
Listen to her song here….
On THIS LINK - also on my blog – you can find more information about Ingrid and watch a short movie about her too.
On THIS LINK you can read more about Ingrid Jonker and listen to a song.
BITTERBESSIE DAGBREEK ~~
Ingrid Jonker
Bitterbessie dagbreek
bitterbessie son
‘n spieël het gebreek
tusen my en hom
Soek ek na die grootpad
om daarlangs te draf
oral draai die paadjies
van sy woorde af
Dennebos herinnering
dennebos vergeet
het ek ook verdwaal
trap ek in my leed
Papegaai-bont eggo
kierang kierang my
totdat ek bedroë
weer die koggel kry
Eggo is geen antwoord
antwoord hy alom
bitterbessie dagbreek
bitterbessie son
TOE MAAR DIE DONKER MAN
(ook gesing deur Laurika Rauch!)
Ingrid Jonker
Op die groen voetpad
van die horison ver
om die aarde skat,
stap ‘n ou man
wat’n oop maan dra in sy hare
Nagtegaal in sy hart
jasmyn gepluk vir sy oop knoopsgat
en ‘n rug gebuk aan sy jare.
Wat maak hy, mammie?
~~
Hy roep die kriekies
Hy roep die swart
stilte wat sing
soos die biesies,
my hart
en die sterre wat klop
tok-tok liefling,
soos die klein toktokkies
in hul fyn-ver kring.
Wat is sy naam, mammie?
~~
Sy naam is Sjuut
Sy naam is Slaap
Meneer Vergeet
uit die land van Vaak
Sy naam is toe maar
hy heet, my lam
Toe maar, die donker man
Muskietejag moes ek op laerskool leer! Dis was regtig ‘n gedig wat ek baie geniet het! Hy het soveel drama wat jy kan insit met die voordra van hierdie gedig!
Muskietejag A D Keet
Jou vabond, wag,
ek sal jou kry,
Van jou sal net ‘n bloedkol bly
Hier op my kamermure.
Deur jou vervloekte gonsery,
Deur jou gebyt en plagery
Kon ek nie slaap vir ure.
Mag ek my voorstel,
eer ons skei,
Eer jy die doodslag van my kry -
My naam is van der Merwe.
Muskiet, wees maar nie treurig nie,
Wees ook nie so kieskeurig nie,
Jy moet tog ééndag sterwe.
Verwekker van malaria,
Sing maar jou laaste aria -
Nog een minuut vir grasie.
Al soebat jy nou nòg so lang,
Al sê jy ook: ek is nie bang,
Nooit sien jy weer jou nasie…
Hoe sedig sit hy, O, die kreng!
Sy kinders kan maar kranse breng,
Nóu gaan die vabond sterwe…Pardoef!
Dis mis! Daar gaan hy weer!
Maar dòòd sal hy, sowaar, ek sweer -
My naam is van der Merwe!
2009 - 2-12th July - Dortmund Live 2009
SA Open 3-11 July in Cape Town
MTel 2009
Corus Live












Received from: Eilandkind, Reisiger and Wipneus
Received from: Little Indian
Received from: Meghna

Ingrid is een van my gunstelinge en sekerlik een van die begaafste digters wat SA nog gesien het.
Ja, baie beslis en ek is gek oor die liedjie wat Laurika sing, op ‘n cd wat ek hier het.
Find more info on this link and watch a movie too about her!
http://chessaleeinlondon.wordpress.com/2007/12/07/love-light-bitterbessie/
she killed herself……it was stupid……very…………..
Ek is MAL oor Ingrid se werk. Sy is ‘n inspirasie. Ek is ‘n taalonderwyser en ek integreer graag van Ingrid se werke in my lesse. L.Human
Ek is MAL oor Ingrid se werk. Sy is ‘n inspirasie. Ek is ‘n taalonderwyser en ek integreer graag van Ingrid se werke in my lesse. L.Human
hi Lizeth
Welkom hier, bly jy geniet haar werke ook! Ek kan net dink hoe die kinders dit moet geniet!