To anyone reading here: Celia mentioned in one of the comments boxes that she has PLENTY of recipes. So, please contact her by the following email address – you know to replace what’s in brackets with @ – and ask her what you couldn’t find on links on my blog or somewhere else. There is so much available on the Internet, but feel welcome to contact her here: celiabu[at]mweb.co.za
English readers, please follow the two links given here….Hierdie resepte het ek via email ontvang. Ek het geen idee wie om erkenning te gee vir dit nie. Dit is ‘n lywige Word dokument en geen aanduiding vanuit watter boek/persoon die resepte kom nie. Die persoon wie dit aangestuur het, het dit ook weer van ‘n ander persoon gekry. Enige persoon wat weet waar die resepte vandaan kom, laat my weet sodat ek kan erkenning gee! Intussen, geniet wat jy hier kry!
On the next two links, you will find recipes in English. The links will open in a new window.
http://chessaleeinlondon.wordpress.com/2008/01/26/south-african-recipes/
http://chessaleeinlondon.wordpress.com/2007/09/25/karringmelk-beskuit/
SWELLENDAMKOEK- deur Celia – sien haar kommentaar in die kommentaarboksies ook!
Die vulsel word eerste gemaak, want dit moet heeltemal afkoel.
VULSEL:
1 liter melk, 7 gelykvol eetlepels vlapoeier, knippie sout, suiker na smaak.
Maak dik vla met bogenoemde bestanddele en laat heeltemal koud word. Verwyder roomlaag bo-op wanneer koud en smeer oor 3 van die koue koeklae.
Klits 4 eiers tot skuim. Voeg 2 k suiker geleidelik by en klits baie goed. Smelt 125g margarien en 1 k melk en bring tot kookpunt. Voeg 2 koppies meel by eiermengsel, asook ‘n knippie sout en 2 teelepels vanielje. Strooi 2 teelepels bakpoeier bo-oor die meelmengse. Gooi nou warm melkmengsel bo-oor. Laat staan minstens 2 minute en klop dan vinnig. Gooi uit in koekpanne (2) en bak by 190°C vir 30 minute. Laat bietjie afkoel en sny elke laag in 2.
Terwyl die koeklae bak, maak die versiering:
VERSIERING
250 g sagte margarien, 2 k versiersuiker, 4 t vanilla
Klits bogenoemde goed saam tot romerig.
Plaas nou die koeklae op mekaar en versier die boonste laag met die versiering.
Eet die koek terwyl nog so louwarm.
PANNEKOEK BY DIE GROOT MAAT (lewer 120 pannekoeke) Ster resep!
16 k koekmeel 125 ml wit suiker
80 ml bakpoeier 20 ml sout
12 eiers 4 k (1 liter) kookolie
250 ml asyn 18 k water
kaneelsuiker
Sif meel en meng dit deeglik met suiker. Voeg bakpoeier en sout by die meelmengsel en meng goed. Klits eiers en voeg die olie, asyn en ‘n bietjie water daarby. Voeg die eiermengsel by die meelmengsel en roer. Voeg die water bietjies-bietjies by en klits die mengsel deurentyd tot so dik soos room en sonder klonte is.
Verhit olie in pan, gooi uit (hierna word nie weer olie in pan gegooi nie) en bak die pannekoek. Sit die pannekoek voor met kaneelsuiker of bêre en verhit oor ‘n kastrol met kokende water. (Die pannekoek word nie taai nie.)
KERRIE-EN-RYS (100 porsies)
24 medium uie, geskil en gekap 9 knoffelhuisies, geskil en gekap
190 ml sonneblomolie 20 wortels, geskil en in blokkies
25 aartappels, geskil en in blokkies 3 soetrissies, gekap
12,5 kg vleis, in blokkies 5 k sultanas
90 ml matige kerriepoeier 80 ml borrie
15 ml fyn koljander swartpeperkorrels
kruienaeltjies lourierblare
150 ml asyn 115 ml wit suiker
90 ml fyn appelkooskonfyt 100 ml sout
115 ml tamatiepuree 62,5 ml mielieblom
37,5 ml Worcestersous 125 ml blatjang
vleisaftreksel 30 k water om rys in te kook (sout) 13 k rou rys
Soteer uie en knoffel in olie in groot swaarboomkastrol. Voeg die wortel en aartappelblokkies asook die gekapte soetrissies by en braai liggies. Skep uit en hou eenkant. Braai die vleis vinnig in dieselfde kastrol.
Meng kerriepoeier, borrie, koljander, swartpeperkorrels, naeltjies en lourierblare, roer by die vleis en braai ‘n minuut lank.
Meng asyn, suiker en appelkooskonfyt, sout, tamatiepuree, mielieblom, Worcestersous en blatjang tot ‘n pasta. Voeg die pasta saam met die gebraaide groente- en vleismengsel en sultanas in die kastrol. Voeg vleisaftreksel by soos nodig en prut tot gaar. Roer nou en dan om te keer dat dit aanbrand.
Kook die rys in die water waarby sout na smaak bygevoeg is.
Wenk: Vergroot die resep deur ‘n groot, ryp boerpampoen sag te kook, deur ‘n sif te druk, en saam met ses gerasperde Granny Smith-appels en 10 fyngedrukte ryp piesangs by die mengsel te voeg.
VLEISROLLETJIES (Ongeveer 150)
Vulsel:
5 aartappels 5 uie
2,5 kg maalvleis sout, peper, tiemie
neutmuskaat
Kors:
8 k meelblom 5 ml kremetart
10 ml sout 980 g botter/margarien
4 eiers, geskei 25 ml suurlemoensap
ongeveer 200 ml yskoue water
Kook die aartappels sag, trek die skille af en druk fyn – hou eenkant.
Braai gekapte uie tot dit deurskyn en voeg die maalvleis by. Braai die vleis tot gaar en roer deurentyd. Geur die vleismengsel met sout, peper, tiemie en neutmuskaat na smaak en bind dit met die gaar, fyngedrukte aartappels. Laat die vulsel afkoel en vorm worsies van ongeveer 30 cm lank. Verhit die oond tot 200ºC en smeer bakplate.
Kors: Sif meel, sout en kremetart saam. Rasper die botter by die meelmengsel en vryf dit liggies tot krummelrig. Klits eiergele liggies en meng met yskoue water en suurlemoensap. Voeg eiermengsel by meelmengsel en meng tot ‘n hanteerbare deeg. Strooi koekmeel op werkvlak en rol deeg dun daarop uit. Sny deeg in stroke van ongeveer 13 x 30 cm. Sit vleisworsie in die lengte op elke strook, smeer een kant van deeg met geklitste eierwit en vou die ander kant oor. Druk goed vas en sny worsies van ongeveer 6 cm lank.
Verf eierwit op elke rolletjie en bak dit ongeveer 20 minute lank tot goudbruin. Pak op draadrak om af te koel.
Vir 30 rolletjies:
Vulsel: 2 aartappels Kors: 4 k meel
2 uie, geskil + gekap 2,5 ml kremetart
500 g maalvleis 5 ml sout
sout, peper, tiemie, 480 g botter/margarien
fyn neutmuskaat 2 eiers, geskei
12,5 ml suurlemoensap
Volg metode soos bo.
ongeveer 100 ml yskoue water
BASAARBOBOTIE (Ongeveer 50 porsies)
10 uie, geskil en gekap sonneblomolie
5 kg maer maelvleis 125 ml matige kerriepoeier
100 ml borrie 190 ml wit suiker
125 ml wynasyn 625 ml water
625 ml matige vrugteblatjang 190 ml appelkooskonfyt
62,5 ml sout 10 ml peper
3 k sultanas 5 k gerasperde groen appels
3 k gerasperde geelwortels 10 snye volkoringbrood, in melk geweek
10 k melk suurlemoen/lourierblare
12 eiers
Braai gekapte ui in olie tot deurskynend. Voeg maalvleis by en braai tot gaar. Strooi kerriepoeier en borrie oor die vleismengsel, meng goed en roerbraai ongeveer drie minute lank. Meng die suiker, asyn, water, blatjang, appelkooskonfyt, sout, peper en water en voeg dit by die vleismengsel. Roer goed deur. Voeg die sultanas, appel en geelwortel en die brood by die vleismengsel, meng goed en laat dit ongeveer 10 minute lank oor matige hitte prut. Haal die vleismengsel van die stoof af en skep in ‘n groot oondbraaipan of afsonderlike foeliebakkies. Maak die vleismengsel liggies glad met die agterkant van ‘n lepel – moenie die vleis vasdruk nie. Klits die eiers en melk liggies saam en giet die helfte van die eiermelk oor die vleis. Bak tot die eier gestol het. Giet die orige eiermelk oor die bobotie, druk blare daarin en bak tot goudbruin.
KERRIEHOENDER MET VRUGTE (50 – 60 porsies)
7,5 kg hoenderborsies en dye 8 uie, geskil en gekap
10 knoffelhuisies, geskil en gekap sonneblomolie
150 ml matige kerriepoeier 100 ml borrie
10 ml fyn koljander 10 ml fyn kaneel
312,5 ml matige vrugteblatjang sap van 5 suurlemoene
100 ml fyn appelkooskonfyt 37,5 ml sout
7,5 ml peper 5 Granny Smith-appels
20 ryp piesangs 625 ml sultanas
water
Kook die hoender sag, ontvel, ontbeen en kap in blokkies. Verhit die olie in ‘n swaarboomkastrol en braai die uie en knoffel daarin tot deurskynend. Meng kerriepoeier, borrie, koljander, kaneel, suurlemoensap, appelkooskonfyt, blatjang, sout en peper. Voeg die mengsel by die hoendervleis, bedek met water, sit die deksel op en prut ongeveer 15 minute lank oor matige hitte. Rasper die appel en druk die piesangs fyn. Voeg dit saam met die sultanas by die vleismengsel in die kastrol en laat prut nog 15 minute lank. Roer gereeld, want dit brand maklik aan na die vrugte bygevoeg is. Sit die gereg voor met geroosterde klapper en gekookte rys.
BEESTONG IN TAMATIE SAMPIOENSOUS
1 vars of gepekelde beestong 1 groot ui, fyngekap
30 ml kookolie 1 x 285g heel sampioene
125 ml tamatiesous 125 ml asyn
30 ml suiker 10 ml aangemaakte mosterd
10 ml sout 1 ml peper
As ‘n gepekelde tong gebruik word, moet dit eers ‘n uur lank in koue water uitgevars word. Bedek die tong met vars koue water en kook dit tot sag sowat 40 minute in ‘n drukkastrol. Laat die tong in die tong aftreksel afkoel. Trek die vel af en sny die tong in dun skyfies. Plaas die skyfies in lae in ‘n oondvaste skottel van 20 x 20 cm.
Braai die ui in die kookolie tot sag. Voeg die sampioene en hul vloeistof, tamatiesous, asyn, suiker, mosterd, sout en peper by en kook dit sowat 5 8 minute oor matige hitte. Gooi die sous oor die tongskyfies. Bak die tong 30 minute lank by 180ºC. Lewer 6 tot 8 porsies.
FRIKKADELLE MET KERRIE PIESANGSOUS
1 kg maalvleis 2 snye brood, in melk geweek
2 eiers halwe teelepel fyn neutmuskaat
halwe teelepel fyn naeltjies sout en peper
Meng deeglik en vorm klein balletjies. Pak in skottel. Snipper 6 piesangs bo oor en giet sous laastens oor. Bak vir 40 minute by 180ºC.
Sous:
2 uie, gekap 2 e meel
6 e asyn 2 k water
sout en peper 1 e kerriepoeier
4 e appelkooskonfyt, fyn halwe teelepel fyn gemmer
1 teelepel borrie
Braai ui in olie. Roer meel in. Voeg water, asyn en speserye by. Kook tot dik.
MAALVLEISPASTEI
1 kg maalvleis 2 k koue water
1 k sagte broodkrummels 25 ml asyn
10 ml sout knippie peper
Kors:
1 eier 125 ml olie
125 ml melk 1 k meel
2 t bakpoeier 2 ml sout
Plaas bestanddele vir die vulsel in pot. Meng met vurk. Verhit tot kookpunt, roer gereeld en laat kook vir 5 minute. Voorverhit oond tot 180ºC en skep vleismengsel in skottel. Klits eier, olie en melk saam. Roer meelmengsel by en skep beslag bo op vleis. Bak vir 30 min tot goudbruin. Hierdie tert vries baie goed.
BIEFSTUK EN NIERTJIEPASTEI
1 kg biefstuk 4 skaapniertjies
halwe koppie koekmeel 2 ml gemaalde gemmer
1 ml tiemie 3 t Worcestersous
1 t aangemaakte mosterd 1 t sout
kookwater 30 ml sago
4 uie, in skywe gesny
Klitskors:
1 k koekmeel 2 t bakpoeier
knippie sout 125ml sonneblomolie
125 ml melk 1 eier
Sny biefstuk in blokkies. Maak skaapniertjies skoon, sny die wit gedeelte binne uit en sny die niertjies ook in groterige blokkies.
Meng koekmeel, gemmer en tiemie en rol beesvleis en niertjieblokkies daarin tot goed gemeng. Plaas dit in ‘n dikboomkastrol en voeg die Worcestersous, mosterd en sout by. Voeg genoeg kookwater by om die vleis mee te bedek. Sit die deksel op en prut dit oor matige hitte totdat die vleis lekker sag is. Roer die mengsel af en toe om sodat dit nie aanbrand nie. Week die sago in ‘n bietjie koue water. Voeg die uie en sago by die vleis en prut tot die vulsel dik is. Roer af en toe om aanbrand te voorkom. Skep die gaar vulsel in ‘n groot oondvaste bak.
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam. Klits die olie,melk en eier saam. Voeg die meelmengsel by en klits tot goed gemeng. Gooi die deeg oor die vulsel. Bak die pastei 25 30 minute by 190ºC. Sit dit warm voor. Lewer 6 – 8 porsies.
MAKLIKE BROOD
125 ml melk, 2 eetlepels margarien kook saam en laat afkoel
4 koppies brood of koekmeel
1 pakkie kitsgis, 1 t sout Meng brood- of koekmeel met kitsgis en sout
Meng die twee mengsels. Maak aan met ongeveer 300 ml lou water. Knie 5 minute. Maak toe en sit op warm plek om te rys vir 30 minute. Knie af, plaas in gesmeerde pan en laat rys nog 30 minute. Bak 1 uur by 180ºC.
BASIESE BRUINBROOD
400 g meel 10g kitsgis
350 g nutty wheat 30 g margarien
ongeveer 500 ml warm water 1 t sout
Meng meel en sout. Vryf margarien in. Sprinkel kitsgis bo oor en meng. Voeg geleidelik die water by, meng tot sagte maar nie klewerige deeg. Knie tot glad en elasties. Plaas in gesmeerde skottel en maak toe met gesmeerde cling wrap. Plaas op warm plek tot dubbel in grootte gerys. Knie af vir 5 minute lank. Plaas in broodpan en laat weer rys. Bak by 190ºC vir ongeveer 40 minute.
SAMPIOENBROODJIE
500 g bruismeel 500 ml karringmelk
1 pakkie room van sampioensop
Meng alles goed saam. Die deeg moet taamlik slap wees. As dit te styf lyk, voeg nog ‘n bietjie melk by. Bak in ‘n broodpan by 180ºC vir 1 uur.
MIELIEBROOD
1 k koekmeel 1 k mieliemeel
3 t bakpoeier 1 t sout
125 ml olie 125 ml suiker
3 eiers 1 blik geroomde suikermielies
Klits die volgende saam: olie, suiker en eiers. Sif droë bestanddele saam en voeg by eiermengsel. Roer mielies by. Giet in broodpannetjie en bedek liggies met foelie. Bak by 180ºC vir ongeveer 1 uur.
GESONDHEIDSBROODJIE (1)
4 koppies Nutty Wheat meel 1 eetlepel bruinsuiker
500 ml karringmelk 1 teelepel koeksoda
knippie sout
Meng alles goed saam en voeg laastens karringmelk by. Bak by 180ºC vir 1 uur.
GESONDHEIDSBROODJIE (2)
2 teelepels koeksoda, opgelos in 2 t melk 15 ml heuning/stroop
500 ml joghurt 10 ml olie
1 kg volkoringmeel 10 ml sout
Meng opgeloste koeksoda met joghurt. Voeg die mengsel by die meel en roer goed met houtlepel, voeg heuning by en meng goed. Plaas in twee gesmeerde broodpanne. Bak in oond by 190ºC vir 1 uur.
BRAAIVLEIS BROODJIE
1 pakkie (500g) bruismeel 500 ml karringmelk
1 koppie gerasperde kaas 1 t sout
1 pakkie dik wit of bruin bietjie sesamesaad (opsioneel)
uiesoppoeier
Meng meel, karringmelk, kaas, sout en soppoeier goed saam. Plaas beslag in broodpannetjie. Strooi sesamesaad oor. Bak vir ongeveer 1 uur tot gaar. Indien verkies kan ekstra gerasperde kaas 15 minute voor die brood uit die oond kom, bo oor gestrooi word. (Oond 180ºC.)
DON PEDRO
4 of meer skeppe vanilla roomys 3 ml vanillageursel
1 koppie melk 125 ml room
2eierwitte 50ml whisky/brandewyn/kahlua/tia maria
Skep alles in versapper en verpulp eers 10 sekondes teen lae spoed, verhoog spoed en verpulp tot skuimerig. Skep in koue glase en strooi kaneel/koffiepoeier/fyn kakao bo-oor. Lewer 2 drankies.
CAPE VELVET (PETER VELDSMAN)
1 ekstra-groot eier 2 t vanilla
3 ml karamelgeursel 10 ml kitskoffiepoeier
1 k brandewyn 1 blik kondensmelk (397g)
1 k vars room of 1 blik (310g) room
Verpulp eier, geursels, koffiepoeier en brandewyn. Voeg room by en pols tot net ingemeng. Skep in skoon fles en hou in yskas.
CAPE VELVET CREAM
450 ml whiskey 1 x 397g kondensmelk, volroom
30 ml kits-sjokoladepoeier 10 ml koffiepoeier
5 ml vanieljegeursel
Klits al die bestanddele baie goed saam tot goed gemeng. Gooi likeur in droë gesteriliseerde bottels, sit prop op, verseël en entiketteer. Plaas in yskas vir minstens 3 weke voor gebruik om die geur te ontwikkel. Daarna sal dit ongeveer 6 maande in die yskas hou. Lewer 1 liter.
PIESANGLIKEUR
7 medium ryp piesangs 750 ml brandewyn
500 ml suiker 250 ml water
Skil en sny piesangs in dun skywe. Plaas piesangskywe in glasfles met deksel. Voeg die brandewyn by en verseël goed. Laat vir sowat vyf weke in ‘n warm plek staan en skud gereeld.
Giet mengsel eers deur ‘n sif en syg dan deur 4 lae kaasdoek. Plaas eenkant.
Plaas suiker en water in swaarboomkastrol en roer oor lae hitte totdat suiker opgelos het. Verhit tot kookpunt en laat vir 12 minute kook. Verwyder van hitte en laat afkoel. Voeg piesanggegeurde brandewyn by koue stroop en meng.
Gooi likeur in droë gesteriliseerde bottels, sit prop op, verseël en etiketteer. Laat vir een maand staan, voor gebruik. Lewer 1 liter.
KOFFIELIKEUR
500 ml warm water 35 ml sterk, goeie kitskoffie-poeier
600 g (750ml) bruinsuiker 50 ml rooi rum
750 ml brandewyn
Meng water en koffiepoeier saam. Voeg suiker by en meng goed. Giet koffiemengsel in waarboomkastrol, verhit tot kookpunt terwyl voortdurend geroer word en laat vir 15 minute kook. Verwyder van stoof en laat heeltemal afkoel. Voeg rum en brandewyn by. Gooi likeur in droë gesteriliseerde bottels en sit die prop op. Verseël en etiketteer. Laat staan vir twee weke. Lewer 1,4 liter.
WILDSBOUD (Uit Kook en Geniet)
1 boud, ongeveer 2 kg 250 g varkspek
1 t fyn naeltjies 1,5 e fyn koljander
1,5 e bruinsuiker 1,5 e sout
halwe teelepel peper knippie neutmuskaat
1 k asyn 125ml soetwyn
kweperjellie
Vee vleis met klam doek af en verwyder voorbeen. Sny spek in lang repies van ongeveer 6 mm dik en 5 – 7 cm lank. Meng al die ander bestanddele behalwe die laaste twee goed.
Laat spek ‘n halfuur in mengsel van speserye en asyn lê. Lardeer die boud vleis daarmee deur met ‘n skerp mes diep snye in die vleis te maak. Druk ‘n vinger in elke sny om dit te rek en druk dan ‘n stukkie spek daarin.
Sit die vleis in ‘n diep skottel en giet orige asynmengsel daaroor. Laat dit 2 – 3 dae marineer en draai die vleis een keer om. Haal die vleis uit die marinade, druk dit effens droog met ‘n doek en braai in ‘n pot. Voordat jy dit braai, vryf die oppervlak in met ‘n mengsel van koekmeel, sout en peper. (125 ml meel, 2 t sout en halwe t peper.) Verhit halwe k botter/olie in kastrol en plaas vleis daarin. Braai vinnig bruin aan albei kante sonder om die deksel op te sit. Voeg halwe k kookwater by en maak dig toe. Verminder hitte en laat 2 – 3 uur lank stadig stoom. Voeg telkens bietjie water by wanneer dit begin braai. Draai vleis een keer om terwyl dit stoom en laat dit teen die einde van die tyd bruin braai.
Om die sous te maak, word al die vet behalwe 15 ml afgegooi. Voeg dan kokende water by. Roer dit goed en laat kook. Gooi uit in souspotjie. (Om sous dik te maak: Roer genoeg koekmeel by om al die vet te absorbeer, laat dit kook en roer aanhoudend tot dit mooi bruin is. Voeg 250 – 500 ml kookwater by en roer tot dit kook. Voeg sout en peper na smaak by en dien op. Voeg wyn by ongeveer 30 minute voordat braaityd verstreke is. Sit die vleis voor met kweperjellie.
KAMMA-KREEF (Uit: Knuppeldik)
(6-8 PORSIES)
1,5 kg stokvis 1 liter water
25 ml asyn 5 ml sout
knippie peper
Sous:
1 k mayonnaise 125 ml tamatiesous
5 ml worcestersous 5 ml brandewyn
1 ui, gerasper paar druppels tobascosous
knippie sout kwart t Aromat
Garnering:
Slaaiblare, gekapte pietersielie, suurlemoenskyfies
Kook vis in groot kastrol met water, asyn, sout en peper tot gaar, maar nie pap. Dreineer, verwyder vel en grate en vlok vis. Laat afkoel. Meng bestanddele vir sous en verkoel. Voeg by vis en meng liggies. Skep op slaaiblare en garneer met pietersielie en suurlemoenskyfies.
WENRESEPTE MELKTERT (HUISGENOOT)
Kors:
125 g margarien 60 ml witsuiker
1 eier 500ml koekmeelblom
10 ml bakpoeier knypie sout
Vulsel:
1,5 liter melk 60ml (50g) margarien
4 eiers 250 ml witsuiker
150 ml mielieblom 125 ml koekmeelblom
knippie sout 5 ml vanieljegeursel
kaneel
Smelt margarien oor lae hitte. Klop die witsuiker en eier vinnig daarby. Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam en meng dit met die eiermengsel.
Druk die deeg met die vingers teen die wand en op die boom van twee tertborde, elk met ‘n volume van 1 liter. Prik die korse en hou dit eenkant.
Kook die melk en botter of margarien in ‘n dikboomkastrol. Klits die eiers en witsuiker baie goed saam tot liggeel en sponsagtig dik. Voeg die mielieblom, koekmeelblom, sout en vanieljegeursel by en klits dit verder totdat alles by die eiermengsel ingeklits en daar geen klontjies is nie.
Klits ‘n bietjie van die kookmelkmengsel by die eiermengsel. Klits die eiermengsel nou by die res van die kookmelkmengsel. Plaas dit terug op die warm stoofplaat en roer dit vinnig totdat dit begin kook. Skakel die plaat af, sit die deksel op en laat die vulsel ‘n paar minute staan.
Giet die warm vulsel in die rou korse. Sif kaneel oor. Bak die terte ongeveer 20 minute lank in voorverhitte oond by 180ºC totdat die korse gaar is. Sit dit louwarm of koud voor. ‘n Mens kan ‘n ekstra bietjie witsuiker oor die vulsel strooi indien verkies. Lewer 2 middelslag terte.
SUURLEMOENTERT:
Kors:
1 pak tennisbeskuitjies, fyn 60 g margarien, gesmelt
Vulsel:
5 ml gelatien 100 ml water
75 ml suurlemoensap 4 eiers, geskei
1 k strooisuiker knippie sout
2 ml fyngerasperde suurlemoenskil of vanillageursel
125 ml room
Maak kors en druk mengsel styf met agterkant van metaallepel teen die boom en rante van tertbak vas. Plaas in yskas tot benodig.
Week gelatien in helfte van water. Klits oorblywende water, suurlemoensap, eiergele, die helfte van die strooisuiker en die sout in ‘n middelslag kastrol met ‘n dik boom tot net gemeng. Verhit dit oor lae hitte en roer aanhoudend totdat dit begin dik word. Haal dit van die stoof af en roer die gelatien by tot goed gemeng. Laat dit afkoel. Klits eierwitte styf, klits oorblywende strooisuiker bietjiesgewys by. Klits die suurlemoenskil of vanieljegeursel by. Vou dit in die eiergeelmengsel in. Skep die vulsel dadelik in die kors en laat in die yskas om te stol. Klits room tot styf en spuit roomrosies om die rand
EENVOUDIGE MAASKAASTERT
1 pak tennis beskuitjies 2 x 250 g gladde maaskaas
1 blik kondensmelk 145 ml room, geklop
1 e suurlemoensap 1 opgehoopte e gelatien
kwart k warm water.
Pak beskuitjies in bak. Meng die gelatien met die warm water. Meng dan alles saam en giet oor beskuitjies. Plaas in yskas.
MELKTERTVULSEL
2 k meel 8 k melk
2 k suiker 6 eiers, geskei, apart geklits
1 t vanielje
paar stukke pypkaneel
sout
Meng meel en suiker goed saam en maak aan met 1 k melk. Bring orige melk en pypkaneel tot kookpunt. Roer meel en suiker stadig by. Laat opkook en haal van stoof af. Laat afkoel en roer geklitste eiergele by. Klits witte en 1 e suiker styf en vou in. Roer goed deur. Giet in tertdoppe. Sprinkel 1 t gesmelte botter oor elke tert en strooi kaneelsuiker oor. Bak by 180ºC tot ligbruin.
SPEKVLEISTERTJIES
NB: Doppies kan vooraf gemaak word en in ‘n lugdigte houer bewaar word.
1 k koekmeel 1 ml sout
115 g botter 125g (125 ml) roomkaas
Vulsel:
100 g spekvleis, gekap 1 eiergeel
2 eiers 1 ml sout
1ml swartpeper 10 ml suurlemoensap
5 ml suurlemoenskil gerasper 75 ml suurroom* 15 ml pietersielie, gekap
*Berei suurroom self deur 15 – 30 ml asyn of suurlemoensap by vars room te voeg.
Metode:
Kors:
Sif meel en sout saam. Sny botter met mes by droë bestanddele in. Voeg roomkaas by en meng tot stywe deeg. Draai deeg in kleefplastiek toe en plaas 30 min lank in yskas. Rol die deeg dun uit op meelbestrooide oppervlak en voer kolwyntjiepanne daarmee uit. Prik kort van tertjies en bak 10 – 12 min by 200ºC. Laat afkoel.
Vulsel:
Braai spekvleis tot bros en bruin. Voeg res van bestanddele by en meng goed. Skep van die vulsel in elke doppie. Bak tertjies ongeveer 25 min by 160ºC.
MIELIEPAPTERT
1 liter kookwater 3 ml sout
420 ml mieliemeel
Vulsel:
250 g spekvleis 150g (300ml) gekapte sampioene
25 ml olie 125 ml Cheddarkaas, gerasper
50 ml room 3 ml varsgemaalde swartpeper
knippie sout 50 ml olie
Gooi water en sout in kastrol en verhit tot kookpunt. Voeg mieliemeel by, roer en laat dit met die deksel op prut tot ‘n matige stywe pap verkry word. Skep pap in gesmeerde losboompan of vorm dit en laat dit koud word.
Vulsel:
Braai spekvleis tot bros, laat afkoel en verkrummel dit. Soteer die sampioene in die uitgebraaide vet. Voeg die olie by indien nodig. Sny die koue pap horisontaal in 2 of 4 ewe dik stukke. Smeer dieselfde pan of vorm weer met olie en plaas die eerste laag pap onderin. Strooi een derde van die spekvleis, sampioene en kaas oor. Sprinkel ‘n bietjie room, olie en geurmiddels oor. Plaas volgende paplaag bo-op en herhaal die lae totdat die vulsel opgebruik is. Hou bietjie kaas oor om bo-oor te strooi nadat die tert gebak is. Bak die tert 1 uur by 160ºC. Strooi res van kaas oor wanneer die tert uit die oond kom.
SOUTTERT
Kors:
2 k meel 1 t bakpoeier
1 t suiker 115 g botter
1 eier 62,5 ml melk
suurlemoensap knippie sout
Smelt botter en suiker, klits eiers en melk daarby. Sif droë bestanddele saam en voeg by. Voer tertbord daarmee uit.
Vulsel:
1 e mielieblom 1 e botter
1 k melk 125 ml gerasperde kaas
2 geklitste eiers 1 e gekapte uiie
1 e fyn pietersielie knippie rooipeper
225 g fyngekerfde spek
Maak witsous van mielieblom, botter en melk. Kook tot dik en laat afkoel. Voeg orige bestanddele by. Gooi mengsel in ongebakte kors en strooi gerasperde kaas bo-oor. Bak tot kors gaar is en vulsel ‘n goudbruik kleur het.
Bedien warm.
Nog ‘n vulsel:
1 e botter 2 e meel
knippie sout 1 k melk
Maak witsous hiervan en voeg die volgende bestanddele by:
450 g gemaalde ham of 2 blikkies viennas in stukkies gesny
1 k grofgerasperde Cheddarkaas 2 hardgekookte eiers
1 t mosterd rooipeper
Sprei in kors. Klits 1 eier en 125 ml melk goed en gooi bo-oor. Bak 30 minute.
KARRINGMELKBESKUIT MET SONNEBLOMSADE
1 kg bruismeel 250g margarien
375 ml suiker 400 500 ml karringmelk
5 ml sout 2 eiers, geklits
7 ml bakpoeier 125 g sonneblomsade, uitgedop
Meng meel, suiker, sout, bakpoeier en sonneblomsade goed saam. Vryf botter daarin tot fyn gekrummel. Klits 400 ml karringmelk en eiers saam en voeg by meelmengsel en meng tot sagte deeg. Indien nodig, voeg nog karringmelk by. Plaas in gesmeerde panne en bak 30 min by 180C en nog 30 min by 150ºC. Keer uit, laat afkoel en sny dan in netjiese stukke. Droog uit. Lewer 2 panne beskuit. Hierdie resep kan sonder die sonneblomsade ook gebak word en kan ook met sukses verdubbel word.
KARRINGMELK BOTTERBROODJIES
500 ml bruismeel 5 ml sout
5 ml suiker 5 ml koeksoda
60 g botter 160 200 ml karringmelk
Sif alle droë bestanddele. Vryf botter in. Voeg genoeg karringmelk by om ‘n redelike sagte deeg te vorm. Plaas op meelbestrooide oppervlak en knie liggies. Rol deeg uit tot 10mm dikte en sny in 5cm sirkels. Plaas op ongesmeerde bakplate en bak by 230ºC vir 10 12 minute. Maak ongeveer 16.
KARRINGMELKBESKUIT (KNUPPELDIK – JOEY PIENAAR)
6 k koekmeel 2 eiers, geklits
ongeveer 500ml karringmelk 6 t hoogvol bakpoeier
1 k suiker 250 g margarien
knippie sout
Vryf margarien in meel, bakpoeier en suiker met vingerpunte. Voeg eiers by. Maak aan met karringmelk en knie ‘n bietjie. Maak bolletjies en pak in gesmeerde panne. Bak vir 1 uur by ongeveer 165 grade C. Breek en droog uit.
ALL BRAN BESKUIT (KNUPPELDIK – JOEY PIENAAR)
2 k suiker 2 k karringmelk
4½ k All Bran 3 eiers
1 kg bruismeel 500 g margarien
1 t sout
Maak margarien sag en klop karringmelk, suiker en eiers goed saam. Voeg dit by sagte margarien. Voeg droë bestanddele by en meng. Sit in pan. Bak 45 minute by 180 grade C. Sny met skerp mes wanneer koud en droog uit. HEERLIK!
MELKSNYSELS (melkkos)
Wanneer jy die snysels maak, strooi mildelik meel oor. As jy skraps met die meel werk, gaan jou pot melk-snysels te dun wees. As dit gebeur, sif ekstra meel bietjie vir bietjie oor die kokende snysels en roer dit in.
200 ml koekmeel 60 ml witsuiker
5 ml bakpoeier 5 ml fyngerasperde suurlemoenskil
2 ml sout 2 ml kaneel
ekstra koekmeel vir oorstrooi kaneelsuiker vir oorstrooi
3 eiers, geskei 2 liter melk
Sif meel, bakpoeier en sout saam. Roer van die melk bietjiesgewys by om ‘n stywe deeg te vorm. Rol die deeg baie dun uit op ‘n meelbestrooide blad. Strooi baie meel oor die deeg. Rol dit op en sny die rol met ‘n skerp mes in baie dun repies. Strooi baie meel oor die snysels en vroetel dit liggies met die vingers los. Hou dit eenkant tot benodig.
Verhit die res van die melk in ‘n groot kastrol tot kookpunt. Roer die snysels by sonder om die meel af te skud. Stel die hitte laer en roerkook die mengsel sowat 10 minute lank oppas vir oorkook!
Klits die eiergele, suiker, suurlemoenskil en kaneel saam. Roer ‘n bietjie van die kokende melkmengsel hierby. Roer die eiergeelmengsel dan by die res van die melkmengsel en laat weer opkook.
Klits eierwitte net tot styf. Roer by snysels in tot goed gemeng. Strooi kaneelsuiker oor.
Lewer 6 8 porsies.
Die volgende resep het ek van ‘n forum-website gekry – vir wildjagters – ek dink die website se naam is iets soos jaracal…gits, kan nie onthou nie. Ek plaas dit, want ek het al my skoonma se vlakvark-vleis ge-eet en sjoe! kan dit lekker wees! Ek plaas die resep net soos hy daar verskyn.
Die resep word vergesel van ‘n waarskuwing: pasop dat die vleis droog word!
800 g vlakvarklendestuk
gemaalde swartpeper en sout
1 dessertlepel Dijon-mostert
8 skywe pancetta of ander gehaltespekMarinade
1/2 ui, in blokkies gesny
1 wortel, in blokies gesny
1 selderystok, in blokkies gesny
1 p;rei, slegs die wit deel,in blokkies gesny
1 teelepel fyngekapte knoffel
2 teelepels vars kruie (roosmaryn en tiemie)
1 lourierblaar, fyngekap
2 jenewerbessies
1/2 koppie rooiwyn
4 teelepels olyfolieShiraz-sous
1 gekapte ui
1 dessertlepel botter
1 teelepel bruinsuiker
1 kioppie wild of beesekstrak
1/2 koppie shiraz
bessies,vars of in likeur, strroop of konfyt na smaakGepeperde pynappel
4 snye pynappel
Gemaalde swartpeper
olyfolieSny alle kliere en vliese van lendestuk af. Voeg die gekapte groente en al die ander marinadebestanddele in ‘n suurbestande skinkbord by. Sit die lendestuk daarin enmarineer 24 uur aaneen in die yskas en draai dit van tyd tot tyd.
Maak eers die shirazsous..
Verbruin die uie in die botter in ‘n pan, voeg dan suiker by totdat dit smelt. Voeg die ekstrak en wyn by,verlaag die hitte en laat dit bak totdat dit stroperig is.
Voeg peper by die pynappel en bak dit in olie.
Haal die wildsvleis uit die marinade en vee ekstra stukkies weg. Voeg sout en mosterd oor. Vou die spek om die vleis en heg dit met lyn of tandestokkies. Bak liggies op ‘n rifflepan totdat die spek bros is, maar die vleis steeds in sy kern rou is. Wanneer dit gaar is, laat vyf minute in die warmoond lê om die rooi sappe toe te laat om tot die droë buiteweefsels deur te dring.
‘n Weddenskap: die gaste sal met nuwe oe na ‘n vlakvark kyk.





Istanbul Chess 2012
Biel Chess Festival 2011- Click the image for the official site

























Karen Asrian Memorial[click image for the link]
Tata Steel Chess
London Chess Classic
Dortmund 2010
South African Open 2010
British Chess Championships 2010
Nalchik 2010 Fide Women's Grand Prix -25 April to 8 May
2009 - 2-12th July - Dortmund Live 2009
SA Open 3-11 July in Cape Town
MTel 2009
Linares 2010
World Youth Chess Championships 2009

Anand vs Topalov 21 April 2010




[...] http://chessaleeinlondon.wordpress.com/2007/06/30/heerlike-suid-afrikaanse-resepte/ [...]
Hello van Australie,
Ek wonder of iemand ‘n ‘Swellendammer Koek’ resep het?
Baie dankie!
Swellendammer resep
Het jy al die resep opgespoor? Ek het ‘n “Swellendamkoek”-resep, wat ‘n vanilla koek is met warm vla in 4 lae. As dit bekend klink, laat weet en ek stuur dit vir jou.
Celia
Pretoria
Suid-Afrika
hi Celia
Jy kan maar die resep vir ons hier kom neerplak, as jy nie omgee nie! Dankie!
Nikita
kan jy asseblief vir my groot maat resepte mail. liefiesteyn@yahoo.com
baie dankie
liefie
Hi Liefie, Welkom hier op my blog. Die PDF is in die inskrywing, het jy dit dalk gemis? Jy kan dit self ook aflaai. Volg net die link. Die PDF met die groot maat resepte is op hierdie link:
https://chessaleeinlondon.wordpress.com/resepte-south-african-recipes/
Hier is die PDF – link, klik op dit en siedaar!
http://chessaleeinlondon.files.wordpress.com/2009/06/resepteboek-groot-maat.pdf
Haai Celia!
Ek het heel toevallig na hierdie webtuiste kom kyk vandag, eintlik vir iets heeltemal anders. Ek kon nie glo toe my oog op jou boodskap van ‘n Swellendamkoek val nie!! Ek soek al JARE na hierdie resep. Ek bly nou in New Zealand, maar het in Oudtshoorn grootgeword. ‘n Swellendamkoek van die tuisnywerheid in die dorp was altyd te vinde op verjaarsdagpartytjies van my en my vier broers. (Sjoe, my mond water as ek net daaraan dink!) Ek sal dit ontsettend waardeer as jy so gaaf sal wees om vir my die resep te stuur.
Vreeslik dankie:o))
Melinda
hi Melinda, ek het so pas vir Celia ‘n email gestuur. Ek hoop sy sal haar belofte gestand doen en die resep hier kom neerplak. Ek is ook nou al nuuskierig oor hierdie koek!
Hi, jong ek is nou al lank opsoek na die resep. Is dit moontelik vir jou om vir my die Sellendam Koek resep aan te stuur.
Dit sal baie gaaf wees. Baie Dankie.
Chris
Hi Chris
Welkom hier op my blog…hier is die resep…jy het dit gemis…dit was deur Celia gepos so effens laer af in die kommentare! [ps: resep is nou aangestuur na jou email wat jy hier gelos het]
Geniet dit!
SWELLENDAMKOEK
Die vulsel word eerste gemaak, want dit moet heeltemal afkoel.
VULSEL:
1 liter melk, 7 gelykvol eetlepels vlapoeier, knippie sout, suiker na smaak.
Maak dik vla met bogenoemde bestanddele en laat heeltemal koud word. Verwyder roomlaag bo-op wanneer koud en smeer oor 3 van die koue koeklae.
Klits 4 eiers tot skuim. Voeg 2 k suiker geleidelik by en klits baie goed. Smelt 125g margarien en 1 k melk en bring tot kookpunt. Voeg 2 koppies meel by eiermengsel, asook ‘n knippie sout en 2 teelepels vanielje. Strooi 2 teelepels bakpoeier bo-oor die meelmengse. Gooi nou warm melkmengsel bo-oor. Laat staan minstens 2 minute en klop dan vinnig. Gooi uit in koekpanne (2) en bak by 190°C vir 30 minute. Laat bietjie afkoel en sny elke laag in 2.
Terwyl die koeklae bak, maak die versiering:
VERSIERING
250 g sagte margarien, 2 k versiersuiker, 4 t vanilla
Klits bogenoemde goed saam tot romerig.
Plaas nou die koeklae op mekaar en versier die boonste laag met die versiering.
Eet die koek terwyl nog so louwarm.
Hoop julle geniet dit net soos my familie!
Groete,
Celia
Ek is so n bietjie mosterd na die maal… met die Swellendam koek….. Dit klink soos een wat my moeder altyd gemaak het.. maar natuurlik nooit daardie resept by haar gekry nie.. en dit was altyd n wenner… ek is so spyt ….. sy is in haar graf met die resept.!!!
Ek het per ongeluk op hierdie web afgekom… so ek sal dit so waardeer as jy my e-mail adres kan gebruik as jy nie omgee nie..
Ek bly in Houston Texas… ons is so 800 + Sanners wat elke jaar die eerste naweek in September bymekaar kom en dan word daar werklik fees gevier.. met boere wors kompitiesies… Suid Afrikaanse wyn proeery, en natuurlik potjie wedstyde… Daar is ook volop koeksisters, melktert, en pannekoeke.. nou kan jy jou voorstel as ek volgende jaar daaropdaag met die swellendam koek!!!
sjoe hoe water my mond nou…
Houston groete
hi Rachel, Welkom hier en ek wag nog in spanning vir Celia met die resep.
Dit klink asof julle ‘n royal time daar het met die Saffas wanneer julle fees vier!
hi Louise! Welkom hier. Ek het gou gekyk na die spul resepte wat ek nog nie geblog het nie en ongelukkig nie so ‘n resep gekry nie. Jammer!
Goeiedag.
Ek is die Voedseldiensbestuurder by ‘n skool in Tzaneen en wil graag vir U vra of U my behulpsaam kan wees met resepte in grootmaat (100 tot 300).
Produkte is baie duur en as ek goedkoper maar tog nog lekker etes kan voorberei sal dit ‘n pluspunt wees.
U behulpsaamheid word hoog op prys gestel.
Dirk Uys
Hallo Dirk, Welkom hier! Lekker om van iemand uit SA te hoor! nogal naby my “wêreld”! Ek help graag. Ek het ‘n Word dokument [Edit...lees boodskap hieronder!] vol resepte wat ek vir jou gaan email na die email wat jy hier gelos het toe jy die boodskap geskryf het. Indien die email anders is, laat weet my die korrekte email. Kyk uit vir die dokument. Sterkte daar! Ek hoop dit gaan help!
Edit…Junie 2010 -die Word dokument is nou hier op my blog in PDF-formaat…gaan na die bladsye – link hier bo – gemerk: Respete…South African Recipes…die PDF is daar reg om afgelaai te word! Te veel lesers het begin vra na die dokument en ek het dit nou in daardie inskrywing opgelaai!
Hi Nikita
Ek is ook op soek na grootmaatresepte vir 100 persone. Dit is vir ‘n kamp waar daar slegs gasstowe en nie oondgeriewe is nie.
Baie dankie
Janie
Hi Janie! Welkom hier, ek stuur vir jou aan!
Hi Nikita
Ek moet vir ongeveer 120 mense stir fry maak en het geen idee hoeveel groente om aan te koop nie> Kan jy behulsaam wees asseblief.
Die groente wat gebruik moet word is:
wortels, kool, peppers(rooi,groen & geel), uie, pynappels
hi Esme
Jongie, jy vra totaal en al die verkeerde mens as dit kom by grootmaak kosmaak. Ek is glad nie ‘n persoon wat in grootmaak kosmaak nie. Al wat ek kan voorstel, is dat jy neem die hoeveelheid wat jy sal gebruik vir 4 persone en vermenigvuldig dit dan met 30 om by 120 uit te kom. [bv as jy EEN pak vir 4 sal koop, dan meen dit jy moet DERTIG sulke pakke gemengde stirfry-groente koop. - ek hoop dit maan sin.] Sterkte! Ek hoop dit help.
Goeie dag daar
Kan ek asseblief n lekker deeg resep kry om pasteitjies in n pasteitjie maker te bak.
Baie dankie
Maurine
hi Maurine! Welkom hier op my blog. Hier bo in ‘n “vleisrolletjie” resep – wat maar basies pasteitjies seker is. Ek het nie spesiale resepte vir die pasteitjie maker nie. Jammer. Ek weet nie of jy die vleisrolletjie-resep daarin sal kan maak nie? Ek sal bietjie loer na die resepte wat ek het, maar ek is nie baie positief nie.
Ek is die Voedseldiensbestuurder by ‘n Oue tehuis in Middelburg en wil graag weet of julle behulpsaam kan wees met resepte in grootmaat (100 tot 150).
Baie Dankie
Hi Rochelle
Welkom hier. Ek het ‘n word dokument met resepte vir groot maat en sal dit na jou email stuur wat jy hier moes los om ‘n boodskap te kan los. Ek neem aan dis ‘n email adres wat bestaan, anders is daar geen sin in dat ek dit stuur na ‘n vals email adres nie. Laat my weet sodra jy dit gekry het. Groete!
hallo my naam is winnie ek hoop jy kan help ons woon in saudi arabia en kry nie maaskaas hier te koop nie so ek is op soek na n resep om maaskaas te maak baie dankie groete winnie
Hi Winnie…welkom hier, jammer, ek het nie so ‘n resep nie. Miskien moet jy bietjie op die internet rondkyk, gaan kyk ook na die volgende site…http://netresepte.wordpress.com en vra vir die blogger…baie oulike blogger…ek dink sy sal jou kan help!
Ag ek is tog so bly ek het hierdie kombuisie ontdek.
Is lid van die susters in ‘n nuwe gemeente en hulle is nie so gekonfyt in die maak van groot hoeveelhede resepte soos by die vorige gemeente nie. Ek weet net genoeg om nie genoeg te weet nie, en wil ook nou nie altyd die mense by die vorige gemeente pla nie.
Nou kan ek dalk so klein bietjie leiding neem met die uitwerk van resepte. Ek sou eintlik bly gewees het as ek geweet het wat die grootte van ‘n porsie moet wees, dan kon ek baie van die goed self uit gewerk het.
Maar dankie vir jou nuttige plekkie
Hi Salome! Welkom hier en ek is bly ek kan jou bietjie uithelp hier! Sterkte daarmee!
Hallo Chesalee
Ek is eintlik so bly ek het op die webtuiste afgekom, want ek het al amper opgegee met dit waarvoor ek so opsoek is.
Ek is opsoek na die regte witsous vir vis, maar nie die een wat die mayonaise in het nie, daar’s ‘n ander een, daar is ook net sekere visplekke wat daai spesifieke witsous voorsit saam met hulle wegneem etes, die mederheid wegneem viswinkels gebruik die gewone mayonaise witsous resep.
Ek hoop regtig daar is ‘n moontlikheid dat jy my sal kan help met hierdie resep, want dit is regtig ‘n baie besonderse witsous en ook baie lekker..
Asb. laat my weet of jy weet waarvan ek praat, want ek glo nie daar is baie mense wat dit ken nie..
Jou webtuiste is baie oulik en ek glo as jy my met die resep kan help, dan sal ek jou die “KOS GURU” noem…
‘Ek dink jy gaan baie goed doen met wat jy besig is mee’
Baie Sterkte
Alicia
hi Alicia, welkom hier, ek weet van watter witsous jy praat, hy is heerlik! yum! Ongelukkig het ek nie daardie resep nie, maar het hulp ingeroep…ek hoop Skoor gaan ons kan help. Gaan loer bietjie in by haar blog…
http://netresepte.wordpress.com
Ek dink sy’s meer van ‘n kos guru as ek
Nee Nikita en Alicia, ek het nie ‘n idee van daardie sous nie. Ek ken net die tartare sous wat hulle soms by calamari bedien, maar sous by vis? Aikona, hier ini Kaap kom hy so vars, sy ma soek hom nog…
Daarom ken ek nie van daai sous nie.
Sorie
Dankie Skoor! arme vis – en arme ma! lol! Noudat ek daaraan dink…’n snoekie sou darem nou baie, baie heerlik gesmaak het.
Haai my naam is june ek is op soek na ‘n resep hoe om suiker mielies te bottel.ek het baie resepte maar nie een van hoe om suiker mielies te bottel nie .Is daar dalk iemand wat my dalk kan help.ek het ook baie souse resepte ek sal deur myne gaan en kyk of ek dalk kan help.
Liefde groete
June Gordon
Hallo June! Welkom hier op my blog. Ongelukkig besit ek nie so ‘n resep nie, maar met ‘n search het ek baie gou hierdie link met foto’s gekry!
http://www.pickyourown.org/howtocancorn.htm
Hi,
Ek bied ‘n Hooglied kamp hier in Vryburg aan in Mei, en het nie ‘n idee van grootmaat kosmaak nie. Ek het my man goed leer kook (ha-ha) so soek net resepte en spyskaarte as dit moontlik is – en miskien ‘n aftik lys vir wat nodig is? Gedink aan lasagne vrydag aand, dan ontbyt, snack, middag en aand ete (aandete is groot feesmaal. Brunch sondag. Hoop jy kan help. Moet nou al begin sponsors soek!!!
Hi Anel
Welkom hier…grootmaat-resepte oppad! Geniet dit! Sterkte met die kamp en sponsors…hoop jy kry genoeg!
ek is opsoek na n resep van meusley beskuit .is daar iemand wat kan help .dankie karel
hi Karel
Welkom hier, hier het ek vir jou op die Net iets gekry. Sterkte! Daar is nog ‘n pdf-link met resepte in Afrikaans.
Two or three rusks and a hot drink can replace a meal, especially if the rusks are made from ingredients that are high in fibre, such as All Bran.
Ingredients
•500g butter
•1¾ cups sugar
•2 cups (500 ml) buttermilk
•1 teaspoon lemon juice
•3 large eggs
•1 kg self-raising flour
•2 teaspoons baking powder
•1 teaspoon (5ml) salt
•6 cups (240g) All-Bran wheat flakes
•1 ¼ cup (100g) uncooked oats
•½ cup (100 gram) chopped pecan nuts or chopped almonds
•Optional: Reduce All Bran to 4 cups and add 2 cups of muesli
Ingredients
1.Melt the butter and let it cool down.
2.Beat eggs, sugar and buttermilk into the melted butter.
3.Sift the self-raising flour, baking powder and salt together.
4.Add All-Bran, uncooked oats and pecan nuts.
5.Add wet ingredients to dry ingredients.
6.Ladle in a large oven pan (330 x 280 mm), lined with foil or baking paper.
7.Bake for 25 minutes in an oven of 200°C. Reduce the heat to 180°C for another 25 minutes or more, until golden brown.
8.Cool slightly before turning the tin out and let it cool down.
9.Slice into slices and then cut into fingers. Place on a drying rack and dry in oven at 80°C until the rusks are dry, crunchy and brittle.
10.After they cooled down, place in an air tight container.
Dunk the rusks in a hot drink and eat.
http://www.rainbowcooking.co.nz/a/rusks/all-bran-rusks
http://rainbowcooking.co.nz/a/files/images/all-bran-beskuit-sm.jpg
http://www.peterjasie.co.za/Karavaanresepte.pdf
NIKITA
BAIE DANKIE VIR DIE RESEP.WAARDEUR DIT.
DANKIE KAREL
hi Karel
Dis ‘n plesier. Ek hoop jy hou daarvan.
Hi Nikita
Ek is baie betrokke by Voortrekkerkampe vir laerskoolkinders en sien jy spog met ‘n word dokument vol grootmaatresepte. Mag ek moontlik ‘n afskrif kry – sal dit baie waardeer.
Groete, Lynne
hi Lynne
Ek stuur dit vir jou more! Groete aan jou ook!
edit: Resepte soos gevra aangestuur!
Hi,
Ek is opsoek na ‘n soet tert doppie resep (vir byvoorbeeld mini melk tertjies en ander soet terte) wat ek kan voor die tyd kan bak en kan bere tot ek dit nodig het.
As iemand so ‘n resep het sal ek dit baie waardeer.
Dankie,
Anita
hi Anita, ongelukkig het ek nie so iets nie, probeer bietjie my blog-vriendin hier: http://netrespte.wordpress.com
Hi,
ek het die volgende resep gekry: Nog nie uitgetoets nie, maar ek dink dit kan werk:
Melktert Kors (gebak)
½ koppie margarine
½ koppie suiker
1 eier
2 koppies meel (gesif)
sout
Room margarine en suiker en klop eier in
Meng meel en sout by
Knie tot ‘n sagte deeg
Druk mengsel in pan en bak teen 180°C vir 15 minute
Hi Anita!
Baie, baie dankie!! Nou kan ons ander ook dit geniet.
Melktert resep van Johan-Potgieter.com se website…Milk tart
To prepare the crusts:
1. Beat together 1 Cup Butter (or margarine) and ½ Cup Sugar until creamy.
2. While still beating, add 1 Egg and 1 Teaspoon Vanilla.
3. Sift together 2 ½ Cups Flour, pinch of Salt and 2 Teaspoons Baking Powder.
4. Add the two mixtures together to form a soft dough.
5. Press the dough in the bottom and sides of a sprayed pie dish.
6. Bake in a 350ºF oven to light brown – 12 to 15 minutes.
To make the filling:
1. Slowly heat 4 Cups Milk in a large pot – stir constantly to prevent the milk from burning at the
bottom of the pot.
2. While the milk is heating, beat together 4 Large Eggs, ½ Teaspoon Salt and 1 Cup Sugar until
thick and creamy.
3. Mix together 1/3 Cup Flour, ½ Cup Corn Flour (Maizena) and 1 Cup Milk so that there are no
lumps of flour. When the consistency is smooth, add it to the egg mixture.
4. Dissolve ½ Stick Butter (60g) in the milk on the stove – and bring it almost to a boil.
5. Add the egg/flour mixture to the almost boiling milk slowly while stirring with a whisk. Continue
stirring so that the custard cooks evenly throughout.
6. It will not be too long before it thickens – when you stop stirring, there will be little eruptions in the
thick custard – continue stirring for another five minutes, making sure the stove setting is not too hot to
cause the custard to burn at the bottom of the pot.
7. Ladle the custard into the pie crust and sprinkle Cinnamon lightly over the entire top of the pie.
The filling must not be thicker than 2 inches.
8. Let it stand to cool down – it will be solid enough to cut – and serve at room temperature
Hallo,
Ek lees hierbo dat jy heelwat grootmaat resepte het.
Onder andere ook vir Lasagna.
Ek het aangebied om ons kerk te help met 2 konferensies en benodig dringend grootmaat resepte om my beplanning te doen.
Sal jy groot asb vir my jou file daarvoor aanstuur.
Baie Dankie
hi Soekie, welkom hier, klaar so gemaak….kyk uit vir dit. Sterkte!
hi
hoe gaan dit met julle.
ek is n ou wat mal is oor bruinboeding,dit is nou die uurlange resep.is da iemand wat n korter resep het.want n uur is te lank om te wag.my se ma ken net die uurlange resep.
groete karel
hi Karel, Welkom hier op my blog. Dankie, dit gaan goed die kant, hoop dieselfde vir jou! Ongelukkig ken ek nie ‘n bruinpoedingresep wat gouer sal gaan nie. As jy na my blogger-vriendin gaan…en haar vra, sy’s somtyds soos magic, tower enige iets op!
Hier is haar blogadres: http://skoorkos.wordpress.com
Hi Nikita,
Dankie vir al die resepte uit ons Moederland! Ons bly nou net so ‘n bietjie langer as ‘n jaar hier in Australia en ek moes byna al my resepteboeke agter laat. Die vreemde voel nie so vreemd met ‘n lekker bord “boerekos” nie!
Wou net se groot dankie…
Cecilia
hi Cecilia! Welkom hier op my blog en dis ‘n groot plesier. Ek moes ook al my resepteboeke agterlaat en ek ken daardie gevoel waarvan jy praat! Sterkte daardie kant van die aardbol.
Hi Nikita!
Groete uit Dar es salaam. Ek voel net soos al die ander wat hulle resepteboeke moes agterlaat. Ek is egter op soek na ‘n spesifieke resep Dit is ‘n melktert resep met n smeer kors wat in wenresepte no. 1 verskyn het. Ek hoop jy sal my kan help want ek kan ongelukkig nie eers meer die naam van die resep onthou nie!!
Baie dankie vir al die ander resepte wat so handig te pas kom
Groete
Erika
Hi Erika
Ek kan dalk help met jou melktert resep as jy nie al klaar reg gekom het nie. Hier is my e-mail adres:
Fransie.Otto@gmail.com
hi Fransie, plak dit sommer vir almal hier neer – as jy weer hierlangs kom!
hi Erika! Dankie vir jou boodskap en Welkom hier uit Dar es Salaam! Dis darem wonderlik hoe almal na verskillende dele van die wereld trek en lekker dat almal hier saam hallo se! Ongelukkig gaan ek jou nie kan help nie, my goed is als tuis weggepak in SA en ek het ook nie wenresepte 1nie, ek sal moet hulp inroep om jou te kan help. Ek hoop jy sal kan terugkom oor sowat ‘n week en dan kyk ons of ek intussen iets vir jou opgespoor het! Groete daar ook!
Hallo
Ek hoop jy kan help. Ek is op soek na ‘n resep in grootmaat vir ‘n aartappelgereg. Ons het Sondag ‘n nagmaalete en ons wyk moet sorg vir ‘n aartappelgereg vir omtrent 100 persone. Ek dink as ons so 3 of 4 oondpanne vol aartappels maak, behoort dit genoeg te wees. Kan jy dalk help met ‘n resep wat nie te duur of te moeilik is nie? Baie dankie en Vrystaatgroete!
Marietjie
hi Marietjie
Welkom hier! Ek hoop ek kan jou help. Ek het ‘n aartappelgereg resep en ek maak dit graag, maar dit kan nogal duur uitwerk vir ‘n klomp mense omdat jy room moet gebruik. Ek maak dit sommer vir die familie…4 groot aartappels, [klaar gaar], sny in skywe, plaas in oondpan en giet room oor en gerasperde kaas bo-oor en bak totdat die kaas gesmelt is en die room effe “ingetrek” in die aartappels. Ek gebruik nogal heelwat room, gewoonlik 1 1/2 glasie per 4 aartappels. Sterkte en ek hoop jy kom reg! Dankie vir die Vrystaatgroete! Ek hou van die Vrystaat!
Hallo Nikita
Dankie vir jou resep – dit klink lekker en maklik. Room is gelukkig nie ‘n probleem nie, aangesien ons ‘n melkery het. My mond water nou !!
hi Marietjie…geniet dit! Ek het myself skoon lus vir die gereg gepraat!
Ek hoop julle geniet dit.
Goeie môre Nikita,
Baie dankie vir die webblad. Dit is sommer lekker om hier te kuier wanneer daar tyd is. Ons is opsoek na hulp. Ons doen gereeld saamtrekke oor ‘n naweek vir die kerk en sy lede. Dit is nou vir Sondagskool kinders, jeug, senior burgers ensovoorts en dan moet ons in grootmaat voorberei. Afhangende van die groep word daar soms meer geëet en ander kere weer minder soos jeug versus seniors. Die bywoning verskil ook. Soms is daar naby 400 eters en ander kere minder as ‘n honderd. Ons is dus gereeld op die uitkyk na resepte en vernaam groot maat resepte wat maklik aanpasbaar is. Ons moet drie maaltye daagliks voorsien uitgesluit die peusel happies tussenin. Ons lees hier is grootmaat resepte beskikbaar. Dink jy die grootmaat resepte van jou sal aan ons behoefte kan voldoen? Indien dit sou voldoen, is dit moontlik dat ons GROOT ASSEBLIEF ‘n afskrif daarvan kry?
Groete en seënwense vir jou en al jou lesers
Pat
Hi Pat…Welkom hier op my blog en ja, hier word omtrent gekuier!
Ek kuier graag met iemand soos jy. Dankie vir jou mooi boodskap. Ek het reeds vir jou die dokument aangestuur, kyk of jy dit kan gebruik en geniet dit! Dit klink asof jy baie bedrywig is met die kosmakery. Kom gesels weer saam as jy so daarna voel en ek moet saamstem, vriendelike kuier-mense wat hier stop en boodskappe los! Groete en seenwense vir jou en dit wat jy doen ook!
Goeie môre Nikita,
Baie dankie vir hierdie spesiale boek! Dit slaan my asem behoorlik weg. Die variasie is enorm. Ek kan nie wag om met die ander in die span te deel nie. Jy het eie handig meer tot ons versameling bygevoeg as wat ons oor die laaste 15 jaar versamel het! Weereens BAIE, BAIE DANKIE vir jou goedhartigheid.
Ja ons raak soms baie besig met die kosmaak, maar ons is nog steeds leke as dit by grootmaat kosmaak kom. Ons waardeer ook met opregte dank elke wenk en resep waarop ons, ons hande kan lê.
As enige van jou lesers met ons wenke wil deel of selfs kan verwys na groot maat resep inligting, sal ons dit werklik waardeer. Gee maar vir hulle my kontak details as hulle navraag sou doen. Ek soek gewoonlik na nuwe idees net voordat ons weer moet begin kosmaak. Die naweek is weer so ‘n naweek van kosmaak.
Mag jy, jou familie en die lesers en hulle families ‘n geseënde pinkster hierdie naweek beleef.
Liefdevolle groete en seënwense.
Pat.
hi Pat
Ek is bly dit is meer as wat waarna jy gesoek het. Ek sal maak soos jy se, as mense navraag doen of idees/resepte het om te deel. Baie dankie vir die wense, ek wens jou en jou familie dieselfde toe. Groete vir julle ook! Geniet die kosmakery en stuur ‘n happie oor!
Oe, mag ek ook asb die Word dokument kry?
Ek moet gereeld ander raad gee oor geregte vir kampe (het self al kos gemaak op ‘n paar avontuur kampe) en my kop is behoorlik suf gedink.
Skrree as jy ‘n lip-aflek-lekker sjokolade poeding wil he wat ek op kampe gemaak het!
Groete
hi Lilli, Welkom hier! Ek stuur vir jou en ja, plak jou resep asseblief hier vir ons almal neer! Jy moenie eens vra nie, sommer net doen!
Hi Nikita
Ek sien jy spog met ‘n word dokument vol grootmaatresepte. Mag ek moontlik ‘n afskrif kry – sal dit baie waardeer, ook vir Lasagna.
Dankie
Groete, Ann
hi Annie…die grootmaatdokument is op my bladsy gemerk: Resepte – South African Recipes…in daardie inskrywing, maar ek stuur dit nogtans vir jou aan. Dit is in die formaat van ‘n PDF en ek het dit opgelaai omdat te veel mense op daardie link begin vra het vir dit. Nou is dit beskikbaar vir enige ou om afgelaai te word.
Baie dankie vir al jou vinnige moeite Nikita
hi Annie
Dis ‘n plesier!
Hi daar,
Sjoe mensdom, jul sal nie glo hoe baie hierdie blad my gehelp het nie, ek’t onlangs getrek en al my goedjies inkluis resepte boeke is ingepak.
Ek wou sommer net iets anders aapak op hierdie Vrydag aand en die kinders vra toe vir pannekoek. Toe ek hier inlog was ek glad nie spyt nie nou het ek sommer ‘n byderhandse resepte boek ontdek wat heeldag enige tyd of plek opspoorbaar is.
BAIE BAIE DANKIE HIERVOOR!!!!
Groetnis
Sandy
Hi Sandy
Baie welkom hier en ek is bly ek kon jou help! Help jouself gerus met wat jy nodig het! Groete aan jou ook!
Hello Nikita
Kan jy asb so gaaf wees en vir my ook daai grootmaat resepte aan stuur van 100 – 300 gaste asb
Hello Suzane, Welkom hier. Eintlik IS die resepte grootmaat dokument in hierdie inskrywing hierbo. Ek het dit juis ‘n paar maande gelede opgelaai in PDF formaat vir enige persoon om af te laai sonder om vir my te wag om dit per email aan te stuur, ek neem aan jy het die inskrywing gemis en dalk slegs ander se versoeke gelees. Ek stuur dit vir jou aan, jammer dat jy so moes wag vir dit!
Hi ek wil net hoor of jy my kan help ek is opsoek na 2 resepte 1 is hoe om aartappels te bottel en te bere.2 is hoe om vye te droog as iemand my asb….. kan help sal ek dit hoog op prys stel .Ek is gande oor jou program en het al baie van jou resepte al geprobeer en nog elke keer met ‘n sukses baie dankie daar voor
Love June
Hi my naam is June,
Ek wil hoor of jy my dalk kan help .Ek is op soek na 2 resepte.1is hoe om aartappels te bottel en te bere.
2 is hoe om vye te droog .Ek sal dit hoog op prys stel as jy dalk van eimand weet wat my kan help.
Love June
hi June
Welkom hier en ongelukkig kan ek jou nie help nie. Ek wonder of my medeblogger dalk jou kan help. Gaan loer by haar in en vra haar, sy is maar altyd te bly om ook te kan help indien sy kan. Hier is haar bloglink.
http://skoorkos.wordpress.com
Vir almal wat hiervoor wag, hier is die beloofde resep nou:
SWELLENDAMKOEK
Die vulsel word eerste gemaak, want dit moet heeltemal afkoel.
VULSEL:
1 liter melk, 7 gelykvol eetlepels vlapoeier, knippie sout, suiker na smaak.
Maak dik vla met bogenoemde bestanddele en laat heeltemal koud word. Verwyder roomlaag bo-op wanneer koud en smeer oor 3 van die koue koeklae.
Klits 4 eiers tot skuim. Voeg 2 k suiker geleidelik by en klits baie goed. Smelt 125g margarien en 1 k melk en bring tot kookpunt. Voeg 2 koppies meel by eiermengsel, asook ‘n knippie sout en 2 teelepels vanielje. Strooi 2 teelepels bakpoeier bo-oor die meelmengse. Gooi nou warm melkmengsel bo-oor. Laat staan minstens 2 minute en klop dan vinnig. Gooi uit in koekpanne (2) en bak by 190°C vir 30 minute. Laat bietjie afkoel en sny elke laag in 2.
Terwyl die koeklae bak, maak die versiering:
VERSIERING
250 g sagte margarien, 2 k versiersuiker, 4 t vanilla
Klits bogenoemde goed saam tot romerig.
Plaas nou die koeklae op mekaar en versier die boonste laag met die versiering.
Eet die koek terwyl nog so louwarm.
Hoop julle geniet dit net soos my familie!
Groete,
Celia
Sjoe! Celia! Ek dink jy is nou almal [en natuurlik myne ook!!] se grootste hero!! Ek is self nuuskierig hoe hierdie koek smaak en gaan dit die komende naweek bak!! DUISEND dankies, jy gaan ‘n Nasie red met die koek-resep!
Soek ‘n resep vir Beef Wellington. Kan u asb help.
Baie Dankie
Jakkie
Hi Jakkie, Welkom hier. Indien jy op al die links niks gekry het nie,dan dink ek nie ek het dit vir jou nie. Hierdie resepte wat op my blog is, is resepte wat ek oral gekry het – en omtrent 20 boeke vol geplak is iewers in SA in bokse weggepak. Dus, wat jy nie hier kry nie, moet jy maar op die internet voor soek. Hier het ek met die eerste search vir jou ene gekry en ek dink die BBC se kos-site is nogal OK. – ek dink jy kan dit nogal vertrou. Sterkte en ek hoop jy hou daarvan. Groete!
http://www.bbcgoodfood.com/recipes/2538/beef-wellington
Hi Jakkie
Het jy ook na hierdie link gekyk, daar is ‘n PDF-dokument met GROOT-MAAT resepte – wat jy self kan aflaai deur daarop te kliek. Daarin mag dalk so iets wees – die Beef WEllington wat jy soek. – ek is nie seker nie.
http://chessaleeinlondon.wordpress.com/resepte-south-african-recipes/
Nikita, jy kan maar die navrae na my verwys as jy wil, ek het letterlik HORDES resepte.
Jakkie, gaan kyk op Google Search – tik in ‘Beef Wellington Recipes’. Ek het nou net dit gedoen en daar is ‘n verskeidenheid! Tot ‘n Gordon Ramsay video demonstrasie.
Groete vanuit Sonnige Suid-Afrika!
Celia
hi Celia, dankie! Ek ook op google search dit ingetik, dis waar ek die link gekry het wat ek geplaas het. Soos jy se, daar is letterlik hordes. Mens moet net bereid wees om bietjie rond te krap, die Internet is ‘loaded’ – ook met Afrikaanse resepte – verskillende websites. Enige persoon wat hier lees, hier is Celia se email, kontak haar gerus, soos sy se, sy het HORDES resepte.
celiabu[at]mweb.co.za
hey.ek wonder of julle nie vir my n resep ht op doppie vulsels nie.ek soek bietjie iets souts ek het al melktert gemaak vir dit.dankie.Issie
celiabu[at]mweb.co.za
Hi Issie, welkom hier. Kontak gerus Celia by die email adres hier. Sy sal jou waarskynlik kan help.
ek moet dit se ek is regtig mal oor die melktert resep,maar al wat ek wil weet is as jy die mini melktert wil maak hoe moet jy dan maak?
hi Leeann, Welkom hier! As jy ‘n mini-melktert wil maak, halveer net die resep [en halveer weer - as jy moet]. Ek kan nie sien waarom nie.
Hi, het jy asb. vir my ‘n resep om kweperjellie/konfyt te kook?
hi Debbie, Ongelukkig het ek nie ‘n resep nie, maar probeer my vriendin by netresepte. http://www.netresepte.wordpress.com
Hi Nikita
Ek het deur al jou resepte hier gegaan en ook die boodskappe gelees.
Baie dankie daarvoor.
Ek moet `n gemeente ete voorberei vir ongeveer 240 mense. kan iemand my moontlik die met die grootmates help vir bv. gestoofde groenbone met uie en artappels, pampoentert asook melktert, verkieslik korslose melktert.
Ek sal dit baie waardeer, dankie!
Ems Saaiman, Pretoria
Hi Ems
Welkom hier op my blog. Ek is jammer dat ek nou eers hier kom ‘reply’.
Hier is ‘n Grootmaat PDF dokument met BAIE resepte op hierdie link.
http://chessaleeinlondon.wordpress.com/resepte-south-african-recipes/ Ek hoop jy vind jou resepte waarna jy soek in hierdie dokument. Sterkte met alles.
Dit kan baie mense help wat vir kerkbasaars moet kook. dankie vir jul behulpsaamheid.
Hi Helena! Welkom hier by my blog, Dis ‘n plesier en ja, jy’s reg. Hoe mis ek ‘n kerkbasaar nou!
Ek sit hier met ‘n koppie tee in my hand en sien die tyd wat jy die boodskap gelos het – paar minute voor ek hier aangelog het.
Hello,
My ma het altyd hell groen tamatie-konfyt gekook. Ongelukkig het ek net ge-eet en nie gekyk nie. Dit was nie ‘n baie soet konfyt nie . Kan julle dalk help?
Dankie
Pieter
Hi Pieter! Welkom hier op die blog! Ek het ongelukkig nie ‘n ‘hell groen’ tamatie-konfyt resep in my besit nie. Ek HOOP iemand wat hier lees sal dalk ‘n tamatie-konfyt resep he. Ek sal ook bietjie op die uitkyk wees vir dit! Ek hoop jy kom reg man!
Goeie dag,
Eks op soek na die lekkerste pampoenkoekie resep ek moet cater vir 140 mense
kan iemand my help asb.
Groete
Leonie
http://chessaleeinlondon.wordpress.com/2008/04/16/pumpkin-fritters-and-other-delicous-recipes/
Hallo Leonie
As jy na die link kyk wat ek hier geplaas het, kan jy net die hoeveelheid verdubbel, verdriedubbel ens. afhangende vir hoeveel mense die resep is.
Sterkte! Dis ‘n spul mense vir wie jy dit moet maak! Die resep op die link lewer 3 dosyn pampoenkoekies.
Groete!
Ek is op soek na ‘n Turkish delight resep, een wat lekker styf uitkom, nie so slap soos al die resepte wat ek al probeer het nie
Groete
Wilma
Hi Wilma, Ongelukkig het ek nie die resep nie, hopenlik iemand wat hier lees. Het jy ‘n search gedoen op die Net? Jammer dat ek nie kan help nie. Kom ons hou duim vas vir ‘n blog-leser.
Dankie, groete aan jou ook!
Haai daar, jammer ek het so lank geneem om te antwoord, hier is ‘n resep vir die Turkse Lekkers:
Groete,
Celia (Pretoria, Suid-Afrika)
Turkish Delight
Home Made Best Made
Ingredients
4 cups sugar
4 1/2 cups water
2 teaspoons lemon juice
1 1/4 cups cornstarch
1 teaspoon cream of tartar
1 1/2 tablespoons rosewater
red food coloring (optional)
1 cup confectioners sugar Introduction:
This appealing candy is easy to make at home. Rosewater can be found
at specialty food stores. When the sugar syrup boils, coat the inside of the
saucepan with a brush dipped in water to prevent sugar crystals from
forming.
Makes 80 pieces.
Total time: 2 hours.
Step 1:
Oil a 9-inch square pan. Line with plastic wrap and oil the plastic wrap.
Step 2:
In a heavy saucepan over medium heat, combine the sugar, 1 1/2 cups of the water, and the lemon juice. Stir until the sugar dissolves and the mixture
boils. Reduce the heat and simmer gently, without stirring, until the
mixture reaches the soft-ball stage (240°F on a candy thermometer). Remove
the pan from the heat.
Step 3:
In a second large heavy saucepan over medium heat, stir together 1 cup
cornstarch and the cream of tartar. Gradually stir in the remaining 3 cups of water until no lumps remain. Stir constantly, until the mixture boils
and is a thick, gluey paste.
Step 4:
Slowly pour the hot sugar, water, and lemon juice syrup into the
cornstarch mixture, stirring constantly. Reduce the heat and simmer,
stirring often to prevent sticking, for about 1 hour, or until the mixture
has become a pale golden color.
Step 5:
Stir in the rosewater and tint as desired with food coloring. Pour the
mixture into the prepared pan and spread evenly. Cool to room temperature and let stand, uncovered, overnight to set.
Step 6:
Sift the confectioners sugar and the remaining 1/4 cup cornstarch onto a
large cutting board. Turn the Turkish delight out and cut into 1-inch
squares with an oiled knife. Roll pieces in the sugar mixture to coat
well. Store in an airtight container with sheets of waxed paper, dusted
with the sugar mixture, separating every layer.
hi Celia!
BAIE dankie! Ek glo Wilma sal baie beindruk met jou wees!
Ek is opsoek na n standaard grootmaat roomysresep. Verkieslik van volroommelk en bekostigbaar – moet ook as basis dien met verskeidenheid van geure, kleure en smake.
Hallo Chris, jong, ek het nog net sowat twee of drie keer in my leeftyd my eie roomys gemaak. Daarvoor het ek die resep in die Kook en Geniet gebruik, waarin daar ook ‘n bietjie poeiermelk kom. As jy belangstel, laat weet maar, dan plaas ek dit vir jou.
Groete
Celia (celiabu@mweb.co.za)
Hallo Chris
Welkom op my blog. Ek dink jy moet na my blogger-vriendin gaan: http://skoorkos.wordpress.com – sy is regtig oulik met sulke versoek en glo sy sal vir jou iets iewers uitkrap. Ek sal ook rondkyk op die internet en wat ek kry, sal ek hier vir jou los. Sterkte!
As die resep nie grootmaat is nie, kan jy net dubbel – en indien nodig, nog verdubbel – of x6 van die begin af, afhangende hoeveel persone.
Ingredients
2 cups half-and-half
1 cup whipping cream
1 cup minus 2 tablespoons sugar
2 tablespoons peach preserves (not jelly)
1 vanilla bean, split and scraped
Directions
Combine all ingredients (including the bean and its pulp) in a large saucepan and place over medium heat. Attach a frying or candy thermometer to inside of pan. (see note below) Stirring occasionally, bring the mixture to 170 degrees F. Remove from heat and allow to cool slightly. Remove the hull of the vanilla bean, pour mixture into lidded container and refrigerate mixture overnight to mellow flavors and texture.
Freeze mixture in ice cream freezer according to unit’s instructions. The mixture will not freeze hard in the machine. Once the volume has increased by 1/2 to 3/4 times, and reached a soft serve consistency, spoon the mixture back into a lidded container and harden in the freezer at least 1 hour before serving.
NOTE: If you do not have a thermometer, bring the mixture just barely to a simmer. As soon as you see a bubble hit the surface, remove it from the heat. Do not let it boil. Van hierdie site:
http://www.foodnetwork.com/recipes/alton-brown/serious-vanilla-ice-cream-recipe/index.html
Hier is ‘n ander link:
http://www.ice-cream-recipes.com/
Hallo Chris
Ek het so pas hierdie resep op ‘n ou harde skyf gekry – heel toevallig. Ek weet vir ‘n feit dat ek die resep nog nooit gemaak het nie, dus.. dis op eie risiko.
Ek het toe ek op skool was een keer roomys gemaak, wat heel lekker uitgekom het, maar nooit weer ‘n keer daarna nie. Ek hoop jy het al reggekom!
—
Tuisgemaakte VOLROOM Roomys
Bestanddele:
1 L Room
2 x Blikkies kondensmelk
4 eiers (geskei)
1 x koppie versier suiker
5 ml Vanilla geursel
5 ml Karamel geursel
Metode:
Klits die room tot styf, hou eenkant – Klits die 4xEier witte tot styf, hou eenkant – Meng die versier suiker en eier gele saam, hou eenkant.
Klits nou die 2 x blikkies kondensmelk by die styf geklitste room – voeg nou die eier gele en versiersuiker mengsel by en klits goed – heel laaste gooi nou die Vanilla,Karamel geursel en geklitste eier witte by en klits alles goed en gooi in roomys bakke en hou in vrieskas (8 of meer ure – voor inskep)
Maak bietjie meer as 2 L
hi almal,ek is asb opsoek na n bruismeel warm stroop koeksister resep asb ek dink hy is in die huisgenoot wenresepte 2 groot asb dankie paula
Hier is jou resep Paula – ek dink dit was destyds in Rooi Rose, maar maak nie saak nie, dit werk soos ‘n droom!
WARMSTROOP KOEKSISTERS
(Hierdie is ‘n ware wenner!! Ek het dit al baie gemaak.)
Stroop:
625 ml suiker 250 ml water
1 e suurlemoensap 5 ml vanilla
Deeg:
1½ k koekmeel 22 ml bakpoeier
1 ml sout 25 ml botter/margarien
150 ml melk 750 ml sonneblomolie
Gooi die suiker en water in ‘n diep kastrolletjie en verhit sonder ‘n deksel oor lae hitte tot kookpunt : roer dit af en toe totdat die suiker gesmelt het. Wanneer die stroop kookpunt bereik, kook dit 7 – 8 minute stadig sonder ‘n deksel: dit moenie vinnig kook nie, want dan gaan die stroop te dik wees. Haal die kastrolletjie van die stoof af en roer die suurlemoensap en vanilla by. Hou eenkant tot benodig.
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam. Vryf die botter met die vingers in tot fyn frummels. Sny die melk met ‘n slaplemmes in die frummels in totdat ‘n deeg gevorm het – werk liggies.
Rol die deeg op ‘n meelbestrooide deegplank sowat 5 mm dik uit. Sny dit in smal repies en vleg koeksisters daarmee, of gebruik ‘n koeksistersnyer.
Verhit die olie tot taamlik warm, maar nie rookwarm nie. Plaas drie – vier koeksisters op ‘n keer in die olie en bak eers aan een en dan die ander kant tot diep goudbruin. Skep met ‘n gleuflepel uit en dompel dadelik in die stroop (wat teen dié tyd tot louwarm afgekoel het). Wanneer die stroo deur die koeksisters getrek het, skep hulle met ‘n dreineerspaan uit en plaas hulle op ‘n draadrakkie in ‘n skinkbord of bak sodat alle oortollige stroop kan afdrup.
Lewer ongeveer 30 koeksisters.
Groete, Celia
Hi Celia! Dankie dat jy tot die redding gekom het!! Ek waardeer dit. Ek het nog gedink om ‘n email na iemand te stuur en hier plak jy dit vir ons neer, ‘n regte staatmaker duisend!! xx