

I’ve got this CD of Hilary Stagg…beautiful music…enjoy this track and do get yourself this CD!!
This is an Afrikaans poem, just my thoughts about life as a child…
Indien jy ooit by die Opelug Museum in Pretoria ‘n draai maak, maak gerus ‘n draai by die Watermeule. Hierdie watermeule het op ons plaas gestaan en is hy klip-vir-klip gemerk en net so herbou in Pretoria. As kind van ongeveer 7/8 jaar oud, het ons gedurig op die wiel gespeel en was dit ‘n heerlike wegkruipplek vir die kat om haar kleintjies te kry!! Daarom dat my gedagtes ook in hierdie gegriffel ‘n draai gaan maak het op die watermeul se wiel! Ek kon vir ure die miskuiers volg wat in veld hulle bolletjies gerol het…wanneer ek gaan stap het om verdroogde stukkies takkies te versamel en grassade vir my versameling wat ek gedurig in my kamer uitgestal het…die gedrooge takkies…spesiale mooi uitgesoektes natuurlik, het ek in gebruik in rangskikkings en was my kamer omtrent ‘n “nes” van alles wat ek van die veld aangedra het. Selfs verdwaalde tarentaal-vere het hul ere-plekkie gehad…en hoe kon ek die karretjies uitlaat, dit het ek meer gespeel as met my poppe wat altyd net op my bed gelê vir die mooiheid…btw…hierdie waterval op die foto lyk byna nes die een wat op ons die plaas gehad het…dieselfde hoogte min-of-meer ook…
Suid-Afrika - my skaduwee
In die skadu’s
van die groot ou Eik
stoot ek weer in die sand
Boeta se karretjies een-vir-een
‘is verstommend hoe die mierleeus uit hul tonnels
krioel met kierang-hier en kierang-daar
Langs die waterval
sit ek, halfbewus
my gedagtes vind perspektiwiteit
en rol ragfyn ligstraaltjies voor my uit
op die kabbellende water
Op die meulwiel van vervloë
versamel ek babakatjies
pas gebore, versteek
teen elemente daar buit’
en ek streel die sagtheid
wat ek koester
verder op my reis
Ek verdwaal tussen rante
soekend na onweerstaanbare
toktokkies en miskruiers
‘k neem ‘n honger teug
uit die kom van fluisteringe
“ons-vir-jou-ons-vir-jou”
Hoe sal ek jou kan vergeet
jou alledaagse ontwykende
en eindlose horison
onwetend
bly jy daar vir my
en ek vir jou
Hoe kán ek dan
Vergeet van: “ons-vir-jou”…?
©Nikita 17 Junie 2008

Image:www.amazingwaterfallbudgettours.com/Waterfall_p1.jpg


God created the world just like a knife and left it up to us to take it by the handle or the blade--C J Langenhoven
Seek in the past everything that is good and clean and build thereon your future...Paul Kruger
Vriende moet soos boeke wees, min, maar goed uitgesoek --Langenhoven
Goeie boeke en musiek verryk jou siel --Langenhoven
Let those love now who never loved before. Let those who always loved now love the more. --Thomas Parnell














Nice inskrywing Nikita! Pragtige song van Juanita. Strelende harpmusiek - baie mooi!! Thanks!
Hi Reisiger…groot plesier…eintlik ‘n gedig geskryf vir die possie, maar kort nog veranderinge…dus vanaand ‘n ander een geskryf…as jy hom dalk wil lees…ek is gek oor die liedjie van Juanita natuurlik….
Mooi liedjie en ek hou van die Angel stukkie, gaan dit decoupage vir my feetjie tuin!
hi Wipneus…bly jy hou ook van daardie Engel…dis darem pragtig en met decoupage gaan dit nog mooier lyk!