
Image: u1.ipernity.com
Die Broosheid van my Siel
Dit is soos gister
dat my gedagtes swerf
op golwe van stormwinde;
ongesiens, verwyder dit
die eind’lose groenbedekte
ystergrendels van my hart
Verstommend genereer dit
beelde uit lande
versamel van die Ooste en Weste
die Noorde en van die see af
- ‘n half herwonne reis
Diep onder lê ‘n sluimerende stilte
ontsnapte krete reën om my
helder buitelyne van donker oë
kruis my lewenspad
en ek huiwer
Hunkerend na ‘n somers-motreën
blomruigtes, onweerstaanbare weerligstrale
waterfonteine, ‘n ontnugterde haelbui
Vind jy my siel op haelwit wolke
Ja, soos gister
stap ek deur die Dorsland
met lofoffers
en êrens omhels die broosheid
die gedagtes van my siel.
©Nikita 18 Junie 2008
Die verlange na Suid-Afrika bly daar vir enige persoon in die buiteland. Iemand moet nie vir my vertel dat hy die stof van sy voete afgeskud het en nou “klaar” is met SA nie, daardie persoon bluf homself, beslis nie vir my nie. Vanaand was ek - soos baie ander tye - weer hart en siel in Suid-Afrika…geniet hierdie stukkie “gedagtes” of herinneringe wat ek hier saamgeflans het…en geniet dit met die musiek van Hilary Stagg…
Gedigte
Afrikaanse Gedigte
Afrikaans poems
Afrikaans
Afrikaans poetry

God created the world just like a knife and left it up to us to take it by the handle or the blade--C J Langenhoven
Seek in the past everything that is good and clean and build thereon your future...Paul Kruger
Vriende moet soos boeke wees, min, maar goed uitgesoek --Langenhoven
Goeie boeke en musiek verryk jou siel --Langenhoven
Let those love now who never loved before. Let those who always loved now love the more. --Thomas Parnell














Lovely picture !! i saved it, no language or Nationality required…… lovely poem i daresay …
hi Tony…thanks, you’re welcome to save any pic any time!
and any preacher that knows his Bible, would immediately know which Psalm inspired me with this poem… 
Hi Nikita,
Sorry for keeping out of touch so long…have been on a vacation and am now busy with holiday HW and blogging….
Hope u do pardon me
Lovely picture….though I did not understand the post, the picture enthralled me!
Pragtige gedig! Ek stem saam met jou dat die stof nie baie gou afgeskud word nie. Maar nou vra ek steeds, dink jy nie ‘n mens is dat aan jou self verskuldig om op te hou omkyk en net op die toekoms te fokus nie? Veral as mens emigreer het….(ek weet nie of jy emigreer het nie?). Ek dink die verbintenis aan die verlede kniehalter ‘n mens soms in jou eie ontwikkeling en groei. Let wel: ek praat hier met myself ook.
Baie, baie mooi!!
Wow dit is verskriklik mooi! Die gedig en die foto!!!!
hi Megnak! Glad to have you back! I did wonder why your blog was so “quiet”!! Looking forward to more stories and poetry!!
Hi Boer…mens moet seker, maar ek weet dat EK dit nooit sal kan doen nie, te veel wat in SA gebeur het wat my as mens raak, te veel “history” (van my familie) wat ek nie kan “wegmaak” nie, dit sit te vas, dit sal alleenlik met my kleinkinders eendag gebeur…dink ek… wat jammer sal wees…maar hoe anders…ons het nog nie geimmigreer nie…skryf komende Saterdag die toets wat jy nou moet doen wanneer jy aansoek doen vir permanente verbly. Ek sal nie graag wil se (wanneer ons dit doen) ek het “geimmigreer”…dit laat my dink aan “ons vir jou Suid-Afrika” en waar staan ek… my land, my volk, my voorgeslagte en wat hulle gedoen het…dit klink so “wreed”…maar ter wille van “oorlewing” (as jy weet wat ek bedoel), moet mens dit seker doen…maar glo my, ek se dit, maar sal dit nie kan doen nie…Suid-Afrika sal altyd “my” land wees…en Afrikaans “my” taal…daar is te veel om op trots te wees…mens se gemoed bly maar swaar as jy aan die dinge dink… party mense het nie “bande” nie…ek gaan nie nou in diepte gaan met wat ek hierby bedoel nie, vir hulle sal dit makliker wees (en ek dink jy weet wat ek meen want jy lees my blog darem al amper ‘n jaar en weet - ek dink - wat ek met “bande” bedoel)
Reisiger en Wipneus…BAIE dankie!! Ek weet nie hoekom ek ‘n gegriffel soos hierdie so vinnig kan “bymekaarsit” en die een op die vorige pos wil net nie “bymekaargesit” word nie…my man se woorde toe hy die gedig op hierdie een lees…”my liefste vrou…hierdie gedig is te diep vir my, wat het jy nou hier bymekaar-gesit?”…en later…gee hy voor hy moet die gedig ontleed as ‘n skoolkind…”hoe het die digter gevoel” ..sy antwoord…”hierdie “digter” was mishandel…hehehe (strofe 1…ens)
Pragtig Nikita. Sekere dinge le diep gewortel en glo ek ook dat dit nooit regtig afgeskud kan word nie, inherent is dit deel van jou menswees. Dit is tog net so deel van ons om te gesels en te begin moet : Toe ek nog gebly het in…. of Onthou jy nog…. Die sluimernede stilte is wel daar glo ek, maar dan wie is ek om te praat.
Wonderlik gewees om so vroeg bietjie kop skoon te maak en in rat te kom vir die dag en naweek wat voorle. Dankie
Hierdie gedig is diep, ek sien ‘n groot verlange daarin lê!! Ek is mal hieroor!!
Hi RoosMaryn
en ek het gelukkig ‘n vakansie wat nader kom want ek wil baie meer tyd op jou blog spandeer as wat ek tot dusver gedoen het…
Ja, jy slaan die spyker op die kop. Ek weet ook dat jy weet van watter “bande” ek praat, daarom dat jy ook reg is as jy se sekere dinge le te diep..SA is te veel “deel” van my en my passie is net te groot. Ek is bly ek kon jou so vroeg iets gee om in rat te kom!
Hi Wipneus…Dankie! Bly jy hou daarvan!
Uhm, jy het huiswerkies, sorry
Nikita, hoe rustig voel ek nie nou na die luister van die stukkie musiek nie. Pragtige gedig wat jy sommer net so aanmekaar getimmer het hoor!
Hoop die toets het goed afgeloop vandag.
Ps, kan ek jou mail?
hi Wipneus…huiswerkies gedoen…soos ‘n goed en getroue skoolkind…
Hi Zee…ek is bly jy het die musiek geniet…ek kan nooit genoeg kry van hierdie cd nie…Dankie! toets geslaag…en nou is ek so bietjie “meer Engels” na vandag…haha…daardie toetse is een groot grap, want nie eers die Britte weet al daardie feite nie..en hulle erken dit ook…natuurlik dink hulle ook dis ‘n skande dat die regering mense sulke toetse laat skryf EN betaal!! as voorvereiste om permanent in die land te woon… en natuurlik dink ons ook so…maar as jy in Rome is…jy ken daardie een…. ja, verseker mail my wanneer jy wil!! voel welkom!!
Hi Nikita,
Nee-wat jong, daai ouens het die “Proudly made in South Africa” stempel gesien! Baie geluk!
Hi Braam… Baie dankie vir jou kommentaar ook…ek hou van jou “proudly …in SA”-kommentaar..