English readers: you can find my translation of this first poem on “My Poems-gedigte” page on top of my blog. I hope you will enjoy it.
EENSAAMHEID – JAN F.E. CELLIERS
My vuurtjie en ek is op wag –
my vuurtjie en ek alleen;
die awend-ster
wink al van ver,
en die velde slaap omheen.
En stadigies sterwe die dag,
soos een in sy armoed verlaat,
ongesien, ongeag,
sonder suggie of lag,
waar niemand van weet of van praat.
Nou bly die lug alom
in stil aanbidding staan –
geen tampende bel
wat die ure tel:
net die sterre wat kom en gaan.
Die osse, met koppe gebuie,
herkoue nog stil in die nag,
tot één vir één buk
en gaan lê by sy juk,
met `n sug, ná die trek van die dag.
My vuurtjie is al wat nog leef
in die eindeloos ruim met my,
en sy stemmetjie dwaal
soos `n deuntjie wat draal
om dae lank verby,
om jonkheids blye môre
en laggies lank verlewe.
Dan voel ek `n traan
in my oë staan
en ek fluister: “Heer, vergewe!”
Die slapende velde lê wyd,
en wyer die donker see,
wat my vuurtjie en my
vanawend skei
van die wêreld se vreug en wee;
ek weet daar`s fees vanaand
in menig verligte saal,
maar geeneen wat my mis
by die dans en die dis -
`n balling vergeet en verdwaal.
Maar al is ek, ver van die skaar,
in eensaamheids wonings getrede,
ek voel my soos een
met die Heer alleen –
`n kind aan Sy boesem tevrede.

image: digitalcameraclub.co.za
I’ve read something this morning on Zee’s blog that reminded me about this poem : “Eensaamheid” by Jan F E Celliers I also came accross this poem on a website and it also reminded me about this very same poem! “Eensaamheid” means…”loneliness…or…solitude…”
Ver op hoë berge
Pagina: 431/431
Ver op hoë berge, o-o-o…
Sit ek eensaam in die nag,
by my vuurtjie stil op wag,
ver op hoë berge.
‘k Denk nou kom my liefste, o-o-o…
k’ Sie van verre kom die wa,
die my liefste skat daar dra,
ver op hoë berge.
Droom is weer voorbij nou, o-o-o…
‘k Sit weer eensaam in die nag,
by my vuurtjie stil op wag,
ver op hoë berge.
http://www.carpegeel.be/lied.aspx?id=857
Read on WIKIPEDIA more about him.
Kliek HIER vir meer gedigte deur Celliers…
Enjoy the music of Sweet People …terwyl jy ”Eensaamheid” lees
On THIS LINK -on my blog- you can read two poems of Jan FE Celliers.
Afrikaanse kindergedig!
Digter? Wie kan help? Titel?
Daar stap ‘n klein mannetjie
In die rigting van die klotsende waterstroompie
Hy het ‘n emmer in sy handjie
En jy hoor net:die suisende windjie!
Hy stap, voete slepend
Hy stap, tande knersend
Hy draf, voete knarsend
Hy draf, hande swaaiend
Oppad hoor hy ‘n kwetterende voëltjie
Hy val skielik: kaplaks!
Daar lê hy onderstebo op die bruggie
“Ai”, sê hy, “dis seer”, vervlaks!
Nou loop ons klein ou mannetjie
Baie stadig, hy sien hy ‘n bobbejaan
Wat al blaffend en al strompelend
KADOEF! en PARDOEF!
Teen ‘n boomstomp kom gejaa’n
Die kabbellende rivierstroompie
Stroom al jubelend oor die klippies
Daarnaas is ‘n verdwaalde lam
Hy blêr! Ai tog! Dis ‘n ram!
Oppad terug stap die mannetjie
Met sy kleine, swaaiende kannetjie
Geluidloos deur die woud heen en weer
Wat het geword van die brullende
En krakende donderweer?
Ek weet! Die sissende slange
En kwakende padda
Het almal op skrik gejaag
KABOEM! Daar blits hy
SJADOEF! Daar flits hy
~~~~~~


2009 - 2-12th July - Dortmund Live 2009
SA Open 3-11 July in Cape Town
MTel 2009
Corus Live












Received from: Eilandkind, Reisiger and Wipneus
Received from: Little Indian
Received from: Meghna

Baie nice link met al die gedigte!! Gaan hom onder my “favourites” bêre….
Jy bederf ons met al die mooi lees goed!
My vuurtjie is voorwaar is pragtige gedig.
Soos Wippie sê, dankie vir die link. Sal bietjie later daar gaan loer!
hi Wipneus/Zee…ja, hierdie gedig is pragtig en die ander gediggie “trek” nogal half na “vuurtjie en ek”..ek moet tog ook vir julle ‘n ander link gee, met net sulke pragtige Afrikaanse gedigte…sal eers op my blog moet rondkrap en kyk waar ek hom het…
Hi Nikita,
Liked the pics thgh I cldnt understnd the post…I read abt it in Wiki….vry nice post
GreaT post.
Hi Meghnak…my previous post..about Dogs…is in English…if you want to take a look at that one..
Hi Simone…Welcome here…and I’m glad you liked it too…
Hi Nikita ,
Sal wat wou gee om vanaand langs daai vuurtjie te sit. Iewers in die Karoo met net so ‘n bietjie byt in die lug. Ai, jy vat mens darem op ver paaie terug!!
Hello Braam…goed om jou weer hier te sien..en ek is bly ek kon daardie “verlange” weer prikkel! Ja, ek sal wat wil gee om nou om so ‘n vuurtjie in die Drakensberge te sit, na ‘n dag se stap, so in ‘n grot en met die wete dat jy die volgende dag ‘n volgende been gaan stap op ‘n roete! met ‘n stukkie stokbrood en ‘n worsie! en daarna die marshmallows in daardie vuurtjie! Ai! ..
Hallo Nikita
Ek was nou lekker verras dat jy die berig gesien het dat Afrikaans een van die tale in die Christchurch biblioteek is. Dit is egter nie die eerste biblioteek in NZ met Afrikaanse boeke nie want daar is al ‘n wyle ‘n Afrikaanse versameling in Browns Bay biblioteek in Auckland.
Loer gerus na ons afrikaansinchristchurch.org.nz webwerf vir die hele storie oor die Afrikaanse boeke
Mooi bly
marietjie
Hallo Marietjie! welkom hier, ja, ek was nogal verras en ek het die link hier “gebere” om daaroor te blog en jy het my nou weer daaraan herinner! Ek sal beslis gaan inloer! Dankie vir die link! lovies!
dis daarm n lang gedig
Hi Janice, Welkom hier…Ja, jy’s nogal reg!