik enige iets wat ‘plaas’ is. Ek is oorspronklik ‘vanaf die plaas’ en heg ek groot waarde aan dinge wat my aan die plaas-dae herinner. Ek [dis my persoonlike opinie!] glo dat mense wat op ‘n plaas groot geword het, kyk op ander maniere na dinge/lewe – dit is ook my persoonlike ervaring! Jy waardeer dinge op maniere wat ander mense soms nie verstaan of moeilik vind om te verstaan. Dit laat my ook dink aan Langenhoven se gesegde: slegs as jy met kerslig groot geword het, weet jy wat liefde is. Natuurlik bedoel hy liefde in die ‘ander’ sin van die woord. Ons almal weet wat ‘normale’ liefde is. Ek het vandag so bietjie op FB weer gaan inloer en daar kry ek vir Johan van der Watt waar hy so pas Sypaadjiemense op sy FB bladsy geplaas het. – sien my Afrikaanse digters bladsy vir sy liedjie: Sypaadjie mense [ook 'n inskrywing iewers op my blog, waarop hy afgekom het!] Hy was die kunsonderwyser by my Hoërskool en ook in St8 my Voogonderwyser. Hy is ook ‘n spotprent-tekenaar en baie van sy spotprente verskyn in die Beeld – en verseker ander koerante ook. Ek is toevallig ook op ‘Soundcloud‘ geregistreer en kry toe sy ander baie mooi liedjies wat ek hier plaas. Windpompliedjie het my ook dadelik getrek – hoe dan anders! Die twee foto’s in die inskrywing is van ‘n niggie van my wat graag rondtoer wanneer sy die geleentheid kry. Ek weet sy sal nie omgee dat ek die foto’s by haar ‘geleen’ het nie. Die onderste foto het ek so bietjie ‘gesny’ om te fokus op dit wat ek wou hê. Op Johann se profiel was daar ook ander sangers waarna ek geluister het en die laaste liedjie is ook ‘n liedjie wat my aandag getrek het. Geniet dit saam met my!
Knysna-omgewing – B&B – foto: ook ‘n foto van my nig op FB.
Johann met My Môreland
Die liedjie is deur Emile Minnie: Sandkasteel


Docendo discimus
A nation that forgets its past has no future - Winston Churchill
In Renaissance Europe chess was part of the education of the nobility and was proclaimed the “Royal Game.” In 1732 Benjamin Franklin wrote an essay, The Morals Of Chess, in which he said “The game of chess is not merely an idle amusement; several very valuable qualties of the mind useful in the course of human life are to be acquired and strengthened by it....”
'Rebranding the Afrikaner: World Cup watershed?' [CNN] You might want to read
Biel Chess Festival 2011- Click the image for the official site
This LINK is a must read by a University Professor/Journalist and photographer: Anthony LoBaido...read what he says about the "Mandela Myth"-which not many people know about!
Those that know, do. Those that understand, teach. Aristotle
By learning we teach and by teaching we learn




















Karen Asrian Memorial[click image for the link]
Tata Steel Chess
London Chess Classic
Dortmund 2010
South African Open 2010
British Chess Championships 2010
Nalchik 2010 Fide Women's Grand Prix -25 April to 8 May
2009 - 2-12th July - Dortmund Live 2009
SA Open 3-11 July in Cape Town
MTel 2009
Linares 2010
World Youth Chess Championships 2009
Anand vs Topalov 21 April 2010



Dis prentjiemooi.Ekself het op windpompsous grootgeword.
Die windpomp was ons lewensbron en is in stand gehou.
Ek het ook ‘n paar mooi foto’s van windpompe en kan hul net nie miskyk.
Laat my weet indien jy belangstel.
Nogal ‘n kuns om die goed korrek op te sit en die silinder te koppel
sodat die slag (die op- en af beweeg van die suierstang ) reg is.
Ek het vir baie nagte opgevlieg om my twee windpompe se briek te gaan
aandraai wanneer die wind skielik opsteek.
Daardie rustige klik – klak in die nag is onbeskryflik.
Helaas die wiel (van die windpomp) het gedraai.Die plek het ek verkoop,
daar pryk woonstelle vandag en beide is afgebreek in 2008.
Die een windpomp is in 1948 deur my vader opgesit en was die laaste in
die dorp. Na 60 jaar nie meer.Myne het so 18 jaar gestaan.
Groetnis.
I’ve longed to be in a farm with windmills and just write.
ja, ons plaasmense IS anders…
[...] Seegogga; Chess; Demoerin; Jan Twak; Jagter (hoog tyd dat jy ‘n slag weer skryf!!); Klippie; Olga; Roer; [...]
Ek wou jou tag, maar ek sien Toortsie het reeds.
http://kruidjieroermynie.wordpress.com/2011/12/06/skades-en-skandes/
@Peet, dankie vir jou besoekie en boodskap, dis lekker om te weet dat meer mense van windpompe hou. Ons was gelukkig, ons was nie afhanklik van een nie, ons het ‘n baie sterk boorgat gehad, water was op ons plaas [gelukkig] nie ‘n probleem nie, selfs ‘n waterval – wat iewers op my blog is.
@Toortsie/Roer – soos ek vir jul reeds laat weet het, sal my ‘tag’ moet doen sodra dit weer vakansie is, moet ook gaan sit en dink ‘wat’ !
@Norrbu – yes, it’s a wondeful life – on a farm. I grew up on a farm – was there for more than 15 years. Missing it! On the farm you can let your mind wander and so many things happen in a farm, I think that is just what chn need to stimulate their creativity.
Ek het ook ‘n ding oor windpompe en neem graag foto’s as ek hulle teekom. Hulle is vir my nostalgiese monumente van ‘n lewe wat was.
Hi Boer, dis soos jy sê, monumente van ‘n lewe wat was. Ek geniet dit so om te ry [nog nie hier gesien nie! - dis nou SA] en dis – of die laatoggend-son of laatmiddag-son en die windpomp is daar in die ‘verte’ – dit gee soveel karakter aan ‘n plek. Soms as dit so stadig draai, asof dit iets wil ‘sê’.
nikita, please email me your address to norrbu[@]gmail.com
I’d like to send you a christmas card – we’ve known each other for long enough that I must begin the tradition.
Hi Norrbu!
Thank you! That sounds sweet! Will do so.
[PS:I've edited your email, so it's harder for Spammers to get to it. - hope you don't mind]