‘n Waarneming …an Observation
by Nikita
Die Kind
In haar alleen-wêreld
Deurmekaar-wêreld
Emosioneel-versteurd-wêreld
Vervorm “waarheen” en “wat”
Haar uitdrukkinglose gesig
Benydenswaardig
verstar my gemoed:
-sy het waagmoed
-sy is braaf
-sy sal nie skroom
in hierdie
Alleen-wêreld
Deurmekaar-wêreld
Emosioneel-versteurd-wêreld
Vinnig
Verwondered
beland ons in ‘n malende kolk
‘n vulkaan van woede ontlont
Borrellend
Gehawend
Word ons eensklaps verswelg
Oorstelpt van vreugde
Word ons uitgespoeg
Omring deur:
“as” en “wanneer”
Knaend hou ons vas
aan die alewige gedagte
Van “nou” en “hier”
— Amy! –
Amy exists..she’s real… she lives in a world of her own…emotional disturbed… she lives in a “lonely” world… Amy changed from a person with crude behaviour to a beautiful flower in a short time I got to know her…this “observation” is about her. I might translate it later. Click on the images for a larger view.
Amy bestaan regtig. Amy kan my ‘n boek laat skryf… wanneer jy met kinders werk, werk jy met God se Skepping. God skep met ‘n doel. Ons weet dat wat Hy skep, “goed” is, want dit staan uidruklik vir ons gese in die boek van Genesis. Hy het elke keer teruggekyk na wat Hy geskep het, daaroor gedink en gese “…en dit was goed…” Nie een van ons is op hierdie wereld geplaas om ‘n ander sleg te maak nie, maar ons mag wel die gedrag kritiseer, want die gedrag van ‘n persoon beinvloed daardie persoon. Amy is ‘n kind waarmee ek baie gou te doen gekry het by die skool waar ek is. Sy is uitdagend, tartend, sy het haar “grusame” maniere om jou as volwassene op verskillende maniere te verkleineer, op maniere wat jy voel dat jy die slegste persoon op hierdie aarde is. Ten spyte van haar gedrag, het ek haar steeds soos alle ander kinders behandel en my gang met haar gegaan. Ek het haar slegse aanvaar, ek het nie negatief gereageer nie. Sy is juis die soort wat negatiewe reaksie uitlok, sy soek gedurig konfrontasie en aandag. Na sowat ‘n maand of twee, het sy totaal verander as persoon en is sy hierdie blom wat ek in die begin in haar raakgesien het. Die blomme is hier by die Kerk afgeneem. Hou my blog dop vir foto’s van die kerk, dis eerlikwaar ‘n pragtige kerk.



God created the world just like a knife and left it up to us to take it by the handle or the blade--C J Langenhoven














Ek wonder baie hard/woes…hoe hierdie links na my blog verwys…dis vir my ‘n raaisel…kan iemand vir my se hoe dit werk? ek sien maar net geen “link” op hierdie link wat enige persoon na my blog laat lei nie, dus, sal bly wees as iemand aan my kan verduidelik…of is ek dom? Ek weet dat WordPress-blogs gee “related” links…maar hierdie is totaal verskillend van WP…en dit kom nie op my link voor nie..
http://aardvark.woes.co.za/gedigte/vertoon/1317_MoederMoedersdag.htm
en hierdie een…
http://blogspace.mweb.co.za/DesktopModules/MIH/Blog/BlogView.aspx?tabID=26220&alias=bw&ItemID=19142&mid=55681
Nikita,
Sit ek nou hier op moedersdag en tjank…..
Ek sê en glo vas, jy kan ‘n ander mens se lewe beter maak, partykeer met een woordjie.
Jy is ‘n liewe mens Nikita, gelukkig vir Amy dat jy in haar lewe gekom het…
As elke elkeen op aarde net vir 1 mens bietjie geluk en liefde gee, sal die wêreld ‘n baie beter plek wees……
(ek weet nie hoe werk die links nie, maar dit was wel ‘n baie mooi moedersdag inskrywing)
Hi Wipneus… sorry…ek het nie bedoel om jou te laat huil nie!
Amy het nog baie “werk” nodig, maar die verandering is al klaar ‘n positiewe rigting en wat dit so sad maak, is dat haar ma vreeslik drink…en wat meer..sy wil eendag ‘n sosiale werkster word omdat, soos sy vir my se… sy wil met kinders en hul ouers werk wat probleme het!
En juis a g v Amy se lewens kennis gaan sy ‘n baie goeie sosiale werker wees.
Sterkte vir Amy
Dis die ironie van die saak…
As sy net kan deurdruk!
Nikita, ek wonder ook hoe hierdie links werk. Dalk was daar net een woord in my post wat dit “getrigger” het.
As ek so lees weet ek dat Amy gaan deurdruk, hoe dan anders as jy wat so wonderlik met haar werk!
Die gediggie is regtig pragtig hoor!
Hi Zee… ek weet met WordPress-blogs trigger dit links outomaties, maar daardie links het mense na my blog gelei…wat ‘n raaisel is hoe hulle van daar af hier uitgekom het…net maar iets waaroor ek gewonder het…
maar Langenhoven het gese..met swaarkry, lekkerkry, klaarkry… 
Dankie vir jou kommentaar… dit is maar klippe wat ‘n ou kou met ‘n persoon soos sy…
Wat jammer is, is dat kinders wat nie stabiel grootgeword het nie, onstabiele ouers vir hulle kinders is, en dit net ‘n reuse sneeubal word.
Met tragiese gevolge op generasies.
Miskien is EKSDOM se loadshedding nie so ‘n slegte ding nie - gesinne is gedwing om in mekaar se ruimte te staan rondom ‘n kersliggie. En raak te sien wat in mekaar se ruimtes aan die gang is.
Net jammer die loadshedding is vir eers verby, nou kan die kids weer hulle evil games speel, en die laatnag flieks kyk sonder dat ma en pa dit weet, want hulle is besig om coke te snuif by die bure.
Hi Skoor! Ja, se dit weer. Ek het net vandag “slegte” nuus van haar gehoor…sy is “uitgesluit” vir ‘n paar dae…wil nie die Engelse woord hier gebruik nie…dis maar ‘n sneeubal-effek soos jy se, en mens probeer hard aan haar werk, maar dan glo ek dat sommige personeel slegs die negatiewe van die begin af WIL raaksien en haar nie “akkommodeer” nie… as sy by die klas sou instap, sal sy dadelik skuldig wees, al sou sy nie regtig iets gedoen het nie..maw gelabel…as jy dit so wil stel… bitter min ouers in London het regtig tyd vir hulle arme kinders…. en hierdie gedrag van haar is tipies die van ‘n kind waar die rooi ligte “flikker” en vir jou ‘n aanduiding is dat sy eintlik om hulp “roep” en dit deur baie geignoreer word.